|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
Nuusbrief 1021
10/10/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
Skrywer: Bun Booyens
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781779860125
In Troep vertel meer as ’n honderd oudtroepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom.
Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.
|  |
|
 |
Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg
Freek Robinson, Paul Philip Sauer
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.
|
 |
Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies
Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die regering se voorneme om duisende onderwysposte te snoei lei tot grootskaalse ongelukkigheid in onderwyskringe. In die laaste paar weke het verskeie provinsiale departemente aangedui dat hulle geldprobleme ondervind as gevolg van kwaai begrotings, die swak ekonomiese omstandighede van die land en finansiële wanbestuur van die vorige regering."
|
 |
Wat sê Bettina? Oor vryheid van spraak en die reg om aanstoot te gee
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Stilswye impliseer instemming, soos die gesegde lui. Ek het lank gelede die besluit geneem om nie aanwesig te bly in gesprekke of aan tafels waar ek vergiftig word nie. Hoekom aanwesig bly? Om te verhoed dat iemand wat bereid is om aanstoot te gee, nie aanstoot neem nie? Nie meer nie."
|
 |
Sex, power and control: The hidden crimes behind the Gaza genocide
Quraysha Ismail Sooliman
Opinion
"The billions of dollars in financial aid flowing from the West to Israel, primarily from the US, raises the question: Why is there such fierce loyalty, despite clear human rights violations and evidence of the greatest crime of all crimes – genocide?"
|
 |
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Cecelia Larey
Braam Peens, Cecelia Larey
Onderhoude
"Dit bring ’n knop in my keel wanneer ’n biblioteekgebruiker die gebou verlaat en erkenning gee aan die verskil wat ons diens in hulle lewe of omstandighede gemaak het." Hierdie onderhoud met Cecelia Larey is die agtste aflewering oor ons biblioteke.
|
 |
Martie Retief Meiring: In memoriam
Renée Conradie
In memoriam
"Die Kaap in die vroeë sewentigs was basies klein en almal het so half mekaar geken. Maar Martie het álmal geken. En deur Martie is ’n hele groot gemeenskap vir vele oopgemaak."
|
 |
Uit die LitNet-argief: Voorlopervroue in die Afrikaanse joernalistiek: een eeu, drie baanbrekers, drie generasies
Lizette Rabe
Seminare en essays (Junie 2024)
"Die drie persoonlikhede wat voorgehou word as drie voorlopervroue oor drie geslagte in die Afrikaanse joernalistiek oor een eeu waarin hulle hul joernalistiek beoefen het, is Miemie (Maria Elizabeth) Rothmann, beter bekend as MER, Rykie van Reenen en Martie Retief Meiring. Die artikel sal vanuit ’n mediageskiedkundige vertrekpunt ’n oorsig gee oor die eerste vrouestemme in die Hollands-Afrikaanse joernalistiek, aangesien die pionier MER nie in ’n vakuum haar loopbaan begin het nie."
|
 |
Persverklaring: Oproep om benoemings vir die Taalraad se Kokertoekennings van 2024
LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
Die Afrikaanse Taalraad nooi lede en die algemene publiek uit om kandidate vir die Kokertoekennings van 2024 te benoem. Die doel van die Kokers is om erkenning te gee aan mense wat besondere bydraes tot Afrikaans gemaak het. Hierdie jaar se wenners sal einde November op die Taalraad se sosialemediaplatforms aangekondig word.
|
 |
Bela-wet onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon
Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)
"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."
|
 |
Is verengelsing die Bela-wet se skuld?
Eugene Brink
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)
"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."
|
 |
Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar
Alta Engelbrecht, Hanlie Dippenaar
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)
"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."
|
 |
Internasionale Moedertaaldag 2024 en die belang van moedertaalonderrig
Danie van Wyk
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)
"Die huidige dilemma waarin onderwys hom in Suid-Afrika bevind, is deels toe te skryf aan die feit dat daar soveel leerders is wat nie in hul moedertaal onderrig ontvang nie. Dit word nou al hoe meer deur die onderwysowerhede besef en ons hoop dat die kwessie spoedig aangespreek sal word."
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel 1 en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en moet jy somme doen oor getalpatrone, vierkantswortels en allerlei veranderlikes? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum van Lee-Ann Langeveld aflaai en aan die einde van die jaar fantasmagoriese punte behaal. (Ja, die woord kom in die woordeboek voor en jy sal aan die einde van die vraestel sien dat die woord ook in een van die somme voorkom.)
|
 |
Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 8 en stap jy soggens skool toe of ry jy met die fiets? Ry jy dalk met die taxi of vervoer jou ouers jou? Laai hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af en oefen somme waarin sulke vervoervoorbeelde voorkom. Ongeag almal se transport moet al die kinders in die voorbeeldsomme Wiskunde slaag. Hierdie vraestel maak dit sommer maklik!
|
 |
Suid-Afrikaners slyp hul tande vir Elon Musk se Starlink
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Volgens huidige regulasies in Suid-Afrika moet kommunikasiemaatskappye 30% in swart besit wees om in die land te kan werk. Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi van die DA, wil egter die reëls verander sodat Starlink ook in Suid-Afrika kan funksioneer."
|
 |
The state of South African state hospitals
Alex J Coyne
Meningen
"South African state hospitals and clinics are the primary healthcare option for millions of individuals without private care. However, the implementation of the National Health Insurance (NHI) Bill could broaden governmental reach into how private healthcare works. Should doctors and patients embrace the NHI, or could it be the straw that snaps the healthcare system’s back?"
|
 |
Leesimpressie: Een hogere liefde door Albert Camus
Erik van den Bergh
Literatuur
"Interessante thematiek in niet een eenvoudig te ontrafelen tekst. Met een helder inleidend essay van Bas Heijne, waarin hij de brieven aan een (imaginaire) vriend verbindt met de overige publicaties van Camus."
|
 |
Dis nou koserfenis hierdie!
Maryke Roberts
Reisgogga
"Die geregte kom een na die ander: garnaal-en-avokadokelkie, toe blatjanghoender en skaapboud in ’n degie; brosgebraaide aartappels met parmesaan; pampoenpoffertjies; en natuurlik vir nagereg, melktert; stroperige lemoenballetjies; malvapoeding; dik tuisgemaakte vla; en tuisgemaakte roomys met Ideal-melk in – soos my oorlede mamma dit in die sewentigs op Upington gemaak het, toe ons ook nie ’n koei, vars suurlemoen of Woolies gehad het nie. Ai, die verlange!"
|
 |
Die dokumentêr Brasse Vannie Kaap nou op Showmax
Izak de Vries
Film
"Die harde werk, die musikale vernuwing en die beter tydgleuwe waarin die groep gespeel het, het gewerk. BVK het naam gemaak, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op feeste soos Pukkelpop in Nederland."
|
 |
Sweet dreams at the European Film Festival: a film review
Clifford Roberts
Film
"The film comes on a historical backdrop that remains as relevant as ever. Where Indonesia is concerned, the transfer of Dutch New Guinea to Indonesia in 1963 is regarded as the end of The Netherlands’s 250-year colonial empire. In the past weeks, however, colonialism has returned to the headlines, as the UK returned sovereignty of the Chagos Islands to Mauritius, after they had been colonised first by the French and then by the British in 1814."
|
 |
Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: ’n resensie
Erla Diedericks
Resensies
"Waar vorige resensente die groen geheim van Sati se gawe omseil het, gaan ek my verstout om die geheim te verklap aangesien Die gawe van groen reeds langer as ’n jaar gelede uitgereik is."
|
 |
Hoe lyk ’n man? Anschen Conradie gesels met Stefaans Coetzee oor Sel ses
Anschen Conradie, Stefaans Coetzee
Skrywersonderhoude
"Hoe lyk ’n man? Wanneer word jy ’n man? In die tronk word jou manlikheid gemeet aan jou vermoë om vinniger en beter met ’n selfgemaakte mes te kan kap. Maar is dit wat ’n pa aan sy seun wil oordra? Gedigte van Breyten Breytenbach, kortverhale van Willemien Brümmer en knipsels van Elise Bishop kom ook ter sprake."
|
 |
Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis
Naomi Meyer, Zalman Davis
Boeke en skrywers
"Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae, en dis gestig om Afrikaanse streekstale te bevorder – of dan nou die sogenaamde Huisafrikaans. Ons glo dat die prys ’n baanbrekerinisiatief is wat poog om die ryk diversiteit van Afrikaans te bevorder en van dialekte wat dikwels misgekyk word. Ons skep ’n ruimte waarin digters hul uniekheid kan vier."
|
 |
Dié brakkie het nog baie blaf
Crito (Kerneels Breytenbach)
Boekrubrieke
"Helaas is daar onder Afrikaanse boekresensies besonder goeie voorbeelde van bad writing."
|
 |
Maritha Snyman (1952–2024)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2024
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
LitNet
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n oorsig
Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Die 2024-Toyota Stellenbosch Woordfees wat vanjaar met die feestema van #speel gespog het, was weer dié kulturele samekoms waaroor almal nog lank gaan gesels. Daar was meer as 400 unieke produksies wat in ongeveer 60 venues in en om Stellenbosch aangebied is en het elke moontlike kunsvorm – van dans tot boekgesprekke; kunsrondleidings tot wynskole; klassieke musiek tot komedie – ingesluit."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees: Hoe mooi val die lig – ’n resensie
Jeani Heyns
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Die narratief van Sand en die musiek van die geniale Poolse komponis dans om die ore. Chopin word beliggaam deur Dias en 'praat' deur sy musiek. Treffende silhoeëtte van Sand in haar manelpak en silinderhoed word geskets deur slim beligtingskeuses."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Die stoele – ’n Instagram-resensie
Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink. Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vier Panado’s en ’n chardonnay – ’n Instagram-resensie
Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Zietsman en haar pianis, Tony Bentel, is treffend mooi in hul skitterende Cabaret-geïnspireerde kostuums. Hulle gemak met en vertroue in mekaar is duidelik en verfrissend. Tegnies is die musiek indrukwekkend. Zietsman se sang is diep, roerend en moeiteloos. Soms doelbewus nie-te-perfek-nie. Skrywer en regisseur Johan Slabbert het ’n ongelooflike teks geskryf wat klassieke treffers met persoonlike stories uit Zietsman se lewe kombineer."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The return of Elvis du Pisani – an Instagram review
Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Eddie du Pisani’s life has not turned out the way he had planned (sounds familiar?), and he is hanging on to a last string of hope. While questioning his own existence, purpose and will to live, he returns to the lamppost in Witbank that he had visited once before on a fateful night that changed his life forever. As he detours through childhood memories, his first love, his emulation of Elvis and the events that led him to this very place, he re-enacts heartbreaking memories."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Exit/Exist – an Instagram review
Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees
"The dancing was performed with an ease that made me feel almost like I was watching him dancing in his own home. It was intimate and mesmerising. The African influence in the music and set, the use of sand and liquid to create strong visuals and the unbelievable voices of the quartet accompanying Maqoma are all locked in my memory."
|
 |
Aardklop: die hartsfees wat nog altyd klop met betowering en uiteenlopendheid
Ignus Rademeyer
Aardklop
"Hierdie jaar het weer sy eie magic gebring. Musiek, komedie en debuutdramas van die beste gehalte. Die program was ontsettend mooi gebalanseerd en net groot genoeg om seker te maak almal kry ’n stukkie van die pie. Daar is vir my niks lekkerder as vol sale en uitbundige gehore wat na die tyd verstom na hulle motors toe loop nie."
|
 |
Bargoens
Gerda Taljaard-Gilson
Fiksiekompetisies
"Teen die aand hoor hy Jamila se stem buite die venster. Sy staan daar tussen die wingerdstokke, onder ’n gerfie sterre. Sy wink hom nader. Op haar rug is ’n bondel klere en stukkies huisraad: tonteldoos, ketel, slagmes, braaipan, teeblik, kooigoed en watersak. Ook ’n kardoesie growwesout, droëvrugte, tabakrolle, bokkoms en ’n boesel broodmeel."
|
 |
Projek Candy
Eric Jacobs
Fiksiekompetisies
"Die wag in gewone klere roep ’n kollega nader en Ewald sluk swaar toe hy die band om die hond se nek sien. Dit is ’n plofstofhond. Die brak stap tot by die bakkie en gaan sit regop by die bestuurder se oop deur. Sy snoet beduie na die agterkant van die sitplek."
|
 |
Thanatos
Trisa Hugo
Poësie
"Eros, Hypnos en Thanatos vervleg in my kop
Waar begin die een en waar hou die ander op?"
|
 |
Mamma
Jeanne Henning Els
Poësie
"en jou koekblikke
staan leeg
op my kombuiskas"
|
 |
Prooi van pyn
Michelle van Graan
Poësie
"op die altaar lê ek as prooi van pyn
Dood, slurp my eerder op"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|