Alene Holder

Alene Holder verwerf haar BA Musiekgraad (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy verwerf ook haar BMus Honneursgraad (cum laude) aan dieselfde instansie, waar sy onder leiding van Minette du Toit-Pearce in solosang spesialiseer en die Afrikaanse kunslied onder leiding van Carina Venter navors. Haar ander akademiese belangstellings sluit feministiese ondersoeke van 17de- en 18de-eeuse opera in. In 2020 lewer sy ’n aanbieding by die SASRIM-Konferensie wat die en travesti-tradisie van die operaverhoog uit ’n feministiese perspektief ondersoek. Sy studeer tans vir ’n MMus-graad aan Canterbury Christ Church Universiteit in Kent, Engeland, waar sy die en travesti-tradisie verder onder leiding van Robert Rawson ondersoek.

"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Musical setting of parodic texts in Roelof Temmingh’s Met apologie

Alene Holder, Winfried Lüdemann Academic research 2022-08-02

"Although this cycle demonstrates Temmingh’s ability to compose in various idioms and to imitate other composers very accurately, the songs also exhibit the composer’s own unique voice in an unmistakable way."

"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie

Alene Holder, Winfried Lüdemann LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-02

"Die [artikel] toon hoe, in die geval van Temmingh se kunsliedsiklus Met apologie, die toonsetting van ’n gedig die teks nie net musikaal inklee nie, maar ’n addisionele dimensie of interpretasievlak aan die gedig toevoeg."

Top