|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1106
26/06/2026
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Rensche van der Walt
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624096009
Die 23-jarige Rensche van der Walt se aangrypende dagboek vertel van die lewe in die Bethulie-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog. Sy skryf in skokkende detail oor die siektes, wanvoeding en oorbevolking wat Boeregesinne daar moes verduur. Rensche was maar 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin in April 1901 van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Jy beleef ook saam met haar die kommer oor broers, pa’s en eggenote wat nog iewers op kommando of in die krygsgevangenekampe is. Die publikasie word verryk deur bydraes van historici, onder andere Johan van Zÿl.
|  |
|
 |
Will deporting illegal foreigners benefit the economy?
Johan Fourie
Opinion
"We have little solid proof that foreign workers are the reason South Africans cannot find jobs, or that removing them would open those jobs to anyone else. What economics can speak to with more assurance is the other side of the ledger: the measurable consequences of acting on the anger."
|
 |
Xenofobie en protes – gedagtes oor 30 Junie 2026
Jan-Jan Joubert
Seminare en essays
"Dit is die soveelste keer dat vandalisme en geweld, of die moontlikheid daarvan, die enigste manier is om ’n slap Suid-Afrikaanse owerheid so ver te kry om hul werk te doen. So hoort dit nie."
|
 |
Stemnota: Teenimmigrante-optogte op 30 Junie 2026
André Duvenhage
Menings
Die burgerlike beweging March and March dring daarop aan dat alle onwettige immigrante Suid-Afrika teen 30 Junie moet verlaat. Grootskaalse betogings regoor Suid-Afrika word vir hierdie sperdatum beplan. Wat kan ons te wagte wees? Politieke ontleder André Duvenhage lewer kommentaar.
|
 |
Wyngaard Weekliks: Bafana-prestasie sorg vir ’n welkome ubuntu-oomblik
Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen
Onderhoude
Heindrich Wyngaard praat met Gert van der Westhuizen, ’n voormalige sportjoernalis, oor Bafana Bafana se oorwinning teen Suid-Korea in die 2026 Fifa Sokkerwêreldbekertoernooi. Dit het die Suid-Afrikaanse span teen alle verwagtinge in tot die uitspeelrondes laat deurdring.
|
 |
Wyngaard Weekliks: Nuwe besems mág skoon vee, sê dié ontleder oor GHL se RNE-skuiwe
Heindrich Wyngaard, André Duvenhage
Onderhoude
Die politieke kommentator André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit glo dit is binne die reg van Geordin Hill-Lewis as nuwe DA-leier om veranderinge aan sy party se openbare verteenwoordiging aan te bring. Hill-Lewis, wat ook GHL genoem word, het onder meer besluit om sy voorganger, John Steenhuisen, van sy kabinetspos te ontneem.
|
 |
Niks fout met die Grondwet nie, sê Pierre de Vos; die probleem is "slegte politici"
Heindrich Wyngaard
Menings
"Die Suid-Afrikaanse Grondwet verdien al die lof wat dit ontvang sedert die aanvaarding daarvan in Mei 1996, as Pierre de Vos, bekleër van die Claude Leon-stigting se leerstoel in Grondwetlike regeerkunde aan die Universiteit van Kaapstad, se antwoorde in ’n Wyngaard Weekliks-onderhoud reg verstaan word."
|
 |
Namibia: The Cassinga Massacre and Picasso’s Guernica
David Willers
Opinion
"Cassinga became another Guernica, and today it symbolises the sacrifices made during the liberation struggle, not only against South Africa but also against the Germans, who occupied Namibia as the colonial power until the First World War."
|
 |
Die flou Bulle
Raed-na-Gael
SêNet-briewe
"Dit is mos bewys dat die vorige coach, wat na ’n opmerking summier gefire is, wragtig reg was. Wonder of die huidige coach ’n opmerking of twee soortgelyk daaraan gaan waag."
|
 |
Tydskapsule en The Story of Emily
Elsabé Brits
Elders gesien
"Ons het onder meer ’n tydkapsule uitgestal Saterdag met die herdenking – by The Story of Emily, 100 jaar na haar dood."
|
 |
Persverklaring: Taalmonument-dialoog in hart van Soweto
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Ter herdenking van die tragiese gebeure van 16 Junie 1976 in Soweto, bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument 2026 – in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Gautengse Onderwysdepartement, opvoedkundige instellings en Hector Pieterson-museum – ’n interaktiewe paneelgesprek in Suid-Afrika se bekendste township aan.
|
 |
Yeoville: Jesus was a makwerekwere
Kleinboer
Menings (2015)
"Yeoville het die xenofobiese aanvalle wat onlangs in Natal uitgebars en na Jeppestown en Alexandra in Johannesburg en Primrose aan die Oos-Rand uitgebrei het, vrygespring. Hier is safety in numbers. Hier sal die buitelanders terugveg, selfs teen ’n Zoeloe-impi gewapen met kieries en pangas. My vrou het wel verlede week vertel sy het gesien hoe skop iemand die tamaties van ’n sypaadjiehandelaar in Rockeystraat dat hulle rooi rol en toe maak hy ’n snedige aanmerking oor 'makwere-kwere'."
|
 |
Vreemdelingehaat en die gelaat van die ander
Johann Lodewyk Marais
Seminare en essays (2015)
"My betrokkenheid by navorsing oor immigrasie was ’n onverwagse wending. Dit was een van die ervarings wat my lewe op allerlei nuwe paaie sou neem – weg van die RGN se gebou in Pretoriusstraat in Pretoria, waar ek enkele jare lank betreklik rustig navorsing oor die Suid-Afrikaanse literatuur gedoen het. Ná omgewingsimpakstudies, navorsing oor armoede, oorlewingstrategieë, plaaslike kennissisteme en gemeenskapsorganisasies in landelike gebiede het ek deel geword van ’n navorsingspan wat oor onwettige immigrante gewerk het."
|

|
 |
Land hou asem op voor 30 Junie: Spanning oor immigrantespertyd neem gevaarlik toe
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Arbeidsorganisasies soos die vakbondfederasie Cosatu het werkers gewaarsku om nie aan onwettige protesaksies deel te neem nie. Volgens die organisasie sal werknemers wat sonder toestemming van die werk af wegbly om aan betogings deel te neem, nie noodwendig arbeidsregtelike beskerming geniet nie."
|
 |
Suid-Afrika en VSA stuur af op nuwe botsing oor China en Iran
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Hierdie openbare konfrontasie is deel van ’n groter patroon van toenemende wrywing. Sedert Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Geregshof, gesamentlike vlootoefeninge met Brics-vennote, en die uitbreiding van die alliansie, beskuldig Washington Pretoria van ’n 'geostrategiese skuif' weg van die Weste. Bozell het nieverbondenheid as prioriteit uitgelig en Pretoria aangemoedig om sy keuses te heroorweeg."
|
 |
Vra die veearts: Ons hond doen deesdae sy stoelgang enige plek
Marianne Lomberg
Mens en dier
"Ons tienjarige gemengderashond het die afgelope drie maande die probleem dat hy sy stoelgang net enige plek doen. Ons woon op ’n plot en hy het vroeër altyd ver van die huis af sy sake gedoen. Deesdae doen hy dit in die huis, kantoor en sy bed en bly lê dan so daarmee saam en slaap."
|
 |
Oorlewingsbome en tuine vir hoop
Maryke Roberts
Reisgogga
"Rondom die damme vind jy klein bruggies en rotsformasies wat elk ’n simboliese betekenis dra – van geluk en voorspoed, tot vrede en beskerming."
|
Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS |
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Bespreek nou vir die Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Vreemde dinge kan op ’n Dinsdag gebeur deur Jaco Jacobs: ’n kinderboekresensie
Magdel Vorster
Kinderboeke
"Jaco Jacobs is een van ons beste boek- en leesambassadeurs. Hy skep boeke wat kinders sal geniet en by hulle ’n liefde vir lees en boeke sal kweek. Met blootstelling aan lekkerleesboeke, en goed toegeruste biblioteke, is dit dalk moontlik dat vreemde dinge nie net op Dinsdae gebeur nie."
|
 |
’n Knippie moord deur Elsa Winckler: ’n onderhoud met die skrywer
Surene Esterhuizen, Elsa Winckler
Skrywersonderhoude
"Ek het van die begin af geweet daar is ’n moord en wie vermoor word, maar ek het nie van die begin af geweet wie die moordenaar is nie. Ek het dit so half self uitgepluis soos die storie aangegaan het. So dit was vir my ook ’n verrassing."
|
 |
Seuns weet deur Frederick Botha: ’n lesersindruk
Ronnie van Jaarsveld
Lesersindrukke
"Botha se grootste prestasie is dalk dat hy sy karakters met deernis benader. Selfs wanneer hulle buitestanders is, word hulle nooit bloot tot slagoffers of simbole gereduseer nie, maar bly hulle volledig mens."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Press release: SICMF introduces its faculty artists
LitNet
Lifestyle and entertainment
The Stellenbosch International Chamber Music Festival (SICMF) will take place in July at Stellenbosch University. For over two decades now, the SICMF has hosted South Africa’s largest collective of world-famous classical musicians from different continents each year in July.
|
 |
Du Plessislaan 61
Edna van der Linde
Fiksie
"Daardie aand eet hulle slap pap met botter. Die volgende oggend maak Lika die piepiepot leeg. Sy spoel dit onder die kraan."
|
 |
Jintoerisme
Neo Mehlomakulu
Fiksie
"Ek’s vol lag en admire amper die twee se bravery. Nie eens ek wat claim dat ek vi niks en niemand bang is, sou die guts het om só iets te try doen nie."
|
 |
Tyd
Pieter Fourie
Poësie
"waar kennis en tyd een word
op die ronde aarde,
gebuig in ongemaklike hoeke"
|
 |
Die tikkop op die hoek
Preston Mouritz
Poësie
"Sy oë is hol, sy lyf is maar net been,
die lewe het hom klaargemaak, hy’s heeltemal alleen."
|
 |
In die mandjies van ons oë
Martin Labuschagne
Poësie
"en ons vingers soek in mekaar se verbleikte palms
na daardie verspilde jare"
|
 |
Rymstories: "Die Filosoof"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Anderkant die dun membraan,
Waarop die sonlig dans en ook saans die maan"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|