Adolph van Coller

Adolph van Coller is op 5 Mei 1974 gebore in Thabazimbi se Ystermynhospitaal.  Na afloop van sy studies aan die ou PU vir CHO en RAU, praktiseer hy vyf jaar lank as belastingregpraktisyn. Hy is egter nou amptelik ’n gerehabiliteerde prokureur. Van sy gedigte is onder meer opgeneem in die versamelbundels As die son kom oogknip (Protea Boekhuis, 2002), Bieblebom (Bent Uitgewers, 2003), Genugtig! 2006 (Genugtig! Uitgewers, 2006) en verskeie uitgawes van Spilpunt (Praag Uitgewers). Hy is tans besig met die voltooiing van ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof Henning Pieterse.




Opgedateer/Updated: 2008-09-09
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Top