|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1049
09/05/2025
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Ryan Pedro
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795711169
In Prins word die kompleksiteit van manlikheid ontleed; die oomblikke van teerheid word gevier en die vernietigende word gekritiseer. Alhoewel die bundel handel oor stories en karakters uit ’n bepaalde gemeenskap en agtergrond, skryf Pedro doelbewus weg van vooropgestelde idees oor coloured-laities. Hier weerspieël dit die liminale, plofbare ruimte waarin die verteller homself bevind as digter en as coloured man.
|  |
|
 |
Agterstories – Ideesmouse
Johan Fourie
Rubrieke
"In ’n tyd toe Engels vinnig besig was om die enigste taal van die staat, en dus ’n 'magstaal' te word, was Pieter de Vos een van die eerstes om ’n droom vir taalgelykheid te verwoord, nog lank voordat Afrikaans as ’n amptelike taal erken sou word. ... Dit bring ons by ’n ongemaklike laaste vraag: Wie is vandag se voorste Afrikaanse publieke intellektueles? Wie waag dit steeds om hul stem te laat hoor in die hedendaagse mark van idees, en met watter doelwitte? En watter hedendaagse platforms bevorder die soort intellektuele, openbare debat waarvoor iemand soos De Vos gepleit het?"
|
 |
Afrikaans, my anker tussen koffiewasems en verkeersligte
Toyer Hefca
Menings
"In ’n tyd waarin taal dikwels politiek, identiteit en spanning simboliseer, dink ek Afrikaans moet nie net beskou word as ’n kultuurerfenis nie, maar as ’n lewende ruimte. ’n Taal waarin kinders droom, waarin liedjies geskryf en liefde verklaar word. ’n Taal waarin daar steeds gebid en geglo word – al verander die aksente en idiome."
|
 |
Die veelrassige storie van Afrikaans
Izak de Vries
Menings
"Die storie van Afrikaans het begin kort na 1500 toe Westerse skepe om die Kaap begin vaar het na die speserye in die Ooste. Die Khoi het só mense ontmoet wat Nederlands, Engels, Frans en Portugees gepraat het."
|
 |
Rituele in Afrikaans?
Gert van Jaarsveld
Menings
"Alle Afrikaanssprekendes wat met mekaar kommunikeer, gebruik gespreksrituele. Een daarvan is die groetritueel. Kom ons kyk bietjie hierna."
|
 |
Raskwotas en rasteikens?
Freek Robinson, Willie Aucamp
Onderhoude
Die DA het die ANC hof toe geneem oor die Wysigingswet op Onbillike Indiensneming en Arbeid. Freek Robinson het met Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, oor hierdie kwessie gesels.
|
 |
Oorsig: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus?
Jean Oosthuizen
Jakes Gerwel-gesprek, Suidoosterfees 2025
"Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer." Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste.
|
 |
Oorsig: Afrika op die globale verhoog – met wie speel ons?
Jean Oosthuizen
Jakes Gerwel-gesprek, Suidoosterfees 2025
Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor Suid-Afrika se internasionale beleid, sy rol in BRICS, en die breër vraag van Afrika se strategiese vennootskappe in ’n vinnig veranderende geopolitieke landskap. Die gesprek, wat die gehoor laat nadink het oor Suid-Afrika se globale posisie, het temas ingesluit uit Zondi se werk in boeke soos Africa’s strategic partnerships with BRICS and other emerging countries. |
 |
Oorsig: Op die markplein – waar almal preek
Jean Oosthuizen
Jakes Gerwel-gesprek, Suidoosterfees 2025
"Die kerk se grootste geskenk aan die wêreld sou wees om sy sonde en skuld te erken." Bettina Wyngaard het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels met Siya Khumalo en Alan Storey oor geloof se plek in die openbare diskoers. Is geloof nog geloofwaardig? Hoe behou ’n mens jouself én jou integriteit in ’n era waar elke slimfoon ’n preekstoel geword het en menings in hoofletters op sosiale media uitbasuin word asof volume waarheid skep? |
 |
Oorsig: Boeke en feeste – pasmaats?
Jean Oosthuizen
Jakes Gerwel-gesprek, Suidoosterfees 2025
Chareldine van der Merwe het met Alma Struwig, Melt Myburgh en Nita Cronjé by die pas afgelope Suidoosterfees oor die rol van boeke, lees en boekwinkels by feeste gesels.
|
 |
Die wenner van die Nagtegaal-teksprys: ’n onderhoud met Dianne du Toit Albertze
Naomi Meyer, Dianne du Toit Albertze
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Dit was veronderstel om my tweede roman te wees, maar die karakters wou net eenvoudig nie alleenlik op papier lewe nie. En toe ontmoet ek vir Tinarie by laasjaar se teksmark en ons begin skryf e-briewe vir mekaar en kort voor lank het ek ’n muse gekry."
|
 |
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met Danie Marais
Naomi Meyer, Danie Marais
kykNET Portaal
"Ek dink nie enigiemand is verplig om baie oor Afrikaans na te dink as jy die program kyk nie, maar ek hoop dat dit kykers lus sal maak om dit te doen. Dit sal wonderlik wees as die reeks kan help om die persepsies van Afrikaans en die gesindheid teenoor die taal positief te verander."
|
 |
Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal
Karen Hart
Kos en wyn
"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."
|
 |
29ste KKNK het regtig iets vir almal gehad
Maryke Roberts
KKNK
"Dis die tweede keer dat ek Die swartmerrie gaan kyk. Verlede jaar was ek weggeblaas; vanjaar was dit nóg beter. Dit word net voor sononder opgevoer. Dis ’n verlate treinspoor en verslete perron waar die storie ontvou. Daar is swaeltjies wat huis toe kom as dit skemer raak; die son gooi goue patrone teen die mure. Die gehoor sit ingedruk op stellasies en word deel van Simon 'Tjoekepaf' Baadjies se hartseer."
|
 |
Skermgreep: Sinners: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."
|
 |
Die Reünie in die Kelder: Valiant Swart en die Akkedis Band: ’n onderhoud met Rudi Dennis
Jannike Bergh, Rudi Dennis
Musiek
"Ons het saam getoer in 1998. Vier ouens, twee bands. Valiant was op dromme vir Akkedis en ek op acoustic. Dan switch ek en Valiant en word dit die Valiant Swart Band!" Hierdie Saterdag, 10 Mei, herenig Akkedis met Valiant Swart by die Lourensford Kelder in Somerset-Wes. Rudi Dennis, trom- en kitaarspeler, vertel meer oor dié geleentheid.
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: De Hollandsche Manege
Johan Allers
Leefstyl
Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die oudste perdeskool in Nederland. De Hollandsche Manege is in die hartjie van Amsterdam geleë.
|
 |
Blonde poison gee uitklophou by Hermanus Fynarts, 6 tot 16 Junie 2025
Linza de Jager
Teater
"Fiona Ramsay blink uit in die eenvrou-drama Blonde poison. Ramsay vertolk die rol van Stella Goldschlag, ’n vrou wat jag gemaak het op haar mede-Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog. Aanvanklik het sy egter ander planne gehad. Stella wou ’n jazz-sanger word."
|
 |
Persverklaring: Pieter Madibuseng Odendaal – Ontaard, die album
LitNet
Musiek
Musiekvideo- en albumvrystelling: Ontaard is Odendaal se debuut-spoken word-album, gebaseer op sy beprese digbundel met dieselfde titel. Die woorde was telkens die impuls vir die musiek, sodat elke snit ’n refleksie van die vibe van die spesifieke gedig is. Die genre-invloede is daarom divers – van jazz tot klassiek, inheemse musiek tot dubstep, amapiano tot rock. Alhoewel Odendaal die meeste van die musiek self gekomponeer het, en ook die klavier op die album speel, het verskeie kunstenaars meegewerk om die klanklandskap op Ontaard te skep.
|
 |
Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe
LitNet
Film
Die Suid-Afrikaanse kortfilm Aasvoëls, deur die skrywer en regisseur Dian Weys, is amptelik deur die 78ste Cannes Filmfees gekies om vir die Kortfilm Palme d’Or (Goue Palm) te kompeteer. Die filmfees, wat jaarliks aan die Franse suidkus plaasvind, word as die wêreld se mees gesogte filmfees beskou.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Kreatiewe reaksies op literêre kritiek
Daniel Hugo
LitNet25-skrywersberaad
"Boonop sal die kreatiewe reaksie in die meeste gevalle veel langer gelees en geniet word as die oorspronklike stuk kritiek."
|
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap |
ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
 |
Jona en sy teologiese trauma
Fanie Snyman
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Jona se teologiese trauma is sy ervaring dat God konsekwent God is. God handel ooreenkomstig Jona se belydenis aangaande Hom, terwyl Jona dit eintlik anders verwag."
|
 |
Wiskunde: Graad 4-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 4 en skryf jy hierdie kwartaal vir die eerste keer eksamen? LitNet kan help! Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af en laat jou spanning saam met die water van die rivier op die prentjie wegvloei. Jy sal ook voorbeelde van vloeidiagramme in die vraestel aantref en as jy dit geoefen het, sal jy jou werk beter verstaan!
|
 |
Wiskunde: Graad 5-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Jy ken seker die bekende sprokie van die twee kinders wat in die woud verdwaal en ’n lekkergoedhuisie ontdek het. Jy hoef nie so verlore soos hulle te voel as jy vir jou Wiskunde-eksamen voorberei nie. In hierdie gratis oefenvraestel van Wilhelm du Toit sal jy in sekere van die voorbeeldsomme huisies van vuurhoutjies kan bou. Wanneer jy goeie punte in die eksamen behaal, kan jy jouself met smullekker koekies beloon.
|
 |
Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en wonder jy aan die begin van hierdie eerste week in ’n lang tyd waartydens dit nie ’n langnaweek is nie wat die sin van die lewe is? LitNet het die antwoord. Dit is: "Sin, cos, tan!" Laai Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor vir jou eksamen aan die einde van die tweede kwartaal. As jy goeie punte in die eksamen behaal, sal dinge sommer meer betekenisvol voel!
|
 |
Boekevat met Deborah: Binnerym van bloed
Deborah Steinmair
Boekrubrieke
"Vandag skryf ek net oor een boek – Antjie Krog se Binnerym van bloed – want by so ’n allemintige baken moet ’n mens stilstaan en tot verhaal probeer kom."
|
 |
Spanje. Reise in ’n palimpses deur André Pretorius: ’n resensie
Carla van der Spuy
Resensies
"Pretorius loop op agterpaadjies en onbekender weë waar die gewone toeris nie kom nie – selfs in die winter, en hy het dit selfs ook tydens Covid gedoen. Soms is hy betower deur wat hy raakloop, ander kere ontnugter deur verval en verwaarlosing. Hy skryf gepas oor '’n spieël van insig oor die nuwe Spanje wat beide deernisvol en genadeloos is'."
|
 |
Fanie os oppie jas: ’n onderhoud met Fanie van der Merwe
Louise Viljoen (JBay), Fanie van der Merwe
Skrywersonderhoude
"Wat ’n terneerdrukkende gedagte – om my paspoorte vir altyd te moet ingee. Ek skat daar is net een plek waar ek gediend sal wees met só ’n maatreël, en dis in die hiernamaals!"
|
 |
Boeke vir die tye waarin ons leef
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Koos Kombuis het in Namibië gaan toer, waar hy ook boekwinkels besoek het. Vandeesmaand lees hy twee skrikwekkende boeke – een handel oor die oorlog in Gaza en die ander oor ’n fiktiewe apokalips in die VSA. Daar is darem ’n derde een ook – een wat hom laat grinnik van die lekkerkry.
|
 |
Elza Rademeyer (1944–2024)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2025
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Kategismus deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
Gunther Pakendorf
Lesersindrukke
"Maar bowenal is Daniel Hugo se digterstuin ’n ware Eden van taal, ’n copia verborum (om Erasmus van ouds se term hier aan te pas), ’n warboel en weelde, ’n oorvloed van woorde wat wag om vir poëtiese gebruik gepluk en tot ’n potpourri vermeng te word."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Die vergete erfenis van Suid-Afrikaanse Nederlandse literatuur
Jean Oosthuizen
SASNEV
"Op 26 April 2025 is die gesogte prestasieprys van die Van Ewijck Stigting tydens ’n seremonie by SASNEV in Pinelands, Kaapstad, toegeken aan Eep Francken en Olf Praamstra vir hul baanbrekende boek Geen land voor dromen: geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. ... Die boek, wat poësie, toneel en prosa in Suid-Afrikaanse Nederlands van 1652 tot die 21ste eeu dek, word geprys vir sy noukeurige navorsing en die manier waarop dit ’n verwaarlooste faset van die Nederlandse literêre erfenis na vore bring."
|
 |
Leesimpressie: Joodse huizen 9 door Frits Rijksbaron, Esther Shaya en Gert Jan de Vries
Erik van den Bergh
Literatuur
"Negende en waarschijnlijk voorlaatste deel in de mooie reeks met portretten van vooroorlogse bewoners van huizen in Amsterdam, Rotterdam, Diemen, Utrecht, Apeldoorn, Hardenberg, Heerenveen, Ochten, Leeuwarden, Leiden, Tilburg, Vlissingen."
|
 |
Suid-Afrika, die land van kommissies?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Ons land se geskiedenis met kommissies van ondersoek – uitgerekte sittings teen ongelooflike kostes, maar met weinig optrede nadat die kommissie se verslag afgehandel en aan die regering oorhandig is – maak Suid-Afrikaners egter baie skepties oor die President se aankondiging."
|
 |
Eskom beloof ’n beurtkragvrye winter
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Met ’n stewige plan en lesse uit die verlede is Eskom egter vasbeslote om Suid-Afrika hierdie winter warm en verlig te hou. Die land hou duim vas dat hierdie belofte waar word."
|
 |
Vry
Elizna Vergoor
Fiksie
"Die mense op die dorp glo hy is vervloek. Dalk is hulle reg. Watter ander seun sal ’n rot slag en in sy ma se bed los bloot omdat hy nie sy sin kon kry nie?"
|
 |
Giftong
Catherine Janse van Rensburg
Poësie
"Ek maak met my tone nat
Hou my palm uit na jou
hoop jy kyk verby
Versag, vergewe
Maar lok tevergeefs
Die derde duiwel in jou hart."
|
 |
Moedertaal
Jeanne Henning Els
Poësie
"in jou sal ek my laaste woorde praat
voor ek my vlerke sprei en hierdie wêreld verlaat."
|
 |
Bloedsweet
Vanessa Blignaut
Poësie
"My hande vol strepe van bloed en sweet
Kyk ek met trane op na Onse Heer."
|
 |
Sing vir my ’n lied
Marentia Kotze
Poësie
"Sing vir my ’n lied
van Kersfeesnag se jubelfees
van samekoms en blye sang."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|