Jaco en Wim se vakansie

  • 1

Liewe Perdebytjie en beste Jaco

Interessante ding gewees wat julle gedoen het. Eksklusiwiteit is 'n nare ding in hierdie land so hierdie storie van julle moet ook aangepak word deur die swartes. Hulle moet gaan vakansie hou in Zimbabwe om hulle te laat besef hulle kla, soos Perdebytjie dit stel, met die witbrood onder die arm.

Sou hulle agterkom dat daar Zimbabwiërs is wat ontevrede is met die toestand in hulle land, moet hulle dié aanbeveel om te gaan vakansie hou in Somalië; dit sal hulle gou laat besef hulle kla met die witbrood onder die arm en die uiteindelike effek sal een van dankbaarheid wees.

Op dieselfde manier natuurlik kan Tokyo Sexwale byvoorbeeld, en Malema, en Zuma se nefie en sy vennoot Mandela se kleinkind (lg twee van die Auroramyn), en nog 'n hele paar swartes waaraan ek kan dink, soos byvoorbeeld stadsklerke en hulle politieke adviseurs, vakansie gaan hou soos jy en Wim gewoonlik gaan hou.

Dink net hoe dankbaar gaan hulle nie wees dat hulle nie so arm soos ek, jy, Perdebytjie en Wim nie. Hulle sal dan besef hoe bevoorreg hulle is dat die belastingbetaler (grootliks) hulle borg vir eersteklasreise en vyfsterhotelle en nie self hoef te betaal soos ek, jy, Perdebytjie en Wim nie.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan, jy is natuurlik reg dat daar altyd iemand "onder" jou in die voedselketting sal wees. Die vraag is, wat maak jy met daardie inligting. Want daar is (hoofsaaklik) 2 denkrigtings. Die tradisionele "eet jou kos, daar is honger mense in Etiopië" is deur liberales aangepas tot die "ek moet jammer wees omdat ek meer het as ander". Die ander hoofstroom-idee is die "moenie mense visse gee nie, verkoop visstokke en handleidings aan hulle". Hierdie is natuurlik growwe boksies om mense te probeer inpas, maar volgens my is dit die twee kante van die munt, met baie variasies tussenin.

    Armoedeverligting is vir my persoonlik van die allerhoogste belang. Nie omdat ek bang is die arm mense kom maak my dood vir my stuff nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen. Ek het myself al talle male gevra of ek moet skuldig voel omdat ek meer het as ander. Wel, nee, ek sien geen rede tot skuld nie. Die ander vraag is of ek jammer moet voel vir die armes (want dit sal my dan dwing tot dade om iets daaraan te probeer doen). Die antwoord is 'n gekwalifiseerde ja. Net soos ek weier om my lui kollega se werk vir hom te doen, sal ek nie lui arm mense (wil) help nie. Die beste voorbeeld hiervan is die tannie wat die foto bekyk van die uitgeteerde Etiopiër ma met die 15 uitgeteerde kindertjies om haar wat met sulke leë oë na jou staar. As die tannie dit waag om te sê "Ag shame, kom ons skenk 'n geldjie, ons het soveel meer as hulle", is my standaard antwoord: "Tannie, daar is rede hoekom ons meer het as hulle, ons sit nie op ons gatte en wag vir ons kinders om van die honger dood te gaan nie. Daai is nie 'n arm ma nie, dis 'n SLEGTE ma, een wat nie die seën van kinders verdien nie. Ek sien sy het 2 hande en 10 vingers, met party kinders groot genoeg om te help, kan sy nie ietsie plant of bessies pluk of iets maak om te verkoop nie? Ek weet ek ken nie die omstandighede nie, maar daar is NOOIT 'n situasie waarin jy NIKS kan doen nie?" Vir daardie slegte ma sal ek slegs 'n groot pak mieliesaad stuur. As sy dit reg bestuur, kan dit lewenslange kos vir haar gesin voorsien. Niemand is slegter as ‘n lui mens nie.

     

    Die feit van die saak is dat mens se uitkyk op die lewe bepaal of jy gaan sukkel of nie. Of jy kos op die tafel kan sit of nie. Toe ek klein was, het ek eendag iemand met 'n bloedrooi Ferrari by die kafee sien stop. Dit was ‘n groot oomblik vir my, en net daar en dan het ek my ma gevra watter werk mens moet doen om so kar te ry, want ek wil ook eendag een hê en moet solank my skoolwerk in daardie rigtings moet opskerp. Ek was 6. Die ander outjie wat langs my gestaan het, het dalk gedink "daardie man se ouers het my ouers se grond onteien, en hom bevoordeel bo my ouers, en daarom kan hy so mooi kar ry, ek haat hom daarvoor". Daardie kind sal vir die res van sy lewe 'n sukkelbestaan voer. Behalwe as hy in een van die min ANC-topposte ontplooi word, natuurlik.

    Ek skryf nou eintlik te veel, my punt is bloot dat party meer het as ander omdat hulle:
    1. Harder werk
    2. 'n Ander uitkyk op die lewe het.

    Party mense kan eenvoudig nie nie uit hulle armoede gelig word deur al die geld in die wêreld nie, want hulle weier om fluks te word en hulle uitkyk op die lewe te verander. Aan sulkes was jy jou hande, aan die ander wat jou hulp gebruik om hulself op te tel, vir hulle gooi jy sommer met alle hulp wat jy kan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top