Adri Breed
Adri Breed is dosent in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. In 2007 voltooi sy haar Meestersgraad in Afrikaanse letterkunde (Skryfkuns) aan die NWU en is tans besig met 'n PhD in Afrikaanse taalkunde onder leiding van prof Gerhard van Huyssteen en dr Frank Brisard (van Antwerpen Universiteit). Sy is reeds vir etlike jare by die ATKV-Skryfskool betrokke as fasiliteerder. In haar vrye tyd hou sy haarself besig met vryskut videoproduksies en regiewerk en skryf ook graag teaterstukke
en draaiboeke wanneer die geleentheid hom voordoen.
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za
