Amanda du Preez

Amanda du Preez is Professor Emeritus (UP) en is tans verbonde aan die International Institute of the Arts (UFS). Sy is die outeur van verskeie boeke, onder meer Gendered bodies and new technologies: Rethinking embodiment in a cyber-era (2009), Art, the sublime and movement: Spaced out (2022) en Formless futures and aesthetics (2026). Sy het ook as redakteur opgetree van die volgende volumes: South African visual culture (2005), Taking a hard look: Gender and visual culture (2009) en Voices from the South: Digital Arts and Humanities (2018). Haar navorsing en publikasies handel meestal oor die sublieme, digitale beelde en die digitale geesteswetenskappe. Sy het as redakteur van twee Suid-Afrikaanse tydskrifte gedien: Image & Text en De Arte. Tans dien sy op die redaksie van die Journal of the Digital Humanities Association of Southern Africa en op die adviesraad van Persona Studies. Sy het ook as die voorsitter van die Kunskommissie vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gedien tussen 2021 en 2025.

Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning?

Amanda du Preez 2013-01-21 "Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns van die digitale era bestempel."
Top