Vakature beskikbaar by NB-Uitgewers: Redaksionele assistent / Junior Redakteur

  • 0

NB-Uitgewers bied ’n uitdagende geleentheid vir ’n ambisieuse en dinamiese persoon wat belangstel in ’n loopbaan in die uitgewerswese. Die suksesvolle aansoeker sal by alle aspekte rondom die publikasie van fiksie betrek word. ’n Tersiêre kwalifikasie in Afrikaanse en/of Engelse letterkunde is ’n vereiste, en ’n kwalifikasie in Joernalistiek/Uitgewerswese of ervaring in die uitgewers- of ’n verwante bedryf, sal tot die voordeel van die kandidaat strek.

Die suksesvolle kandidaat:

  • is ’n ywerige leser met ’n passie vir boeke
  • het ’n voorkeur vir sowel literêre as populêre fiksie
  • is energiek, skeppend, innoverend en entoesiasties
  • is vlot in Engels en Afrikaans, en beskik oor goeie kopieskryfvaardighede
  • is in staat om fiksiemanuskripte te beoordeel – die hooffokus is op Afrikaans – en talentvolle skrywers leiding te gee om hul tekste publikasiegereed te kry
    het uitstekende organisatoriese vaardighede, is stiptelik en haal spertye
  • funksioneer goed in ’n span, maar
  • kan ook onafhanklik werk en is buigsaam
  • is rekenaarvaardig (MS Word, Excel, Powerpoint, Outlook)

Die pos bied:

  • die geleentheid om deel te wees van ’n dinamiese, skeppende span
  • ’n mededingende vergoedingspakket
  • ’n 13de tjek, aftree- en mediese voordele

Stuur aansoeke asseblief aan Danita van Romburgh by dvanromb@nb.co.za of faks (021) 406 3122.

Ingevolge NB-Uitgewers se diensbillikheidsbeleid sal voorkeur verleen word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe.
Aansoeke sluit 30 April 2014.

Aansoekers wat nie binne 2 weke ná die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, kan aanvaar hul aansoek was nie suksesvol nie.

NB-Uitgewers is onder geen verpligting om die pos te vul nie.

Aansoekers kan ons webtuiste www.nb.co.za besoek vir agtergrondsinligting oor NB-Uitgewers en ons publikasielys.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top