Wanneer ek weg van die huis is, vul my niks meer met heimwee en verlange as die Alibama studente-gemeenskap se: "Daar is ‘n tyd in jou lewe."
Dit laat my gedagtes opnuut dwaal en verlang na die oop vlaktes van die Wes-Transvaal. (En nou met die niksseggende naam Noordwes spog.)
Een ding staan uit - die dae toe ‘n mens trein Kaaptoe ry en deur die venster met bewonderinmg na die mielie- en sonneblomlande kon kyk.
Die Wes-Transvaal is egter ‘n onreg aangedoen. Die afgelope twee weke het ek drie keer Pretoria toe gereis van Kimberley. Elke keer het daar iewers ierts mooi uitgesteek. Dan is daar die kontras; dorpies wat op ‘n tyd mooi, trots en skoon was wat in haglike krotte verval het.
En skielik dink jy weer aan daardie liedjie – en jy besluit dat die proteste in die streek dalk die mense se eie skuld is om blindelings te gaan stem vir ‘n spesifieke party. Soveel mooiheid en gelukkigheid het plek gemaak vir geweld’ gemors en politieke/geldelike gewin.
Maar die kontraste van die streek is nog daar. Daarom glo ek Klerksdorp met sy goudmyne dalk nie daar hoort nie.
Dit tesame met die agteruitgang van soveel dorpies pas net nie by die kleur, mooiheid, romantiek den gevoel van Wes-Transvaal nie.
En moet nie Mooirivier vergeet nie. Nog ‘n wonderwerk van ‘n provinsie wat heetemal agteruitgegaan het.
Yuri

