Amanda Kaltwasser

Ek is 'n skrywer, 'n dromer, 'n liberalis. My girlfriend is Kwagga, die rockchick. Ons maak songs saam en leef van liefde en water.

Ek's allergies vir korporatiewe set-ups, die rat-race en roetine. Veral vir daai tipe roetines wat jy elke dag na dieselfde plek toe moet ry om te gaan werk - vir my is dit om jou tyd te verkoop vir geld. Ek dink dis crazy. Ek lewe my lewe hoe ek wil en nie soos die samelewing in die algemeen dink 'n mens moet nie.

Ek hou nie van slypskole, skryfklasse en letterkundige korrektheid nie want ek doen dinge maar my manier.

Die woorde - Sommer Sonder Opskrifte en Nog Sonder Opskrifte word tot vervelens toe herhaal by my gedigte op Woes. Die rede hiervoor is dat wanneer ek my gedigte op Woes publiseer, ek genoodsaak is om 'n titel te gee. Sou my gedigte in 'n boek gewees het, sou elke bladsy met 'n gedig daarop net eenvoudig opskrifloos gewees het. Lees asseblief - "Inleidend tot Sommer Sonder Opskrifte" en "Inleidend tot Nog Sonder Opskrifte" in hierdie verband.

Al die liedjies wat ek op Woes plaas is getoonset deur Kwagga en by SAMRO (Southern African Music Rights Organisation) geregistreer.

Ek behou kopiereg op al my werk.

Opgedateer/Updated: 2009-07-31

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top