Abjater Ronkedoor
Abjater Ronkedoor is tans betrokke by Moonshine Productions as assistant Produksiebestuurder. Alhoewel dit ‘n ongelooflike ervaring is, is die aard van die produksie wispelturig en word dit op ‘n ad hoc grondslag gedoen.
Tydens sy nagraadse studies raak hy aktief betrokke by die digtersgemeenskap van Pretoria. Sy eerste musiek & poësieaand (Ek sê, Ziyawa – It’s Happening)
Het hy in 2010 gereël en met groot sukses aangebied by Steak ‘n Ale (‘n Alternatiewe kroeg in Centurion) http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Musikante-digters-van-vele-kulture-gebeur-saam-20100617. Na die suksesvolle aand was daar talle kleiner geleenthede waarby hy voorlesings gehou en gereël het (o.a Café Barcelona, Pandora ArtHouse en Exclusive Books in Centurion). Die opvolg van Ziyawa het laasjaar in Mamelodi plaasgevind en was meer suksesvol as die vorige jaar http://versindaba.co.za/2011/05/16/kort-verslag-oor-saterdagaand-se-gedoente/.
In die begin van 2009 skryf hy aan die Universiteit Witwatersrand in vir ‘n gestruktueerde Meestersgraad in Toerisme. Om sy klasgeld te delg het hy as navorsings-assistant vir Prof C. Rogerson gewerk op projekte vir GTZ (Deutsche Gesellschaft für Technische Zusammenarbeit). Einde laasjaar ontvang hy ook sy Meestersgraad aan die Universiteit van die Witwatersrand en publiseer ook sy eerste akademiese artikel : “Pro-poor tourism: a vehicle for poverty alleviation? Some policy recommendations for South Africa “(co-author F de Beer). in die Journal of Contemporary Management, November 2011
Voor sy nagraadse studies het hy ook ‘n draai in die klaskamer gemaak, waar hy toerisme, geskiedenis en aardrykskunde by Hoërskool Vorentoe aangebied het. Alhoewel dit net ‘n aflospos was, moes hy vinnig leer hoe om taakgerig te werk asook hoe om akademiese leiding te gee. Die onderriggeleentheid het hom ook voorberei vir sy volgende werk as logistieke spesialis en assistant bestuurder by Tourvest, ‘n nasionale toeroperateur. As logistieke spesialis was hy verantwoordelik vir die beplanning en vlotverloop van die daaglikse toere in en om Suid-Afrika.
Die laaste nege jaar was voorwaar ‘n avontuur vir hom. Hy het gereis - plaaslik, op die kontinent asook oorsee. Op die reise deur Suid-Afrika as toergids en korporatiewespanbou-fasiliteerder, was sy leierseienskappe en die vermoë om gefokus en kreatief te köördineer, organiseer en met mense te werk, geslyp. Oorsee, as kultuurverteenwoordiger in Disney World en verder op die moederkontinent as vrywillige werker vir Operation Smile (http://www.youtube.com/watch?v=6pH241tE-F8) het hy geleer hoe om vindingryk te wees, asook hoe om die dinamika van verskillende kulture te waardeer en te verstaan.
Tydens sy omswerwinge is daar ‘n aantal gedigte geskryf en gepubliseer onder andere in die kunstydskrif Postbox asook ‘n reisartikel oor Madagascar en Operation Smile, wat nou eersdaags in die tydskrif My Health gaan verskyn. Alhoewel sy passie vir skryf hoofsaaklik meer op die kreatiewe kant van die van die letterkunde gefokus is, het hy ook twee maande gelede sy Meestersgraad verhandeling oor werksomstandighede in die toerismebedryf voltooi en af gehandel.
Eendag as hy groot is gaan hy natuurbewaarder word, ‘n waaghals en ‘n skrywer.
