
Albert Neitz
Albert Neitz is op 25 Oktober 1942 in
Hy het in 1965 by die Veterinêre Navorsingsinstituut te Onderstepoort begin werk. Hierna was hy sedert 1965 eers lektor in Biochemie aan die UP en daarna volle professor tot sy aftrede in 2007. Hy was van 1997 tot 2002 hoof van die Departement Biochemie. Sedert 2008 het hy ’n kontrakaanstelling by die UP.
Sy navorsingspesialiteit in die breë is die biochemie van invertebrate, met spesiale fokus op die proteïene van bosluise en die gebruik daarvan as entstofkandidate teen bosluisvoeding en siektes wat hulle oordra.
Hy is sedert 1997 ’n B3-geëvalueerde navorser. Sy sabbatsverlof het hy in Duitsland deurgebring: by die Max Planck Instituut vir Immunobiologie,
Albert het 84 artikels in geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer en by 128 nasionale en 39 internasionale kongresse bydraes gelewer. Sedert 1995 was hy leier/medeleier van 56 nagraadse studente en eksterne eksaminator van 48 magister‑ en doktorale studente by 13 ander universiteite. Hy was gemoeid met die organisering van verskeie kongresse, beide binne- en buitelands.
Opgedateer/Updated: 2009-11-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
