Amanda du Preez

Amanda du Preez is Professor Emeritus (UP) en is tans verbonde aan die International Institute of the Arts (UFS). Sy is die outeur van verskeie boeke, onder meer Gendered bodies and new technologies: Rethinking embodiment in a cyber-era (2009), Art, the sublime and movement: Spaced out (2022) en Formless futures and aesthetics (2026). Sy het ook as redakteur opgetree van die volgende volumes: South African visual culture (2005), Taking a hard look: Gender and visual culture (2009) en Voices from the South: Digital Arts and Humanities (2018). Haar navorsing en publikasies handel meestal oor die sublieme, digitale beelde en die digitale geesteswetenskappe. Sy het as redakteur van twee Suid-Afrikaanse tydskrifte gedien: Image & Text en De Arte. Tans dien sy op die redaksie van die Journal of the Digital Humanities Association of Southern Africa en op die adviesraad van Persona Studies. Sy het ook as die voorsitter van die Kunskommissie vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gedien tussen 2021 en 2025.

To dwell on Mars

Amanda du Preez Academic research 2026-10-12

"For deep space travel and the colonisation of Mars, we need to make assumptions about both the human and the Earth, and, by implication, about the Sky and the immortals. Thus, by planning and plotting existence on Mars, we must act as if we know the planet entirely and it has revealed itself without any concealment."

Om op Mars te woon

Amanda du Preez LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-10-12

"Die vraag na wat dit beteken om te woon (wohnen) word aan die hand van Martin Heidegger se besinning oor woning gedoen en ook deur die begrip woning uit te bou na die viervoud (das Geviert)."

Selfuitbeelding en Facebook: ’n estetika van verdwyning?

Amanda du Preez 2013-01-21 "Die selfportret beleef tans ’n oplewing aanlyn en word deur sommiges selfs as die volkskuns van die digitale era bestempel."
Top