Corlene Jacobs

Corlene Jacobs is ’n gekwalifiseerde grondslagfase-onderwyseres wat haar B.Prim.(Ed.)-graad aan die Universiteit van Pretoria in 2002 voltooi het. In 2007 het sy haar B.(Ed.)-honeursgraad en in 2022 haar meestersgraad in Psigo-opvoedkunde (cum laude) aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Haar onderwysondervinding is divers en strek van kleuteronderrig tot graad 7-taalonderrig.

Sy is die afgelope elf jaar aan Tweespruit Primêre Skool verbonde waar sy remediërende onderrig gee. In 2018 word sy as departementshoof van Grondslagfase aangestel. Sy is tans die waarnemende adjunkhoof van Tweespruit Primêre Skool en gee wiskunde vir graad 4-leerders. Corlene se hart klop warm vir die onderwys, veral vir leerders met leerprobleme. Sy leef met die oortuiging dat enige kind kan leer – dit is net belangrik om elke kind se unieke leerbehoeftes te kan raaksien. Sy glo onwrikbaar in elke kind se potensiaal, ongeag hoe ’n kind leer. Moedertaalonderrig vorm ook ’n groot deel van haar passie vir onderwys, aangesien sy daagliks die impak van die taal van onderrig en leer wat verskil van moedertaal by leerders beleef.

Mentorskap van jonger onderwysers lê haar ook na aan die hart. Sy is betrokke by die ontwikkeling van haar medekollegas en streef daarna om elkeen te help om hulle volle potensiaal te bereik. Corlene is getroud met Chris Jacobs en hulle het twee pragtige dogters. Hulle woon op ’n plaas naby Hobhouse in die Oos-Vrystaat ongeveer 3 km vanaf die Lesotho-grens.

Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed

Corlene Jacobs, Mariëtte Koen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-12

"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."

Pedagogical factors that influence curriculum differentiation in the Foundation Phase

Corlene Jacobs, Mariëtte Koen Academic research 2025-07-14

"Curriculum differentiation can be viewed as the attempt to have learners work with a variety of different peers and on different tasks, that not only draws out the strengths of all the learners but also support learners with different educational needs."

Top