|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1051
23/05/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Skrywers kies koers Karoo toe |
 |
|
Samesteller: Aletha de Klerk
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781776073757
Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die seniorfase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, spotprente, plakkate, grafieke en opsommings.
|  |
|
 |
Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo
LitNet
Boeke en skrywers
LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.
|
 |
Kinderboeke: Van dansdrome na dansers – na rolmodelle
Magdel Vorster
Kinderboeke
"Dit is hierdie soort boeke wat kan help om drome en hoop lewend te hou, aangesien die pad na sukses, danksy bekende of gemeenskaplike omstandighede en komvandaans, meer toeganklik kan voel."
|
 |
A place to night in by Frank Meintjies: a review
Tyrone August
Books and writers
"The notion of home is intimately tied to an individual’s sense of self. ... This dual meaning of home is certainly a useful way of looking at the new collection of autobiographical poems by Frank Meintjies, A place to night in."
|
 |
Lees- en leerpret met Bollie: ’n resensie
Magdel Vorster
Kinderboeke
"Die Bollie-werkboeke bied bo en behalwe kosbare aktiwiteite om letter- en syfervaardighede aan te leer, baie geleenthede om skryfvaardighede te oefen en vas te lê. En Bollie-aanhangers van weleer kan ontspan. Met Wendy Maartens as vertaler, is Bollie in veilige hande."
|
 |
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
Jannes Erasmus
Lesersindrukke
"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."
|
 |
Undoing the strange tragedy of Black Hamlet
Laurence Wright
Books and writers
"Two new books add to the published oeuvre of South Africa’s pioneering psychoanalyst, Wulf Sachs, [who] was out to demonstrate two things. First, that black urban migrants were in a terrible plight, not of their making, and one with which they were lamentably ill-equipped to cope. And, secondly, that the exciting new thought package of Freudianism successfully straddled the apparent crevasse between Western modernity and African traditionalism."
|
 |
Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) (1938–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Skryf is nie ’n stokperdjie nie, veral oor onderwerpe soos vervreemding, verlies, godsdiens en seks. Dis bitter harde werk. Maar die skryfproses was vir my opwindend. Ek is lief vir woorde." Lees meer oor die lewe en werk van Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Binnerym van bloed deur Antjie Krog by NALN
LitNet
Boeke en skrywers
Kom kuier saam! Penguin Random House SA nooi jou uit na die boekbekendstelling van Antjie Krog se outobiografiese roman, Binnerym van bloed, by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein op 28 Mei 2025. Henning Pieterse sal die gespreksleier wees.
|
 |
Press release: Announcing the winners of the Island Prize 2025
LitNet
Books and writers
The 2025 Island Prize, the fourth year it has been running, has once more attracted nearly 200 entries from across the continent, and the range of subjects, styles, and genres has been greater than ever before. Now, rather than one winner, we have had to name two: Night dancer by Zabu Wamara of Uganda, and In the valley of bones by Kristien Potgieter of South Africa.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Om te skep: Cradock-paragrawe en lesse van lepels
Bibi Slippers
Boeke en skrywers (2022)
"'As jy wil skep, moet jy kyk,' sê die lepels." Bibi Slippers lewer verslag oor haar maandlange verblyf in Cradock, waar sy die eerste LitNet Tuishuise Inwoonskrywer was. Sy en haar hond Matilda het tuisgegaan in een van die Victoria Manor Hotel se bekende Tuishuise.
|
 |
Die Groot "Ek is": heuning uit die karkas van ’n leeu
Tom Dreyer
LitNet25-skrywersberaad (April, 2025)
"Psychonauts, oftewel psigedeliese reisigers, beskryf die psige soms as ’n eindelose reeks kamers. En ek vermoed hulle het iets beet." Hierdie lesing is op Vrydag 20 September 2024 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad.
|
 |
Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
Menán van Heerden
Boeke en skrywers (2024)
Die vyfde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 20 tot 22 September 2024 in Nxuba (voorheen Cradock) plaasgevind. Die ATKV-skryfskool en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ook hier aangebied. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voortloop. Menán van Heerden het foto’s van al die sprekers geneem.
|
 |
Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
Menán van Heerden
Feeste (2024)
Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur. Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid. Menán van Heerden het foto’s geneem.
|
 |
Conversations beyond the comfort zone | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
Sihle Khumalo
Etienne van Heerden Veldsoirée (2023)
We should stop worrying about the names of towns and streets. We should, however, worry about South Africa becoming a failed state. In this lecture Sihle Khumalo urges South Africans to have difficult conversations, to move beyond their comfort zones. He does so while reflecting on his many travels throughout Africa.
|
ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Bolmakiesie van woke
Jana Luther
LitNet25-skrywersberaad
"Die spanning tussen die strewe na sosiale geregtigheid en die behoud van vrye uitdrukking is ’n komplekse uitdaging."
|
 |
Gimmickry, golf and global gore
Peter Vale
Opinion
"The core issue in global social relationships is white wealth and black poverty. Without understanding this, not gimmickry, not golf can hide the gore of grinding poverty on which social violence feeds."
|
 |
Nampo (19 Mei 2025)
Theo Venter
Menings
"Ek hoop dat hulle, nadat die besoek aan Donald Trump verby is, meer gefokusde aandag sal gee aan ’n klein groepie mense van ongeveer 850 000 werkskeppers en werknemers – 0,01% van die bevolking wat elke dag vir 62 miljoen mense van kos voorsien."
|
 |
Wat sê Bettina? President Ramaphosa in die Wit Huis
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Ek dink in elk geval nie die Suid-Afrikaanse afvaardiging het Washington toe gegaan met die idee om Trump se siening oor wit volksmoord te verander nie. Hy is nie die tipe leier wat hom deur feite en statistieke sal laat oortuig as die waninformasie hom beter pas nie. Die ware doel van die vergadering sou agter toe deure uitspeel: die G20-vergadering en handelsbetrekkinge."
|
 |
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Ramaphosa
Johann Rossouw
Seminare en essays
"Al wat ons ná gister wel kan sê, is dat die wêreld nou weet wat ons lankal weet: dat die ANC as regering misluk het; dat hier onaanvaarbare misdaad, haatpolitiek, armoede en bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika is; en dat gewone Suid-Afrikaners gematigde mense is wat reeds saamwerk om ’n beter toekoms in ons geliefde land te skep."
|
 |
Suid-Afrika aan die politici: Ons soek werk!
Freek Robinson, Hermann Pretorius
Onderhoude
Volgens die peiling is kiesers glad nie so verdeeld volgens ras as wat sommige groepe ons wil laat glo nie, en die meeste wil hê die regering moet ’n ekonomie steun wat werkskepping sal stimuleer.
|
 |
Op soek na taal en identiteit in ’n tyd van war
Morné Theart
SêNet-briewe
"Ek wil dus weet of Boere werklik ’n betekenisvolle rol gespeel het in Afrikaans se geboorte en of dit eintlik maar net ’n 'appropriation' was en dat ons almal vandag net onwetende voortbrengsels is van een groot Afrikaner-nasionalistiese verdigsel."
|
 |
Die Tref-en-Trump-slag
Heindrich Wyngaard
Elders gesien
"Dit kom van te bang wees om Malema in die bek te ruk. Goedso, soos ons sê."
|
 |
Dit is tyd dat die regering wakker word
Charles Smith
Elders gesien
"As die gesprek die lig op die geweld en plaasmoorde gaan gooi en een boer en burger van SA gaan red, was die gesprek broodnodig. Daarvoor was die gesprek ’n goeie, broodnodige gebeurtenis. Dit is tyd dat die regering wakker word."
|
 |
Jan Terlouw: kampvegter vir wedersydse vertroue
Solet Scheeres
Actueel
"Saam met die ewig optimistiese Stach wat altyd die goeie in mense raaksien, het generasies Afrikaanse kinders vir die eerste keer in kontak gekom met Nederlandse jeugliteratuur en die Nederlandse taal."
|
 |
Museums moet inklusief word en die jeug betrek om dit te bereik
Maryke Roberts
Kunst
"Baie museums is stowwerige, donker plekke waar uitsluiting – eerder as insluiting – die wagwoord is. Dit is dus ook dikwels nie op jongmense se radar wanneer ’n nuwe omgewing verken word nie. Met Internasionale Museumdag wat op 18 Mei gevier word, bring dit weer museums in die kollig. Die dosente van die Stellenbosch Academy of Design and Photography het besluit om hierdie dilemma met ywer aan te gryp en jongmense by ’n interessante projek te betrek, naamlik 'Imagine a just future', ’n projek vir hul derdejaarstudente."
|
 |
Wiskunde: Graad 6-vraestel 1 en -memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en bekommer jy jou oor jou Wiskunde-eksamen wat voorlê? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit sal jou spanning soos mis voor die son help verdwyn. Laai dit af, oefen jou werk en jy sal sommer met selfvertroue kan gaan skryf.
|
 |
Wiskunde: Graad 12-vraestel 1 en -memo, kwartaal 2
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 12? Dis tyd om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld wat jou sal help om briljante punte te kan behaal!
|
 |
Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met twee van die reeks se draaiboekskrywers
Naomi Meyer, Desiré Manthey Gardner, Mercy Kannemeyer
TV
"Ek het absoluut verlief geraak op die materiaal, binne die eerste paar hoofstukke. Ek wou meer weet van Shani en die res van die interessante mense wat soms die mees onverwagse besluite neem en keuses maak. En ek wou daardie gevoel van 'net nog een bladsy' op die skerm deurbring."
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: ’n outydse tram
Johan Allers
Leefstyl
’n Tikkie nostalgie, ’n stukkie erfenis: In die volgende video in hierdie weeklikse reeks reis Johan terug in tyd. Hy besoek die Electrische Museumtramlijn Amsterdam.
|
 |
Persverklaring: Marianne Thamm dryf spot met politiek by Hermanus FynArts
LitNet
Feeste
As jy ook vuisvoos is van ons land se politiek, durf jy nie Marianne Thamm se komiese eenvrou-vertoning, Round of applause reloaded, by die Hermanus FynArts Festival misloop nie. Kom lag Juniemaand lekker saam met ons vir ons land se absurditeite, en gaan huis toe met nuwe insig en hoop. Want, soos Thamm sê, sy het meer hoop vir Suid-Afrika as vir enige ander land.
|
 |
Ou volk
Von Villon
Poësie
"bo grasveld
in skemerlig verdronke
verflou die skrille soebat
van die sonbesie"
|
 |
Die lig het verdwaal
Martin Labuschagne
Poësie
"in die verwronge wydte
tussen
die Suide
en
die Noorde –"
|
 |
Welgevonden revisited
Iván Kovács
New writing
"For Henry each day is an initiation,
a new door to a mystery,
the grandeur of the Silbersteins
and Welgevonden’s history."
|
 |
Roerloos
Morné du Preez
Poësie
"want soos jy in die môrestond bloei
skryf ek drome in die donkerte"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|