Annemari

Annemari woon meestal in 'n blou huisie in Pretoria, maar sy en haar man reis ook graag en gaan bly af en toe vir 'n paar maande by die see. Sy het 'n ryke oorvloed van mense om lief te hê: Drie kinders en skoonkinders, vier kleinkinders, en ook net soveel stief- en stiefkleinkinders.<br><br>Na haar aftrede het sy romans begin skryf, waaronder <i>Oop Kaarte</i>, <i>Langverlof</i>, <i>Aan die windkant</i> en onlangs ook <i>Die kamer langsaan. Vlis met Vlerke</i> was haar eerste jeugverhaal. Van haar rympies het verskyn in die<i> Nuwe Kinderverseboek</i>. Skryf en lees bly haar groot liefdes, met fotografie 'n kortkop daarna.
Top