|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1077
21/11/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Oom Daantjie vier! |
 |
|
Author: William Kelleher Storey
Publisher: Jonathan Ball Publishers
ISBN: 9781776194964
This first comprehensive biography of Cecil Rhodes in a generation illuminates Rhodes’s vision for the expansion of imperialism in southern Africa, connecting politics and industry to internal development, and examines how this fuelled a lasting white-dominated colonial society.
|  |
|
 |
Wat vier oom Daantjie daar?
Jean Meiring
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
"Maar, soos akademici uitwys, ’n monument vir ’n taal is iets ongewoons. Dis wêreldwyd ’n rariteit, ’n vreemde volstruis van ’n ding, om ’n taal in en deur beton, eerder as in boeke of operas, te vier." Hierdie toespraak is gelewer by die ATM se 50ste-verjaardag-dinee.
|
 |
Op dees aarde: Die land is hul woning nie
Elsabé Brits
Rubrieke
"In Suid-Afrika het 35,5% van alle vroue van 18 jaar of ouer al fisieke en/of seksuele geweld in hulle lewe ervaar. 42% van kinders het een of ander vorm van mishandeling – seksuele, fisieke, emosionele mishandeling of verwaarlosing – ervaar deur ’n volwassene wat veronderstel was om vir hulle te sorg. Dalk weet jy dit en gee ’n diep sug. Dis net syfers. Maar kom ons kyk ’n bietjie dieper na dit waaraan ons al 'gewoond geraak het'. Daardie 35,5% vroue is soveel: 7 847 438."
|
 |
Joburg resorts to more groundwater management: Quo vadis?
Chris Heymans
Opinion
"South Africa can learn from other countries and cities. Megacities as diverse as Bangkok, Beijing, Buenos Aires, Cairo, Dhaka, Jakarta, Calcutta, Lagos, London, Manila, Mexico City, New Delhi and Shanghai already use groundwater to varying degrees for water supply."
|
 |
Frederik van Zyl Slabbert (1940–2010) en die kwessie van Afrikaneridentiteit
Albert Grundlingh
LitNet25-skrywersberaad
"Hy het besef dat Afrikaans, as gevolg van apartheid, aansienlike politieke bagasie dra, maar dit was nie voldoende rede om die taal oorboord te gooi nie. Dit was volgens hom eerder ’n uitdaging om ’n taal met soveel bekoring en uitdrukkingsvermoë te herbedink en op tersiêre vlak te laat herleef in ’n tyd van onvastheid en oorgang."
|
 |
Die donker kant van die taal: Afrikaanse doods- en swartmetaal
Burgert A Senekal
LitNet25-skrywersberaad
Hierdie lesing is op Vrydag 25 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Burgert Senekal twee veel langer akademiese artikels op wat in LitNet Akademies gepubliseer is. Wees gewaarsku dat die video kru woorde bevat.
|
 |
Springmielies: Die opgaarversteuring – wanneer jy níks kan weggooi nie
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Die verskil tussen iemand wat tydelik lui is en nie sy rommel opruim nie, en dié wat aan opgaarversteuring ly, lê in die vrees om enige iets, ongeag die waarde daarvan, weg te gooi. Opgaarders 'rou' oor die weggooi van dinge, ook rommel. Dit lei tot die oormatige opeenhoping van onder meer gemors, wat die uitgange van kamers en leefruimtes blokkeer en dié mense se daaglikse funksionering benadeel."
|
 |
Die Lasarus-effek: Ingrid Jonker (1933–1965)
Jannie Pretorius
Visueel
"Ingrid Jonker is een van die mees gevierde, prominente en tragiese digters in die Afrikaanse literatuur. Haar bestaan in hierdie wye en droewe land was kort, té kort, maar haar invloed reik steeds verder en dieper in die kollektiewe bewussyn van mense wat haar en haar gedigte waardeer en bewonder."
|
 |
Die Lasarus-effek: Topsy Smith (1914–1985)
Jannie Pretorius
Visueel
"Hoe aangenaam om Topsy Smith, wat ongeveer 200 boeke die lig laat sien het, uiteindelik in die oë te kan kyk en sy vriendelike glimlag te kan ervaar. Hy is natuurlik veral bekend vir sy jeugboeke, in die besonder die Trompie- en Saartjie-reekse, laasgenoemde onder die skuilnaam Bettie Naudé."
|
 |
Van monumente gepraat …
Jannie Rossouw, Melt Myburgh
Onderhoude (2023)
"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."
|
 |
Boekevat met Deborah: Die man van elders deur Helene de Kock
Deborah Steinmair
Boekrubrieke
"Iets wat my geval van liefdesverhale, besluit ek, is die goeilikheid. Is dit ’n woord, die juiste woord? Daar is ’n gapende vallei tussen lig en donker en die goeie mense is van goedheid aanmekaargesit, selfs al het hulle in hul prille jeug growwe flaters begaan. Verlossing is moontlik en die leser glo dat die goeie gaan seëvier."
|
 |
Cliff-hanger: Knal deur Bettina Wyngaard
Cliffordene Norton
Boekrubrieke
"Bettina Wyngaard herinner my met hierdie boek dat misdaadfiksie nie net oor bloed en spanning gaan nie – dit gaan oor mense. Oor die lyding wat soms in stilte gebeur. En dat hoop nie altyd lyk soos goud nie, maar eerder soos mense wat bereid is om alledaagse mense teen die ergste van ons samelewing te beskerm."
|
 |
Heil die Leser!: Van liefde en van moord
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
"Ek dek twee heeltemal uiteenlopende genres in die rubriek: eerstens, die meedoënlose joernalistieke beriggewing oor ’n grusame moord op ’n vrou; en dan, ’n Romanza waarin die leser ontvlug en weer aan die liefde wil glo. Al is dit suiwer fiksie."
|
 |
Die lysie-man deur Salma Swanepoel: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Die milieu word baie goed beskryf – van die bibbernagte, die helder sterreprag en kampe waarin skaap aangehou word. Dit het vir my gevoel ek was daar op die plaas en het saam weggelê aan skaaptjoppies en Jan Ellis-poeding."
|
 |
’n Vermetele bundel verwesenlik haar skrywersdroom: ’n onderhoud met Skryfyster
Annette Havenga, Anna-Bet Stemmet
Skrywersonderhoude
"Anna-Bet vertel, met ’n oog vir detail en ’n tong in die kies, van grootmensskap, braaibroodjies, familie-erfstukke, middernagtelike WhatsApps en hoenders wat beter ouers is as jy. Hierdie bundel is vir elkeen wat al in ’n sweetpakbroek op ’n stoep gesit en wonder het: Is dit nou hoe dit eindig?"
|
 |
Theunis Engelbrecht (1965–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Die hoofvereiste is dat die skrywer te alle tye getrou en eerlik aan homself moet bly." Lees oor die lewe en werk van Theunis Engelbrecht in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
What is owed? by Kelwyn Sole: a reader’s impression
Phillippa Yaa De Villiers
Books and writers
"With less of his characteristic reserve and more rampant enjoyment, Sole shapeshifts in this collection, appearing as an old man, as a trogon, as a bee, as the sun, as the beloved – with a sideways wink between author and reader."
|
 |
Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk
Izak de Vries
Lesersindrukke
"Michael Green se stories is feitelik korrek. Elkeen is uitstekend nagevors en die lang bronnelyste agterin beide boeke wys hoeveel leeswerk ingegaan het in hierdie pittige vertellinge. Green was self ’n kranige rugbyspeler en sy liefde vir die sport het nooit opgehou nie."
|
 |
Wicked smart deur Douglas Kruger: ’n lesersindruk
Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke
"Juis daarom gaan steek ek graag kers op by individue wat hierdie beginsels en vaardighede op die oog af onder die knie het. Hulle wat die pad stap op ’n manier wat moeiteloos lyk, asof sukses na hulle toe aangetrek word."
|
 |
Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk
Izak de Vries
Lesersindrukke
"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Musiek en dans in Rumi (1207–73) se werk en lewe
Elizabeth van der Berg
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die doel van hierdie artikel is dan om te fokus op musiek en dans soos Rumi dit beleef het, die funksie daarvan in die Soefi-ritueel – die samā’-byeenkoms – asook uitgesoekte gedigte met toeligtende aantekeninge wat aantoon hoe Rumi musiek en dans benut ten einde geestelike vervoering uit te druk."
|
 |
Graad 6: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en wonder jy hoe laat dit in ’n ander land sal wees as dit eksamentyd in Suid-Afrika is? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou nie met daardie vraag kan help nie, maar dit gaan jou wel help voorberei vir jou Wiskunde-eksamen binnekort. Daar is voorbeeldsomme soos: Sal die VSA se tyd voor of na Suid-Afrika s’n wees? Berei sommer nou voor vir die eksamen en behaal bobaas punte wat jou plek in die hoërskool sal help kry!
|
 |
Meer vrae as antwoorde oor Palestynse vlugtelinge in Suid-Afrika
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die vlug word gekoppel aan Al-Majd Europe, ’n obskure Jerusalem-gebaseerde organisasie waarvan daar weinig bekend is. Hulle werk glo saam met Israeliese owerhede, insluitend hulle weermag se sogenaamde Vrywillige-emigrasie-buro."
|
 |
Unieke wynprojek eer tradisie en vernuwing
Maryke Roberts
Culinair
"Vir die wynliefhebber wat verder wil kyk as die alledaagse, is Project Z ’n uitnodiging om die onbekende hoekies van die Kaapse wynlande in ’n glas vol karakter, konteks en kreatiwiteit te ervaar."
|
 |
Cats, the musical: an interview with Duane Alexander
Naomi Meyer, Duane Alexander
Lifestyle and entertainment
"The world of Cats is truly immersive, and the illusion of talented humans portraying these delightful feline characters will hopefully be more than enough to hold the audiences’ attention for a few hours of theatrical magic."
|
 |
A Nick Cave affair: a conversation with Conrad Jamneck
Jannike Bergh, Conrad Jamneck
Lifestyle and entertainment
"What would Nick Cave do?" Conrad Jamneck, beloved festival director and sound engineer, delves into his lifelong relationship with Nick Cave’s music and writing. A Nick Cave affair – produced by Jamneck and featuring James Smith, Jake Gunn, Anjulie Nock and a special appearance by Andra – will be performed at the PJ Olivier Art Centre in Stellenbosch on 21 November 2025.
|
 |
Far gone: ’n teaterresensie
Maryke Roberts
Teater
"Wanneer Rwothomack se eerste woorde oor die teater val, word die gehoor onmiddellik ingetrek in ’n wêreld waar onskuld, geweld en menslikheid mekaar op die rand van oorlog ontmoet."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is ook nie Danie
Dianne Du Toit Albertze
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Dan is daar ook die alleenheid wat volg – van skrywer-wees, hopeless romantic of net lone wolf – daardie isolasie en verlatenheid wat hier doeltreffend en roerend tot lewe kom." Dianne Du Toit Albertze bied ’n retrospektiewe blik op Ek is nie Danie, wat vanjaar vier Woordtrofees ingepalm het.
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied – ’n psigedeliese padkaart na binne
Dianne Du Toit Albertze
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Ek het die heropvoering van Boklied by die Toyota Stellenbosch Woordfees bygewoon met ’n klein groep gehoorlede, wat al minder geraak het met elke pouse." Dianne Du Toit Albertze skryf indrukke oor hierdie stuk wat vanjaar weer by die Woordfees op die planke was.
|
 |
Die stempel op ons troue
Machelé Burger
Leefstyl
"Ek en my man is nou al gelukkig verby die sewe-sakke-sout-tydperk, maar ons giggel steeds oor die volgende gebeurtenis."
|
 |
My vyfhonderdrandtrourok
Lucia Lilleen du Preez
Leefstyl
"Jy herken nie die woorde wat hulle uitruil nie, maar wel die geluid van swaar skêre wat materiaal knip en ’n klappertand naaimasjiennaald."
|
 |
Waterfront
Jeanne Henning Els
Poësie
"Tafelberg kyk
grys uit oor die
Moederstad"
|
 |
My dood
Jannes Erasmus
Poësie
"Tyd stap aan
Gee my nog tyd
Tyd saam met jou"
|
 |
Simbaal van die suburbs
Thérèse Fensham
Poësie
"en Ma se voetspore steeds verweef
tussen die ou vaders wat buk en knik,
haar spore wat in die aandstonde rinkink"
|
 |
Baai van gebroke harte
Tania Colyn
Poësie
"Ek tel die stukke van ons storie soos skulpe al langs die waterlyn op
hier het ek vir jou lief geword, voor al die smart"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|