Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1114

21/08/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Pandor en Akademia – die uitweg

Van tegniek tot ampstaal

Skrywer: Theodorus du Plessis
Uitgewer: UJ Press
ISBN: 9781997468868

Hierdie monografie bied ’n indringende blik op die unieke taalbeplanningsverhaal van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT). Dit dokumenteer die dinamiese interaksie tussen vasberade dowe veldtogvoerders, besluitnemers en ander rolspelers en komplekse wetgewende prosesse. Die skrywer neem die leser op ’n reis vanaf die eerste deurbrake in die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 tot by die uiteindelike volle verampteliking, te midde van ’n konteks van "Verengelsingstirannie" en die stryd van minderheidstale.

Menings

Akademia, Pandor en ’n derde weg: Hoe kunsmatige intelligensie ’n uitweg uit ons taaldooiepunt kan bied

Maryna Blomerus
Universiteitseminaar | University Seminar

"Aan die regering, en aan Pandor as een van die invloedrykste stemme in ons onderwysdebat, sou ek sê: Die onus om hierdie derde weg te bou, rus nie op ’n privaat gemeenskap wat sy eie tekort regstel nie, maar op die staat wat 30 jaar lank nagelaat het om dit te doen. As julle regtig ’n verenigde Suid-Afrika wil bou eerder as een wat langs taal- en raslyne uitmekaar val, is die antwoord nie om Akademia te veroordeel nie, maar om te bewys dat ’n beter, inklusiewer model moontlik is – en te begin deur die taaldata te bou waarsonder geen KI-gedrewe derde weg ooit tot stand sal kom nie."

Afrikaans en sy druktradisie van toeka tot toekoms: Afrikaans word nie gered deur net oor Afrikaans te praat nie

Jean Oosthuizen
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

"Die taal se toekoms lê nie bloot in monumente, koerante en boeke nie, maar in die vraag of mense die taal kan lees, gebruik, bekostig, bewaar en vrylik kan beoefen."

Gedagtes oor die effek van KI ná die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée

Julio Agrella
LitNet-skrywersberaad

"Op 23 Julie 2026 berig die New York Times dat twee gevorderde OpenAI-modelle sonder toestemming ... ’n wyd gebruikte sagtewarebiblioteek, Hugging Face, se rekenaarsisteem gekraak het … Op 30 Julie berig dieselfde koerant dat ’n nuwe Anthropic Claude KI-model onder ontwikkeling drie maatskappye se sisteme reeds in April gekraak het ... ’n Geldige vraag is natuurlik hoekom die KI-maatskappye ..., gegewe die risiko’s wat daagliks duideliker blyk, nie halt roep en die eksperiment as te gevaarlik afmaak nie."

Projek Panama: die graf van die biblioteek

Cornelius Henn
SêNet-briewe

"Die ironie is bitter. Anthropic wou die model leer om keurig te skryf. Om dit te bereik, het hulle die skatkamers van goeie skryfwerk, veral die skaarser, ouer en sorgvuldiger tekste, stelselmatig vernietig. Die medium is geoffer vir die nabootsing daarvan."

Seen elsewhere: AI, artificial intelligence, is at best purely simulated intelligence

Jonathan Amid
Opinion

"True creativity has never been about providing easy answers and ready-made platitudes, and even less about reducing the complexity of our world and experience to a set of ever-palatable 'truths'."

Elders gesien: Bejaard in ’n vreemde wêreld van "portals" en "links"

Hannes Stander
Menings

"Het die moderne wêreld die Tannie Hesters van ons wêreld van hulle waardigheid gestroop? Dié wat voor ons hier was, word nou alleen agter gelos om te kom sien kom klaar. Miskien moet ons introspeksie doen?"

 

Wil jy rêrig dié kandidaat as burgemeester hê?

Heindrich Wyngaard, Tessa Dooms, Christo van der Rheede
Onderhoude

Die politieke ontleders Tessa Dooms en Christo van der Rheede bespreek die aanwysing en rol van burgemeesterskandidate met Heindrich in hierdie aflewering van Wyngaard Weekliks.

Wat maak van die mens op die plakkaat ’n geskikte burgemeesterskandidaat?

Heindrich Wyngaard
Menings

"Dit bepaal hoe ingelig, ernstig, bekwaam of gekwalifiseerd ’n kandidaat is om uiteindelik die kritieke rol van drywer van die munisipaliteit se visie te vervul."

Wees gewaarsku: Ná bek-en-klouseer bring varkpes, voëlgriep en slenkdalkoors dalk ’n nuwe landboukopseer

Heindrich Wyngaard
Menings

"Lank voor Steenhuisen die portefeulje sou behartig het, was Thoko Didiza ’n betreklik gewilde minister van landbou, wat steeds geprys word vir die wyse waarop sy ’n goeie verhouding met boere opgebou het."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die afgang van Frankryk en die Weste (1): Immigrasie en die verdiepende Franse identiteitskrisis

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Die tema van die oënskynlike afgang van Frankryk en die Weste word die afgelope dekade en meer intensief in die Franse media, letterkunde en niefiksie bespreek."

Unsettled in Zimbabwe: How the absence of history and heritage from public spaces points to a deeper unease

Robin K Crigler
Opinion

"But the most curious thing for us about Harare (especially since so many of our number were scholars of southern African liberation movements) was the lack of visible history in its streets. It’s not a city that wears its heritage on its sleeve the way Johannesburg does: There are no blue plaques and almost no monuments or museums that tell the story of Zimbabwe’s history."

Generasie Z en bestuursrolvermyding

Handré Brand
Menings

"Generasie Z is nie minder ambisieus nie, maar loopbaansukses en -ontwikkeling word anders gedefinieer as in vorige generasies. Organisasies wat steeds uitsluitlik op tradisionele hiërargiese sisteme steun, loop die risiko om goeie-kwaliteit- potensiële werknemers in die toekoms te verloor."

Die verkeerde krul: ’n bekentenis in vyf terugsendings

Margaret Cordier
Menings

"Nie sommer ’n apostroof nie. Dié apostroof. Die ’n is ons taal se kleinste woord. Hy weeg minder as ’n doudruppel, maar dra ’n hele geskiedenis op sy rug. En hy is die enigste woord wat met ’n krul begin. Daardie krul moet na links buig, want dit is ’n weglatingsteken: die spook van een. En spoke, soos almal weet, kyk agtertoe."

Uit die argief

Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika

Maryna Blomerus
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)

"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 12 tot 18 Augustus 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 12 tot 18 Augustus 2026.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoireé 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Akademies en skole

Van taalaanleer na tolkaanleer (deel 3): Die skep van affektiewe en sosiale tolkaanleerstrategieë vir prosesgerigte tolkopleiding

Kanja van der Merwe, Harold Lesch
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die gebruik van taalaanleerstrategieë maak taalaanleer aangenamer, eenvoudiger en vinniger, wat tot tolkaanleer kan oorspoel. ... Vir die artikel se doeleindes word daar op die nuutgeskepte affektiewe en sosiale tolkaanleerstrategieë as twee van die indirekte strategiesoorte toegespits."

’n Woordmedevoorkomsnetwerk-ontleding van die Nederlandse lirieke van Heidevolk as heidenmetaalgroep

Burgert A Senekal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In die breër konteks van swaarmetaal, en spesifiek die verwante genres van Viking- en heidenmetaal, word Heidevolk as ’n unieke groep geposisioneer wat hul moedertaal en plaaslike geskiedenis van die Lae Lande gebruik om hul eie Germaanse erfenis te verken, eerder as om slegs op die Skandinawiese Vikingtydperk te fokus."

Afrikaans Huistaal: Graad 5-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Afrikaans Huistaal as deel van jou toetsreeks? Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda gratis af om jou met jou voorbereiding te help.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Boeke en skrywers

Soetroos van Saron deur Theolla Langenhoven: ’n resensie

Tania Colyn
Resensies

"Langenhoven is ’n vars nuwe stem in die Afrikaanse literatuur. Haar debuutwerk bring ’n nuwe inslag op gevestigde temas. Die leser word deurgaans geboei en die karakters is goed ontwikkel."

Die Serwiër deur Carel van der Merwe: ’n resensie

Anschen Conradie
Resensies

"Elke karakter, hetsy vriend of vyand, held of skurk, word gerugsteun deur ’n oortuigende komvandaan wat sy keuses en motiverings in die hede onderskryf."

Die lewe is nie ’n resepteboek nie: Zelda Bezuidenhout gesels met Gerrit Rautenbach oor haar woordewêreld

Gerrit Rautenbach, Zelda Bezuidenhout
Skrywersonderhoude

"Ek is nie goed met plots nie, maar ek is goed met karakters. Het al gedink ek moet ’n medeskrywer kry om die plot uit te dink, dan skryf ek die karakters daarin."

Koos Komiek: Is soirées goed vir die letterkunde?

Koos Kombuis
Visueel

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Shawna-Leze Meiring

Naomi Meyer, Shawna-Leze Meiring
PEN Afrikaans

"Die basiese dinge vir ’n goeie storie moet altyd daar wees: interessante karakters waarmee lesers kan vereenselwig, vloeiende/gemaklike dialoog, ’n sterk storie (dink maar aan die klassieke storieberg se formaat) en goeie navolging van genrekonvensies (as dit ’n storie is wat in ’n genre pas). Vir kinder- en jeugboeke is dit belangrik om die ouderdom van jou teikenmark in gedagte te hou."

JH de Klerk se Sterrekundewoordeboek

Heidi Morgan
SêNet-briewe

"Weens verswakte sig moet ek noodgedwonge begin om van my boekery ontslae te raak. Een so ’n boek, waarvan ek nie graag lukraak ontslae wil raak nie, is die volgende, indien iemand sou belangstel: JH de Klerk, Sterrekundewoordeboek / Dictionary of Astronomy, Potchefstroom, 1990 (eerste uitgawe). Geteken deur die redakteur."

Freda Linde (1915–2013)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Om te ontdek sonder ophou, dit is jou erfenis, jou poort tot geluk – nie waar jy loop, nie wat jy sien, selfs wat jy gebruik of besit nie, maar wat jy daarin ontdek."

ATKV|LitNet-Skrywersalbum: Lys van Afrikaanse skrywers

LitNet
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

Hier is ’n lys van die biografiese artikels oor Afrikaanse skrywers wat gratis op LitNet beskikbaar is.

Donkerhart ontgin nuwe terrein vir krimi’s: ’n lesersindruk

Ronnie van Jaarsveld
Lesersindrukke

"En as jy lank nadat jy eintlik al die bedliggie moes afgesit het, steeds net nóg één hoofstuk wil lees, is Donkerhart ’n móét."

Gesondheid uit die natuur se apteek deur Chris Pitzer: ’n lesersindruk

Mitke Joubert
Lesersindrukke

"Die boek laat ’n mens uiteindelik met ’n groter waardering vir die kennis wat in die natuur en in die vorige geslagte se ervaring opgesluit lê."

Elders gesien: Plaaslike skrywers moet eenvoudig boeke bemark

Marion Erskine
Boeke en skrywers

"Vir baie plaaslike skrywers is die werklikheid dus eenvoudig: As hulle nie hul eie boeke bemark nie, verkoop die boeke nie."

Press release: Winner of the Ingrid Jonker Prize 2026

LitNet
Books and writers

The committee of the Ingrid Jonker Prize gladly announces the winner of this year’s prize.

Persverklaring: Tuin van Digters 2026 vier 15 jaar met ’n program rondom menswaardigheid

LitNet
Boeke en skrywers

Tuin van Digters keer binnekort terug na die Breytenbach Sentrum in Wellington vir sy 15de fees. Met die tema "menswaardig" bring die fees vanjaar gevestigde en nuwe digters, skrywers, musikante en kunstenaars byeen vir ’n program van gesprekke, voorlesings, musiek, uitstallings en optredes.

Persverklaring: Van tegniek tot amptelike taal deur Theodorus du Plessis

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling in Pretoria. Hier is nog inligting.

Persverklaring: Gratis kreatiewe kursus vir opkomende skrywers in Kimberley

LitNet
Boeke en skrywers

Die Jakes Gerwel Stigting en die Sentrum vir Kreatiewe Skryfkunde en Afrikatale aan die Sol Plaatje Universiteit bied binnekort ’n gratis werkswinkel aan opkomende Afrikaanse skrywers, digters en dramaturge. Verskeie gevestigde en gevierde skrywers, digters, dramaturge en dosente sal deur die verloop van die kursus sessies oor die skryfkuns aanbied.

Press release and invitation: The Bookshelf at Ken Forrester Wines

LitNet
Books and writers

Jonathan Amid will be in conversation with Tom Eaton and Tanya Meeson.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 15 tot 21 Augustus 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nou op Voertaal

Macpherson openbaar skokkende bevindinge oor geboue wat ineenstort

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hierdie tragedies volg op die katastrofale George-tragedie in Mei 2024, waartydens 34 mense gesterf en 28 beseer is. Daardie voorval het ook sistemiese probleme blootgelê, insluitend swak beton en geïgnoreerde waarskuwings."

Ramaphosa skep nog ’n struikelblok vir Phala Phala-ondersoek

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vir die geloofwaardigheid van die proses is een ding egter duidelik: Die publiek het ná ses jaar meer behoefte aan antwoorde as aan nóg ’n prosedurele hindernis."

AfriForum vind vreemde bondgenoot in omstrede March and March-beweging

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dat ’n swartgeleide teenimmigrasiebeweging nou openlik wil leer by ’n organisasie wat vir Afrikaner-selfstandigheid veg, daag die gewone narratiewe oor rassepolitiek uit."

Peet Viljoen bly agter tralies ná hof hom borg weier

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Tensy ’n latere borg- of appèlaansoek slaag, sal Viljoen in aanhouding bly terwyl die hof hom voorberei op een van die omvangrykste eiendomsbedrogsake wat die Suid-Afrikaanse howe in jare moes hanteer."

Kruis en dwars met Cecil John Rhodes

Maryke Roberts
Reisgogga

"Sy groot huise, sy graf en die instellings wat hy befonds het, is almal oorblyfsels van ’n verlede wat steeds ’n skadu oor die hede gooi."

Breyten schrijven #47: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Karen Kuhn

Yves T’Sjoen, Karen Kuhn
Literatuur

"Jungiaanse analitiese sielkunde stel voor dat alchemie dien as ’n simboliese brug tussen gnostisisme en moderne sielkunde, wat die transformerende reis na individuasie en die verwesenliking van die ware 'Self' beklemtoon."

Leesimpressie: Gewone Hollandse jongens door Mira Feticu

Erik van den Bergh
Literatuur

"Verrassend, vrijmoedig en openhartig proza over liefde, verlangen en rouw."

Leesimpressie: Nou en door Patrick van Gompel

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een gevarieerde groep Nederlanders spreekt zich uit over wat kenmerkend is voor Nederland."

Leefstyl

kykNET Silwerskermfees 2026: ’n onderhoud oor Verwerking deur Peter-John Titus

Naomi Meyer, Peter-John Titus
kykNET Portaal

"Ek dink om stories soos hierdie een te maak skyn ’n lig op die dinge wat ons as mense van nature in die donker hou. Die skeppingsproses bring dit in die lig in, waar dit hoort."

Landmyn by Silwerskermfees 2026: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Maryke Roberts, Nico Scheepers
kykNET Portaal

"Landmyn gaan nie oor hoe ons wil wees nie, maar hoe ons is. Mense is komplekse, deurmekaar gedaantes wat net soveel seermaak as wat ons genees. Veral met onsself en met dié wat naaste aan ons moet wees: ons familie."

Natuurlik wemel en gloei die kykNET Silwerskermfees met absoluut oorspronklike en verrassende films

Leon van Nierop
Elders gesien

"Die Silwerskermfees hoef nie ’n tree vir Cannes terug te staan nie. En hy trek nou maar eers in sy tweede dag."

Swan Lake, ’n resensie: Tydlose Swanemeer betower

Dianne Du Toit Albertze
Teater

"Dit was egter die pas de quatre (stap van vier), uitgevoer deur die jong swane, wat verstom het. Die eenstemmigheid wat behou is sonder om karakter of grasie te verloor."

Motorrepubliek: ’n ry-indruk van die Toyota Land Cruiser FJ 2.7 4x4 6AT VX

Braam Peens
Motors

"Bultklimbeheer (op- en afwaarts) tesame met ’n agter-ewenaarslot en stabiliteitsbeheer laat jou uitsien na velerlei 'Hou my dop vas'-oomblikke. Sonder ’n rooi gesig agterna."

Persverklaring: Reënboogrant keer terug met meer drama, romantiese dilemmas en splinternuwe moeilikheid

LitNet
kykNET Portaal

Die Brink-familie en hul vriende maak foute, raak verlief, verloor koers en help mekaar om weer te probeer in die tweede seisoen van Reënboogrant wat binnekort op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai gaan word.

Persverklaring: 20ste Artscape Women’s Humanity Festival vir die gemeenskap deur die gemeenskap!

Marlene le Roux
Leefstyl

"Geïnspireer deur die helde van die ikoniese Vroueoptog, gaan die Artscape Women’s Humanity Walk op Nasionale Vrouedag vanaf die Kaapstad-burgersentrum na die Kunstekaap-gebou oor vroue wat daadwerklik tot aksie oorgaan."

Uitnodiging: Anton Goosen en Chris Torr word vereer

LitNet
Musiek

As deel van hierdie unieke geleentheid sal die FAK amptelik die Anton Goosen- en Chris Torr-liedjieborde in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument onthul.

Persverklaring: Vrystaatse Kunswedstrydvereniging (VKV) vier eeu van kuns in die Vrystaat

LitNet
Musiek

Die FAK was die trotse borg van dié eeufeesviering. Die geleentheid het ook betekenisvol saamgeval met die viering van Afrikaanse Taaldag op 14 Augustus – ’n gepaste geleentheid om stil te staan by die rol wat taal, kultuur en die kunste speel in die vorming van jongmense en die oordrag van ’n lewende kultuurerfenis aan toekomstige geslagte.

Nuwe skryfwerk

Die influencer

Stefaans Coetzee
Fiksie

"Ek sweer, ek haat vroue se sesde sintuig meer as ’n spieël. Mia lees nooit iets wat ek skryf nie – nooit! – totdat ek iets oor óns skryf. Dan koop sy Kuier en blaai heel eerste na die kortverhaal."

Wanneer stilte raas

Edna Tolmay
Fiksie

"Dolf kyk weer af na die foto’s. Na die gesigte. Na die mense wat tegnies familie is, maar soos vreemdelinge voel."

Wintersee

Jeanne Henning Els
Poësie

"jou grys oë
verspikkel met
groen woon in
my kruietuin"

Jesus had flames in his mouth

Martin Labuschagne
New writing

"chanting
a gospel of hymns
on the beat of (gun)fire"

Hadida

Jo-Ann Scholtz
Poësie

"Maar die skreeuende
grootbekvoël
het vir my gelag"

Rymstories: "Die Skilder in die Groot-Karoo"

Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk

"Vir hom ’n uitspattigheid, dié geklets
Want diep deur die grense van sy talent gekwets
Staan hy uur na uur na nat verf en tuur."

Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved