|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1092
20/03/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Misdaad in Suid-Afrika |
 |
|
Author: Mike Nicol
Publisher: Pan Macmillan
ISBN: 9781770109469
Who polices the police? A cop murders his family and then turns the gun on himself. In the shed behind his cottage is a cache of weapons: Russian automatics, handguns, 9 mm and 38s. You don’t need forensics to work out what’s gone wrong. This is a cop with a side racket. Which gets the attention of Captain Zara Dewane of the Internal Crime Unit. A single mom, known among cops as the Jackal. What Zara uncovers about the family murder puts her in the firing line.
|  |
|
 |
Misdaad in Suid-Afrika
Heindrich Wyngaard, Hein Willemse, Lennit Max
LitNetKanaal op YouTube
Suid-Afrikaners loop elke dag met misdaad in hul gedagtes of met vrees daarvoor rond. Waarom is dit so en wat kan daaraan gedoen word? In hierdie aflewering van Wyngaard Weekliks soek Heindrich antwoorde by Lennit Max en Hein Willemse.
|
 |
Jou vet lakoon is uit
Hannatjie Snyman
SêNet-briewe
"Kan iemand op hierdie forum my dalk help met die betekenis van die uitdrukking: 'Jou vet lakoon is uit'?"
|
 |
Lakoon, Lacoön, Laokoön, Laocoön en Lakōn
Izak de Vries
SêNet-briewe
"Iewers tussen Lakōn en Laokoön lê ’n baie interessante stel mites. Paris van Troje het naamlik weggeloop met Helena, die koning van Sparta se mooi vrou. En so het die Trojaanse oorlog uitgebreek."
|
 |
Hartsprogramme op RSG
Sidney Gilroy
Elders gesien
"Deesdae word die radio egter gereeld afgeskakel. Daar is bedags net te veel musiek wat so baie klink asof die lirieke en/of die musiek deur AI geskep is."
|
 |
Die Straat van Hormoes
Evert Buurman
Elders gesien
"Hoewel die Partiërs bekend was vir hulle pyl-en-boog-vaardigheid, was Crassus van mening dat hulle nie oor genoeg pyle beskik het om sy getalle-oormag die hoof te kon bied nie."
|
 |
Facebook: Die woord venynig kom by my op
Hannes Visser
Elders gesien
"Aangesien ek vanoggend net na vier wakker was en ná my koffie nie sin gehad het vir kreatief wees nie, het ek deur ’n klompie Facebookers se plasings en kommentare gegaan en daar was dit – ’n goue draad van venynigheid."
|
 |
In memoriam: Christiaan Diedericks
Ilana Maree
In memoriam
"Sy werk lok emosies uit en die kyker bevraagteken die simbole wat hy gebruik om kwessies rondom menswees uit te lig."
|
 |
Persverklaring: Menseregtedag: Kookwater-gespreksreeks
LitNet
Menings
Op Menseregtedag sal die paneel besin oor hoe vrae rondom identiteit, diversiteit en menswaardigheid in ons samelewing bymekaar kom, en hoe die waardes van die Grondwet ons steeds kan lei in die bou van ’n gedeelde en inklusiewe toekoms.
|
 |
Die Madlanga-kommissie ontbloot die skadustaat
Christo van der Rheede
Seminare en essays (11 Maart 2026)
"Wat begin het as ’n ondersoek na politieke inmenging, het nou tot ’n volskaalse ondersoek van senior amptenare in die polisie, munisipaliteite en ander staatsinstellings ontwikkel. Terwyl die Zondo-kommissie op die kaping van staatsbeheerde ondernemings gefokus het, teiken die Madlanga-kommissie die intelligensie- en veiligheidsnetwerke wat veronderstel is om die publiek te beskerm."
|
Jy’s genooi: Veldsoirée 2026, 24–26 Julie |
 |
Programuitleg van die Etienne van Heerden Veldsoirée (24–26 Julie 2026)
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Dit is nog nie nodig om nou al te bespreek vir die gespreksessies nie, maar enige een wat belangstel om die Veldsoirée by te woon, word aangemoedig om vroegtydig hulle verblyf te bespreek. Meer besonderhede oor die ATKV-Skryfskool kan ook hier gelees word. Dit is nodig om vroeg te bespreek.
|
 |
Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
Video-kompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media |
Riglyne vir LitNet-video-bydraers |
 |
LitNet-gids: Kopiereg rondom multimediavideo’s
Naomi Meyer
Menings
"Indien die gedeelte wat gebruik word, die 'kern' of 'hart' van die oorspronklike werk verteenwoordig, word dit as ’n substansiële deel beskou en is skriftelike toestemming van die kopiereghouer verpligtend. Erkenning van die bron is nie ’n plaasvervanger vir wetlike toestemming nie. As daar twyfel bestaan, moet toestemming altyd verkry word, of daar moet van gelisensieerde kopieregvrye bronne gebruik gemaak word."
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |
 |
’n Ondersoek na die gehalte van tegniese vertaling deur ChatGPT-4o
Adél van den Bergh, Kanja van der Merwe
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Masjienvertaling en tegniese vertaling word onder die loep geneem deur ’n bondige bespreking te bied oor neurale masjienvertaling, KI-vertaling en ChatGPT as tegniese vertaler. Die funksionalistiese benadering as teoretiese uitgangspunt word bespreek, asook die vertaalopdrag, vertaaluitdagings en vertaaloplossings."
|
 |
Kollig op akademikus Marni Bonthuys: Suid-Afrika, Nederland en België
Marni Bonthuys
LitNetKanaal op YouTube
In hierdie video gesels Marni Bonthuys oor haar agtergrond en navorsing. Haar navorsingsfokus is Afrikaanse en Nederlandse letterkunde met die fokus op kanonisering, ruimte en identiteit, postkolonialisme en feminisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
|
 |
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9-faktorisering, oefening 2
Lee-Ann Langeveld
Notas, toetse en vraestelle
"So maklik soos om langs die see te gaan sit en vakansie te hou. Dis jou antwoord as jy in graad 9 is en nog steeds vra: 'Hoe moeilik is faktorisering?' Kyk hierdie tweede video deur Lee-Ann Langeveld wat hierdie konsep verder verduidelik."
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memoranda, eerste en tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en skryf jy binnekort ’n Afrikaans Huistaal-toets? Jy kan met Eugene van der Westhuizen se oefenvraestelle en memoranda daarvoor voorberei, en dis ook van toepassing op die tweede kwartaal se werk. Dit is gratis hier beskikbaar. Een van die stories handel oor ’n busrit in die nag; spring aan boord!
|
 |
Wiskunde: Graad 11-toets en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 11 is en nie weet hoe om die gelyke wortels uit te werk nie, kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld jou help. Met graad 11-Wiskunde, natuurlik! Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF af te laai.
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 12-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in matriek en bekommer jy jou oor die eindeksamen? LitNet kan help. Gebruik hierdie gratis vraestel en memorandum deur Cecilia Klopper om vir Afrikaans Huistaal in die eerste kwartaal voor te berei. Daar is ook baie ander vraestelle in LitNet se indeks van vraestelle.
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
A glass can make or break the perception of a wine
Maryke Roberts
Culinair
"Riedel’s solution is cultivar-specific glassware – wine glasses designed to enhance the best characteristics of a particular grape variety. Rather than focusing on aesthetics first, Riedel prioritises function."
|
 |
Haunted selves and colonial shadows: Nadia Davids’s Cape fever – a book review
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"Cape fever is a thoughtful and evocative work, probing the quiet violences and lingering spectres embedded within Cape Town’s social history. Beneath the city’s contemporary image – its wealth, its postcard beauty, its carefully curated cosmopolitanism – lies a deeper archive of stories too often suppressed. Davids’s novel, through the intimate drama of a haunted household, draws those buried histories back into the light."
|
 |
Om Leah veilig te hou deur Elsa Winckler: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Tipies man lees Arend eers langtand aan Leah se manuskrip, omdat hy reken liefdesverhale is vir vervelige huisvrouens bedoel, terwyl Leah ook nie juis voorheen deur krimi’s aangetrek is nie en ook maar met voorbehoude begin lees. Beide kry egter respek vir mekaar se genres en skryftalent."
|
 |
Chris Lombard (1929–2012)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Chris Lombard in Vanuit ’n ou dorpshuis (1996): "Die lewe het dimensies waarvan ’n mens nooit kan weet terwyl jy versigtig in die vlakwater bly plas nie. Dis die induik wat tel. En die oomblik."
|
 |
Sinopsis van die eerste drie Evangelies deur Hermie van Zyl: ’n lesersindruk
Pieter GR de Villiers
Lesersindrukke
"Ek kan my inderdaad voorstel hoe lesers dag vir dag met vreugde meditatief deur die boek sou kon werk – stuk vir stuk: nie soseer bloot in verwondering oor die wysheid van die sinopsis nie, maar veral oor die rykdom van betekenis van die Bybeltekste wat deur hierdie sinopsis ontsluit word."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
KKNK 2026: Eugène Marais se siel in musiekteaterproduksie ontbloot
Maryke Roberts, Daniel Anderson
KKNK
"Ter voorbereiding het ek in die literatuur self geklim – dit wat Marais só beroemd gemaak het. Daar is iets so verfynd, maar tog so gebroke en melancholies omtrent sy werk. Ons is gelukkig om die gedigte en sy ander literêre werke as ’n portaal na die gedagtes van Marais te hê."
|
 |
KKNK 2026: Sade in Hollandse kombuise – ’n onderhoud met Christine Hees
Yolanda du Toit, Christine van Hees
KKNK
"Afrikaans is ’n taal met soveel kleurvolle uitdrukkings en spraakbeelde dat dit naas onmoontlik is om af te skud. Sommige probeer, maar dit werk nie altyd nie. Dis die bittereinders wat Afrikaners is. Dit sal aan jou kleef soos die knapsekêrels in die bosveld."
|
 |
KKNK 2026: Elvis Blue oor Die lewe en die langpad – ’n onderhoud
Yolanda du Toit, Elvis Blue
KKNK
"Ek dink wanneer ek musiek maak, doen ek dit omdat ek daarvan hou, maar op die ou einde is musiek ’n geskenk vir my wat ek dan baie graag vir ’n gehoor wil gee. ’n Hoogtepunt vir my is wanneer die gehoor dit ontvang en werklik geniet, en ’n mens kan dit vóél wanneer dit gebeur."
|
 |
Hoe lyk Ramadaan in 2026?
Tasneem Daniels
Leefstyl
"Die twiede laaste Woensdag in Ramadaan was soe vêr’ie mees challenging, met ’n temperature van 44,8 grade Celsius. Tottie einde van Woensdag onthou ek ee’s wat my vriendin in Saudi vi my gesêrit om klapperwater ('air kelapa' in Bahasa Indonesia) te drink wanne’rt soe warm is want dit hou vi jou hydrated vi ’n langerer tyd."
|
 |
The Rocky Horror Show at Theatre on the Bay: an interview with Léa Blerk
Naomi Meyer, Léa Blerk
Lifestyle and entertainment
"The world is in a terrifying state right now, and it’s frankly depressing. I think Rocky Horror provides an escape from that and invites you into a completely different world, where anything goes and you can be as outrageous as you want. That’s what this show has represented to people since 1975: a safe haven to be different or queer – to let loose, to go against the grain. Not just to dream it, but to be it."
|
 |
Die spoorsnyer
Nato Zondagh
Fiksie
"Hy het nog nie vrou gevat nie en het naby die skaapkraal alleen in ’n kliphuisie gewoon. Hannes het hom aangestel om skape op te pas en spoor te sny."
|
 |
Ritueel
Eduan Naudé
Poësie
"Vanaand sesuur is ons terug,
eet weer
en sterf om negeuur."
|
 |
Die jare daarna
Jess Grace
Poësie
"In die jare daarna
sou ek stukkies van jou wese saamdra"
|
 |
Dividende
Jeanne Henning Els
Poësie
"sien
net my
soul oor meneer."
|
 |
Rymstories: "Die Pryssanger"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Geprys die ystervarkpen dun besnede
In die voetpaadjie tussen spore en grassies"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|