|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1063
15/08/2025
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Sidney Gilroy
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798185127
In 1998 was hulle onskuldige tieners. In 2025 is hulle verdagtes. Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en terselfdertyd iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak? Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.
|  |
|
 |
Beide die cappuccino- en flat white-drinkers is gekultiveerd
Luan Staphorst
Elders gesien
"As ’n self-etiketterende cappuccino-leser het ek die uitlokkende deel van die lesing juis sy aandrang op die regmatige plek van die flat white-leser in die literêre gesprek gevind. Hy’t uitgewys dat die flat white-leser hier is om te bly." |
 |
Dat almal nodig is om die Afrikaanse digitale kanon tot stand te bring
Sidney Gilroy
Elders gesien
"Dit is belangrik, ja, om die kwaliteit en diversiteit van Afrikaanse letterkunde te verseker en te sorg dat dit steeds sigbaar en toeganklik bly. Om die mediums te benut wat duisende alreeds gebruik. Om die brug tussen die veld van beperkte produksie en die veld van grootskaalse kultuurproduksie te bou."
|
 |
Memoires van een hoofmeisie
Ingrid Glorie
LitNet25-skrywersberaad
"Het eerste jaar gebruikten we vooral het openbaar vervoer, en reden we verder rond in het geleende autootje van de moeder van een van onze vrijwilligers. Later zijn we, omwille van de veiligheid en het voortbestaan van de Afrikaanse literatuur, toch maar busjes mét chauffeur gaan inhuren."
|
 |
Nasionale Dialoog: Ons moet gesels, maar nie so nie
Freek Robinson, Willie Aucamp
Onderhoude
Willie Aucamp van die DA sê sy party is ten gunste van gesprekvoering, veral die soorte gesprekke waar gewone mense ook seggenskap kry. Ten spyte hiervan verwerp die DA die President se Nasionale Dialoog. Freek Robinson vra: Waarom? En: Is daar ’n ander opsie?
|
 |
Bela: Regulasies bring helderheid maar enkele kwessies pla nog
Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Van taal gepraat: As voormalige taalonderwyser en taaldosent vir wie taal na aan die hart lê, het ek noukeurig opgelet na die taal waarin die regulasies geskryf is. Die dokument verwys op meer as een plek daarna dat die verskillende partye met mekaar moet praat in die soeke na oplossings (kom ons noem dit ons eie onderwysdialoog in die kleine)."
|
 |
Onverdiende eiegeregtigheid
Handré Brand
Seminare en essays
"[Eiegeregtigheid is] hoofsaaklik ’n problematiese verskynsel met velerlei implikasies binne die konteks van Eerste Wêreldse besigheidsmodelle. Watter onderliggende faktore sou dus moontlik ’n rol kon speel om die heersende perspektief in verband met eiegeregtigheid as ’n negatiewe persoonlikheidstrek uit ’n ander hoek toe te lig?"
|
 |
Springmielies: Tatoeëermerke as liminale merkers
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Baie mense wat tatoeëermerke aangebring het, bestempel dit as die oorgang na ’n belangrike lewensgebeurtenis. Nou die dag kom die gedagte by my op: In watter mate figureer tatoes as merkers van liminaliteit?"
|
 |
Enkelvroue: ’n SêNet-brief kort anderkant Vrouedag
Leona Conradie
SêNet-briewe
"Ons is enkelmoeders, enkelpleegma’s, oumas, vroue wat nie ’n man het of wil hê nie (groot verskil), maar veral dogtertjies van mammies 'wie se daddies gaan seep koop' het. Ons het niemand wat ons kan vra nie, dan tel ons maar die swaar ding op en sit dit waar ons dit wil hê."
|
 |
My taal: van toe tot nou – ’n brief op 14 Augustus 2025
Coen Basson
SêNet-briewe
"Hierdie samevatting is ’n gelukwensing aan Afrikaans met sy twee roemryke verjaardae in 2025. Geluk met wat die 'vernederde kombuistaal' vermag het tot hier. Om vandag in staat te wees om saam met enige ander wêreldtaal te kommunikeer op enige platform; in enige verhandeling; in die wetenskap, lettere, kuns, musiek, religie, staatkunde, filosofie, erotika en die lewe."
|
 |
Doringvoëltjies in die Karoo
Anschen Conradie
Elders gesien
"Daarom is my poging om die naweek tot woorde te reduseer gefokus op my belewenis van die mense self; nie hulle woorde of selfs dade nie, maar die warmte en passie daaragter."
|
 |
PEN Afrikaans oor die aanvalle op joernaliste in Gasa
Persverklaring
Portale
"Hierdie joernaliste se stemme word met geweld stilgemaak en op hierdie wyse word die getuies wat eerstehands nuus oor die voortslepende volksmoord in Gasa waarneem en rugbaar maak, sistematies verwyder en vernietig."
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Crito antwoord kritici
LitNet, Crito
Onderhoude (2022)
"Die koekie verkrummel wanneer jy nou teenoor sulke name dié van Snotjantietie wil plaas."
|
 |
"Debat is goed vir boekverkope"
Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers (2024)
"Dit is juis omdat ek steeds wil groei (want hoe beter ek word, hoe beter kan ek skrywers se boeke bemark) dat ek nie totaal ophou resensies skryf nie. Solank jy wil groei, is Crito nodig. Ek is ongelukkig eerste ’n bemarker van boeke/skrywers, dan ’n skrywer en resensent. My grootste liefde lê in die bemarking van boeke wat ek geniet. Dus hoop ek dat ek met 'Kortliks met Stefaans' êrens iemand aan nuwe skrywers kan voorstel. Afrikaans kan help groei, of lees bevorder. Gesels saam."
|
 |
Die rigtingverandering
Crito (Kerneels Breytenbach)
Boeke en skrywers (Maart 2025)
"Wat my terugbring by die dermuitrygery oor resensies die afgelope maande. Boekresensies is onontbeerlik. Skrywers én lesers gebruik dit as barometer, ’n maatstaf en waardebepaler. ’n Boekebedryf sonder resensies is een waar uitgewers se gesondheid nooit openlik gediagnoseer word nie, en waar die afsterwe ’n skok is."
|
 |
Web van leuens deur Marion Erskine: ’n resensie
Cliffordene Norton
Resensies
"258 bladsye van toeganklike, lekker lees. Die einde was ’n 'chef’s kiss' – daardie tikkie ironie wat wys dat, selfs al het die karakters baie geleer, selfs al groei hulle, bly die nuuskierigheid oor ander mense se geheime hardnekkig aan die lewe."
|
 |
Annesu de Vos (1964–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My beste verse is dié wat ontstaan het met ’n gedagte, ’n woord, ’n reeks woorde of net ’n reëltjie wat in jou kop opkom. Die vorm kom vanself – deur die medium, deur die woord. Dit gaan nie om ’n verhewe idee of ’n verhewe emosie nie, maar om die suiwer skoonheid van die woord self." Lees meer oor die lewe en werk van Annesu de Vos. |
 |
Pirow Bekker: ’n huldeblyk
Albertus Bekker
In memoriam
"Hy het hoë standaarde gehad, maar hy het ook die merkwaardige manier gehad om met almal op gelyke voet te kon praat, van die mees nederige plaaswerker tot die intellektuele reuse van sy era. Hy was ’n fyn en nuuskierige waarnemer wat ’n vismot in ’n bollig sien en ’n gedig daaruit skep."
|
 |
Drie moorde in die baai deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
Zelda Mans
Lesersindrukke
"Karakters wat in jou hart inkruip, ’n gemaklike vertelstyl en spanning wat jou deur die bladsye laat vlieg, is die wenresep vir Madelein Rust se laaste roman, Drie moorde in die baai, wat onlangs verskyn het. Ek was presies halfpad deur die boek toe die nuus van haar heengaan bekend word. Ongetwyfeld het ek verder gelees met elke woord wat tot ’n mate heiliger gevoel het."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2025
PEN Afrikaans
Portale
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is. |
 |
Call for papers: Third annual Amazwi conference on children’s literature
LitNet
Books and writers
Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference that explores all aspects of children’s literature, from picture books to young adult fiction. The conference brings together authors, illustrators, translators, academics, publishers, teachers, librarians, booksellers, reviewers and all organisations and individuals working to promote or study children’s books, get children reading, and to get books to children.
|
 |
Die poppe dans
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Oor twee jaar en vier maande – in Desember 2027 – kies die ANC nuwe leiers en kan ’n verandering in die verhouding tussen die ANC en sy 'radikale' bondgenote geskied, afhangend van wie as Ramaphosa se plaasvervanger aangewys word."
|
 |
Suid-Afrika verwerp VSA se verslag oor verslegting van menseregte in SA
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Onder die Trump-administrasie maak die verslag geen melding van kritiek op bondgenote soos Israel en El Salvador of van Gaza se menseslagting of humanitêre krisis nie, terwyl dit harder kritiek uitspreek teen lande soos Suid-Afrika en Brasilië, met wie Washington koppe stamp."
|
 |
Riverhide: Rivierwegkruip laat die stres verdwyn
Maryke Roberts
Reisgogga
"’n Langnaweek-wegbreek wanneer ander mense werk, omdat jou kop en lyf suf is, moet spesiaal wees. Riverhide tussen Swellendam en Bonnievale is dit toe beslis ... Die naweek begin wanneer die eerste WhatsApp deurkom met: 'Waar trek julle?' want almal ry uit verskillende rigtings na een bestemming."
|
 |
Teologiese perspektiewe op digitale nalatenskap
Jaco Beyers
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Digitale beelde van die afgestorwene kan eerbiedig aangebied word as ’n herinnering aan die bestaan van die afgestorwene, maar nie as ’n plaasvervanging of illusie van die bestaan van die afgestorwene nie."
|
 |
Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed
Corlene Jacobs, Mariëtte Koen
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."
|
 |
Muslim arts patrons ennie Artscape Women’s Humanity Festival: ’n onderhoud met Marlene le Roux
Tasneem Daniels, Marlene le Roux
Leefstyl
"Die Artscape Women’s Humanity Arts Festival keer vanjaar terug met ’n kragtige reeks geleenthede, optredes en gemeenskapsbetrokkenheid – alles gesentreer rondom die temas van genesing, verteenwoordiging en aktiewe vredesbou. Die 2025-uitgawe nooi mense van alle geslagte, agtergronde en oortuigings uit om deel te neem aan die noodsaaklike en dikwels uitdagende werk om ’n meer regverdige en inklusiewe samelewing te bou." Tasneem Daniels gesels met Marlene le Roux oor onder meer Artscape se bedrywighede tydens Vrouemaand.
|
 |
The Barber of Seville: prettige opera in intieme teater bied groot vermaak
Maryke Roberts
Teater
"Die lekkerte begin sommer nog voor die gordyn vir die eerste bedryf lig, wanneer Jan Hugo, die musikale regisseur, met sy manelpak en pluiskeil deur die teater stap en agter die vleuelklavier inskuif. ... Ek is verheug om te sien die stuk gaan ook na die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Spier-amfiteater."
|
 |
"Kom ons begin ’n band": ’n onderhoud met Janke Mostert
Naomi Meyer, Janke Mostert
Musiek
Janke Mostert praat in hierdie onderhoud oor hoe alles begin het, oor alternatiewe Afrikaanse musiek, popkultuur, lirieke, optredes in Aandklas – en hoe Dierbaar na die Maan verlede jaar die ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-kompetisie gewen het.
|
 |
Persverklaring: ATKV-Taalgenoot se Ruk en rym-semifinaliste 2025 bekend
LitNet
ATKV-Portaal
ATKV-Taalgenoot-Ruk en rym, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, het tot 28 Julie inskrywings ontvang en ná ’n rekordgetal – ’n allemintige 93 – musikante hul kuns met die Ruk en rym-keurders gedeel het, is die 20 semifinaliste van die kompetisie nou bekend.
|
 |
Rou
Ilza Roggeband
Fiksie
"Haar ouers was regverdige mense. Sy is grootgemaak om mense te respekteer. Praat wanneer met jou gepraat word. Wees hoflik. Sê asseblief en dankie vir die tannie was altyd haar ma se laaste woorde voor sy afgelaai is by die min kinderpartytjies waarheen sy genooi is."
|
 |
Geesherlaaier
Zebulon Kochk
Poësie
"haal die halter van jou kop
herlaai jouself wéér met pitkos"
|
 |
Heel
Tharisa Coetzee
Poësie
"En met vreugde en vrede speel jy jou laaste sielsnoot,
maar dit weergalm deur my diepste denke"
|
 |
Drome
Cherise Hattingh
Poësie
"Ek droom, maar dit glip uit my greep.
Die oorblyfsels gee weg dat dit oor jou was."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|