Sjalom.
Vir baie jare reeds voel ek soos 'n posman wat vir die honde blaf.
Dis vandag met hartseer dat ek besef dat andere nie meer die verskil tussen die boodskapper, en die anderhaters onder 'n mantel van Godsdiens kan onderskei nie.
Ek is skuldig.
'n Les kom in my gedagte; die fabel van "Die twee honde" ...
Dit vertel die verhaal van twee honde wat elkeen 'n beurt gekry het om in 'n kamer te gaan.
Die eerste het ewe stertswaaiend uitgekom; wyl die ander aggressief met tande uitgestorm het.
'n Toeskouer het heel verbaas in die kamer gaan kyk wat hierdie uiteenlopende reaksies van die honde veroorsaak het.
Die kamer was gevul met spieëls ...
Die tevrede en gelukkige hond moes sekerlik te bly gewees het om al die ander vriendelike honde in die kamer te ontmoet; wyl die kwaai hond erg opgewerk geraak het met die baie bytende honde op sy werf.
Dis duidelik; dit wat jy om jou sien en aan ander toedig, is inderdaad 'n refleksie van jouself.
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Hello Cornelius
Ek is bly dat jy insien dit wat ek vir jou probeer sê het.
Lekker naweek vir jou
Chris
Cornelius,
Ek waardeer jou erkentlikheid. Dit vat 'n MAN! (Verseker nie hond)
Daar is niks beters vir my dan 'n nederige gees asook 'n leersame gees. Dit spreek harder dan kennis.
Alhoewel ek ook nie aan 'n mengelmoes Godsdiens glo nie, weet ek wie om te respekteer.
Belowe my jy gaan volgende keer tot 10 tel voor jy weer WOES begin terugskryf of spoeg!
Moenie jou gesindheidstoets dop, asb.
Sterkte
Liewe Trienie en beste Chris... baie dankie vir jul ingeskape besieling... Namaste! Cornelius
Hello Cornelius,
Hello,
Hello,