Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1022

18/10/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou KI-kopkrapper

"Dames en here"

Skrywers: Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637005784

Hierdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir alles oor toesprake. "Dames en here" is die boek wat jou onder andere gaan help met redevoering, debatte, toesprake soos bedankings- en motiveringstoesprake, onderwerpontleding, wenke om toesprake te skryf en aan te bied, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies, en nog vele meer. Streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika gee ook wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël.

Menings

Outeursreg van ’n gedig en KI – Hugo, bel die polisie!

Willem Krog
Kunsmatige Intelligensie | Artificial Intelligence

"KI gaan verder as net ChatGPT. Grammarly, speltoetsers ens gebruik almal ’n vorm van KI om te help. Het ek dus net outeursreg op my verkeerd gespelde en ongrammatikale werk?"

Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die eerste 100 dae is gewoonlik enige administrasie se maatstaf van wat die beleidsplatform en praktiese rigting van so ’n regering tydens sy ampstermyn sal wees."

Wat hou die verkiesing in die VSA vir Suid-Afrika in?

Freek Robinson, Chris Opperman
Onderhoude

Sal Harris meer vir Suid-Afrika beteken as Trump? Wie gaan wen? Waarom stem swart mans vir Trump? Waarom onttrek talle oud-Republikeine hul steun aan Trump? Dit is maar enkele van die vrae wat Freek Robinson stel aan Chris Opperman, ’n toenmalige diplomaat wat nou ’n sakeman in die VSA is.

Springmielies: Hillbilly-hemel

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Deur die uitbreiding van Trump se aanlyn winkels het hy sy politieke handelsmerk gekommersialiseer in ’n poging om sy ondersteuners te mobiliseer en om só ’n gevoel van kollektiewe identiteit te skep. Donald Trump – die handelsmerk – het die grense tussen tradisionele politiek en verbruikerswese laat vervaag."

Wat sê Bettina? Elon Musk en die aanmars van die robotbevolking

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Optimus is nie in staat tot empatie nie – selfs Musk gaan nie so ver om dit te beweer nie. Hoe gesond kan ’n vriendskap wees wat nie op empatie gebaseer is nie?"

Fisieke oefening en demensie – enkele navorsingsbevindinge

Handré Brand
Seminare en essays

"Watter uitwerking het verskillende soorte oefenprogramme egter op ouer persone met demensie? En het oefening verskillende uitwerkings op persone uit verskillende demografiese groepe en met verskillende tipes demensie?"

Agterstories: Waarom is jou baas nie snaaks nie? Die ekonomie van humor in die werksplek

Johan Fourie
Rubrieke

"Is daar ’n wenresep vir ’n goeie grappie?"

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Reinie Smit

Braam Peens, Reinie Smit
Onderhoude

My gunstelinggedeelte uit ’n Afrikaanse boek is nie ’n openingsin nie, wel op bladsy 38 van Voetstoots deur Annelie Botes: "In die munisipale gebied van Helsinki (Finland) mag geen inwoner buite loopafstand van ’n biblioteek bly nie. Dit beteken as ’n woongebied uitbrei, moet die munisipaliteit ’n biblioteekplan voorsien alvorens boupermissie gegee word!" Hierdie onderhoud met Reinie Smit is die negende aflewering oor ons biblioteke. Reinie is bibliotekaris by Prins Albert Biblioteek.

Herinneringe aan Martie Meiring

Albert Maritz
In memoriam

"Soos orals in die lewe, is daar politiek in die media en in die kunste ook. Maar Martie sou seil deur onmoontlike kraaineste."

Identiteit, vaardigheid en die allesoorheersende kwessie van wins

Albert Maritz
SêNet-briewe

"Mense in die wêreld van TV, film, radio en verhoë praat moeilik vir hulself. ’n Geveg is aan die gang met die president, Cyril Ramaphosa. Hy moet ’n ooreenkoms met hulle vakbond (SAGA) teken. Dit sal effens beter vooruitsigte toevoeg om die storiemens se identiteit te beskerm."

Selfs Frits Gaum sou saam kon juig

Hennie van Deventer
Elders gesien

"Toe verloor die President sy skoen. Frits het geen oomblik geweifel nie, op sy knie gesak en die skoen aangetrek."

Persverklaring: 2024 Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting beskikbaar

LitNet
NeerlandiNet

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Press release: South African experts unite in a call for evidence-based care for transgender and gender-diverse young people

PATHSA
Opinion

A coalition of South African healthcare professionals, activists, and international leaders announced the official endorsement of a position statement advocating for the rights of transgender and gender-diverse young people to access evidence-based care. This statement, originally written on 18 August 2024, has now gathered signatures from more than a hundred leading professionals, scholars, and community leaders, as well as an endorsement by thirty organisations.

Uit die argief

Kunsmatige Intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Jean Oosthuizen
Menings (2023)

"Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word."

Hou KI ’n bedreiging vir skrywers in?

Imke van Heerden
Kunsmatige Intelligensie | Artificial Intelligence (2023)

Die Istanboelse akademikus Imke van Heerden besin oor die toekoms van skeppende skryfwerk, en diep vroeë kompergeskiedenis op om oor hierdie vraagstuk na te dink.

Kopiereg, billike gebruik en Kunsmatige Intelligensie

Catrina Wessels, Naomi Meyer, Izak de Vries
Kunsmatige Intelligensie | Artificial Intelligence (2023)

Verskeie taalmodelle, waaronder ChatGPT, kan deesdae teks genereer op aanvraag. En verskeie toepassings, waaronder DALL·E en Midjourney, kan kunswerke skep. Waar laat dit gewone mense met die vraag oor kopiereg? Hoe raak hierdie nuwe tegnologie publikasies soos LitNet?

Akademies en skole

SteedsDink met LitNet Akademies: Brian du Preez oor sy akademiese navorsing

Brian du Preez
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Brian du Preez oor sy navorsingsfokus, naamlik taksonomie, evolusie en bewaring van die genus Indigofera in Suid-Afrika. Hy vertel ook meer oor plantstropery, genetiese data, die herontdekking/ontdekking van plantspesies en die belang van brande. Volg vir Brian op Facebook by Brian du Preez – Botanist en op Instagram by @brian_botanist.

Kollig op akademikus Brian du Preez: Plantkunde en natuurbewaring

Brian du Preez
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Brian du Preez oor sy passie vir natuurbewaring, plantkunde en die buitelug, en hoe hy sy navorsingsnis ontdek het.

Die onontbeerlike samehang tussen geluk (lewensgeluk), ongeluk (hartseer en pyn), en toeval (die onvoorsiene)

Anné Hendrik Verhoef
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"As dit bloot oor ons geluk gaan, met die klem op goeie ervarings, positiewe emosies, plesier en genot, word ander mense en die natuur bloot objekte om te gebruik en te verbruik, en, in die geval van die natuur, selfs te vernietig."

Persverklaring: SA Akademie se studentesimposium in die natuurwetenskappe

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Alle belangstellendes word hartlik uitgenooi na die SA Akademie se studentesimposium in die natuurwetenskappe wat vanjaar op 30 en 31 Oktober by die Universiteit van die Vrystaat plaasvind.

Graad 3: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

LitNet het navrae ontvang in verband met assesseringsinhoud vir die Grondslagfase. Bonzelle van der Westhuizen, ’n Grondslagfase-opvoeder, het vraestelle en memoranda vir graad 3-leerders opgestel. Dit kan gratis hier afgelaai word. Hierdie vraestelle kan vir enige kwartaal se voorbereiding aangewend word.

Wiskunde, graad 4: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Dalk het jy al grootmense vir mekaar hoor sê dat hulle in die omtrek is en dan weet jy hulle bedoel hulle is in die omgewing. Noudat jy in graad 4 is, weet jy dat omtrek in Wiskunde iets anders beteken. Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit kan jou help om dit beter te verstaan. Klik op die skakels om dit gratis af te laai en hierdie kwartaal die beste punte in jou buurt te kry!

Wiskunde, graad 5: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en voel die volume werk vir jou baie meer as graad 4 s’n? Klik hier om die gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af te laai. Die vraestel sal jou help om volume in Wiskunde beter te verstaan. As die volume werk so swaar was soos ’n tas om rond te dra, sal dit voel of die oefenvraestel jou wieletjies gee waarmee jy die tas maklik kan trek – sodat jy maklik volgende jaar by graad 6 kan uitkom!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Boeke en skrywers

UJ-prys 2024: SJ Naudé se toespraak by die bekroning van Van vaders en vlugtelinge

SJ Naudé
Boeke en skrywers

Die 2024 UJ-prys is op 20 September aan SJ Naudé toegeken vir sy roman Van vaders en vlugtelinge. Lees die skrywer se aanvaardingstoespraak tydens die seremonie hier.

UJ-prys 2024: Commendatio vir SJ Naudé se Van vaders en vlugtelinge

Janien Linde
Boeke en skrywers

Die 2024 UJ-prys is op 20 September aan SJ Naudé toegeken vir sy roman Van vaders en vlugtelinge. Lees Janien Linde se commendatio wat tydens die geleentheid gelewer is.

Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Cliffordene Norton
Resensies

"Wat ek waardeer het, was hoe outentiek die dinamika van die vriendskap tussen Tobi, Dean en Rowan voel. Dit is werklik hoe tieners optree, en ek dink jonger lesers sal maklik met Tobi se avontuurlustige, impulsiewe aard kan vereenselwig. Dit is ’n prettige, ligte leeservaring wat baie aanhangers onder die jeug sal vind."

Die Meerkat-reeks deur Mart Meij en Beatrix de Villiers: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

"Die altesaam 13 stories vir graad 1, 15 stories vir graad 2, en 19 stories of feitestukke vir graad 3 behels leesstukke wat fabels, grappies, feitestukke, advertensies en voorbeelde van aanlyn en/of elektroniese kommunikasie insluit. Praat- en leesaktiwiteite en speletjies tussendeur maak dit makliker vir leerders om leesbegrip in te oefen en dra daartoe by dat nuwe taalvaardighede aangeleer word."

Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."

Your ultimate personal finance guide by Johan Gouws: a review

Barend van der Merwe
Books and writers

"In Your ultimate personal finance guide, the key, as in much else in life, seems to be self-exploration and self-knowledge. Defining your own ideals, vision and boundaries, identifying strengths and addressing weaknesses can set one on a path of success. Having a plan, even if it is not a good plan, is always preferable to having no plan, particularly when it comes to personal finances."

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."

Life lessons: How to fail and win by Alan Knott-Craig: a reader’s impression

Surene Esterhuizen
Books and writers

"What part of the book did I like most? The knowledge that you can still win, even if you sometimes lose. Losing isn’t always losing; sometimes it is merely something not working out now, and you need to move on to the next step."

Goue lint, my storie begint: Die impak van tegnologie op kinders en boeke

Anke Theron
Kinderboeke

"Hierdie rubriek vel geen oordeel oor hoe jy verkies om jou leesstof te lees nie. Of hoe jy kies jou kind moet lees nie. Waarvan ouers, onderwysers en almal wat by kinders betrokke is, bewus moet wees, is hoe die gebruik van tegnologie hulle ontwikkeling kan beïnvloed."

PenAfrican: Place by Justin Fox and places of the heart

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Sitting at the fireplace of Victoria Manor Hotel on one of those rather bitterly cold Karoo nights, I flattered my imagination with the idea that Schreiner once sat before the same fire or on the stoep of the hotel, where, according to Fox, the farmers used to come for gossip and a sip of brandy; this made things come alive in a special way for me."

Heil die Leser! Die huwelik tussen woord en beeld: vier ekfrastiese bundels

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"Die afgelope paar maande het daar ’n stewige oes digbundels met ’n ekfrastiese inslag verskyn ... Vereenvoudigd dui ekfrasis op die digterlike gesprekvoering tussen die beeldende kuns en poësie. Digters skryf beeldgedigte na aanleiding van skilderye, foto’s, beeldhouwerke en ander visuele media." Nini Bennett-Moll bespreek Stil gesprek, Vlindervreter, Digby en Gekaapte stad.

Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp

Naomi Meyer
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

"Dames en here", ’n boek rondom redevoering en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.

Persverklaring: Wil jy bydra tot ’n kinderboek oor Afrikaans?

LitNet
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

Ons sal graag ʼn spektrum van stories wil insluit wat iets oor al die vorme van Afrikaans en die wye geskiedenis daarvan vertel – en hopelik iets van die toekoms van Afrikaans wys.

Persverklaring: Netwerk24/Rapport verhoog borgskap vir die Hertzogprys en Eugène Maraisprys

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die grootste impak van hierdie verhoogde borgskap is by die Eugène Maraisprys, wat voortaan R50 000 sal bedra. Die borgskap vir die Hertzogprys is verhoog tot R100 000, met die totale waarde van die prys steeds R125 000. Saam met die geldprys ontvang die wenner ook ’n 18-karaat- goue penning.

Press release: SALA announces the 2024 shortlisted nominees

LitNet
Books and writers

The 19th South African Literary Awards will celebrate a literary milestone when more than 30 authors are honoured for their contributions to South African literature at a gala dinner at the Ditsong National Museum of Cultural History in Tshwane on 7 November 2024.

Boekbekendstellings: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Die Bergengel gaan op reis

LitNet
Boeke en skrywers

Die Waterplek: Gabriëllië is die vierde en laaste boek in Carina Stander se Bergengel-reeks. Die skrywer neem die boek op reis, en neem ook afskeid van die reeks – boekbekendstellings vind plaas in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Swellendam, Knysna en Nature’s Valley.

Uitnodiging: Boektoer van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander | Pretoria-bekendstelling, 24 Oktober

LitNet
Boeke en skrywers

Kom vier die einde van Die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n aand van stories, musiek, Gabriëllië-geïnspireerde kos en wyn. Kom in feesklere, soos ’n karakter uit Die Bergengel-boekreeks. Dit vind plaas by Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion, Pretoria, op 24 Oktober om 18:00 vir 18:30.

Press release: Gayton McKenzie to deliver keynote address at International African Writers’ Conference

LitNet
Books and writers

Gayton McKenzie, the South African minister of sport, arts, and culture, will deliver the 12th International African Writers’ Day Lecture at the Africa Century International African Writers’ Conference. The theme of this year’s conference is: "Artificial intelligence (AI), social justice and social change: The future of literature in Africa. Quo Vadis?"

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 11 tot 18 Oktober 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nou op Voertaal

Meer as ’n halfmiljard bestee aan toerismeprojekte met min om te wys

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Infrastruktuur wat bedoel is om Suid-Afrika se toerismebedryf te versterk, bly onvoltooid, verlate of gaan gebuk onder vandalisme wat deur begrotingsteenstrydighede vererger word."

Viva Afrikaans vir hoëvlakfunksies

Jean Oosthuizen
Voorblad

"’n Ooreenkoms om die hoëvlakfunksies van Afrikaans te bevorder is die afgelope week tussen die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, en die privaat universiteit Akademia gesluit."

McKenzie ontken hy het die soustrein gery Olimpiese Spele toe

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, is boos omdat hy daarvan beskuldig word dat hy op die soustrein ry nadat dit aan die lig gekom het sy reis na die Olimpiese Spele vroeër vanjaar het die belastingbetalers sowat R800 000 gekos."

Loterykommissie blaas miljoene om fluitjieblasers glo uit te kikker

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Nasionale Loterykommissie (NLK) gaan in die parlement voor stok gekry word omdat hulle miljoene rand geblaas het op regskostes en dissiplinêre navrae waarby vorige en huidige personeel betrokke is."

Nuwe visums verwelkom mense in Suid-Afrika en skep ekonomiese groei

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die nuwe stelsel, wat ’n sleutelaanbeveling was van die werkvisumoorsig wat in 2023 gepubliseer is, stel ’n deursigtige stel kriteria bekend om objektief te bepaal wie vir ’n kritiekevaardighede- of ’n algemene werksvisum kwalifiseer."

"Niet de wegende en vergelijkende [blik] van de schoolmeester, maar die van de tovenaar": Vertaler als kunstig en kundig bemiddelaar tussen talen

Yves T’Sjoen
Literatuur

"De ontvlambare discussie handelt over het belang van een technische vertaling, woord-voor-woord, én een meer creatieve vertaling, voorts over de rol van een tussentalige vertaling als brontekst."

Leesimpressie: De kolonisatie van de toekomst door David van Reybrouck

Erik van den Bergh
Literatuur

"Knappe, meeslepende en scherpe Huizingalezing."

Leesimpressie: Waarom schrijven? door Philip Roth

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een zeer imposante en buitengewoon aansprekende bundel met 34 teksten: essays, gesprekken, interviews, besprekingen, toespraken."

Leesimpressie: De zieners door Sulaiman Addonia

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een heftige, bewogen en lijfelijke roman van bijzondere kwaliteit over de dakloze Eritrese vluchteling Hannah in Londen."

Hip-hop tussen tale

Alex J Coyne
Muziek

Verskil die boodskap en kultuuraspekte van hip-hop van een taal na die volgende? Alex J Coyne luister na hip-hop tussen tale en gaan op ’n ontdekkingsreis deur hip-hop-kunstenaars wat kan spoeg met verskeie tonge.

"Erfenis" kry hier nuwe betekenis

Maryke Roberts
Reisgogga

"Alles is ontwikkel om jou sintuie én brein te stimuleer. Daar is geluide en tasbare uitstallings, klanke en klieks, en dis soms moeilik om te glo jy is so naby aan die Moederstad, want dit voel asof jy honderde jare gelede in die rooi duine van die Noord-Kaap dwaal met ’n boog op jou rug en ’n volstruiseierdop vol water."

Filmresensie: The quiet girl by die Europese Filmfees

Izak de Vries
Film

"The quiet girl is ’n lieflike, onderspeelde film, nie noodwendig maklik nie, maar tog baie mooi. Dit is die Ierse inskrywing vir die fees."

Press release: Self-portrait as a coffee-pot

Voertaal
Kunst

This colossal work is William Kentridge’s generous invitation into his creative process. In each of the 30-minute episodes, the artist welcomes the viewer not just into the studio itself, but into the intimacies of ideation.

Leefstyl

’n Onderhoud met Diano October, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Izak de Vries, Diano October
Suidoosterfees

Diano October gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Bella van’ie bôl, asook NATi se Jong Sterre-program: "Om dit op te som in ’n sin, ek leer by Lee-Ann hoe om lank te swem sonder om vinnig moeg te word."

’n Onderhoud met Nelandi Boshoff, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Izak de Vries, Nelandi Boshoff
Suidoosterfees

"Die proses tot dusver het al my verwagtinge oortref. Én die mense wat jy ontmoet! Jy maak vriende en konneksies vir die res van jou lewe. Maar behalwe dit alles, op die ou einde kan hierdie proses jou lewe net verryk."

’n Onderhoud met Mikyall Harris, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre

Izak de Vries, Mikyall Harris
Suidoosterfees

Mikyall Harris gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Vannie wal, af, en NATi se Jong Sterre-program: "Hierdie program bied jou die geleentheid om ’n beter mens, skrywer en kunstenaar te word en jy leer waardevolle vaardighede en denkpatrone wat jy vir die res van jou loopbaan saam met jou sal dra."

Persverklaring: Gratis teater stel Suidoosterfees NATi Jong Sterre bekend

LitNet
Suidoosterfees

Teaterliefhebbers kan Vrydag 18 Oktober die hele dag lank gratis teater beleef en Suid-Afrika se nuwe dramaturge se werk aanskou.

Skermgreep: Die KinoBravo-filmfees 2024 in Rusland – ’n oorsig

Leon van Nierop
Film

"Waarop Suid-Afrikaners veral trots kan wees, is hoe ons deur die Russe ontvang is. Alhoewel hulle natuurlik baie meer ingetoë voorkom as ons (dikwels meer flambojante) Suid-Afrikaners, het hulle steeds die Suid-Afrikaanse rolprent lank toegejuig."

Toorkombuis: Brood vir Bottergat

Karen Hart
Kos en wyn

"Met hierdie maklike broodresep het ek al tientalle siele tot brood bak bekeer. Geen voer van ’n morsige suurdeegplantjie nie. Geen geknie. Roer net, laat staan en bak."

Heartstopper seisoen 3 is ’n treffer: ’n kykersindruk

Hermione le Roux-Ellis
TV

"’n Vriend van my het op ’n dag Heartstopper daarvan beskuldig dat dit soetsappig is. Ek sien eintlik niks fout daarmee nie. Ek dink ons het almal heeltemal genoeg gehad van die tragiese gay karakter wat nooit meer kry as ’n moontlikheid aan die einde van die film of reeks nie."

Persverklaring: Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring vernoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig.

Persverklaring: Jayden Dickson, ’n LAMTA-student, vertel waarom Hollywood terug is op die planke

LitNet
Leefstyl

LAMTA se Hollywood-produksie was ’n rukkie gelede in Kampsbaai te sien, was by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien – en is nou op aanvraag weer eens in Kampsbaai op die planke! Jayden Dickson van die Hollywood-dansvertoning vertel meer van die produksie, wat van vandag af weer by Theatre on the Bay te sien is.

Uitnodiging: ’n Lentekonsert ter viering van die Afrikaanse kunslied op 26 Oktober 2024

LitNet
Musiek

Die SA Akademie nooi jou hartlik uit om die verhaal van die kuns van die Afrikaanse kunslied saam te kom beluister by die opkomende Lentekonsert in Oktobermaand, die mooiste mooiste maand.

Persverklaring: Anderkant die reën – Stiaan Reynierse stel nuwe album bekend

LitNet
Musiek

Stiaan Reynierse het die kollig en verhoog al met verskeie musiekreuse in die bedryf gedeel en dié rocker het die verhoogplanke al behoorlik laat brand met die kaggels in sy keel! Sy splinternuwe album, Anderkant die reën, is op 11 Oktober 2024 vrygestel..

Persverklaring: LJAO-akkordeon-orkes op besoek aan Suid-Afrika

LitNet
Musiek

Al die konserte in die Wes-Kaap is oop vir die publiek en gratis! ’n Wonderlike, unieke geleentheid vir alle musiekliefhebbers.

Press release: My left breast at the Baxter Masamba theatre, 10–24 October 2024

LitNet
Lifestyle and entertainment

The internationally acclaimed one-woman play My left breast, starring Shannon Esra, the award-winning television, film and stage actress, will be running at the Baxter Masambe theatre from 10 to 24 October 2024 at 19:00 with Saturday matinees at 15:00.

Press release: Richard Cock’s 75th birthday celebrated during Songs of praise in the Endler Hall

LitNet
Lifestyle and entertainment

Songs of praise will be held on Sunday, 27 October at 16:00 in the Endler Hall, Stellenbosch. Well-known conductor Richard Cock’s 75th birthday will also be celebrated with wonderful sacred music during this concert. Two choirs, the RCME Winelands Choir and the Tygerberg City Choir, will be leading the audience participation as well as singing different styles of music in several languages.

Nuwe skryfwerk

Cuito Cuanavale (1988)

Chris Ackerman
Fiksiekompetisies

"36 jaar later sit ek op die agterstoep. My kinders is groot, my vrou ook al dood. Ek skrik toe my oudste dogter aan my regterkant verskyn. Sy sit die koffie langs my neer en verdwyn weer die huis in. ’n Tortelduif vlieg op en klap sy vlerke hard om hoogte te kry – ’n verwilderde dier in vlug. Dit sit my weer daar neer. Op ’n vreemde land se sand. Ek probeer dit keer, maar dit gebeur keer op keer."

Swart gat

Trisa Hugo
Poësie

"Met elke ikoon wat val
kom daar ’n haal by"

Soveel geluide in my kop

Johan van der Merwe
Poësie

"soveel geluide
wat die kamer
van my kop beset
besmet"

Hartsvanger

Zebulon Kochk
Poësie

"maar ek voel eintlik net die
klou van jou skaduwee
soos die sterrehemel wegsmelt
oor my rigtinglose skip."

Beroof van sy onskuld

Jasmine Arnolds
Poësie

"Oorkant die kerk op die hoek van die straat,
staan die doodsengel.
En staar hom in sy oë."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved