Onderhoud met Sing ’it wenner Pierre Smith

  • 0

Hoe voel jy oor die feit dat Dans Dans Lisa jou song gaan opneem?

Sonder musiek is die klomp woorde wat ek saamgegooi het, net ’n gedig – die musiek is wat dit ’n "song" maak en ek sal nie enige krediet wil vat vir die kreatiewe musikale werk wat gaan ingaan om musiek te skryf vir die woorde nie (ek dink dis die moeilikste van die twee prosesse), en ek is oortuig dat daar nie ’n beter band is as Dans Dans Lisa om dit te doen nie.

As ’n fan van Bouwer en Deon se werk in nie net Dans Dans Lisa nie, maar ook Straatligkinders, Glaskas en Bouwer se nuwe album, is dit ’n massiewe eer dat hulle my woorde gekies het en ek weet hulle sal met iets “epies” vorendag kom. Hulle is "bold", eerlik en "what you see is what you get", ware muso’s wat dit nie doen vir enige ander rede as die liefde vir musiek nie. Hulle is uniek in hulle identiteit en voel ‘n veer wat ander dink. Ek dink dis hoe dit hoort in kuns, en veral musiek.

Ek het die woorde geskryf met hulle styl in gedagte en is super-amped dat hulle dit gekies het.

Hoekom dink jy het jou inskrywing uitgestaan?

Joh, dis mal om te dink dat daar een inskrywing gekies word uit duisende, en daar is ongelooflike talent in ons land en in al die ander inskrywings (ek het n paar gaan lees). Ek moet bieg dat ek oortuig was ek staan nie ’n kans om te wen nadat ek van die ander briljante werke gelees het nie. Ek dink dis net doodeenvoudig ’n smaak ding – die woorde het net geresoneer met hulle en dit is hopelik (?) iets waaroor hulle wil sing.

Waaroor gaan die liriek?

Dit gaan oor daai plek waar elkeen van ons as mense al “vasgevang” geraak het. Die ongemaklike plek waar ons vasgevang voel tussen die foute en oorwinnings van ons verlede wat ons gevorm het, en die drome en verwagtings vir die toekoms van wat ons wil of “moet” word. Die sisteem van die wêreld, opvoeding, geld en ook gesagsfigure in ons lewens plaas ongelooflike druk op wat ons “moet” word en wie ons is, en ons raak soms verlore in die gemors van dit als en wens iemand sal ons net kom lei om die regte tree vorentoe te gee en kom wys wie ons wil word.

Waar en wanneer het jy die song geskryf?

Een Woensdagmiddag op my rekenaar.

Wat moet die band in gedagte hou as hulle die song opneem?

Nee wat, Bouwer en Deon sal dit "justice" doen, gaan mal!

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top