Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1028

28/11/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: My oom Breyten

Twice the glory

Authors: Lloyd Burnard and Khanyiso Tshwaku
Publisher: Jonathan Ball Publishers
ISBN: 9781776194100

The Springboks made history in France in 2023 when they became the only team to win the Webb Ellis Trophy four times. Who can forget how the Boks won by only one point in three games? Released on the anniversary of this milestone, Twice the glory by Lloyd Burnard and Khanyiso Tshwaku investigates how this remarkable victory was achieved.

Boeke en skrywers

Herinneringe aan my oom Breyten

Anna-Karien Otto
In memoriam

"Daar is Breyten. Hy sit in ’n klein vierkantige kamer agter ’n dik laag glas. Niemand kan hom hoor nie. Hy lyk verskriklik alleen. Hy wil nie na my kyk nie. My ma het ’n bos blomme vir hom gebring. Ek verstaan nie hoekom hy so eenkant moes wees nie. Jare later lees ek wat my ma geskryf het oor daardie verskriklike tronkjare."

Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...

Francis Galloway
In memoriam

"Na maande se versigtige en eerbiedwaardige bekommernis van vriende kom die boodskap in die 'uur van die idiote' op 24 November 2024: Breyten het rustig oorgestap na die groot anderkant."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Breyten; vir Breyten

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Vir sy poging om ons uit die tronk van onbewustheid te bevry, is Breyten tronk toe gestuur."

Altyd Breyten, die man met die groen trui

Francois Lötter
In memoriam

"Breyten het gereeld, veral naby sy verjaardag op 16 September en die jaarlikse Tuin van Digters-fees, ’n gedig per e-pos gestuur. Soms met die woorde 'gebruik dit soos jy goed dink'."

Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap

Willem de Vries
In memoriam

"Hy het die waarheid van hibriditeit as kern van menswees bly deurgee aan lesers oor die wêreld heen, nooit as ’n pamflet nie, maar as ’n veelkantige insig wat sy werk deurspek."

Moeg vir groet

Charles Tait
In memoriam

"Dood is nie die stilte nie,
jy het mos gepraat van die brug
waar jy staan en wag vir die nagvoël,
waar water oor die klippe gly,
waar die dood sy stem verloor."

Lewensreis: ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach

Cas Vos
In memoriam

"Vir haar kon jy om die dood nie ’n wrang
vers skryf nie, want sy bly jou Ounooi.
By haar het jy geleer om om die dood nie
aan ’n mondvol bitter woorde te smul nie."

Persverklaring: Breyten Breytenbach-begrafnisaankondiging

LitNet
Boeke en skrywers

Die private begrafnis van Breyten Breytenbach vind plaas op Dinsdag 3 Desember 2024 om 15:00 by die Père Lachaise-begraafplaas in Parys, Frankryk. ’n Suid-Afrikaanse gedenkdiens word voorlopig vir Februarie 2025 beplan.

Breytenbach family press release

LitNet
Opinion

"It is with deep sorrow that the Breytenbach family announces the passing of Breyten Breytenbach on Sunday, 24 November 2024."

Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach, ’n pionier in Afrikaanse Letterkunde

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Sy werk, wat in verskeie tale vertaal is, is steeds ’n kernonderdeel van Suid-Afrika se literêre erfenis en word wyd bestudeer, selfs as voorgeskrewe werke op skoolvlak.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Pierre-Marie Finkelstein

Johann Rossouw, Pierre-Marie Finkelstein
Seminare en essays

"Hoe verklaar ’n mens liefde? Om ’n boek te lees – en te vertaal – beskou ek as ’n ontmoeting. ’n Ontmoeting met iemand anders se wêreld, verbeelding ens. Jy moet ’n aanrakingspunt vind met die teks."

Goue lint, my storie begint: Kunsmatige Intelligensie (KI) en kinderboeke

Anke Theron
Kinderboeke

"Wanneer dit kom by taal en sosiale ontwikkeling, is menslike interaksie uiters belangrik. Interaksie met ’n ouer, waar die ouer die gesprek lei en opvolg met vrae oor die storie, oor die karakters en wat die kind op die bladsy sien en hoe die kind se ervarings vergelyk met die karakters s’n, kan nie deur KI-assistente of KI self vervang word nie."

PJ Philander (1921–2006)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Afrikaans hoort nie in testamente en brandkaste en op grafstene waar dit in die wind verweer nie. Afrikaans hoort in die son." Lees meer oor PJ Philander se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Irrasioneel soos ’n droom

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Vandeesmaand spreek Koos Kombuis sy eie donker vrese aan wanneer hy Stefaans Coetzee en George Orwell onder oë neem. Daarna gesels hy oor Breyten Breytenbach se gedigte. Breyten se gedigte is irrasioneel soos ’n droom, vertel hy. Moenie logika daarin soek nie.

Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

"Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra."

Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."

Kortliks met Stefaans: My top-10 van 2024

Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers

"Almal soek Kersfeesleesstof of -presente. Hier is my top-10 van 2024. Ek het my keuse uit alle genres waar ek vanjaar gekuier het, saamgestel ... Ek het meestal probeer bly by boeke wat in 2024 verskyn het, maar vermeld wel twee keer ouer boeke. Ons almal koop mos ook boeke by tweedehandseboekwinkels."

Persverklaring: Digtersweek 2024 – Almal is dit eens, dit was ’n reusesukses!

LitNet
Boeke en skrywers

"Uit die gesprekke met die deelnemers het dit duidelik geword dat daar baie mense is wat rustig besig is om hul digvaardighede te slyp en te poets. In dié opsig het gesprekke soos dié tydens Digtersweek ’n waardevolle rol te speel in die slypproses, maar eweso as aanmoediging," het Johan Myburg, een van die digters in die paneel van vyf, agterna gesê. Ander digters wat deelgeneem het, was Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.

Persverklaring: Die Chris Barnard-prys

LitNet
Boeke en skrywers

Dit was vir ons ’n groot voorreg om vanjaar die Chris Barnard-prys ná twee jaar te kon hervat. Nagenoeg 100 inskrywings – met uiteenlopende temas – van regoor die land is ontvang. Vanjaar se drie wenners is: Albert Maritz met "Boere by Thabazimbi", Fransjohan Pretorius met "Pasop vir die rekenaardiewe" en Curtley Pitt met "Die legendariese rugbybal".

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 22 tot 28 November 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Breyten Breytenbach (1939–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2019)

"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis." Lees meer oor die lewe en werk van Breyten Breytenbach in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Die bobbejaan agter die bult

Breyten Breytenbach
Skrywersberaad (OuLitNet) (2000)

"My enigste verweer is dat ek as kakofoonspeler maar net die kakofonie probeer vergesel. Want kyk, praat ons dan nie almal saam balke toe in hierdie Gesprekhuis nie? As Piet vir Kalientjie wegja, waarnatoe dan? Hoor jy die magtige dreuning? Oor die veld kom dit wyd gesweef."

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

Breyten Breytenbach
Universiteitseminaar (2016)

"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?

Breyten Breytenbach, Willem de Vries
Skrywersonderhoude (2020)

"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."

Teenstemtweespraak

Breyten Breytenbach
Stemme | Voices | Amazwi (2021)

Op Breyten Breytenbach se 82ste verjaardag sluit LitNet sy Stemme-projek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK af met Breyten se monoloog Teenstemtweespraak. Antoinette Kellermann is voor die kamera en Marthinus Basson is in die regisseurstoel.

Luisterverhale: "fascistiese pampoen" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden

Breyten Breytenbach, Marcel van Heerden
Luisterverhale (2024)

Marcel van Heerden lees Breyten Breytenbach se verhaal "fascistiese pampoen" voor. Die verhaal het oorspronklik in Katastrofes, in 1964 deur Human & Rousseau uitgegee, verskyn.

Akademies en skole

Persverklaring: Klousules 4 en 5 van Bela-wet nog nie in werking gestel nie

LitNet
Akademies en skole

Solidariteit het aangekondig dat ’n tydelike skikking bereik is met die regering oor klousules 4 en 5 van die Bela-wet.

LitNet Akademies-artikels met 2024 ATKV-SA Akademiepryse bekroon

LitNet
Akademies en skole

LitNet Akademies-artikels deur Johann Rossouw en Daniël Louw is pas bekroon met die ATKV en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans.

Kollig op akademikus Gerhard van Huyssteen: Taboetaalgebruik en mensetaaltegnologie

Gerhard van Huyssteen
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Gerhard van Huyssteen oor die ontstaan van sy navorsingsfokus, insluitend taalkunde, tegnologie en vloektaal.

SteedsDink met LitNet Akademies: Gerhard van Huyssteen oor sy akademiese navorsing

Gerhard van Huyssteen
SteedsDink

In hierdie video gesels Gerhard van Huyssteen oor taboetaalgebruik, Afrikaans se uitdrukkingsvermoë, vooronderstellings in navorsing en Kunsmatige Intelligensie (KI).

Persverklaring: Oproep om nominasies – Akademiepryse 2025

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie wag nominasies in vir die Akademiepryse wat in 2025 vir toekenning oorweeg word.

Graad 10: Afrikaans Huistaal, drie vraestelle en memo’s, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en baie ongelukkig omdat jy nog vir jou eksamen moet voorberei? Moenie toelaat dat die werk jou boelie of onderkry nie! In hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen is daar onder andere stories wat oor boeliegedrag handel. Dit sal jou egter opbeur, want as jy dit aflaai, gaan jy sommer die werk vir jou allerlaaste Afrikaans Huistaal-vraestelle van die jaar op die punte van jou vingers ken. Sê nee vir boelies en bewapen jou teen enige bullebakvraestelle wat volgende week op jou kan wag!

Graad 11: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en wil jy eerder op jou selfoon rondblaai as om vir die eksamen voor te berei? Moenie soos hierdie bobbejaan wees wat jou foon vasklou nie. Sit dit eenkant en laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Cecilia Klopper af. Daar is hoeka ’n visuele teks met ’n bobbejaan en ’n selfoon in hierdie vraestel.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Menings

Het die waarheid ook grense, of is dit absoluut?

Charl-Pierre Naudé
Seminare en essays

"Die begrenste waarheid versus die absolute waarheid. Dit is waaraan ek oplaas gedink het toe ek gevra is om iets te skryf oor die relletjie rondom die Winckler-egpaar se beplande optrede by die Breytenbach Sentrum te Wellington. ... Het konserwatiewe mense nie gelyke reg op vryheid van spraak nie?"

Om in 2024 te boer

Freek Robinson, Dwayne Kaschula
Onderhoude

Die Oos-Kaapse boer Dwayne Kaschula is verlede week as AgriSA en Toyota se Jongboer van die Jaar bekroon. Freek Robinson gesels met hom oor onder meer voedselsekerheid, volhoubaarheid, werkskepping, grondonteiening sonder vergoeding, en plaasmoorde.

Wat sê Bettina? Israel en die Internasionale Strafhof

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Maar wat is die realiteit? Die aanvalle en die moorde in Gaza gaan nie ophou nie. Die lasbriewe is ten beste ’n simboliese veroordeling van Netanyahu se optrede."

LitNet Akademies Weerdink: Mosambiek het ’n groot kopseer vir Suid-Afrika en Suider-Afrika geword. In welke mate is die SAOG van hulp?

Theo Neethling
Seminare en essays

"Terwyl die Suid-Afrikaanse regering vanjaar in sy buitelandse verhoudinge baie tyd en energie op Israel se konflik met die Palestyne gespandeer het, is die veiligheidsprobleme op ons agterstoep nie naastenby met dieselfde dringendheid, erns en fokus gehanteer nie. Dit is asof Suid-Afrika maar altyd wil wegskram van ’n sterk standpunt oor, of kritiek op, ander Afrikaregerings wat nie hulle huishoudings in goeie orde het nie."

Springmielies: Die intieme kameraderie tussen vreemdelinge

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Tussen vreemdelinge bestaan daar ’n gevoel van vryheid, omdat hulle nie mekaar se verledes ken nie."

Die mooiste dag in Beaufort-Wes

Hannes Visser
Elders gesien

"Ons gesels oor kinders, oor kleinkinders, oor die dood en die lang asem tussen geboorte en die onafwendbare."

Persverklaring: ATKV-Prestigetoekennings – "Op die skouers van reuse"

LitNet
ATKV-Portaal

"Die Afrikaanse gemeenskap is ’n veeleisende minnares wie se waardering jy as ’n media-instelling deurlopend moet verdien." Só het Tim du Plessis Woensdagaand (20 November) in Johannesburg gesê by die ontvangs van die ATKV se Prestigetoekenning – dié organisasie se hoogste eerbewys. Die toekenning is by dieselfde geleentheid ook aan Coenie de Villiers, Diana Ferrus en Marida Swanepoel toegeken.

Nou op Voertaal

Frankryk bring ook hulde aan Breyten Breytenbach

Jean Oosthuizen
Voorblad

"President Emmanuel Macron van Frankryk was een van vele prominente figure regoor die wêreld wat hulde gebring het aan Breyten Breytenbach, wat Sondag oorlede is."

Uit die argief: Francis Galloway se teks oor Breyten Breytenbach vir die publiek beskikbaar

Francis Galloway, Izak de Vries
Interviews (2020)

"Of die boek nog tersaaklike aangeleenthede aanspreek in ’n era waarin Afrikaans (en witheid) onder druk staan? Ek glo wel mens moet weet waar jy vandaan kom (die hoofstroomgeskiedenis asook die alternatiewe narratief daaromheen) om jou eie pad vorentoe te vind. Dis soos om eers die klassieke kitaar te begryp sodat jy kan improviseer en vernuwe."

Misdaad daal effens, maar misdadigers maak steeds amok

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Daar was tot dusver 19 279 moorde in Suid-Afrika in 2024, en gemiddeld 70 moorde per dag in die tydperk Julie tot September 2024."

Wêreld is verdeeld oor Strafhof se lasbriewe oor Israel

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Nederland was die eerste Europese land wat verklaar het dat hulle die IS se bevele sal nakom."

Die Phala Phala-spook staan weer op

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die EFF en African Transformation Movement (ATM) het die Konstitusionele Hof genader om die parlement se besluit om nie ’n vervolgingsondersoek na Ramaphosa te hou vir die Phala Phala-plaasskandaal nie, ongrondwetlik te verklaar."

Gifkrisis in spazawinkels word dalk ’n nasionale ramp

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Nasionale Rampbestuursentrum het dit reeds as ’n nasionale ramp geklassifiseer, ingevolge artikel 23 van die Rampbestuurwet 57 van 2002. Dit maak dit vir die regering moontlik om maklik en vinnig voedselverwante siektes as ’n nasionale ramp te verklaar, indien nodig."

Tweespraak met Danie Marais #2: "Die idee is dus om ’n ewewigtige, kaleidoskopiese beeld oor die taalgeskiedenis te gee."

Yves T’Sjoen, Danie Marais
Literatuur

"Die 100-jaar-mylpaal is daarom wel ’n gulde geleentheid tot bestekopname en die beligting van kompleksiteite, historiese vergrype, mistastings, verspeelde kanse en nuwe geleenthede wat nodig is vir die uitbou van ’n meer inklusiewe taalgemeenskap."

In memoriam Anastasia de Vries

Yves T’Sjoen
Meningen

"She believed that Dutch and Afrikaans could be the domain of black people, and she worked to help her students reach that conclusion, too. Anastasia was a bridge between literature, language and the everyday lives of those most often neglected by the academy."

Leesimpressie: Ik ken een berg die op mij wacht door Sholeh Rezazadeh

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een originele, poëtische roman met twee rivieren in de hoofdrol: Aras in Noord-Iran en de Amstel. Ook bergen en bomen leven zeer mee."

Leesimpressie: "Een joods kind dat weet van eeuwen heeft" door Martin van Gelderen en Frank van Vree

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een breed uitwaaierende bundel met tien teksten (en een epiloog) van goede kwaliteit over Anne Frank als vluchtelinge en onderduikster, schijfster en icoon."

Cinematic horror, and how local stories are told

Alex J Coyne
Film

"Horror lends itself well to the rich mythologies and urban legends found in southern Africa. There’s just something different about horror movies that arrive on your stoep, and thrillers that make you feel like they could happen in your neighbourhood."

’n Suid-Afrikaanse Kersete vir Marinda se laaste 2024-kookklas

Annette Havenga
Culinair

"Marinda plaas ook klem daarop dat die resepte maklik is, juis sodat tuiskokke dit self met gemak kan maak en verskeie smake van oor die wêreld na hulle eie tafels kan bring."

Leefstyl

25 minute met Waldimar Pelser oor ’n kwarteeu van kykNET

Bibi Slippers, Waldimar Pelser
kykNET Portaal

Op 15 November 1999 was kykNET ’n blinknuwe Afrikaanse kanaal wat vir die eerste maal sy gesig op TV gewys en sy stem op TV laat hoor het. Nou, 25 jaar later, gesels Waldimar Pelser, die kanaaldirekteur van M-Net se premiumkanale (wat kykNET insluit) met Bibi Slippers oor die afgelope kwarteeu se gehaltevermaak, en wat (moontlik) in kykNET se komende kwarteeu voorlê.

Persverklaring: kykNET vier 25 jaar van wêreldklas-uitsendings – in Afrikaans

LitNet
kykNET Portaal

Dit het, soos soveel suksesverhale, klein begin, maar die droom was groot: Begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms, en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.

Luna Paige kom huis toe

Izak de Vries
Musiek

"Die langpad sal weer haar woning word. Hierdie toer was skynbaar ’n bevestiging en ’n erkenning aan haarself dat sy op haar gelukkigste is wanneer sy in haar bakkie van dorp na dorp ry om op te tree."

Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins

Maryke Roberts, Graham Hopkins
Teater

Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."

Persverklaring: by mekaar met Gustav Bester en Gareth Hickling – Breytenbach Galery

LitNet
Kuns

’n Praatjie oor bye vind Saterdag 30 November by die Breytenbach Galery plaas as deel van die kunsuitstalling by mekaar deur Gustav Bester en Gareth Hickling.

Persverklaring: Nagtegaal-teksprys herleef in samewerking met Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is op soek na nuwe tekste van 60 tot 90 minute lank wat teater as medium vir sosiale impak en kohesie verken, en tradisionele beskouings uitdaag en verruim. Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel.

Persverklaring: ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie – Wes-Kaapse amateurkore kan nou inskryf

LitNet
Musiek

Die ATKV en die Suidoosterfees het weer goeie nuus vir amateurkore wat gemeenskappe in die Wes-Kaap se harte met hul stemme verower. Inskrywings vir die jaarlikse ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie is nou oop.

Persverklaring: Swart Vrydag-winskopies by die WAT – alles nou halfprys

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Sorteer sommer nou al jou Kersgeskenke uit deur vir elkeen in die gesin sy eie unieke woord te borg vir slegs R50 per woord! Die WAT se 2024 Swart Vrydag-winskopies is tans oop en is geldig tot 5 Desember 2024.

Persverklaring: Uitnodiging – Rondleiding deur Jan van der Merwe, samesteller van ’n Versameling afgediende muses

LitNet
Kuns

U word hartlik uitgenooi na ’n rondleiding deur Jan van der Merwe (ook die samesteller) van die kunsuitstalling, ’n Versameling afgediende muses deur Ruhan Janse van Vuuren en Bastiaan van Stenis, op Maandag 2 Desember 2024.

Nuwe skryfwerk

Maar Pa het geweet

Elna Jordaan
Fiksiekompetisies

"Vir ’n oomblik wil ek nie verder hieroor praat nie. Ek wou nog nooit nie. Hoekom nou. Dan dink ek nee, ek is te oud vir bog. Laat ons dan nou maar die feite op die tafel kry. Dan hoef ek nie te wag tot anderkant die spieël en die raaisel nie."

’n Engel duisend

Hidayat Adams
Fiksiekompetisies

"Lyle het geglimlag oor hoe Matthew so lekker dut terwyl hy sy Honda Civic bestuur. Matthew was pootuit na die dag se doene en die partytjie waarvan hulle op pad terug huis toe was."

Nostalgie

Marie Greyvenstein
Poësie

"Diep uit die hart se argief,
deur vergeelde, verouderde, vergete
bladsye van ’n lank geslote lewensboek"

Die stofduiwels

Johan van der Merwe
Poësie

"hier kom niemand
net die wind
die son en die maan
om snags koel troos te bring"

Seun van Satan

Neo Mehlomakulu
Poësie

"en hulle die rooipadstof laat opstaan het
en hulle die rooipadklippe teen jou gedraai het
en hulle hulle vuiste teen jou gedraai het
en hulle jou trane teen jou gedraai het"

Die win

Theodore Rossouw
Poësie

"Die pastor sê
die holy spirit
is innie win
but die duiwel ôk"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved