Soms word die digter plant,
maar vleesetend;
wag oopkardoes op prooi:
muggies, motte, spinnekoppe
en die spikkelbesies van ons Heer,
pienk en geel en okerrooi.
Geleidelik begin die digter kwyn
vanweë sy geil menu,
tot hy verdwaasd moet stotter
teen ’n uitgelese gas:
“Is ek nog ek,
en wie, terloops, is u?”

