Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1120

02/10/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou prys

Boei: ’n resensiebundel

Skrywer: Jean Meiring
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485316220

In Boei word 85 boekresensies oor twee dekades heen saamgebind. Hierdie bundel toon die reikwydte van Meiring se kritiese stem: van biografieë en geskiedskrywing tot romans, poësie en politieke denke. Boei is ’n pleidooi vir aandagtige lees in ’n tyd van vervlakking, en ’n bewys dat die goeie resensie self ’n literêre daad kan wees.

Boeke en skrywers

Persverklaring: Antjie Krog se "laaste boek" wen groot Afrikaanse boekprys

LitNet
Boeke en skrywers

Sy is een van sewe pryswenners wat Saterdagaand 26 September 2026 by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad bekroon is vir skryfwerk wat gedurende 2025 verskyn het. Altesaam vyf boekpryse en twee resensiepryse met ’n totale prysgeld van R1,4 miljoen is toegeken.

Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir fiksie 2026

Deborah Steinmair
Boeke en skrywers

"Hierdie genre-tergende roman se hoogste bereiking is die aweregse manier waarop Krog daarin slaag om haar ma, die skrywer Dot Serfontein, se murg en hartstog met die leser te deel, dikwels in haar ma se taal."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys 2026

Danie Marais
Boeke en skrywers

"De Villiers skryf ’n wêreld oop waarmee die meeste Afrikaanse lesers nie vertroud sal wees nie en wat op die rand van verdwyning staan."

Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Frederik de Jager
Boeke en skrywers

"Hierdie boek is seker die persoonlikste en intiemste portret van rugby – of enige sport – wat daar in Afrikaans is."

Commendatio’s: Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026

Bibi Slippers
Boeke en skrywers

"Die resensent laat nie sy eie meningsverskille met die outeur en verskille in politieke oortuigings toe om sy agting van die werk te kleur nie."

Commendatio: Herman Binge-filmprys 2026

Beer Adriaanse
Boeke en skrywers

"Dis ’n verhaal wat onverwagse draaie neem, maar die skrywer vermy wilde spronge van die verbeelding."

Scorpio rising: an interview with Deon Meyer

Naomi Meyer, Deon Meyer
Books and writers

"The problem was that Benny had no intention of sticking to his minor role. Every time he walked onto the page and into a scene, he lit it up and made things happen."

First sip: Scorpio rising by Deon Meyer

LitNet
Books and writers

"She heard the beep of an electronic lock, assuming it was the room next door. Her own room door opened. Shockingly, unexpected."

Baklei sonder bloed: politieke verset in Die Bergengel-boeke

Carina Stander
LitNet-skrywersberaad

"Dis ’n liefdesverklaring vir Afrikaans en die krag wat skuil in musiek, poësie, kuns, tradisie en identiteit. En dis ’n soeke na ’n alternatief vir geweldsoorlog."

Good night, South Africa deur Jennifer Lindridge: ’n kinderboekresensie

Anke Theron
Kinderboeke

"Lindridge slaag daarin om die ryke diversiteit van die land se natuur op ’n toeganklike manier vir kleuters te verpak."

Cliff-hanger: Op lig deur Thilde Nel

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Een van Op lig se sterk punte is dat karakters kompleks en frustrerend menslik is."

Die respektabele meneer Hartslief deur Chris Karsten: ’n boekbespreking

Ilze Brüggemann
Boeke en skrywers

"Is ons so behep met die dood – en spesifiek wanneer mense dit aan hulself doen – dat daar net meer en meer oor sulke sake bespiegel en geskryf gaan word?"

Mike Nicol, die man agter die woorde

Stefaans Coetzee, Mike Nicol
Skrywersonderhoude

"Hy wil weet wat gaan gebeur, want terwyl hy lees, probeer hy uitwerk hoe die skrywer die boek aanmekaar gesit het."

The glass island by Patricia Schonstein: an interview

Naomi Meyer, Patricia Schonstein
Books and writers

"I give a lot to my readers, treating them as guests who enter my imagined spaces, in the way I would welcome them into my voorkamer, reading to them while offering biscotti and Turkish coffee."

The chronicles of Shalom Court by Allan Kolski Horwitz: a reader’s reception

Elizabeth Trew
Books and writers

"It is much more than a singular thriller or whodunnit, having the depth of conflicting and diverse multi-voiced stories that link to Shalom Court in an impoverished society."

Elders gesien: Strokiesprentdag in die VSA

Riaan Strauss
Boeke en skrywers

"Lees jou kind of kleinkind graag strokiesprente? Laat hulle, want dit gee hulle ’n visuele brug na ’n lewenslange liefde vir boeke, waar prentjies en teks saamspan om die verbeelding te help groei."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 26 September tot 2 Oktober 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Binnerym van bloed deur Antjie Krog: ’n resensie

Ihette Senekal
Resensies (2025)

"Dit is ’n roman wat gelees en weer gelees moet word, om telkens nuwe gewaarwordinge te beleef. Dit bly egter onteenseglik dat indien dit so sou wees dat hierdie publikasie die laaste is uit Krog se pen, dit ’n hoë noot is om ’n formidabele oeuvre mee af te sluit."

In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu

Maryke Roberts, Johannes Bertus de Villiers
Skrywersonderhoude (2025)

"Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel."

Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel

Deborah Steinmair
Boekrubrieke (2025)

In hierdie week se aflewering skryf Deborah oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort". Sy skryf ook oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Die boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos".

Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke (2025)

"Soos met die meeste dinge, beteken rugby verskillende dinge vir verskillende mense."

Toyota Stellenbosch Woordfees: 3–11 Oktober 2026

’n Onderhoud met Bibi Slippers oor die Easy Equities Skrywersfees

Naomi Meyer, Bibi Slippers
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Lees is ook net eenvoudig die lekkerste ding op aarde. Kom luister na skrywers as die lewe jou oorrompel het en jy het vergeet watter vreugde dit is om in ’n boek te ontsnap ..."

Krapp se laaste band: ’n onderhoud met Carel Nel

Maryke Roberts, Carel Nel
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Wat my na hierdie rol aangetrek het, is juis dat dit op die oog af so eenvoudig lyk, maar hoe meer jy daarin delf, hoe meer ontdek jy. Ek dink dit is van die dinge wat Beckett vir my meesterlik maak."

Menopouse in die kollig: ’n onderhoud met Antoinette Louw

Maryke Roberts, Antoinette Louw
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Ek ontdek ’n vryheid in my kreatiwiteit wat ek nie voorheen gehad het nie, omdat ek minder omgee wat ander dink. Dis ’n ongelooflike gevoel. En ek kan meer dimensie gee, meer eerlik, omdat ek vryer is. Die tragedie en ironie is dat rolle vir ouer vrouens al hoe minder word."

’n Onderhoud oor die klankbaan van ’n Middel

Naomi Meyer, Wesley West
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Somtyds sal ek ’n melodie hoor, of aan ’n idee dink, iets wat nog nie probeer is nie. Daardie nuuskierigheid van 'ek wonder hoe dit sal klink as ek ’n vioolopname saam met ’n synth-lyn deur ’n elektriese kitaar-amp sit', is wat my altyd fassineer en opgewonde maak."

Ervaar die helende kragte én hemelse geure van laventel

Maryke Roberts, Ingrid de Waal
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Hang dit onderstebo direk nadat dit gesny is, dan bly die stele mooi reguit. In ’n trek; nie in direkte sonlig nie – die son bleik die blomme. Dan kan jy jou bossie vir ’n jaar behou en uitstal."

WOW Woordfees-persverklaring: 500 leerders by landwye Sanlam WOW Spelfees-finaal

LitNet
Skole

Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie tale aangebied – Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 5 tot 8). Die Sanlam WOW Spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch (US).

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2027: Die inskrywings is oop

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die wenner ontvang R120 000, mentorskap en ondersteuning met die afronding van hulle teks, asook ’n moontlike speelvak op die 2027-Toyota Stellenbosch Woordfees se Spier Toneel-program. Die tweede- en derdeplekwenner ontvang onderskeidelik R60 000 en R30 000.

Akademies en skole

Die gebruik van verborge stories: gemeenskapskennis en outobiografiese narratiewe in toerisme-onderrig

Andries de Beer, Candice Livingston, Amanda Swart, Athi Ndita
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Die bevindinge toon dat studente, wanneer hulle toegelaat word om vanuit hul eie kulturele en sosiale kontekste te werk, narratiewe ontwikkel wat die kurrikulum vir hulle meer betekenisvol en kontekstueel verstaanbaar maak."

Kaaps issie ’n joke nie: die sosiolinguistiese funksies van kode- en registerwisseling in Vannie Kaap-meme

Donovan Lawrence
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Teen die agtergrond van die historiese marginalisering van Kaaps ontleed die artikel hoe digitale platforms soos Vannie Kaap die variëteit herkontekstualiseer vanaf ’n gestigmatiseerde 'joke-taal' na ’n medium van digitale gesag en satire."

’n Ondersoek na die kritiese denkvaardighede-gaping tussen hoëronderwys en rekeningkundige praktyk: Persepsies van dosente en studente

Gretha Steenkamp, Sophia Magaretha Brink
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Hierdie artikel dra tot die literatuur by deur die gaping in kritiese denkvaardighede vanuit ’n nuwe oogpunt te ondersoek, naamlik deur te evalueer hoe dosente en studente kritiese denkvaardighede in rekeningkundige praktyk verstaan."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Menings

KI-miniseminaar: Sewe probleme voor middagete

Johan Fourie
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Wie gee hul denkwerk prys?"

Is jy veilig aanlyn? ’n LitNet Akademies (Regte)-onderhoud

Naomi Meyer, Gretchen Jansen
Onderhoude

"Praktiese stappe soos sterk, unieke wagwoorde en tweefaktor-verifikasie bly ook belangrik. Maar hoewel hierdie stappe ons persoonlike risiko kan verminder, kan individuele optrede nie alleen ’n veilige digitale omgewing skep nie. Organisasies en reguleerders het ook ’n belangrike rol om te speel."

Elders gesien: Moord is ’n gruwel, ongeag wie die slagoffer is

Jean Oosthuizen
Menings

"Wie se name was op die oorblywende kruise? Was dit onbevestigde gevalle, plaasaanvalle sonder moord, of simboliese getalle?"

Elders gesien: Aai, ek kan nie meer met al die dom nie

Niel van Deventer
Menings

"Amerika wil Suid-Afrikaners straf oor die beweerde vervolging en geweld teen wit mense. Ernst Roets en kie gaan blaas lustig daardie vuur aan."

Agterstories: Wie betaal om die ligte aan te hou?

Johan Fourie
Rubrieke

"Ek en my seun sal in Desember weer daardie paadjie stap en die vuurtoring se lig sal oor die water blink soos dit sedert 1849 maak. Iemand betaal steeds om dit aan die draai te hou. Wie dít behoort te wees, is die een deel van die vraag wat nooit verdwyn nie."

Voertuigbandslytasie en besoedeling: ’n komplekse omgewingsvraagstuk

Handré Brand
Seminare en essays

"Teen die agtergrond van die sterk afname in spoorverkeer en die gelyktydige toename in ligte- en swaarvoertuigverkeer op die Suid-Afrikaanse padverkeerstelsel, ontstaan vrae soos: Watter impak het die slytasie van voertuigbande op die omgewing?"

Uitnodiging: FilosofieKafee – Die etiek van plek

LitNet
Menings

Alle belangstellendes word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 2 Oktober in Wellington. Schalk Engelbrecht is die spreker.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 23 tot 29 September 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 23 tot 29 September 2026.

Nou op Voertaal

Groen ID-boek het sy laaste hoofstuk bereik: Suid-Afrikaners kry tot 2028 om oor te skakel

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die departement se vennootskap met banke, wat in Maart vanjaar begin het, stel mense in staat om by deelnemende banktakke vir slim-ID-dienste aansoek te doen."

IRR-peiling: Groot meerderheid Suid-Afrikaners verwerp bewerings van "wit volksmoord"

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die peiling beteken nie dat Suid-Afrikaners die land se probleme met geweld, plaasaanvalle, rassisme of ongelykheid ignoreer nie."

VSA-ambassadeur lig self die sluier oor vyf eise aan Suid-Afrika

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Amerikaanse ambassadeur sê Washington wil steeds ’n konstruktiewe verhouding met Suid-Afrika hê en sien groter handel, belegging en werkskepping as belangrike terreine vir samewerking. Hy doen egter ’n beroep op Pretoria om, soos hy dit stel, 'ideologie' opsy te skuif en Suid-Afrika se belange eerste te stel."

Gesamentlike nasionale ondersoek na geweld en moord op vroue te midde van Ekurhuleni-moorde

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die verhore sal die res van die week duur en die publiek word aangemoedig om die proses te volg. Vir baie is dit nie net ’n ondersoek nie, maar ’n toets of Suid-Afrika ernstig is om die oorlog teen geweld en moord op vroue te wen."

Die Namakwaland is meer as net twee maande se blomme

Maryke Roberts
Reisgogga

"By Namaqua Flower Beach Camp ontdek jy dat die ware magie van Namakwaland nie net in die blomme lê nie, maar in die landskap self, die mense wat die kamp met soveel sorg bestuur en die ervaring van algehele afsondering."

Leesimpressie: Marseille 1940 door Uwe Wittstock

Erik van den Bergh
Literatuur

"Veelomvattende en gedegen beschrijving van pogingen van honderden ballingen uit Duitsland en Oostenrijk, veelal Joodse schrijvers, kunstenaars en wetenschappers, om via Marseille te ontsnappen aan de Gestapo."

Leefstyl

Emily100: met ’n Emily-bril

Milan Murray
Leefstyl

"Ek vermoed dat ek op 31 Oktober ’n paar vroue in my kombi gaan laai. Ons sal wit aantrek en biltong pak vir die langpad Bloemfontein toe. Met elke tree van die prosessie sal ons stil-stil ons eie oorlog voer en met die loslaat van die duiwe elkeen haar eie opstand van stapel stuur." Lees meer oor die Emily100-eeufees in Oktober vanjaar.

Waar die grond nog praat – kultuurgeleentheid in Springbok

Dianne Du Toit Albertze
Leefstyl

"Dit is juis die hart en vertrekpunt van die projek: om te kyk hoe jong vroue van Namakwaland hulself en hul mense weer in die geskiedenis kan terugskryf."

Pareltjes uit Amsterdam: Yayoi Kusama in die Stedelijk Museum

Johan Allers
Kuns

Johan Allers besoek die Stedelijk Museum en ontdek ’n pareltje in die retrospektiewe uitstalling van Yayoi Kusama, die meester van dotjies.

Momentum Aardklop 2026: #op’it ... soos’it hoort!

Christiaan J de Swardt, Alexa Strachan
Aardklop

"Besoek sommer nou al ons webwerf en hou ons spesiale aanbiedinge en promosieveldtogte dop. Maar koop sommer ’n weekkaartjie vir die feesterrein. Dit is nou wragtig sakpas."

Motorrepubliek: Die prys van iets beters

Braam Peens
Motors

"Die goedkoop motor is vandag byna ’n museumartefak, vervang deur die bekostigbare paaiement as bemarkingskonsep ter ondersteuning van ’n leefstylkeuse."

Persverklaring: ATKV eer Kunstekaap by Tienertoneelfinaal

LitNet
ATKV-Portaal

Die ATKV het ’n besonderse verhouding met die Kunstekaap en die organisasie is al jare lank ’n rolspeler in die Kunstekaap se visie vir jeugontwikkeling, ontwikkeling van gehore en die skep van toegang tot die kunste.

Persverklaring: RSG se blinknuwe radiodramaseisoen beloof 14 stukke topklas- Afrikaanse vermaak

LitNet
Leefstyl

RSG se radioteater is waar Afrikaanse stories, legendes van radio en blinknuwe talent steeds koning kraai. Nooi almal wat jy ken om saam te luister, want niks bring mense bymekaar soos ’n goeie storie nie.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Nuwe skryfwerk

Afrikaners have PoepMed, a drama in one act

Izak de Vries
New writing

"This two-hander is written to be performed on 27 September 2026 in front of the White House just after 3 000 white crosses have been planted. The play is dedicated to Donald Trump, the great leader who inspired this."

Die karwag

Edna Tolmay
Fiksie

"'Wie gee jou die reg om hier te parkeer?' skree Daan Botha. 'Betaal jy my miskien per maand?'
'Die kinders kry so warm, Meneer.'
'Vat jou gebroedsels en skoert.'"

Ontvoer

Stefaans Coetzee
Fiksie

"Dan, sy: 'My kennis sê ek moet wegbly – maar my hart vra of jy my gaan innooi vir koffie.'"

Haar Edele die broeis Melkweg

Waldemar Gouws
Poësie

"watter hand dit is wat patrone wek
soos dié tekens van kosmiese mimiek"

Dooie dinge

Johan van der Merwe
Poësie

"Ons hou soms vas
aan dooie dinge
om dit te laat herlewe"

Nooi Du Plooy

Hannes Stander
Poësie

"Daar was ’n ene San du Plooy
Op veertig steeds ’n oujongnooi"

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved