Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1072

17/10/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Swart Afrikaanse skrywersimposium

Duistermaan

Skrywer: Jaco Jacobs
Illustreerder: Luan Serfontein
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798185332

Dennis verhuis saam met sy ouers na ’n afgeleë padstal in die Drakensberge. Die eienaar hou ’n unieke klompie diere op die plaas aan, maar die vreemdste van almal is ’n grys wolf genaamd Bruno. Wanneer die buurman se alpakkas dood gevind word, is daar gerugte van ’n "Wolfmens". En dan ontdek hy ’n ou selfoon in sy kamer met ’n ysige boodskap. Hy moet die waarheid ontrafel voordat wat ook al in die donker skuil nog ’n slagoffer eis ...

Boeke en skrywers

Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording

Hein Willemse
Seminare en essays

Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.

Fotoblad: Vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium

Ian Landsberg
Akademies en skole

Die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Sas) het op 10 en 11 Oktober 2025 by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind. Hiermee ’n fotoblad deur Ian Landsberg.

Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek

Frederik de Jager
LitNet25-skrywersberaad

"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen
Resensies

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Artium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."

’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Beide tieners en volwassenes behoort dié jeugroman te lees. Dit is ’n prysenswaardige jeugroman."

"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp

Dewald Koen
Resensies

"Kemp is nie prekerig nie en dwing geen standpunt op sy leser af nie. Elke leser is in staat om sy of haar eie geleefde ervaring deur middel van een van die vele karakters te beleef."

Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"

Deborah Steinmair
Resensies

"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."

Bekendstelling van Theo Kemp se Klein konings

Erla Diedericks
Boeke en skrywers

"Die gesprek gaan draai later by fiksie en feite wat mekaar na-aap deurdat een van die Paul Kruger-standbeeld se boerekrygers se voet net ’n paar dae vantevore gevandaliseer en afgekap is."

Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer

Louise Viljoen (JBay), Susan Coetzer
Skrywersonderhoude

"Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel."

Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal

Louise Viljoen (JBay), Petro Kotze-Odendaal
Skrywersonderhoude

"Dit is ’n ware lewensverhaal oor om die wedstryd van die lewe met ’n laat wegspring te begin, weens ’n alkoholispa en ’n gebroke ma."

In gesprek met Vickie de Beer oor Kombuistaal

Izak de Vries, Vickie de Beer
Skrywersonderhoude

"As ons kinders van kleins af by die kookproses betrek en hulle leer hoe om kos te maak, gaan hulle gesonder volwassenes word wat eendag vir hulleself kan kook. Kosmaak het sy eie taal."

GA Watermeyer (1917–1972)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer.

Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger
Lesersindrukke

"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2025

PEN Afrikaans
Boeke en skrywers

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Ek wil graag LitNet-lesers se opinie vra

Selma van Wyk
SêNet-briewe

"My dogtertjie is 11. Sy het die Harry Potter-flieks gekyk en sy is mal daaroor. Sy begin nou van lees hou en wil graag die reeks begin lees. Ek is egter bang die reeks is nog te moeilik vir haar om aan te pak."

Elders gesien: "I’d like to swim in the Afrikaans language"

Ingrid Glorie
Boeke en skrywers

JM Coetzee: "I am a lighter – a more light-hearted – and a better person in Afrikaans."

Persverklaring: Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Tarina Jordaan se verhaal "Splitsing" is aangewys as wenner van die hoofprys van R30 000 in die Stellenbosch Woordfees se jaarlikse kortverhaalkompetisie wat vanjaar ’n tiende keer gehou is.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 11 tot 17 Oktober 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium

Hein Willemse
Seminare en essays (Februarie 2025)

"Navorsing word deurlopend oor dié skrywers en die daaropvolgende geslagte skrywers gedoen, terwyl strominge soos swart feministiese of queerskryfwerk waarvan daar 40 jaar gelede nouliks sprake was, deesdae toenemend aandag kry." Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland reël van 9 tot 11 Oktober 2025 die vyfde Sas-byeenkoms.

Video: #SAS4_2015 – Adam Small

Naomi Bruwer
Menings (2015)

"Kaaps is 'n taal. 'n Taal in dié sin dat hy die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat, dra." Adam Small het op 3 Oktober deelgeneem aan die vierde Swart Afrikaanse Skrywersimposium.

Die derde Swart Afrikaanse skrywersimposium is hier

Joel Claassen, Steward van Wyk
OuLitNet (2005)

"[D]ie simposium was ’n manier om die korpus van swart Afrikaanse skrywers te definieer, en ook om verteenwoordigende temas en vormlike kenmerke uit te lig (onder andere die gebruik van Kaaps en wat die konsep van ’n 'swart skrywer' behels)."

Full particulars : A podcast on historical fiction – David Attwell in conversation with Zoë Wicomb and Andrew van der Vlies

David Attwell, Zoë Wicomb, Andrew van der Vlies
Books and writers (2021)

LitNet is saddened by the news of the passing of Zoë Wicomb. Here is an interview from our archives.

Advertensie

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026

LitNet
Boeke en skrywers

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die negende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs.

Leefstyl

Die naweek het vele Woordfees-aanbiedinge

Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Dis naweek en daar is geen beter plek om jou siel te kom voed as by die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees nie. Die fees duur tot Sondag en daar is tot laataand vermaak, boekbesprekings, toneel, dans, kuns en klassieke musiek."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Die helfte is verby, maar die helfte lê nog voor ook

Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees is nog tot Sondag aan die gang en word in lokale regoor die dorpskern en op wynplase en in skoolsale in die woonbuurte om die dorp aangebied."

Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier vanjaar 25 jaar

Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Vanjaar se tema is 'Deel' en kunstenaars en die feeskomitee nooi almal uit om in dié feestelikhede te kom deel. Met nagenoeg 400 unieke programitems is daar werklik iets vir elkeen."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Oesie meense – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Danneline Ramsden
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Oesie meense is eg en oorspronklike Namakwaland-stories en -musiek. Ek vertel stories wat regtig gebeur het, sonder om mense se name te noem. Dis net om myself ook te beskerm. Namakwalandse stories is oor die algemeen baie komies. Dit hou veral verband met ons manier van vertel."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Kruger en Tutu: Wit, swart en volkleur serenades – ’n foto-essay

Yolanda Saayman
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Wat begin het as ’n toevallige ontmoeting deur Parkour, het ontwikkel in ’n dinamiese, musikale vennootskap tussen Matt Kruger en Warren Tutu. Hulle doel is duidelik: om musiek te skep wat genees, verbind en oor kulture heen betekenis dra. Met hierdie produksie het nie net kulture en klankstyle saamgesnoer nie, maar in ’n viering van musiek se verbindende krag is dié visie met flair op die verhoog gebring."

Toyota Stellenbosch Woordfees: The ugly noo noo

Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees

"In ’n industrie waar die meeste teater heeltemal te min repetisietyd kry, word ek weer eens herinner hoe belangrik dit is vir ’n toneelstuk om te perkoleer. Daar is net geen plaasvervanger vir tyd nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Moordballades: en ander minder vrolike verse uit die Groot Vreseboek deur Chris du Plessis – ’n resensie

Jannike Bergh
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Om hierdie verse op so ’n manier te laat herlewe is ’n totale punk-pothou en maak ons armes ryker."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Annie+Helen

Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die teks ondersoek temas van gestremdheid, familiedinamika, vroueregte, die belangrikheid van dissipline vir kinders en die feit dat liefde en bederf te dikwels verwar word."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Huis van sand

Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Wat ek werklik geniet het en wat my bybly, is die primêre storielyn. Die vermenging van digkuns, alledaagse taal en kru taal om die boodskap oor te dra is treffend."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Sonografie: grepe in roots en blues – ’n Instagram-resensie

Jannike Bergh
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Dit sal ook lieflik wees om Schalk Joubert en Jolyn Phillips weer in die toekoms saam op die verhoog te sien – beide is vlot in improvisasie en veelsydige samewerkings en dit maak dus sin dat hulle soomloos by mekaar inval."

Toyota Stellenbosch Woordfees en binnekort op kykNET: Appels en tee

Maryke Roberts, Tina Kruger, Berdene Burger
Toyota Stellenbosch Woordfees

Appels en tee vertoon binnekort op kykNET. Daar is ook ’n gelyknamige produksie by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees waar jy die akteurs kan ontmoet. Lees die onderhoud en gaan koop gou kaartjies!

Persverklaring: Hortjies dig by die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Peter was nie net ’n digter nie, maar ’n digter wat opinies gehad het oor die land waar hy vandaan was.

Pareltjes uit Amsterdam: Met Suzaan Potgieter in Amsterdam

Johan Allers
Leefstyl

In hierdie video besoek Johan Allers saam met die Suid-Afrikaanse joernalis Suzaan Potgieter talle besienswaardighede van Amsterdam, waaronder die geliefde Blommemark en Staalstraat, waar die ANC in ballingskap hulle kantore gehad het.

So het hulle gelyk: Tant Miem Fischer (1867–1956)

Jannie Pretorius
Visueel

"Die inskrywings in tant Miem Fischer se welbekende kampdagboek is meesal so skerp soos skeermeslemme, met die gevolg dat ek huiwer om haar sommer te 'Miem'."

So het hulle gelyk: Wilhelm Mangold (1877–1922)

Jannie Pretorius
Visueel

"Wilhelm Mangold, van Duitse agtergrond, sluit hom met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) by die Heidelberg-kommando aan. In sy oorlogsdagboek word gebeure oor 17 maande boeiend en akkuraat aangebied."

Skermgreep: Monster: the Ed Gein story – ’n TV-resensie

Leon van Nierop
TV

"Die kyker betrap hom- of haarself dat hulle die sliertige moordenaar eintlik bewonder."

Toorkombuis: Murgpampoentjies, o murgpampoentjies ...

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek het nie net ’n heilige respek vir die bestanddele waarmee ek werk nie, maar ook vir die welstand en behoeftes van die mense vir wie ek kook. En murgpampoentjies is goed vir liggaam en siel." Karen Hart deel haar resep vir romerige pasta met murgpampoentjie en basiliekruid.

Ôs praat met Rafiek Mammon, want dis amper Boogie-tyd!

Tasneem Daniels, Rafiek Mammon
Leefstyl

"Wel, sonder om die proverbial kat uit die mou te laat, is daar baie nuwe, opwindende liedjies vanuit die ’70’s en ’80’s en ook ’n paar moderne songs, want ons wil ook die jonger gehore trek. Die komedie is heeltemal nuutgeskrewe. So, dis altyd iets om na uit te sien. Ons het nege sangers hierdie jaar, vier dansers en ’n sesstuk band. Dis ’n regte jol van begin tot einde."

Daniel skitter as Charles Chaplin én The Tramp

Maryke Roberts
Teater

"Die vertoning is pure (uitstaande) kabaret waarvoor ek baie lief is, maar waarvan ons baie min te sien kry die afgelope paar jaar. Daniel wissel soomloos tussen hartseer, komieklik, dramaties, melankolies en ernstig. Die 90 minute in die intieme teatertjie voel asof jy letterlik saam met Charles Chaplin op sy lewenspad reis."

A review and rethinking of Joseph and the amazing technicolour dreamcoat

Jessica Smith
Lifestyle and entertainment

"It is always evident when directors have properly supported their cast in realising and portraying fully formed characters. This production is one in which it shows."

Menings

Toyota Stellenbosch Woordfees: NGV en die toekoms van private mediese sorg

Jean Oosthuizen
Menings

"In ’n diskoersgesprek aangebied deur Netwerk24 het politieke ontleder Theo Venter, joernalis Fienie Grobler en Mediclinic se uitvoerende hoof, Braam Jonker, die NGV ontleed met ’n eerlikheid wat selde in parlementêre komitees gehoor word."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wat beteken IK in die tyd van KI?

Jean Oosthuizen
Menings

"Kritiese denke, nie net KI nie, moet die kern van onderwys bly. Só lui die sentrale boodskap van ’n lewendige paneelgesprek ('KI in die klaskamer') van die Netwerk24-gespreksreeks waar kenners en opvoeders die impak van KI op leer en onderrig bespreek het."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wie gaan die munisipale septers swaai na 2026?

Jean Oosthuizen
Menings

"Met die munisipale verkiesings van 2026 wat vinnig naderkom, die sewende sodanige verkiesing sedert die aanvang van demokrasie in 1994, is die vraag nie meer óf verandering sal kom nie, maar wie dit sal bring. Hierdie sentiment het Dinsdag duidelik na vore gekom tydens ’n lewendige paneelbespreking ('Plaaslike verkiesings: Onderweg na 2029') by die Toyota Stellenbosch Woordfees, deel van Netwerk24 se gespreksreeks. Onder leiding van die ervare politieke joernalis Gert van der Westhuizen het paneellede die ANC se swak rekord op plaaslike vlak ontleed en bespiegel oor die moontlikhede vir opposisiepartye om die vakuum te vul."

Sal Unite for Change kan saamwerk?

Freek Robinson, Theo Venter
Onderhoude

Unite for Change is ’n nuwe politieke party nadat Good, Rise Mzansi en Build One South Africa (Bosa) besluit het om saam te werk. Tans het die drie partye gesamentlik ongeveer 1% van die kieserstem. Freek Robinson vra vir Theo Venter of die nuwe groep se leiers sal kan saamwerk en dalk selfs hulle steun sal kan laat styg.

Op dees aarde: Tylenol en ander aanslae op vroue se besluite oor hul eie liggame

Elsabé Brits
Rubrieke

"Van ál die medikasie op aarde, het Robert Kennedy Jr, die minister van gesondheid in Amerika, besluit om ’n aanslag te voer op Tylenol (asetaminofeen); hier by ons beter bekend as Panado. Maar die gekkigheid is net een van die aanslae op vroue se besluite oor hulle eie liggame."

Dinkskrum: Gedagtes oor skrywers se voedingswaarde vir die siel

Jason Lloyd
Rubrieke

"Skrywers voed hul eie siele deur ervarings soos lees, navorsing, luister en verbinding met die natuur, wat hulle van die roumateriaal vir hul skryfwerk voorsien. Hulle voed ook hul siele deur die skryfwerk self, en gebruik dit as ’n manier om emosies te verwerk, van trauma te genees en met hul intuïsie te skakel."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 8 tot 14 Oktober 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 8 tot 14 Oktober 2025.

Nou op Voertaal

SASNEV Ontbytborrel was veel meer as netwerkgeleentheid

Maryke Roberts
Cultuur

Die SASNEV Ontbytborrel, wat Sondag die Week vir Nederlands op ’n hoë noot afgesluit het, was veel meer as net ’n netwerkgeleentheid tussen Suid-Afrikaners, Nederlanders en Belge. SASNEV het by hierdie Toyota Stellenbosch Woordfees-geleentheid aangekondig dat dit aanstaande week die hele Ingrid Jonker-argief van die Literatuurmuseum in Den Haag na Stellenbosch bring, waar dit ’n tuiste in die universiteitsbiblioteek sal hê.

Koppe begin rol oor Tembisa-skandaal te midde van miljarde se bedrog

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die vraag bly: Sal die koppe wat nou rol, genoeg wees om die stelsel te genees, of is dit bloot kosmetiese chirurgie op ’n terminale pasiënt?"

Kommer neem landwyd toe oor studenteonluste

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het skerp gereageer op die onlangse studenteproteste by die Universiteit van Fort Hare, waar eiendom vernietig is tydens betogings oor bestuurkwessies en geriewe."

Polisiekorrupsie en mediavryheid in die spervuur in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hierdie ondersoek kan verreikende hervormings in die SAPD meebring, maar die spanning tussen die polisie, die politiek en die media bly ’n tikkende tydbom."

DA eis ondersoek na beweerde misbruik van kustefeesgeld

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die jongste storm oor McKenzie se hantering van kunstefeeste het die afgelope naweek losgebars terwyl die Toyota Stellenbosch Woordfees aan die gang is."

Real faces as deel van die European Film Festival

Izak de Vries
Film

"Ek het Real faces geniet, maar dis beslis nie enige een se smaak nie. Sou jy na Hollywood-glans en verteerbare storielyne soek, is Real faces dalk hopeloos te realisties vir jou!"

The North, ’n film oor vriendskap by die Europese Filmfees

Izak de Vries
Film

"Mense wat Skotland ken, sal sê dat dit onmoontlik mooi is. Hierdie film bevestig dit. Aangesien die twee stappers hulle op ’n staptog van 600 km bevind, is daar baie tyd om die natuur te bewonder, ook vir die kyker."

Faustus reis Europa plat om SA talent te vertoon, maar onderwerp is universeel

Maryke Roberts, Lara Foot, Adrian Kohler
Theater

"Die toneelstuk is ’n visuele en teatrale fees," vertel Lara Foot aan Maryke Roberts. "Die werk is betowerend en Kentridge se films is subliem. Gehore word op ’n buitengewone reis na die hart van kolonisasie geneem en word gekonfronteer met die realiteite van wat verby is en wat nog gaan kom."

Samespraak 2025-2026 #2: "Een lange geschiedenis van literaire toenadering en verwijdering"

Alwyn Roux, Yves T’Sjoen
Literatuur

"Prakties beteken dit dat Karibiese, Surinaamse en Indonesiese stemme saamgelees kan word met Afrikaanse tekste wat koloniale en postkoloniale problematiek ondersoek."

Leesimpressie: September door Annelies Verbeke

Erik van den Bergh
Literatuur

"Mooie persoonlijke beschrijving van septembergevoelens en ervaringen. Gebaseerd op de agenda’s van de schrijfster vanaf 2006."

Leesimpressie: Mijn kindertijd door Giuseppe Tomasi Di Lampedusa

Erik van den Bergh
Literatuur

"Mooi uitgegeven bundel. Drie verhalen worden vooraf gegaan door notities over de kindertijd van de auteur."

Leesimpressie: Mevrouw Hayat door Ahmet Altan

Erik van den Bergh
Literatuur

"Sterke roman over een jonge Turkse student die een intense relatie krijgt met een oudere, vrijgevochten vrouw, mevrouw Hayat. Tegelijkertijd geniet hij ook van zijn relatie met een collega-studente literatuurwetenschappen. Kiezen blijkt niet eenvoudig."

Jordans spread their wings to make wine on two continents

Maryke Roberts
Culinair

"The Jordans of Jordan Wines in Stellenbosch have always been known for their pioneering spirit and award-winning wines. Now, they have spread their wings to England and bought and rebuilt a medieval farm, where wines are made and gin and vodka distilled."

Persverklaring: Intreerede – Stephanus Muller (22 Oktober 2025)

Voertaal
Muziek

Die intreerede van die eerste van die twee bekleërs van die Leerstoel Suid-Afrika: Tale, letterkundes, kultuur en samelewing 2025–26 vind op 22 Oktober 2025 by die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika plaas.

Akademies en skole

J.D. Kestell: Godsdiensoortuigings vir vrede en die voortsetting van die stryd tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog)

Pieter Verster
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Dr. J.D. Kestell word dikwels vader Kestell genoem omdat hy weens sy besonderse rol as veldprediker gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) as vader van sy mense, die Afrikaners van daardie tyd, waarna hier as die Afrikanervolk verwys word, beskou is."

Evaluering van die doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van bedrieglike finansiële verslagdoening

Jacqui-Lyn McIntyre, Keitu Salagae
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"In die afgelope 25 jaar het navorsers gepoog om beduidende finansiële verhoudings in die opsporing van BFV te identifiseer. Hierdie studie analiseer die algehele doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van BFV."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Nuwe skryfwerk

Taxi

Anton van Rensburg
Poësie

"as die baas ook sy rantsoen
teen driemaal honderd eis.
Wat neem ek dan saam
vir almal by die huis?"

Huil die maan ooit oor die son

Tania Colyn
Poësie

"want die groter duister weet:
Sommige harte is veiliger op ’n afstand sodat hulle mekaar nie breek."

Glorie gevul

Tiaan Wentzel
Poësie

"My hart klop weer,
’n optimistiese ritme,
’n lied van oorwinning."

Die woorde

Anoniem
Poësie

"toe werp ek hulle hier neer
uit my gedagtes uit
vir altyd vasgevang
met ink in papier "

Skilpadklip

Nato Zondagh
Fiksie

"Ek was die stom getuie van droogtes. Sterk westewinde het maande lank gewaai. Stofstorms en dwarrelwinde het droë tolbosse rondgewaai. Ek het gras en bossies sien verdor en diere wat van honger en dors gevrek het."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved