Alwill Westcott

Alwill Westcott wou al van kleins af ? bibliotekaris gewees het, meestal vir die boeke, maar grotendeels om daardie groot stamps te kon gebruik. Sedertdien is hy deur verskeie identiteitskrisisse en het hy uiteindelik besef en vrede gemaak met die feit dat al wat hy eintlik graag wil doen, is om by die huis op die stoep te sit en lees. Totdat die droom ? werklikheid word, vind hy dat skryf ? uitlaatklep bied aan al die stemme wat in sy kop ronddonder.

 

Hy baklei ? daaglikse stryd teen ? beklemmende vrees vir standbeelde, Brakenjan en ertjies. Eens op ? tyd het hy ook bydraes in die vorm van rubrieke aan Rush Magazine en Mambaonline gelewer.

Opgedateer/Updated: 2006-10-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top