
Annemarie de Villiers
Annemarie de Villiers is in Stellenbosch gebore en getoë. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch haar Meestergraad in Klassieke Letterkunde verwerf en is tans deeltydse dosent in Latyn en Antieke Kulture aan die US se Departement Antieke Studie. Sy spesialiseer in Latynse liriese poësie en skryf vanjaar in vir haar doktorsgraad oor die digter Ovidius. Afgesien van die Klassieke het sy ’n voorliefde vir vertaling en het ook ’n nagraadse diploma in vertaling aan die US verwerf.
Annemarie staan vanjaar aan die stuur van hulle departementele Woordfees-produksie op 12e Maart, Ek haat en ek het lief (’n dramatiese voordrag van Latynse liefdesgedigte in Afrikaans vertaal).
Sy is lief vir die natuur en draf graag, maar haar grootste liefde bly haar goue Labrador, Oscar.
Opgedateer/Updated: 2011-02-15
Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
