Vir Angus oor ’n lewende taal

  • 8

Hallo Angus, ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 25 deser.

Jy sê ek " ... wil weet wat die donner dit met Afrikaans is."  Verkeerd, ek wéét wat de donner dit met Afrikaans is; hy gaan agteruit.  Ek wou weet wat de donner beteken "ôsim, eintlik hoeheerd maar dis kehoel", of hoekom ’n Afrikaanse vrou in Afrikaans praat van oulof bûgh in plaas van Olof Bergh, of hoekom mense gedurig praat van "even" in plaas van "selfs", of van nissen in plaas van Nissan, die soort van ding.

As dít aanpassing of evolusie van ’n lewende ding is soos jy beweer is my pankreas ’n pôpô.  ’n Mens se liggaam verander byvoorbeeld gedurende sy leeftyd; van geboorte tot 18 noem mens die verandering "groei" en van 80 tot 100 noem mens dit "kwyn".  Ook, jou veloppervlakte verander as jy waterpokkies kry maar dis nie groei of evolusie nie, dit is besmetting. 

Jy verwar kwyn, vrot en verval, wat alles ’n staat van verandering verteenwoordig, met groei.  Jou betoog dat Afrikaans op die manier aanpas, en daarom, groei is dus verkeerd. Afrikaans kwyn en verval en raak besmet en word so oorgeneem deur Engels.  Honderde tale sterf jaarliks uit en Spaans, Portugees en Engels is die grootste moordenaars. 

Spaans hou vir ons geen gevaar in nie maar Engels wel en waar ons hier naas Engels leef moet jy ’n daadwerklike poging aanwend om Engels uit Afrikaans te weer.  Ouens soos Wannie Carstens-hulle byvoorbeeld, wat nou kwaai betoog vir "inklusiewe Afrikaans" en dat einste dan nodig gaan wees om die taal te red van ondergang, se eerste stap moet wees om hulle eie mense sover te kry om die onnodige Engelse woorde uit hulle spreektaal te weer.

Jou storie van die ou Nederlanders wat in hulle grafte gaan draai as hulle Afrikaans hoor hou nie water nie want dieselfde geld vir, sê Chaucer, of Shakespeare, te opsigte van Engels, of die antieke Grieke te opsigte van Grieks ens.  Wat die naamvalle betref wat in Afrikaans so verkeerd gebruik sou word, word maar in Engels ook verkeerd gebruik.  Hulle gebruik byvoorbeeld die akkusatief/datief partykeer in die plek van die nominatief, byvoorbeeld "it was him" of "it was me".

Jy sê Engelsrige Afrikaans klink vir jou kru.  'Kru' is nog in die haak; vir my klink dit gedienstig, gatkruiperig, ’n kniebuig in die rigting van populêre kultuur soos Theodore Dalrymple dit noem.

Jy's reg wat die effens anderse Engels in ander wêrelddele betref; dis dieselfde met Spaans in Argentinië en Portugees in Brasilië.  Dit het egter niks met die verval van Afrikaans te doen nie; die twee bogenoemde tale word nie bedreig deur die plaaslike tale nie, dis andersom.  Afrikaans, aan die ander kant, is in die posisie van die plaaslike tale in Brasilië, Argentinië, Amerika, Kanada, die VK, Ausstralië en Nieu-Seeland; hy word bedreig deur die dominante koloniale taal.  En net die Afrikaanssprekendes kan die taal red.

Kaaps is nie ’n dialek van Afrikaans nie; daar is so iets soos ’n Kaapse aksent, soos daar ook ’n Namibiese en Weskusaksent ens is, maar daardie Afrikaans vol Engelse woorde (soos Lerato en Marius in Villa Rosa) is simptomaties van mense wat hulle taal verleer en dus verloor.

Terloops, gepraat van die Afrikaans in Villa Rosa:  Die verskoning van "dit is soos die jong mense praat" is onsin.  Tieners hou ook van dwelms (baie van hulle) en hou daarvan om voor die televisie te lê en heeldag rekenaarspeletjies te speel en dit is nie te sê mens moet vir hulle dwelms en rekenaarspeletjies verskaf nie.  My een broer het gedurig sprinkane geëet toe hy klein was; hy moes daarvan gehou het maar ons het hom nie van sprinkane voorsien nie.  Trouens, my ma het hom verbied om sprinkane te eet.

Groetnis

Jan Rap

  • 8

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Hello, die mag ek nie gebruik nie, maar Hallo soos voorheen vermaan. 
     
    Watdan  van Hi, waarmee menige e-pos en gesprek begin?
     
    Aanvaarbaar of onaanvaarbaar? 
     
    Hierdie eindelose tirades oor die taal bly egter 'n raaisel, maar ook 'n algemene verskynsel onder die wat hulle as die kampvegters van die taal beskou en almal tereg moet wys op die sogenaamde oortredinge waaraan die 'gewone gebruikers' hulle skuldig sou maak. 
     
    Die argument van Angus word nou omgedraai en is die stelling dat verandering, groei sou verteenwoordig.
     
    Dit is nie hoe ek die argument van Angus verstaan het nie. 
     
    Wat nou beskryf word as 'n staat van verandering is nie noodwendig groei, dit is doodeenvoudig net dit, 'n staat van verandering want net soos evolusie, is daar nie 'n voorspelbare einde in sig nie, waarvolgens daar kan aangevoer word dat evolusie 'n duidelike endbestemming het en verbetering stapsgewys is nie. 
     
    Wanneer daar dus van groei gepraat word, dan is dit gebaseer op 'n verkeerde aanname van wat evolusie doen. Dit pas doodgewoon aan in die omgewing waarin gefunksioneer word. 
     
    Net soos die idee van vrot ook net die gevoel van 'n woede is omdat die taal nie meer is soos Jan verlang dit moet wees nie. 
     
    Behoort die taal aan 7 miljoen mense of net aan Jan? 
     
    In wie se monde is die woorde, die uitdrukkings, die vertellings, net met Jan of moet Jan besef die taal word met  sewe miljoen ander mense gedeel en hoe word 'n standaard vir sewe miljoen mense bepaal.
     
    Indien die taal toegelaat word om te lewe en in sy verkillende rigtings te gaan is dit volgens Jan nie wat taal doen nie, maar wel 'n teken van gedienstig,  'n gatkruiperigheid, ’n kniebuiging in die rigting van populêre kultuur soos Theodore Dalrymple dit noem, aangesien daar nie na Jana se waardes gebuig word nie.
     
    Laat dit wel bekend wees dat Theodore Dalrymple is 'n ou korrelkop van die eerste water wat ook net verval sien waar hy kyk. Dalk met rede aangesien hy met die moeilikstes in die tronk werk, maar dan uitgaan en die samelewing in die algemeen as verrot beskou. Gaan lees sy opstel oor die oorsaak van Britse onluste so twee jaar gelede om 'n gevoel van sy misantropiese blik te kry. 
     
    'n Aansteeklike toestand soos gesien kan word

     
    Hierdie probleem met die taal is vir my 'n raaisel, aangesien die taal nie vasgepen kan word nie. 
     
    Hoe sal die taal gereguleer word? 
     
    Wie korrigeer vir wie? 
     
    Wie handhaaf die maatstaf van dit wat aanvaarbaar is en vir wie almal is dit aanvaarbaar?
     
    Dit word aanvaar dat in skole 'n sekere standaard daar gestel moet word, aangesien dit die enigste ruimte buite die ouerhuis is waar 'n alternatief aangeleer kan word, maar alreeds is daar mededinging oor hoe die taal buite die klaskamer ervaar word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Ns, daar is slegs 'n paar woorde wat my omkrap, 'cool' seker die ergste, dat beide jou meisie en 'n film 'cool' kan wees, gaan die verstand te bowe en dan taalgebruik wat kru is, kruwoorde waar sagter alternatiewe bestaan en ordentlikheid goed sou wees.
     
    My skoonsuster praat van die inspuiting wat sy in haar gat gekry het....nou red 'n volk
  • Ag, Jan, moet tog nie sulke oningeligte aanmerkings maak soos dat jou pankreas 'n popo word nie. As iemand dit sê, of dat 'n olifant 'n muis moet baar, dan is dit 'n aanduiding dat hy nie weet waarvan hy praat nie. 

     
    Ek volg nie jou argumente nie. Jy beweer dat ek verrotting verwar met groei, en daarom is my redinasie verkeerd dat Afrikaans hom aanpas. Hoe so? Verrotting beteken ontbinding. Waar vind bv ontbinding plaas as iemand praat van oulof burgh? Dit wel verkeerde uitspraak (ook maar volgens jou en my) maar dit besit geen vreemde onafrikaanse spraakklanke nie. En selfs al was daarin ook onafrikaanse spraakklanke, is dit nog nie ontbinding nie. Dit kommunikeer goed.
     
    Wat jy verval van Afrikaans noem is niks anders as verandering nie. Selfs Engels en Spaans ondergaan veranderinge net soos Afrikaans om aan te pas. Oor duisend jaar van nou af sal jy geeneen van hierdie tale eien nie.
     
    Kaaps is op pad om dialek van Afrikaans te word. Dit sal nie by klankverkille bly nie. Oor duisend jaar sal 'n Afrikaanssprekende en 'n Kaapssprekende mekaar kwalik verstaan. My Duitssprekende vriend (Natalse Duits) sukkel om Namibiese Duits te verstaan en in Duitsland is hy amper so onbeholpe soos ek.
     
    Ten slotte: Afrikaans is Afrikaans en Engels is Engels. Jy ken hulle uit aan hulle strukture. As 'n outjie sê hy gaan vir sy girltjie kuier, dan praat hy Afrikaans, net soos jy wanneer jy van 'n popo praat.
  • Ag ou Angus, moet tog nie sulke oningeligte aanmerkings maak soos dat iemand oningeligte aanmerkings maak as hy sê sy pankreas word 'n popo nie. Hoe klink die vorige sin vir jou as rede?  Ek stem saam; uiters k@k. 

    Nou hoekom doen jý dit?  Daardie opmerking van my, naamlik as jy premis A aanvoer is dit net so belaglik as toestand B, in hierdie geval geradbraakte taal as evolusie/aanpassing/groei en 'n pankreas  wat 'n popo is.  Dit is miskien simpel, laf, flou, kinderagtig maar beslis nie 'oningelig' nie.  'Oningelig' is hier onvanpas want almal weet 'n pankreas en 'n papaja kan nooit dieselfde ding wees nie.  Kom by.

    Jou redenasie dat streektale onderling onverstaanbaar is (Natalse en Namibiese Duits) het niks met die prys van eiers te doen nie.  My betoog is dat 'n stelling soos "dit is even nader as .." in plaas van "dit is selfs nader as ..." of "ons is nog nie ge-introduce nie" in plaas van "ons is nog nie voorgestel nie" verteenwoordig glad nie groei nie, dit is besmette Afrikaans en gedienstige gatkruipery.  Sou jy sê "we haven't been voorgesteld", of "it is selfs nearer than you think" is 'n manifestasie van groeiende Engels?

    Jou voorbeeld van die ou wat by sy girltjie gaan kuier is nog mak maar luister bietjie na Lerato en Marius in Villa Rosa; gedienstigheid om van naar te word.sê ek jou.

    Jy vra waar vind verotting plaas as iemand praat van oulof bugh.  Wel, presies daar want 'n Afrikaanse woord word in Engels uitgespreek deur 'n Afrikaanssprekende.  Is dit nie vir jou 'n duidelike teken dat Engels oorneem ten koste van Afrikaans nie.  Dit is die vrotwordproses par excellence.

  • Beste Jan,

    Ek wil dit nie graag vir jou sê nie, maar as jy volhou met die argument, dan is jou pankreas besig om in ? pôpô (sic) te verander. 
     
    Taal is slegs ? spraakklankstelsel wat woorde vorm en dit op ? bepaalde manier rangskik waarmee ? persoon ? boodskap oordra aan iemand anders; dit is ? kommunikasiemiddel. ? Taal kan nie verweer en dan nog ? lewende taal bly nie, dit kan net beter aanpas by omstandighede of dan heeltemal verdwyn as dit nie van nut is nie.  Ek weet nie presies wat jy met “verweer” bedoel nie, maar daaronder kan verstaan word dat dit al swakker en slegter kommunikeer.  “Oulof Bugh” kommunikeer swak, en ek het dit getoets by ons plaaslike drankwinkel. Ek het gevra of hulle “Oulof Bugh” aanhou, en die Indiërman het my net skeef aangekyk. Hy het eers verstaan toe ek vir “Olaf Berg” vra.  Jou “ge-introduce” is Afrikaans as jy dit so gebruik. Engels het nie so ? voorvoegsel nie en buitendien, as dit beter  kommunikeer as “voorgestel” dan is ek bevrees: “voorgestel” gaan dan verdwyn, want taal is suinig en duld  nie absolute sinonimie nie. 
     
     My gevoel  is dat “We haven’t been voorgesteld” nie die paal gaan haal nie, want dit kommunikeer swakker as “introduced”. Daarenteen sal ek nie verbaas wees as jy Gautengse Engelse hoor sê dat dit “selfs nearer is than you think” nie. Dit kommunikeer hier in Suid-Afrika uitstekend, en is ? bewys  van hoe Engels hom aanpas by Suid-Afrikaanse omstandighede. Êrens anders in die wêreld sal dit egter nie posvat nie.
     
     Namibiese en Natalse Duits het presies baie met die prys van eiers te doen. Dit bewys die evolusie van taal. Duits pas hom aan by die geografiese gebied waar hy gepraat word; en dis mos waaroor ons praat, nie waar nie? Mettertyd, so oor ? paar duisend jaar sal jy in Suid-Afrika ? Hoog-Afrikaans hê (Soos in Hoch Deutsch) met sy verskillende dialekte: Kaaps, Natalse Afrikaans, Vrystaatse Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, ens., ens. 
     
     As Afrikaans nie evolueer en nie kan aanpas by nuwe omstandighede nie, dan gaan Engels dit oorneem, want Engels kan hom dan beter aanpas. Dan is Afrikaans besig om te verrot, soos jy sê, en vrotsel verdwyn naderhand. ? Goeie voorbeeld van waar Afrikaans hom nie kon aanpas nie en toe verdwyn het, is Argentinië. Die Boere se nageslagte daar is almal Spaansprekend.  Toe ek daar was, kon ek darem Afrikaans praat met die mense ouer as tagtig, maar ook maar net as ek baie stadig praat en sommige van die woorde verduidelik. Ek kan nie Spaans praat nie, maar het darem oor die weg gekom met, ja, jy raai reg, Engels. 
     
     So, Jan, aanpassing is Afrikaans se voorland om te kan voortleef.  As iemand musiek maak saam met ander, sê dan hy speel in ? band. “Band” is dan in Afrikaanse konteks gebruik, en daarom is dit nou ? Afrikaanse woord. Hy sal nog verder verafrikaans en “bend” word, want die Engelse a-klank het ons nie.
     
     Jammer my skrywe aan jou oor lewende taal  het met die langnaweek ? bietjie agterweë gebly.
     
    Groete 
     Angus
  • NUUS24 het hierdie berig: 
     

    Mxlish the 12th official SA language

    2013-04-01
     
    Cape Town - The government has announced that Mxlish has been included as South Africa's 12th official language. Mxlish, the language used on Mxit, has been adopted on a recommendation from the department of arts and culture and endorsed by the Pan South African Languages Board (PanSALB).
     
    In a late parliamentary session on Thursday, the government legislated Mxlish into the South African Languages Bill (B 23—2011).
     
    "Mxlish fits the criteria for a national language," said Xoliswa Nbete, head of the National Languages Expansion Task Team (NLETT) at PanSALB. 
     
    "It's completely indigenous to South Africa, spoken by a vast number of people across the country and can be seen in everyday use."
     
    Mxit was pleased with the legal framework, saying that the language was already in the common South African lexicon. Street signage"We have even seen our users take the language to other social platforms such as Twitter and Facebook. 
     
    That's a lot of talking. 
     
    Or as we like to say: thtz ALT of tlkin," said Sarah Rice, vice president of Communications at Mxit.
     
    The first street signs in Mxlish should be ready once tenders have been awarded. Reports suggest that three companies from Limpopo have been included on the preferred bidders' list.
     
    "We are going to start with street signage as this will have an immediate and visible impact and then work towards enabling matriculants to write their final year exams in Mxlish by November 2013," said Nbete.
     
    The department of education applauded the move that would allow learners fluent in Mxlish to communicate in a language they were more familiar with.
     
    "This move is about embracing the organic evolution of language and showing our youth that we are committed to speaking and listening to them in their language of choice," a departmental spokesperson said.
     
    "Mxit is so proud that our homegrown language has been recognised as the critical part of South Africa's history and future. We look forward to working with government in weaving Mxlish into the very fabric of our society," Rice said. 
     
    Uiteindelik is dit hemels by Tafelberg en die Kaap metafories weer Hollands, 'n nasionale taal wat almal kan praat. 
     
    Praat saam.  
  • Hello Jan, 
     

    Ja ek het en dit was bedoeld om so duidelik te wees as 'n wenk. Die idee agter dit was dat indien die vermenging van tale jou so warm onder die kiewe gaan kry, kan daar maar net gedink word wat die effek van Mxlish op jou gestel sou wees. 

     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top