Albertus Kidd is 'n graad 8-leerder aan 'n seunskool in Kaapstad. As KlasKamer se inwonende resensent en verslaggewer is hy die jongste boekjoernalis in Suid-Afrika. Hy is 14 jaar oud en lees alles wat hy in die hande kan kry. Albertus is 'n ywerige roeier en wanneer hy lostrek op die saxofoon, kry dié wat na hom luister, koue rillings.