Anetha7

Ek is vernoem na my ouma Anna Margaretha. Eintlik het my ouma vier name gehad: Anna Maria Hendrika Margaretha. My ouers was egter so vriendelik om my met net twee van die name te doop. Soos ons Afrikaners maar maak, het die twee name in die praktyk saamgesmelt tot Anetha wat my noemnaam geword het. Ek het aan die Ho?rskool Menlopark gematrikuleer. My gunsteling vakke op skool was Afrikaans, Frans en Latyn. Ek het vroeg in my lewe geweet dat ek graag wou skryf. Toe ek sewe jaar oud was het ek my eerste gediggie, “Weg spring Hasie” , geskryf. Toe ek in Standerd Agt was, is van my gedigte in die Tydskrif vir Letterkunde publiseer. Na skool het ek aan die Universiteit Pretoria verder gaan studeer in Afrikaans, Frans, Engels en Latyn. My eerste pos was as dosent aan Latyn by Unisa in die laat sewentig en vroe? tagtiger jare. Ek probeer nog steeds op hoogte bly met my Frans en kan myself seker ‘n frankofiel noem. Kort daarna het ek met my gesin begin. My kinders was vir my die grootste prestasie ooit in my lewe. My seun, Dion, is 32 jaar oud en bly in Nieu-Zeeland en my dogter van 30 doseer Statistiek aan die Universiteit van Pretoria. Dit is swaar om jou kind aan die buiteland af te staan maar genadiglik het ek nog enetjie naby my. Gedurende die periode dat ek my kinders groot gemaak het, het ek heeltemal van loopbaan verander en ‘n loopbaan as kliniese sielkundige begin, maar weer net so vinng laat vaar omdat ek te veel by my pasi?nte betrokke geraak het. Noudat my kinders hulle eie lewens lei, het die noodlot my weer na die huis waar ek groot geword het terug gebring. Ek het in Menlopark, Pretoria grootgeword. Gedurende daardie dae was Menlopark nog een van die woonbuurtes aan die uiteinde van die voorstedelike gebiede. Daar was stofstrate en al die bure het mekaar geken. Ons kinders het oor en weer gespeel en die honde het saamgespeel. Vandag het Menlopark onpresoonlik begin word. Daar is hoë mure en geëlektrifiseerde heinings en die mense meng nie meer met mekaar nie. Nou dat ek weer in die huis is waar ek my kinderdae deurgebring het, en ‘n bietjie rustiger lewe kan lei, wil ek na dertig jaar weer my skryf werk opneem. My grootste ondersteuners op die oomblik is my klein hondjie van onsekere herkoms, etlike skilpaaie wat die werf met ons deel, en my man met wie ek al 37 jaar getroud is en vir wie ek baie lief is. 
Top