Anna-Marie de Vos is ‘n bekende oudregter. Noudat sy nie meer ‘n regter is nie, hou sy haar besig met organiese boerdery, kinders grootmaak (sy en Suzanne, haar partner, het twee kinders aangeneem), en steeds die regte. Eendag wil sy ‘n regte boek, wat nie oor regte handel nie, skryf. Hulle woon op die mooiste plaas denkbaar in die Harkerville-distrik.