Alfred Schaffer

Alfred Schaffer is ’n digter en poësievertaler. Hy skryf resensies oor Nederlandstalige poësie vir De Groene Amsterdammer, en sedert 2014 is hy ’n vaste dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy ma was van die Karibiese eiland Aruba, en sy pa was ’n Nederlander. Hy studeer Nederlands en toneelwetenskap in Leiden en behaal in 2002 sy doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad.

Hierna was hy in Amsterdam werksaam as ’n redakteur by die literêre uitgewers Cossee en De Bezige Bij, waar ook sy eie poësie gepubliseer word. Sy debuutbundel, Zijn opkomst in de voorstad, verskyn in 2000. Hierna verskyn nog etlike ander digbundels, soos Schuim (2006), Kooi (2008), Mens dier ding (2014) en Postuum. Een lofzang (2016).

Sy digwerk is al dikwels bekroon, onder andere met die Paul Snoek-prys, die Awater Poësieprys, die Charlotte Köhler Prys, die Ida Gerhardt Poësieprys, die Jan Campert-prys en die Hugues C Pernath-prys, en sy gedigte is al in Engels, Frans, Duits, Spaans, Chinees, Sweeds, Turks en Indonesies vertaal.

In 2013 verskyn Kom in, dit vries daar buite by Protea Boekhuis, ’n keur uit sy eerste vyf digbundels, vertaal deur Daniel Hugo. Mens dier ding is deur Zandra Bezuidenhout in Afrikaans vertaal en in Desember 2018 deur Human & Rousseau uitgegee.

Alfred Schaffer: gasskrywerskap by die Universiteit Leiden

Menán van Heerden, Alfred Schaffer Onderhoude 2017-08-17

"Die Nederlandse taal bly ’n belangrike brug as dit gaan oor spesifiek Afrikaans en Nederlands, maar as ons praat van Suid-Afrika, dan is gedeelde ervarings nog belangriker as taal, en speel byvoorbeeld musiek en vertaalde literatuur ’n groot rol, juis deur die toenemende multikulturaliteit." 

Arsenaal van klank deur Anna Enquist, vertaal deur Zandra Bezuidenhout

Alfred Schaffer Resensies 2017-02-22

"Arsenaal van klank is ’n boeiende en belangrike kennismaking met een van die bekendste Nederlandse digterstemme van die afgelope 30 jaar, uitstekend deur Zandra Bezuidenhout vertaal."

Alfred Schaffer se #litnetwoord2016

Alfred Schaffer LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2016-11-29

Hier is Alfred Schaffer se Afrikaanse woord van 2016.

Alfred Schaffer se woord van die jaar 2015

Alfred Schaffer LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2015-12-01

Wat is Alfred Schaffer se #litnetwoord2015?

In Memoriam: Frank Martinus Arion (1936-2015)

Alfred Schaffer In memoriam 2015-10-08

"Arion wilde altijd nog die ene grote roman schrijven over die moeder, dat grote voorbeeld, de mythe in zijn leven. Het is er niet van gekomen."

Oor pypdrome, anachronismes en ander ongemakke

Willem Anker, Alfred Schaffer Skrywersonderhoude 2015-04-01 "Waar begin die een en eindig die ander?" ’n Gesprek tussen Willem Anker en Alfred Schaffer, Coenraad de Buys en Sjaka Zulu.   Willem: Mens Dier Ding, jou sesde bundel poësie, wat verlede jaar verskyn het, het Sjaka Zoeloe as hoofkarakter. Eerstens baie geluk met ’n wonderlike bundel, en ook met die goeie ontvangs daarvan […]

Kaalvoet oor die highway

Alfred Schaffer, Clinton V du Plessis Onderhoude 2013-09-04

"Die skrywers Clinton V du Plessis en Afred Schaffer het mekaar by Cradock se Olive Schreinerfees raakgeloop en 'n gesprek het posgevat wat eenvoudig op LitNet voorgesit moes word ..."

Mont du Toit Wynkwatryn: Alfred Schaffer

Alfred Schaffer 2006-07-27 Zuur zijn de druiven Het is de wintermaand die ons deed zwijgen,de harde maat gemeten boven brood en wijn.Aldus gezeten. En we genoten van dit uitzicht, dit moeras - bleven we dorstig en monddood.
Top