Die twee honde

  • 6

Sjalom.

Vir baie jare reeds voel ek soos 'n posman wat vir die honde blaf.

Dis vandag met hartseer dat ek besef dat andere nie meer die verskil tussen die boodskapper, en die anderhaters onder 'n mantel van Godsdiens kan onderskei nie.

Ek is skuldig.

'n Les kom in my gedagte; die fabel van "Die twee honde" ...

Dit vertel die verhaal van twee honde wat elkeen 'n beurt gekry het om in 'n kamer te gaan.

Die eerste het ewe stertswaaiend uitgekom; wyl die ander aggressief met tande uitgestorm het.

'n Toeskouer het heel verbaas in die kamer gaan kyk wat hierdie uiteenlopende reaksies van die honde veroorsaak het.

Die kamer was gevul met spieëls ...

Die tevrede en gelukkige hond moes sekerlik te bly gewees het om al die ander vriendelike honde in die kamer te ontmoet; wyl die kwaai hond erg opgewerk geraak het met die baie bytende honde op sy werf.

Dis duidelik; dit wat jy om jou sien en aan ander toedig, is inderdaad 'n refleksie van jouself.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 6

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Ek is bly dat jy insien dit wat ek vir jou probeer sê het.

    Lekker naweek vir jou

    Chris

  • Cornelius,

    Ek waardeer jou erkentlikheid. Dit vat 'n MAN! (Verseker nie hond)

    Daar is niks beters vir my dan 'n nederige gees asook 'n leersame gees. Dit spreek harder dan kennis.

    Alhoewel ek ook nie aan 'n mengelmoes Godsdiens glo nie, weet ek wie om te respekteer.

    Belowe my jy gaan volgende keer tot 10 tel voor jy weer WOES begin terugskryf of spoeg! 

    Moenie jou gesindheidstoets dop, asb.

    Sterkte

     

     

  • CorneliusHenn

    Liewe Trienie en beste Chris... baie dankie vir jul ingeskape besieling... Namaste! Cornelius

  • Hello Cornelius, 

     
    Hoe lank dink jy sal jy kan hou? 
     
    Hoe waar is dit ook dat dit altyd net 'n refleksie is? 
     
    Kan dit hoegenaamd aanvaar word dat bogenoemde sielkundige profiel en reaksies wat jy beskryf projekteer kan word op die mensdom as die aard van die mens? 
     
    Is dit ook nie dat dalk is jy ongeduldig, arrogant, en moet argumente wen ten alle koste? 
     
    Dalk is die persoon op wie jy projekteer volkome onskuldig, maar net soos die teenoorgestelde ook waar kan wees. 
     
    Maar wat weet ek? 
     
    Is ek mos nie gebreinspoel volgens jou? 
     
    Die lakei van die korporasie? 
     
    Die een met die agenda? 
     
    Kan jy dit alles prysgee en aanvaar dat die persoon met wie jy verskil dalk 'n punt het? 
     
    Sal maar wag en moet sien. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Hierdie steek ook vas van lank terug al: 
     
    “ACADEMIC politics are so vicious precisely because the stakes are so small.” 
     
    This observation is routinely attributed to former Harvard professor Henry Kissinger. 
     
    Well before Kissinger got credit for that thought in the mid-1970s, however, Harvard political scientist Richard Neustadt told a reporter, “Academic politics is much more vicious than real politics. We think it’s because the stakes are so small.” 
     
    Others believe this quip originated with political scientist Wallace Sayre, Neustadt’s onetime colleague at Columbia University. 
     
    A 1973 book gave as “Sayre’s Law,” “In any dispute the intensity of feeling is inversely proportional to the value of the stakes at issue—that is why academic politics are so bitter.” 
     
    Is dit dalk ook nie 'n rede nie? 
     
    Tesame daarmee moet dit  ook moontlik wees om apart te staan van die argumente wat jy aanbied, alhoewel dit aanvaar word dat daar dinge is wat tot die kern van jou menswees gaan en dat 'n aanval op jou argumente dan ervaar word as 'n aanval op jou menswees. 
     
    Ook is daar dinge waaroor 'n mens moet sterk voel. 
     
    Rassisme, homofobie, geslagsdiskriminasie, uitbuiting, en die fundementalis, hoe gemaak met sulke stiksienige gevalle. Hierdie lys is glad nie volledig nie. 
     
    Daarom is dit nie altyd onbenullig nie in teenstelling tot Sayre. 
     
    Maar hoe dan gemaak? 
     
    Baie dankie'
     
    Wouter
     
     
  • Hello, 

     
    Net soos Cornelius male sonder tal hier aandui dat die werf is nie kerk nie, maar dan nogtans voortgaan om te preek kan dit sekerlik deur my aangevoer word dat die werf is ook nie terapie nie, maar kom dit word aanvaar vir 'n wyle word sielkunde en terapie toegelaat wil ek graag Adam Philips in die gesprek bring. 
     
    'n Speelse en wyse sielkundige van London en 'n baie goeie skrywer in die algemeen.
     
    Vir eers net hierdie onderhoud met hom: 
     
    http://opinionator.blogs.nytimes.com/2011/11/07/an-interview-with-adam-phillips/

     
    Ek kan ook onomwonde dit stel dat hy 'n fassinerende persoon is en ure na hom kan luister: 
     
    'n Laaste gedagte het met frustrasie te doen, die “woede”, “die onaangenaamheid” wat ervaar word, wanneer ’n argument wat aangebied word teenstand kry. 
     
    Adam Phillips het ’n sinvolle argument oor die aard van frustrasie en die woede wat uit dit voortspruit.
     
    Phillips se argument is soos volg: 
     
    Net soos plesier of dan satisfaksie moontlik is, is dit egter, (ongelukkig) onlosmaakbaar deel van frustrasie. Plesier en frustrasie het sy oorsprong vanaf ’n enkele persoon, ’n enkele gebeurtenis. 
     
    Hierdie is verteenwoordigend van die struktuur van realiteit en sal nooit verander nie. 
     
    Maar daar is ’n fobie teen frustrasie en word daar gepoog om dit teen alle koste te vermy en kan dan die metodes gebruik om frustrasies soos ervaar die hier en elders dan die hoof te bied. 
     
    As ’n finale antwoord dan, beterweter of nie, ek hoop nie so nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top