Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1016

05/09/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou boeke, jou skrywers

Nomad heart: Adventures on and off the set

Author: Ian Roberts
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776193547

Actor and musician Ian Roberts is something of a South African icon, renowned for his roles as the rugged Boer fighter Sloet Steenkamp in the TV series Arende and as Boet in the immortal and immensely popular Castrol advertisements. In this book he looks back on his long and illustrious career in which he became known for having a flair for languages and acting from the gut.

Boeke en skrywers

Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Willie Burger
Resensies

"Soos met die meeste groot kunswerke is dit eerder ’n gewaarwording dat jy in die omgewing van iets groots is wat veel meer as ’n verwoordbare insig is. Jy maak die boek toe met die wete dat jy iets belangriks belééf het, iets baie betekenisvol wat moeilik verduidelik kan word."

Heks deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Jonathan Amid
Resensies

"Sien Heks dan as ’n lekkerleesboek met ’n kragtige kinkel; ’n moderne fabel waar die boodskap en die boodskapper van belang is, maar wat veel dieper strek as wie die hardste en aanhoudendste kan skree."

Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach

Erla Diedericks
Resensies

"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."

Donker water deur Martin Steyn: ’n resensie

Erla Diedericks
Resensies

"Wat die boek uniek en ’n moet-lees maak, is die feit dat dit alles geskied in die uiters fassinerende duikersmilieu waarvan die meeste van ons maar min weet."

Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk

Zelda Mans
Lesersindrukke

"Al kan Breekpunt op sy eie as ’n roman staan en al is al die bestanddele van ’n geslaagde misdaadroman teenwoordig, is daar hier en daar haakplekke."

Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk

Liam Lang
Kinderboeke

"Justin het skaars MAANDAG oorleef en toe is dit DINSDAG, en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer! WOENSDAG was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand! Maar ek wil nie nou alles vertel nie; jy moet self die reeks lees!"

Kortliks met Stefaans: 2 September 2024

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Hier is twee klippe-kou-publikasies. Albei kan hewige debat veroorsaak, veral onder lesers wat dit nie gaan lees nie. Albei het ook die vermoë om groei te ontkiem."

Hoekom is mans bang? In gesprek met Dibi Breytenbach oor Heks

Izak de Vries, Dibi Breytenbach
Skrywersonderhoude

"Se dinges. As ’n mens heksdom bereik, sien jy dit vir wat dit is. Dalk het ek te veel Foucault gelees – dat diegene met mag diskoerse tot hulle eie voordeel skep, terwyl hulle hulle intensies verskuil. Soewereine magsmisbruik op die kleinste skaal."

Why we kill: ’n onderhoud met Karl Kemp

Izak de Vries, Karl Kemp
Skrywersonderhoude

"Ek wou nie predikant speel in die boek en vir almal vertel hoe moreel afkeurbaar vigilantisme is nie. Dis nie die doel met die titel nie, om vinger te wys nie. Dit sou vreeslik saai wees."

Die onsigbare: ’n onderhoud met PJO Jonker

Trisa Hugo, PJO Jonker
Skrywersonderhoude

"Die onsigbare is so goed soos ’n ware verhaal vir my. Daar is nie navorsing wat hierin gegaan het nie, liewer belewing en inlewing. Ek weet hoe ruik skaapwol, hoe dit voel as ’n skaap jou kaal voet raaktrap. Feite is terloops. Ek weet in elk geval nie meer wat is waar en wat is verbeelde werklikheid nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun

Johann Rossouw, Dana Snyman
Onderhoude

Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.

Heil die Leser! ’n Oorsig van wetenskapkommunikasie

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"Daarmee skep die skrywer ’n sprokieswêreld vir die nuuskierige leser, vir diegene wat belangstel in wetenskaplike natuurverskynsels. Hierdie verbeeldingsreise kom in verskillende gedaantes voor. Daar is byvoorbeeld karakters uit die mitologie en volksverhale; uit wetenskaplegendes; uit fabels, en selfs spookstories."

Washing by hand: a brief look at Cape laundry since the 17th century

Karen Jennings
Books and writers

"Reading about this aspect of Cape history formed part of the inspiration for a recent short story of mine, a work of flash fiction, which is about a young woman and her grandmother, and their different approaches to doing laundry, particularly their underwear. While ostensibly about panties (as the story is titled), it is also about our country’s long and difficult history, about ourselves and about memory."

Ek was nog nooit in Belhar nie

Liesbet van Wyk
Leeskringe

"’n Paar maande gelede het Rachelle Greef, wat by die Rondebosch Lees- en Studiekring oor Phoebe kom praat het, ’n uitnodiging namens die Belhar Boekklub aan ons gerig om tog hulle byeenkomste by te woon."

Jaco Jacobs (1980–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As skrywer probeer ek nie te ver vooruit kyk nie – ek doen bloot my bes om boeke te skryf wat jong lesers hopelik sal oortuig dat dit die moeite werd is om in Afrikaans te lees." Lees oor Jaco Jacobs se lewe en werk.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christine Gerber

Braam Peens, Christene Gerber
Onderhoude

Hierdie onderhoud met Christine Gerber is die sesde aflewering oor ons biblioteke.

Persverklaring: Kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse bekend

LitNet
Boeke en skrywers

Twee LitNet-resensente is op die kortlys! Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak.

Press release: Commonwealth Short Story Prize opens for entries as panel of judges announced

LitNet
Books and writers

The Commonwealth Short Story Prize is now open and we will be accepting entries until 1 November 2024. Now in its thirteenth year, the prize is awarded for the best piece of unpublished short fiction (2 000–5 000 words). In addition to English, submissions are accepted in Bengali, Chinese, Creole, French, Greek, Malay, Maltese, Portuguese, Samoan, Swahili, Tamil, and Turkish. Stories that have been translated into English from any language are also accepted and the translator of any story that wins (regional or overall) also receives prize money.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 30 Augustus tot 5 September 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

LitNet se Kommadagga-slypskool

Groot afwagting: name van deelnemers aan die Kommadagga-slypskool binnekort bekend

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Daar heers groot afwagting oor wie die suksesvolle aansoekers gaan wees vir LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot."

Uit die argief

Ingrid Winterbach, wie se roman Niggie met die Hertzogprys bekroon is, word deur ons paneel onder hande geneem

Ingrid Winterbach, Helize van Vuuren, Clinton V du Plessis, Carina Diedericks-Hugo, Manie de Waal
Paneelklopper, OuLitNet (2004)

"[K]ry die storie so gou moontlik op papier. Ek glo dat mens nie in jou kop skryf nie, maar op papier."

Boekindaba

LitNet
OuLitNet

Dit broei en stoei om die Afrikaanse boek. Boekindaba is ’n forum waar uitgewers, boekhandelaars, skrywers en lesers oor probleme rondom die boek gesels.

Poskaarte van Paulet Huis | Postcards from Paulet House #2

LitNet
Slypskole (2020)

Die kandidate wat aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool onder leiding van Rachelle Greeff deelneem is Regardt Visser, Theolla Langenhoven, Zubayr Charles, Stef Cupido, Sandile Ntuli en Helena Troskie. Die deelnemers het die volgende "poskaarte" uit die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis aan LitNet-lesers gestuur.

Menings

Hoe sien die sitrusbedryf tans daar uit?

Freek Robinson, Boet Mouton
Rubrieke

Die sitrusbedryf het die afgelope tyd voor baie uitdagings, soos infrastruktuurprobleme by hawens, vloede, onstabiele kragtoevoer en die COVID-19-pandemie, te staan gekom. Freek Robinson gesels met Boet Mouton, raadsvoorsitter van Summer Citrus.

Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?

Freek Robinson, Glynnis Breytenbach
Rubrieke

Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende "lening" ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.

’n Regering van nasionale eenheid en die pad vorentoe

André Duvenhage
Seminare en essays

"Die uitdaging waarvoor ons primêr te staan gekom het, is om met bestaande demokratiese waardes as grondslag ’n Suid-Afrika te herbou wat die gekompliseerde eise maar ook die verwagtinge van ons tyd daadwerklik kan aanpak; met kortertermyn-suksesse ’n grondslag vir langtermyn-ontwikkeling kan lê; en waarin algemene belang hoër geag word as bepaalde belang. Dit benodig leierskap wat vanuit ’n gesonde waardestelsel kan dink en help bou aan ’n nuwe tydvak wat voor die deur lê."

Die mag van vreugde in politiek

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Kyk na die uitdrukkings op mense se gesigte. Daar is hoop, daar is vreugde. Dis in skerp kontras tot die strak gesigte by Trump se skares. Haat kan net só ver gedryf word. Deur te kies om dit weg te lag eerder as om vurige retoriek te lewer, het Harris bewys dat sy die Amerikaanse temperament baie beter lees as wat die Republikeine kan."

The story of Emily: ’n gesprek oor Emily Hobhouse se huis as besienswaardigheid in Engeland

Naomi Meyer, Elsabé Brits
Onderhoude

"Die huis het alles in wat ’n gesin van die tyd sou gehad het: gordyne, beddegoed, klere, meubels, boeke, speelgoed, skilderye van die familie teen die mure, en kos in die spense. ... Die resultaat is die mees akkuraat gerestoureerde middel-Victoriaanse huis in Engeland."

Drag me to church: ’n preek deur Maryna Blomerus

Maryna Blomerus
Menings

"En daar hang ek toe ook by ’n Tollie Parton drag show uit. Die konsertsaal sit op die rand van die dorp, aan die eindpunt van Kerkstraat wat begin daar waar dit met Hoofstraat kruis. Die Moederkerk sit reg by hierdie kruising."

La Campanella: Wat is alles in ’n naam?

Elise Bishop
Menings

"Jislaaik, ons het darem eienaardige name nou in ons land. En met die talle herdopings deesdae van dorpsname wat ons erfnis mismaak en ontneem, raak dit nóg meer snaaks."

Vlug ET640

Zalman Davis
Menings

"Dis net ná 8 die oggend en ek stap op vlug ET640, in ’n Boeing 787-8, onderweg na Addis Abeba vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe ..."

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Herschelle Benjamin

Menán van Heerden, Fatima Allie, Robyn van de Rhede, Herschelle Benjamin, René Arendse
Onderhoude

In hierdie maandelikse LitNet-insetsel op Radio 786 gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met Herschelle Benjamin (publisiteit-spesialis: kykNET-kanale).

Ons het groot verloor, Anastasia

Timothy Nel
In memoriam

"Sien, Anastasia het net daardie manier gehad om mens te laat glo dat niks onmoontlik is nie, dat ons vir niemand hoef terug te staan nie, dat die wêreld ooplê vir ons."

Die confidence van ’n witkind

Tyron de Villiers
In memoriam

"Sedert ek jou ontmoet het, was jy vir my ’n juffrou en nie ’n doktor nie. Die tipe juffrou oor wie kleuterkinders huil as hulle na ’n volgende graad oorgaan. Dis presies hoe ek nou voel en waar ek my bevind."

Anastasia, omdat jy geglo het ek kon

Andréa van Rooi
In memoriam

"By jou het ek geleer baklei vir my taal, my reg op bestaan, my vrouwees en my bruinwees. Jy wat dit tot diep binne ons deurboor het dat ons bruin mense staan vir niemand terug nie en ons kou aan g’n agterspeen nie. Ons claim ons space."

Anastasia was ma' net nou eenmal "Ôse Stacey"

Jacques du Toit
In memoriam

"The B lecture hall would be packed at that time. This small woman managed to bring students together to such an extent that they would even sacrifice their lunch breaks to attend her classes instead of watching the daily Klawerjas tournaments in the student cafeteria."

Johann Kinghorn: ’n huldeblyk

Bernard Lategan, Murray Hofmeyr, Christiaan Maasdorp
Menings

"Johann Kinghorn was ’n onafhanklike denker, ’n onkonvensionele akademikus en ’n ontdekkingsreisiger wat onvermoeid en met nuuskierigheid idees, landskappe en nuwe moontlikhede verken het. As dosent, vriend en mentor het hy die lewens van talle studente ingrypend en blywend beïnvloed." Drie kollegas bring hulde aan ’n buitengewone leermeester en gids.

Nou op Voertaal

Tshwane se veelpartykoalisie gevra "om Pretoria te red"

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die leiers van die politieke partye wat die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit regeer, gaan gevra word om te sorg dat geskille in die koalisie tussen die partye so gou moontlik bygelê word om te keer dat die stad in die hande van die ANC en EFF beland."

Suid-Afrika se ekonomie lig stadig weer sy kop

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die land se ekonomie het in die tweede kwartaal (April–Junie) met 0,4% gegroei. Ekonome meen sakevertroue kan in die derde kwartaal nog verder verbeter, weens die verlengde opskorting van beurtkrag en groter politieke stabiliteit danksy die regering van nasionale eenheid ná die verkiesing vroeër vanjaar."

China rol rooi tapyt uit vir Ramaphosa

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit is Ramaphosa se tweede staatsbesoek aan China en die eerste keer dat hy op ’n staatsbesoek na die buiteland vergesel word deur DA-ministers in sy regering van nasionale eenheid, onder andere die leier van die DA, John Steenhuisen."

Leesimpressie: In het labyrinth door Franz Kafka

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bundel met 89 chronologisch weergegeven fragmenten – variërend van enkele pagina’s tot enkele regels – geschreven in de periode van 1917–1924. De vertaler heeft de fragmenten van een titel voorzien."

Leesimpressie: Zwerfpost door Alfred Birney

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een persoonlijke selectie uit wat Birney gedurende 25 jaar schreef: artikelen, blogposts, columns, essays, kritieken, lezingen, studies, schetsen, schotschriften, reisverslagen en portretten van onbekende schrijvers met afwijkende geluiden over Oost versus West."

Erentia Bedeker: onopgesmuk, internasionaal bekroon, redelik onbekend in haar eie land

Izak de Vries, Erentia Bedeker
Interviews

"Ruby & Roach reis nou al vir vier jaar van fees tot fees. Tot op hede is ons kortfilm al vir 77 filmfeeste gekies, het dit 26 benoemings ontvang en is dit bekroon met 18 pryse. Dit klink dalk esoteries, maar ek oorleef op geloof. My bankrekening was nog nooit dolleeg nie. Wanneer een projek afgekeur word, dan is daar altyd op die regte tyd ’n volgende geleentheid wat kom aanklop."

Breytenbach notitie#20: "Alles baie stil gereël en niemand het geweet". Merwe Scholtz aan de poort van Pollsmoor Prison

Yves T’Sjoen
Literatuur

"Zij verwijst naar de rol van Merwe Scholtz als 'literair adviseur' van Breytenbach in de gevangenis en vermeldt dat de professor van Stellenbosch Breytenbach ging ophalen aan de gevangenispoort van Pollsmoor in Kaapstad."

Persbericht: Breytenbach en zijn innerlijke Afrikas

Voertaal
Academisch

Hiermee die aankondiging van die Breytenbach-seminaar in samewerking met die Gentse Sentrum voor Afrikaans en Zuid-Afrika Studies (GAZ) en Samespraak.

Akademies en skole

Persverklaring: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat

LitNet
Skryfsake en rubrieke

(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.

Persverklaring: Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied

LitNet
Akademies en skole

Die BA Hons (Media en Kommunikasie) sal in Afrikaans via die voltydse kampusmodel by die instelling se Centurion-kampusse aangebied word. Let daarop dat daar slegs ’n beperkte aantal studente tot dié nuwe program toegelaat sal word en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?

Naomi Meyer, Zorada Temmingh
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."

Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees

Maryke Roberts
kykNET Portaal

"Dit kan nie méér glansryk as die Silwerskermfees nie. Die uitsig oor die see aan die voorkant van The Bay Hotel in Kampsbaai, die berg in die agtergrond, wiegende palmbome en die room van die land se fliek- en filmmakers wat vanjaar vir die 12de fees daar gekuier het. Die fees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, toe die land se wenners in televisie en film met die pragtige kristal-rolprentkamera-trofeë vereer is."

Bonus-Silwerskermfees-film van Jaco Bouwer internasionaal gewild

Maryke Roberts, Jaco Bouwer
kykNET Portaal

"Bouwer se film het kritici gaande – nie net oor die rilleraspek met die toordokterondertone nie, maar ook oor sy keuse van akteurs."

Persverklaring: Suid-Afrika se ryke oes aan talent skitter by kykNET Silwerskermtoekennings vir film en TV

LitNet
kykNET Portaal

Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.

Persverklaring: MultiChoice-groep se kragtige plaaslike inhoud oes die meeste Safta-benoemings in

LitNet
Leefstyl

Die MultiChoice-groep se uitmuntende plaaslike inhoud het oor verskeie kanale en platforms heen erkenning gekry deur 176 benoemings vir die South African Film and Television Awards (Saftas). Die groot aantal benoemings getuig van die groep se volgehoue finansiële, opvoedkundige en praktiese belegging in die vertel van ons eie Afrika-verhale.

Invitation: Art auction to raise funds for the building of the first Wêreld artist retreat

LitNet
Lifestyle and entertainment

Wêreld is hosting a series of art auctions, in partnership with Karen Zoid, to raise funds for the building of the first artist retreat space in the Piketberg mountains. The next Wêreld art auction will be an online as well as in-person launch event on 6 September at Kleinevalleij Estate in the Cape Winelands. Artworks by more than 70 artists, including Willem Boshoff, Pierneef, Lionel Smit, Maaike Bakker, Gordon Froud, Nina Torr, Johan Thom, Lien Botha and many more will be on display.

Nuwe skryfwerk

My briewe wat nooit gestuur is nie

Johan van der Merwe
Poësie

"om in eenvoud
verby te hou
om nederig van gees
te wees
sodat ons pad oop is"

Pa

Fanie De Villiers
Poësie

"wanneer alles verdor
suig lugwortels lewe uit dun lug
gooi ’n koeltepoel van
skuiling"

Droogte

Marie Greyvenstein
Poësie

"Waar ’n pragtige land
verdor en in stof verstik.
Daar bid ’n volk verslae:
'Heer, laat U water ons verkwik!'"

Die boom

Drienie Joubert Kelly
Poësie

"in my skadu skuil geen vrese meer nie
want my wortels is diep in U heerlikheid gepen"

Lisensie

Anne-Marie Bartie
Poësie

"in my aansoek
vir ’n lisensie
om myself
in die vreemde tong
uit te druk"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved