Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1101

22/05/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Spienekelientjies

Voël-safari: Aktiwiteitsboek

Skrywers: Heléne Booyens en Hélène Loon
Uitgewer: Struik Nature
ISBN: 9781779890528

Hierdie prettige, interaktiewe boek is vol opwindende aktiwiteite en fassinerende feite oor Afrika se voëls, van kleurryke visvangers tot majestueuse arende en pragtige flaminke. Dit is ideaal vir kinders van 7 tot 11 jaar, en sluit woordspeletjies, doolhowe, kopkrappers, blokraaisels en baie ander aktiwiteite in wat nuuskierigheid en kreatiwiteit aanwakker. Soos kinders speel-speel die aktiwiteite voltooi, leer hulle meer oor die geveerde vriende in hul tuin én in die wildernis.

Boeke en skrywers

Spienekelientjies, saamgestel deur Antjie Krog: ’n resensie

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Vir diegene wat ’n hupstootjie nodig het met die voorlees van hierdie bundel, is daar ’n QR-kode by die voorwoord ingesluit wat lesers sal neem na ’n indeks van 32 ryme, lieflik voorgelees deur Krog."

Heil die Leser!: Boekpaljas

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"Spienekelientjies sal beslis lei tot herhaaldelike nagsoentjies, lagbuie en 'nog net een keer, asseblief!'-versoeke in Afrikaanse huishoudings. Afgesien van die opvoedkundige waarde en genot van dié boek is dit een van daardie bêreboeke – as daar ooit koffietafelboeke vir kinders was, was Spienekelientjies beslis een."

Christelientjie die sonskynfeetjie van die Grootrivier deur Riana Scheepers: ’n resensie

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Dis opvallend dat daar iets anders aan die feetjie op die omslag deur Elsabé Ebersöhn is. Sommige lesers sal die gebruik van 'sonskynfeetjie' verstaan en die kloutjie by die oor bring."

Morena en Rorisang-leesreeks deur Refiloe Moahloli: ’n resensie

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Jong lesers sal hulle maklik met Refiloe Moahloli se prettige, eietydse stories en die situasies waarin haar karakters beland, kan identifiseer."

Die beste sussie vir ’n babadraak deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Viljoen en LAPA-uitgewers het alles uitgehaal om hierdie boek so aanloklik en toeganklik as moontlik vir jong lesers te maak."

Thabo the space dude – Logbook 4: Mission madness by Lori-Ann Preston: a reader’s impression

Sumaya Adams
Books and writers

"I loved how seamlessly the story blends humour, adventure and creativity. While the stakes are higher and the danger more pronounced, the narrative maintains its light, quirky tone throughout."

Seuns weet deur Frederick Botha: ’n resensie

Stefaans Coetzee
Resensies

"Jy ervaar sy emosies, onsekerheid, frustrasie en begeertes onmiddellik saam met hom. Die leser voel amper soos ’n medepassasier in die verteller se kop. Met Seuns weet lees jy dus nie net stories nie – jy word deel daarvan."

Hoe lank is vir altyd? deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Die storie is slim uitgedink en die karakters geloofwaardig. Daar vind veral opvallende karakterontwikkeling by Andreas plaas – ’n emosionele reis wat die leser laat sug van tevredenheid."

Raaiselman deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Raaiselman is ’n teer, onopgesmukte en skoon liefdesverhaal – die tipe storie waar die leser van meet af aan duim vashou dat die held en heldin by mekaar sal uitkom."

Waar bloed kruip deur Marieta Carrick: ’n resensie

Sarie Marais-Nell
Resensies

"Sommer met die intrapslag besef Lola dat haar nuwe tuiste nie net maanskyn en die sonneblomme voor haar kamervenster gaan inhou nie – daarvoor kraak Straumann-huis se houtgange net te veel."

We inherit the fire deur Kagiso Lesego Molope: ’n resensie

Deborah Steinmair
Resensies

"We inherit the fire is ’n boek oor die kameraadskap van vroue, draers van die geskiedenis. In die tronk is Dolly, nog maar ’n kind, onder die vlerk geneem deur ouer vroue wat haar bemoeder het. Self weet sy nie hoe om te bemoeder nie."

Book review: The director by Daniel Kehlmann

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"It relies on recognisable structures of interpretation: the compromised genius, the corrupt system, the haunted past, the faithful wife who outlasts everything. These are presented with intelligence and elegance, but also with a certain complacency, as if their truth were self-evident tropes that need no further interrogation."

Boekevat met Deborah: En nog WAT deur Jana Luther en Trace deur Ryan Blumenthal

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"Hierdie boek vol skitterende rubrieke sit my op my klip. Dis voorstebos." En: "’n Mens kan selfs per selfoon moor as jy iemand se insuliendrup in ’n hospitaal vanaf ’n afstand, vanuit ’n ander provinsie, afskakel." Lees wat skryf Deborah Steinmair oor splinternuwe boeke.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n videogesprek oor Afrikanerman deur Mart-Marié Uys

Johann Rossouw, Mart-Marié Uys, Francois Bekker
Seminare en essays

Kyk in hierdie videogesprek hoe Johann Rossouw, Francois Bekker en Mart-Marié Uys oor Afrikanerman, wat binnekort verskyn, gesels.

’n Video en foto’s van ’n aand saam met Zelda Bezuidenhout oor Mei en alles daarna

Cliffordene Norton
Boeke en skrywers

"Mei voel soos die perfekte maand vir ’n boek met die titel Mei en alles daarna. En op Saterdag 16 Mei 2026 het lesers by die Kaalvoet Kafee buite Parys in Noordwes saamgetrek om Zelda Bezuidenhout se derde roman vir volwassenes te vier."

Creative intuition by Theresa Hardman launched in Gqeberha

Izak de Vries
Books and writers

"Anyone who is interested in creativity may want to get hold of the book. While it is an academic text, Hardman writes fluently, and the bits that I have been reading since buying it are easy to understand."

Reus en Raka? ’n Lesersindruk van Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen

Nicoline Woest
Lesersindrukke

"Die ontmoeting tussen Raka en die kinders vind plaas tydens hulle normale spel by die seekoeigate. In die gemoderniseerde Reus word tegnologiese spel die ontmoetingsplek. Soos in die epos, dring die spel die kinders se gedagtewêreld binne."

Oor God en die Afrikaner: Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Dit is ’n boek oor God en die Afrikaner, oor ontwaking en ontnugtering, maar dit is ook ’n boek oor soveel ander dinge."

In other stories 2026, edited by Kerry Hammerton: a reader’s impression

Jacques Coetzee
Books and writers

"While several fine stories here tie up their loose ends in very few words, the best of them almost invariably unsettle the reader’s expectations in one of two ways."

Press release: Schreiner Karoo Writers Festival 2026 programme teaser

LitNet
Books and writers

The historic town of Nxuba (Cradock) is set to transform into a vibrant hub of literary exploration and artistic storytelling as the Schreiner Karoo Writers Festival returns from June 18 to June 21, 2026. This year’s festival promises an immersive experience, blending the rich heritage of the Karoo with contemporary voices in poetry, memoir writing, and social-media storytelling.

Persverklaring: Ink Skryf in Afrikaans se dig- en skryfkompetisie 2026

LitNet
Skryfkompetisies

Ink Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in drie spogbloemlesings opgeneem gaan word.

Press release: Poets selected for Woordeloos anthology

LitNet
Books and writers

We received 240 submissions from poets across southern Africa. The poems showcased inventive use of language, humour, interplay between languages, truth-telling, and remarkable attention to specific details.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 16 tot 22 Mei 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

In gesprek met Antjie Krog oor Spienekelientjies (vir Wêreldboekdag)

Izak de Vries, Antjie Krog
Skrywersonderhoude (April 2026)

"Maar Spienekelientjies voldoen ook aan ’n ander droom van my: Om die ou rympies van die vroeëre kleuterverseboeke te ondervang, veral die gedigte en ryme wat klassiek geword het in W Versfeld se verwerking van Engelse kleuterverse."

Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS

Voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Alle gesprekke is GRATIS. Bespreek vroegtydig verblyf.

Video-uitnodiging: Veldsoirée

Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube

Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée".

Bespreek nou vir die Veldsoirée

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Uit die argief: Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée (2025)

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was.

Menings

Munisipale verkiesing 2026 – waarvoor maak Suid-Afrikaners hul stem dik?

Jean Oosthuizen
Suidoosterfees

"Wanneer mense nie meer glo hul stem maak ’n verskil nie, ontstaan die gevaar dat protesaksie en populisme die plek van deelname inneem. Dit is waarskynlik die grootste uitdaging vir 4 November. Nie net om stemme te wen nie, maar om mense weer te laat glo dat stemme saak maak." Lees ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.   

Afrikaanse radio: Op pad na uitsterwing of ’n nuwe bloeityd?

Jean Oosthuizen
Suidoosterfees

"[I]n ’n era van Spotify, TikTok en kunsmatige intelligensie is dit nie meer vanselfsprekend dat jongmense nog soggens hul radio aanskakel nie." Lees ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Adam Small, die Nico Malan en die lang pad huis toe

Jean Oosthuizen
Suidoosterfees

"Soos Small self dalk sou sê: Die storie is nog nie klaar nie. Maar vir nou, al is dit net vir ’n oomblik, het Kanna huis toe gekom." Lees ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.

Van Nico Malan tot Kunstekaap: 55 jaar van kreatiewe uitnemendheid

Maryke Roberts
Leefstyl

"Kunstekaap het die afgelope meer as vyf dekades die stemme van ’n nasie laat opklink."

History in the classroom: Why CAPS must look beyond ideology

Greg Kyle
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Curriculum change is ongoing, and we cannot instantly label these campaigns as an immediate cause. But the proximity of a new history CAPS to a charged political movement does make it harder to view the revision within a purely pedagogical space."

Artificial intelligence is not coming for your job; it is asking whether there was ever any humanity left in it to begin with

Daniel Botha
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"We are no longer merely integrating technology into business. We are redesigning the architecture of human work itself."

Standpunte oor menslike versus KI-ondersteunde psigoterapie

Handré Brand
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Sou die Franse filosoof Roland Barthes se konsep 'death of the author and birth of the reader' aangepas kon word na 'death of the client and birth of AI'?"

’n Ope brief aan Pieter Kriel

Cornelius Henn
SêNet-briewe

"’n Groot aantal van my voorsate was deel van die eerste Nederlandse geslagte aan die Kaap vanaf 1652, en nie die latere Britse golwe nie."

Uitnodiging: FilosofieKafee – Ode aan die mensdom, Sophocles, Antigone, 332–375

LitNet
Menings

Alle belangstellendes word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-gesprek in Pretoria. Danie Lombard is die spreker.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 13 tot 19 Mei 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 13 tot 19 Mei 2026.

Nou op Voertaal

Suid-Afrika kraai weer koning by Chelsea-blommeskou terwyl Nederland ook hul staal wys

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die uitstalling, 'Lewe ná vuur', ontwerp deur landskapontwerper Leon Kluge saam met kunstenaar Tristan Woudberg, het beoordelaars én besoekers diep aangegryp met sy dramatiese uitbeelding van die Kaapse fynbos se vermoë om ná vernietigende veldbrande weer tot lewe te kom."

Een jaar sonder beurtkrag, maar Johannesburg se situasie is donker

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die organisasie ondersoek tans alle moontlike kanale om inwoners teen kragafsluiting te beskerm en moedig die publiek aan om skriftelike vertoë aan Eskom te rig."

Konstitusionele Hof ruk NGV se tande uit: Dokters wen groot stryd teen staatsbeheer

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die groter debat oor hoe Suid-Afrika universele toegang tot kwaliteitgesondheidsorg moet bereik, is egter nog lank nie verby nie. Wat die hof nou duidelik gemaak het, is dat selfs goedbedoelde hervormings steeds aan die Grondwet moet voldoen."

Bloedbad op Kaapse Vlakte duur voort ondanks weermag se ontplooiing wat miljoene kos

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vir duisende inwoners bly hoop ’n luukse en vrees ’n daaglikse werklikheid. Sodra die militêre konvooie verdwyn, begin die geweervuur dikwels weer van vooraf."

Dutchman’s kennis van bamboebouw benut in Oeganda

Maryke Roberts, Robert van Kats
Reisgogga

"De omgeving is rijk aan bamboe en dit speelt samen met andere natuurlijke en lokale materialen zoals steen, gerammte grond en geweven texturen een sleutelrol in het ontwerp – niet alleen om visueel in harmonie te komen met het landschap, maar ook om lokaal vakmanschap te vieren."

Leesimpressie: Zwarte pracht door Michiel van Kempen

Erik van den Bergh
Literatuur

"Veelomvattende gevarieerde bundel van een gepassioneerd verzamelaar en betrokken wetenschapper. Persoonlijke ervaringen ontbreken niet."

Leesimpressie: In plaats van woede door Geke van der Wal

Erik van den Bergh
Literatuur

"Goede geschreven en gedegen biografie van de jurist Belinfante."

Akademies en skole

Innoverende kurrikulumontwerp vir volhoubare ontwikkeling: Heelbrein®-gebaseerde Kodering en robotika-kurrikulum

Soené Botha-Zietsman
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die studie dra by tot die navorsingsveld oor tegnologie-onderwys deur aan te toon dat ’n holistiese HBDI®-benadering nie slegs bydra om tegniese vaardighede te ontwikkel nie, maar leerders ook kan toerus om as kritiese, kreatiewe en verantwoordelike deelnemers in ’n tegnologies-gedrewe samelewing op te tree."

Wiskunde: Graad 9-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? LitNet kan help. Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af en begin sommer vandag nog voorbeelde oefen!

Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? LitNet kan help. Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af en begin sommer vandag nog voorbeelde oefen!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Leefstyl

The killing of a union leader: ’n onderhoud met Emma Kotze

Naomi Meyer, Emma Kotze
Teater

"Die toneelstuk handel oor ’n dodelike werkerstaking en die korrupsie wat daarmee gepaardgaan. ’n Industriële leier, Burke, werk saam met sy dogter, Margot, om die vakbond te vernietig, wat lei tot toenemende spanning en gewelddadige konflik."

Toorkombuis: Laat waai met daai Skotse sop

Karen Hart
Kos en wyn

"Laat waai, Meraai! Of soos die Skotte sê: 'Lang may yer lum reek', oftewel 'Mag jou skoorsteen nog lank rook.'"

Persverklaring: Vier kannas vir plekspesifieke teater by KKNK

LitNet
KKNK

Uitnemendheid by die KKNK, geborg deur Absa, word jaarliks met Kannas beloon, en vanjaar se glansgeleentheid is by Leopard’s Leap in Franschhoek aangebied.

Press release: Artscape Theatre presents Please, don’t call me moffie

LitNet
Lifestyle and entertainment

Starring Cape Town-based actor Anzio September, a UCT Theatre and Performance graduate, the play sees him seamlessly embody five distinct characters in a performance that is as emotionally raw as it is captivating.

Nuwe skryfwerk

Die lap agter die toiletpot

Thurston Cooper
Poësie

"Sy staan eerste op
en gaan laaste slaap.
Sy vat die swaar
sodat haar kinders ligter kan leef."

Die twee laaste mondjies

Marquen Carstens
Poësie

"Ons het nie eers glase gebruik nie.
Ons het sommer uit die bottel gedrink.
Ek een sluk. Jy een sluk."

My bladsy

Johan van der Merwe
Poësie

"soms ruk God die bladsy
waarop ek staan
onder my uit"

Superatleet

Anton van Rensburg
Poësie

"Jy is duur gekoop.
Met beurse en beloftes"

Duistering

TK Rogue
Fiksie

"Ek wou opvolg met ’n hangende vraag oor sekerheidsklarings, toegangsvlakke en sulke onbenullighede, maar ek het gou besef die saak gaan nié verder aangeroer word nie."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

Untitled Document