
André Weideman
André Weideman is in 1957 in Bloemfontein gebore, spandeer sy skooljare in die Vrystaat en gradueer in 1986 aan die destydse UOVS met ’n PhD in Toegepaste Wiskunde. Hy spandeer die 1990’s by die Staatsuniversiteit van Oregon in die VSA, eers as assistentprofessor en later as assosiaatprofessor. In 1999 keer hy terug om ’n professoraat by die Universiteit Stellenbosch te beklee, waar hy tans Afdelingshoof van Toegepaste Wiskunde is. Sy navorsingsgebiede lê in die numeriese wiskunde en fokus veral op wiskundige sagteware, spesiale funksies en integraaltransformasies.
Hy is die skrywer van ongeveer 40 navorsingsartikels, waaronder die belangrikste uitset waarskynlik DMSUITE is, ’n sagtewarepakket wat wêreldwyd gebruik word vir die oplos van differensiaalvergelykings. Verdere inligting oor sy navorsings‑ en ander aktiwiteite kan op sy persoonlike webblad, http://dip.sun.ac.za/~weideman, gevind word.
Hy is getroud met Marí Jansen van Rensburg en hulle het drie kinders, Hendrik, Nicolaas en Rina-Mari.
Opgedateer/Updated: 2009-11-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
