Goeiedag.
Baie geluk Yvonne Beyers, Piet Matipa, en Jaco Kleynhans, met hierdie welopgevoede gesprek oor iets so kosbaar soos onse Afrikaner-erfenis!
Meteens voel ek geweldig trots om 'n Afrikaner te wees.
Met respek; vir die Yvonne Beyerse' en Piet Matipas' kon 'n mens ook seg: ’n relatief beskutte taal en kultuur omgewing soos die in Orania, is dikwels die voorwaarde vir skeppende werk.
Watse blootstelling het skrywers byvoorbeeld soos Cervantes, Shakespeare, Goethe of Dostojevksi aan ander tale as hulle moedertale gehad?
Alle kante lê gedurig die grondslag op die vryheid van die individu
Wat gaan jy op "braaidag" doen?
Yvonne Beyers, Piet Matipa, en Jaco Kleynhans, elkeen se besonderse antwoord bewys juis hoe kultuur, op 'n intieme wyse verband met ons begeertes hou.
Dis dus maklik om te aanvaar dat kultuur by uitstek die begeertes van die individu, en spesifiek deur middel van die talle instellings soos die gesin, familie, skole, plaaslike regering, eie etniese gemeenskap, Godsdiens, ensovoorts ... te kultiveer.
Deur deugde soos toewyding, kuisheid, medelye, wysheid ... by sulke instellings te kultiveer, word die individu inderdaad vrygemaak!
Maar hierin is ook die ironie; waar die individu vrygestel word en self oor hul lewe besluit, word hierdie kulturele kragte des moontlik ondermyn, en wanneer dit gebeur, ontbind die kultuur.
Wat dan?
Dis nie net die kultuur wat ontbind nie ... die individu ontbind daarmee saam want juis die kragte wat die individu moontlik gemaak het, bestaan dan nie meer nie.
Daarom ook dat hier soveel napraters en slimjanne met hul identiteit op 'n grys vlakte gekenmerk word. 'n Mens sien weinig iets soos 'n egte identiteit by die Jaco Fouries' en Wouter Fernse' op die werf - diegene wat juis so luidrugtig teenoor enige vaste oortuiging en waardestelsel, hul weerstand braak.
Jaco Fourie het byvoorbeeld menigmaal 1994, as die jaar "0" voorgegee. Ek gaan nie tyd mors om sy "nuut" te kritiseer nie; net die feit dat hy (nes vele ander gebreinspoelde Afrikaners), hulself aan 'n historiese vakuum en geestelike lugleegte oorgee.
Daarenteen bring Jaco Kleynhans, weer wonderlike betekenis aan Edmund Burke se omskrywing aan die woord "konserwatief".
Konserwatief=verandering.
Jaco Kleynhans, nes Orania, is duidelik nie teen die Nuwe Suid-Afrika en die verandering wat daarmee gepaard gaan nie. Hy is ook nie daarvoor te vinde om politieke werklikhede met 'n bepaalde bloudruk - metafisiese spooksels - te bestorm nie. Die bepaalde soort verandering waarvoor daar in Orania gestaan word, is bemoedigend en stewig in ons erfenis geworteld.
Ja, die egte konserwatiewes van Orania, verander eerder deur by die verwikkelde aard van die alledaagse aan te knoop; die moeisame weg om die alledaagse te bemiddel - van onder af - vanuit dit wat moontlik GEDOEN, en gedoen KAN word - sonder om hul geskiedenis te verloën!
Orania, is bo alle twyfel 'n verbetering op die tradisie wat ons as Afrikaners onder die Nasionale Party geken het. Orania doen ook nie ? beroep op ? abstrakte droom wat kunsmatig op die werklikheid afgedwing moet word nie. Orania is eerder besig om stap vir stap, ? harde en onvermybare werklikheid op die Aarde neer te sit.
Vir my herinner Jaco Kleynhans se woorde, deurgaans aan Aristotelies se sin aan "goeie oordeel"; 'n opregte konserwatiewe geduld.
Dis lankal tyd om die Orania Beweging, anderkant die Ingelse se vernietigende verdeling van "links" en "regs" te omskryf!
'n Geseënde Braaidag vir almal.
Katolieke Boeregroete,
Cornelius Henn

