|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 931
23/12/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: 2022 se 884 377 aantal woorde geakkrediteerde nuwe Afrikaanse navorsing |
Roman
Outeur: Cas Wepener
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485314028
Die "roman" in die titel verwys na ’n spinnekop of baardskeerder, wat die teenwoordigheid van onheil, boosheid en gevaar verteenwoordig. |
 |
|
 |
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
Jaco Prins
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."
|
 |
ANC-kieskonferensie: En nou?
Freek Robinson, Jan-Jan Joubert
Onderhoude
Politieke joernalis Jan-Jan Joubert het al agt ANC-konferensies gedek. Hoe het die 2022-konferensie, wat weer op 5 Januarie 2023 hervat word, verloop? Hoe sien die politiek tans daar uit? Wat lê voor?
|
 |
Ek het mixed feelings, uncle Cyril
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Soe, congratulations, uncle. Maa ek moet sê, it voel ie soes toe Argentina die sokke gewen het ie. Toe kon mens voluit bly wies en saam met Messi cheer. Maa uncle, it voel soe al uncle het gewen maa die land hettie sam met uncle gewen ie. Wan wat betieken it nou eintlik lat uncle gewen het? In practical terms, mien ek nou. Betieken it lat ôsse ligte nou gan brand en ôs maa die Krismis gammon kan gan koep?"
|
 |
LitNet Akademies Weerdink: Aflandige, konvensionele gaseksplorasie en die omgewing
Willemien du Plessis, Carmen Franco
Seminare en essays
"Die kragkrisis in die land gaan Suid-Afrika dwing om vinniger na hernubare energie te beweeg en indringende besluite sal in hierdie verband geneem moet word. In die hele debat sal die publiek wel rekening moet hou dat Suid-Afrika nog vir ’n geruime tyd afhanklik gaan wees van steenkoolkragopwekking of selfs aardgas- en oliebronne." Watter moontlikhede word ondersoek en wat sê die reg?
|
 |
’n Dekoloniale toekoms? Musiek, ras en taal aan die Universiteit Stellenbosch
Carina Venter
Universiteitseminaar | University Seminar
"Om musiek en taal as vertrekpunte te neem vir ’n besinning oor die onlangse Khampepe-verslag en die dekoloniale projek by die Universiteit Stellenbosch mag voorkom as ongewoon. Histories is die verhouding tussen musiek en taal een van nabootsing, skeiding, hereniging en kultuurnasionale fantasieë. Of so het die verhaal verloop in die koloniale Verligtingstydperk."
|
 |
LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer
Imke van Heerden
Menings
Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!
|
 |
Nederlands spreken met een app
ChatGPT, Izak de Vries, Natasja le Roux
Onderhoude
ChatGPT is een applicatie die bestaat uit kunstmatige intelligentie waarmee een persoon kan communiceren met een groot taalmodel. Het is getraind om in het Engels te communiceren, maar Izak de Vries voerde gesprekken in het Nederlands; met redactioneel commentaar van Natasja le Roux.
|
 |
Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer
Christa van Staden
Seminare en essays
Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
|
 |
Die rol van die Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrika
Fanie Herman
Seminare en essays
Fanie Herman plaas die kollig op die omstrede Russiese paramilitêre groep Wagner in Afrikalande: "Wagner se ontplooiing van soldate gaan gepaard met die ondermyning van wettige regerings, die aanhitsing van sosiale polarisasie deur middel van disinformasieveldtogte en ongrondwetlike aansprake op mag."
|
 |
As dinge verstop raak: ’n Kersstorie
Mercy Kannemeyer
Menings
"Al hierdie Kersfeesflieks het my laat wonder hoe my jaar sou lyk as iemand ’n movie daarvan sou maak. Hier volg my beskeie poging."
|
 |
Ek onthou jou goed, Helen
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Ek neem hierdie boek The sense of things telkens op om te onthou hoe Helen was. Dit voel elke keer asof ek weer by haar gaan kuier in haar sonnige woonstel in die skilderagtig-vervalle ou gebou op die lawaaierige Louis Bothalaan."
|
 |
Sy naam was Bennie
Nini Bennett
Rubrieke
"Daar is min dinge so hartverskeurend as wanneer ’n Facebook-vriend die dood van ’n geliefde troeteldier aankondig."
|
 |
Elders gesien: Koors in Kuruman
Albert du Plessis
Elders gesien
"Hulle haal die suurstofmasker af en laai haar in ’n rystoel na die mediese saal. Die nagpersoneel sit vas en slaap. Hulle rig ’n bed in en sit die druppe op – antibiotika, kortisoon, steroïdes, pynstiller. Veertig minute later het hulle nog steeds nie vir haar suurstof opgesit nie. Ek maak oorlog."
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
Uit LitNet se argief: Die groot gesprekke van 2022 |
 |
Putin’s invasion and the failure of peace
Tristen Taylor
Opinion
"The war began today (24 February 2022) ... Today represents the world’s failure to find peace for Ukraine. Unfortunately, tomorrow won’t be any better."
|
 |
Van Rusland, met liefde?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar waar staan ons in Suid-Afrika? Ons ontvang hulp van die VSA, en ons het stewige ekonomiese verhoudinge met Rusland en China. Dit voel inderdaad soms asof ons in die proses is om deur China gekoloniseer te word, stilweg en sonder dat daar veel teenstand is."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz
Freek Robinson, Leopold Scholtz
Uit die argief-onderhoude
Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond. Hierdie gesprek het op 3 Februarie 2022 op LitNet verskyn.
|
 |
SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys
SJ Naudé
Seminare en essays
"’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en om die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk rondom wie normaal of gewoon sou wees al dan nie, wie in die hoofstroom mag swem en wie in die systrome, wie in die kern hoort en wie maar op die rande moet bly beweeg. Dit is ’n gesindheid wat die huis van Afrikaans kan laat leegloop."
|
 |
’n Nuwe klimaat
Andries Visagie
Fiksie
Andries Visagie skryf ’n kortverhaal: "Die professor gee gehoor aan Blaine van Wyk. Hy gee gehoor aan die oppertouleier se vaderlike aanbeveling. Hy gee gehoor aan prof Callie Steenkamp se ystereis. Werwelend stuur hy sy terugtrekking, sy onvoorwaardelike jammerlappie, sommer ook sy bedanking uit die Letterkundekommissie die überruim binne allie pad na Centurion."
|
 |
Jakes Gerwel: die wording van ’n legende
Heindrich Wyngaard
Seminare en essays
"Nou, tien jaar ná sy dood, sal sy naam gekoppel word aan een van die belangrikste geboue op die Universiteit van Wes-Kaapland- (UWK-) kampus, hier waar hy in die laat sestigs sy eerste graad verwerf het, later dosent in Afrikaans-Nederlands geword het en uiteindelik as rektor in 1994 uitgetree het om Madiba se kantoorhoof en sekretaris van die kabinet te word. Hierdie jaar sal dit ook 35 jaar wees sedert hy in 1987 die sesde rektor by UWK geword het, opvolger van die eerste bruin (of swart) bekleër van dié pos, wyle Richard van der Ross."
|
 |
Trompie ’n chauvinis?
Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen
Onderhoude
Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.
|
 |
Kan die akademie uitnemendheid oorleef?
Andrew Nash
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die kwessie van die ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans is verbind met die kwessie van globalisering en in die besonder die strewe na sogenaamde uitnemendheid. Engelstaligheid word juis gevier as dit wat globale deure oopmaak, en natuurlik ook toegang tot hoër plekke op die globale ranglyste." Lees hierdie voordrag wat vanjaar by die Toyota US Woordfees gelewer is.
|
 |
Seen elsewhere: Afrikaans
Graeme Addison
Elders gesien
"Thanks, Charlize, for your sentiments. They are amusing but untrue. In the stillness of the Karoo night we hear the poetry of remembrance, words drawn from the earth, from blood, suffering, yearning and a deep love of the land."
|
 |
Eskom: Waarom word so baie herstelwerk benodig?
Freek Robinson, Josias van der Merwe
Onderhoude
André de Ruyter het gister bedank as Eskom se uitvoerende hoof, maar hy sal aanbly tot 31 Maart 2023. In 1998 het ’n witskrif gewaarsku dat ’n elektrisiteitstekort teen 2007 in die land ervaar sou word. Deel van die probleem mbt die baie herstelwerk is dat Eskom laegraadse steenkool in van sy kragstasies gebruik. Hoe werk die proses om krag só op te wek? Freek Robinson gesels met ingenieur Josias van der Merwe, medeprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand.
|
 |
Beurtkrag, die gevolg van gebrek aan politieke wil
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"In 2019 het ons ook hier vlak voor Kersfees fase 6-beurtkrag gehad. Toe was die verskoning nat steenkool. Die politici het plan gemaak. Hulle het die ministeriële reëlboek aangepas, gesorg dat by elke ampswoning daar kragopwekkers op staatskoste is, ook dat elke ampswoning as ’n nasionale sleutelpunt vrygestel word van beurtkrag."
|
 |
Seen elsewhere: How to become a failed state
Malaika Mahlatsi
Elders gesien
"It starts with things like actually accepting loadshedding as a fact of our lives and organising our existence around it. We have become very dangerously accepting of misgovernance in our country."
|
 |
Dwarsklappe
Crito
Boeke en skrywers
"Ek dink dit is LitNet wat ’n skrobbering verdien."
|
 |
Kersvader die rob bring Kaapse verkeer tot stilstand
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Toe die Kaap die Goeie Hoop se DBV Natuurlewe-afdeling Woensdag ’n oproep ontvang van ’n Kaapse pelsrob wat die besige Jakes Gerwel-rylaan oorkant die Vangate Mall in Athlone oorsteek, het selfs hulle gewonder of dit waar kan wees."
|
 |
Goedkoper brandstof in sig na Kersfees
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die brandstofpryse word gewoonlik op die eerste Woensdag van ’n maand aangepas en word bepaal deur die prys van olie en die rand-dollar-wisselkoers."
|
 |
De wording van Gerrit Komrij
Hendrik-Jan de Wit
Literatuur
"Ik moet eraan denken bij het lezen van Arie Pos’ biografische schets over de 'bildungsjaren' van Gerrit Komrij: De wording van Gerrit Komrij. Het boek behandelt de studententijd van Gerrit in Amsterdam. Hij stopt op 11 februari 1965 zijn studie Nederlands aan de Universiteit van Amsterdam."
|
 |
’n Lens op die nood in Noord-Nigerië: Aisha se storie
Ingrid van der Walt
Meningen
"Met die gewapende manne wat ons werklik nooit los nie, die kameras en die konvooi trek ons baie aandag. Om in plekke soos die mark en die gemeenskap ’n realistiese skoot te kry, is moeilik. Groot groepe mense kom om te kyk wat ons doen. Die geweermanne probeer hulle met geweld verjaag, tevergeefs. Dis die enigste oomblikke wat ek werklik benoud raak en besef as een skoot klap, is dit verby."
|
 |
The spirit of books in Soweto
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"The inaugural Gauteng International Book Festival, held in Soweto on the 11th of December 2022, surpassed all expectations. It became a resounding success with its director, Lorraine Sithole, calling it 'a positive beginning'."
|
 |
Kersfees saam met Koos Kombuis!
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Besoek jy jou dorpsbiblioteek gereeld? Koos Kombuis gesels ook oor vondse in sy dorpsbiblioteek.
|
 |
ASEM: ’n onderhoud met Elias P Nel
Naomi Meyer, Elias P Nel
Onderhoude
"ASEM wil ’n vars briesie vir die Afrikaanse skrywerskorps wees; nuwe lewe in publikasiegeleenthede vir skrywers, die byeenkomste van skrywers, en die groter Afrikaanse gemeenskap blaas. So ook ’n nuwe lewe (leeservaring) vir die lesers skep. ASEM wil hard en in geen onduidelike taal uitbasuin: ons haal asem, want ons lewe!"
|
 |
Doolhof: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg
Naomi Meyer, Rudie van Rensburg
Skrywersonderhoude
"Ek put wel bevrediging daaruit dat die misdadigers, soms in teenstelling met die werklikheid, uiteindelik agter tralies beland. En ek glo my lesers doen ook."
|
 |
’n Onderhoud oor Skool vir talente – en oor nog kinderboeke vir die Kerskous
Naomi Meyer, Magdel Vorster
Boeke en skrywers
"Boeke in Kerskouse en onder Kersbome is altyd ’n uitstekende idee. Ek sou egter altyd aanbeveel dat lesers se belangstellings en leesvlak in ag geneem word wanneer daar op leesmateriaal as geskenke besluit word. Wanneer ’n kind byvoorbeeld meer in feite as fiksie belangstel, het ’n boek met eksperimente of ’n boek oor hulle gunstelingsport of ’n resepteboek of selfs ’n boek met grappe ’n beter kans om gelees te word as ’n storieboek."
|
 |
Call for papers: First Amazwi conference on children’s literature (23–24 February 2023)
LitNet
Akademies en skole
Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference exploring all aspects of children’s literature, from picture books to young adult fiction. The 2023 conference will be a hybrid event with both online and in-person components. Virtual access will be through the Zoom platform. Abstracts of up to 300 words should be submitted to Crystal Warren by 13 January 2023.
|
Op die redakteur se lessenaar 2022 |
 |
No complaints – new day, new dawn: ’n onderhoud met Carlo Daniels
Jeremeo Le Cordeur, Carlo Daniels
Teater
Carlo Daniels is die wenner van vanjaar se Theatre Arts-beurs vir opkomende teaterregisseurs met sy nuutste verhoogspel No complaints – new day, new dawn wat vanaf 18 tot 25 November in Observatory te sien was. Hy gesels met Jeremeo le Cordeur oor die stuk en sy proses as skrywer en regisseur.
|
 |
Molassehoender: ’n mond vol lekkerte uit die moeras
Karen Hart
Kos en wyn
"Met elke happie kan jy agteroor sit en dankie sê dat daar tog iets goeds in die taai donkerte skuil en soos klein Anthony met dankbaarheid nog ’n kans op ’n nuwe jaar met albei hande aangryp."
|
 |
Stille Nag
Sidney Gilroy
Fiksie
"Hy is verlig as hy die windverwaaide, geroeste teken sien: ’n naambord in Xhosa. Kamers te huur. Per nag. Per week. Per maand."
|
 |
44 woorde later
Caren Kearley
Poësie
"my taal, my lief
is ons s’n
net ons s’n"
|
 |
sononder
Von Villon
Poësie
"skakerings
van goud en saffraan
purper getint
gestreel oor saffierblou"
|
 |
Mis jou
Anzel van den Berg
Poësie
"Ek mis jou in die stilte van die laatmiddagreën
in die leemte van die tyd wat ons net leen
Ek mis jou terwyl die wêreld te vinnig draai
en die sterre om die volmaan swaai"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|