|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 840
12/03/2021
|
Krities Afrikaans
|
’n Hart is so groot soos ’n vuis
Skrywer: PP Fourie
Uitgewer: NB-Uitgewers
ISBN: 9780795710018
’n Hart is so groot soos ’n vuis is die storie van ’n seun, Paul, se komplekse verhouding met sy gewelddadige dog charismatiese alkoholis-pa. Paul onthou sy ouers se somtydse versoening, gevolg deur desperate vlugtogte saam met sy ma. Dit is ook die roerende verhaal van Paul se ontwikkeling as jongman, en van sy selfontdekking. En die storie van sy ontferming oor sy vervreemde halfbroer, iemand wat hy met alle mag wil beskerm, die enigste ander persoon wat dáárdie man “Pa” kan noem. |
 |
|
 |
US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid
Frederik Rudolph van Dyk
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die hewige belangrikheid van persoonlike outonomie en vryheid om jou taalkeuses uit te oefen beteken dat afdwinging van Engels neerkom op ’n growwe skending van basiese menseregte. Die letter en gees van die Handves van Menseregte is in totale teenstryd met die gedrag van Maties-koshuisleiers teenoor hierdie studente."
|
 |
US-taaldebat 2021: Toe, wanneer word jy baas oor ’n ander se mond?
Lynthia Julius
Universiteitseminaar | University Seminar
"Afrikaans gaan nêrens. In die geval van die twee koshuise moet die HK aangespreek word. Dis nou net die geval waar ’n student bietjie mag bekom en dan wil maak soos hy lus kry. En hoe sê die slimmes? Mag korrupteer. Absolute mag korrupteer absoluut."
|
 |
SU language debate 2021: Inside this anxious world of the taalstryders
Jonathan Jansen
Universiteitseminaar | University Seminar
"It is yesterday’s battle, and that is why the sense of loss leads to such an emotional, almost visceral response in the few. That is why a little incident in a residence can be catastrophised in Afrikaans newspapers. Afrikaans on campuses, quotas in sports, and gay dominees still sell Afrikaans newspapers."
|
 |
Uit die argief, US-taaldebat: Marlene van Niekerk on the Stellenbosch University language debate
Marlene van Niekerk
Universiteitseminaar | University Seminar
"I think the plot has been completely lost, and with it the spirit of imaginative transformation. You have not understood yet that there is a very modern, pedagogically sound and intellectually progressive basis for promoting mother-tongue education and linguistic diversity and for developing and protecting minority languages."
|
 |
Persvrystelling: Verbod van Afrikaans by Stellenbosch-koshuise
LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
Die afdwing van die koloniale taal in die opvoedkunde en die gepaardgaande verbod op die inheemse tale, is natuurlik ’n ou en gediskrediteerde koloniale praktyk wat geweldige taalkundige en kulturele skade verrig het.
|
 |
Persverklaring: US-Taalbeleid word in 2021 hersien
LitNet
Akademies en skole
Die Taalbeleid (2016) van die Universiteit Stellenbosch (US) word gedurende 2021 hersien as deel van die hersieningsiklus van elke vyf jaar soos wat in dié beleid voorgeskryf word.
|
 |
Studenteprotes: ’n tydbom wat gewag het om te ontplof
Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar
"Die dood van die 35-jarige Mthokozisi Ntumba wat onskuldig in die skermutseling tussen die polisie en studente doodgeskiet is, is ’n vingerwysing na ’n veel groter probleem as studentebetogings en polisiebrutaliteit. Die vinger wys direk na die ANC wat die armes oor die jare heen heuning om die mond smeer met valse en onuitvoerbare beloftes."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Tony Leon
Freek Robinson, Tony Leon
Onderhoude
By geleentheid van die verskyning van sy nuwe boek, Future tense ‒ Reflections on my troubled land (Jonathan Ball Publishers, 2021), gesels die politieke veteraan Tony Leon met Freek Robinson oor Suid-Afrika vandag.
|
 |
Die vader van die masker
Izak de Vries
Menings
"Wu het besef dat die bakterieë deur die lug versprei word en het ’n masker van lap en gaas ontwerp om seker te maak dat hy, en ander, nie die bakterieë inasem nie."
|
 |
COVID-19: Eensaamheid in die tyd van ’n pandemie
Jacques le Roux
Menings
"Ek het my geliefde, lewenslustige, gesonde en een dag kort van haar 85ste verjaardag moeder op 1 Februarie aan die gevreesde virus afgestaan. Nou moet ons oppas dat die pandemie nie in ’n epidemie van die hart oorgaan nie."
|
 |
Tito se tragiese twiet laat vrae ontstaan
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"’n Omstander is Woensdag deur die polisie doodgeskiet gedurende ’n protesaksie deur studente van Wits-universiteit oor die beweerde finansiële uitsluiting van studente ... Die dood van die man gister in Braamfontein, Johannesburg, het óók die nuus gehaal omdat ... die minister van finansies, Tito Mboweni – daaroor getwiet het."
|
 |
Mboweni tree vir Zuma in die bres
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die minister van finansies, Tito Mboweni, het hom die afgelope week vir die tweede keer binne een dag in omstredenheid gehul met nog een van sy talle omstrede uitlatings op Twitter. In sy jongste boodskap, wat wye reaksie uitlok, tree hy in die bres vir oudpresident Jacob Zuma. Mboweni het gesê wat ook al Zuma se tekortkominge mag wees, glo hy nie dat Zuma die vryhede in die land waarvoor daar hard geveg is, wil ondermyn nie."
|
 |
Gees van die US se taalbeleid “verkeerd geïnterpreteer”
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die gees en bedoeling van die Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) is waarskynlik verkeerd geïnterpreteer en toegepas op ’n manier wat nie strook met die doelstellings van die beleid en waardes van die universiteit nie."
|
 |
Nuwe internasionale studiemoontlikhede in Afrikaans
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Studente wat in Afrikaans verder wil studeer, kan dit nou wêreldwyd deur die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia doen. Volgens Paul Vogel, operasionele hoof by Akademia, word die instelling oorweldig deur navrae van so ver soos Dubai, Nieu-Seeland en Nederland van studente wat deur middel van afstandleer in Afrikaans verder wil studeer."
|
 |
Coup d'état vanuit Nkandla
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Met die staat se beleid wat eintlik deur die ANC se uitvoerende komitee beheer word en dus nie eintlik meer deel is van die demokratiese potensiaal van die land nie, het die magsgreep nie reeds plaasgevind nie? Bewys Zuma nie juis dat in die era van sosiale media as die tiran se tribunaal, met trolle as sy laksmanne, dat mag nie meer afhang van wie in Mahlamba Ndlopfu slaap nie?"
|
 |
Waarover ging de ophef rond Rijnevelds Gorman-vertaling nou écht?
Ingrid Glorie
Literatuur
"De essentie van Deuls pleidooi is niet – zoals het door De Vries en vele anderen opgevat wordt – de claim dat een witte vertaler nooit het werk van een zwarte schrijver kan of mag vertalen. Het is een oproep aan literair agenten, uitgevers, redacteuren, vertalers en recensenten om hun blik te verbreden."
|
 |
Jongste naamsveranderinge: Waar is die vroue?
Elsabé Brits
Meningen
"Suid-Afrika het soveel ander merkwaardige vroue gehad, soos Maxeke. Ek sal myself nie daarstel om voor te stel wie vereer moet word nie, maar daar is ’n lang lys sulke vroue se name in my kop. Indien ons die verlede se foute wil regstel, moet ons ook die patriargie en die rol wat vroue in ons geskiedenis gespeel het, regstel. Dit is nog nie gedoen nie."
|
 |
"Vertel me hoe het voelt." Millennials schrijven zich een weg uit de impasse
Ingrid Glorie
Literatuur
"Schrijvers van de zogenaamde millennialgeneratie zijn inmiddels een geduchte factor in de hedendaagse Nederlandstalige literatuur. Dat bleek maar weer eens toen op maandag 1 maart de shortlist van de Libris Literatuur Prijs 2021 aangekondigd werd. Vier van de zes genomineerden zijn van ná 1980; hun gemiddelde leeftijd is 34 jaar."
|
 |
Persbericht: Boeken uit het Huis (2) ‒ Harry Kalmer
Voertaal
Zuid-Afrikahuis
Het doel van "Boeken uit het Huis" is de bekendheid van de Afrikaanse taal en de Afrikaanstalige literatuur in de breedste zin van het woord in Nederland, Vlaanderen en wereldwijd te bevorderen.
|
 |
LitNet-blokraai: Letterkunde-onderrig
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Die onderrig van letterkunde is nie altyd maklik nie, maar hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
LitNet-blokraai: Droomdelwers deur Esta Steyn
Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle
Die karakters in Droomdelwers het almal drome: liefde, geluk, om dinge te behou soos dit is, om ’n goeie toekoms te hê. Hierdie blokraai en ’n kort analise van die roman kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.
|
 |
Wiskunde, graad 1: vraestel en memo
Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle
Is jou kind vanjaar in graad een en wil jy graag seker maak sy het haar wiskunde vir die eerste kwartaal onder die knie? Saam met LitNet is wiskunde kinderspeletjies en soveel pret soos die bou van ’n sandkasteel. Laai ’n gratis oefenvraestel en memorandum hier onder af.
|
 |
Boekbedryf stewig op koers ná ’n jaar met Covid
Melt Myburgh
Boeke en skrywers
Hoe staan sake in Suid-Afrika se boekbedryf, ’n jaar nadat die pandemie en streng inperkingsmaatreëls die industrie tydelik lamgelê het? Melt Myburgh het by hoofstroomuitgewers gaan uitvind hoe die prentjie vir 2021 lyk.
|
 |
Skoon wasgoed: Die Oom en die Juffrou
Frederik de Jager
Boeke en skrywers
"As ek sê 'haar' bedoel ek eintlik 'hulle', want dertig meter van haar witgepleisterde eenvertrek-arbeidershuisie af staan dié van oom Johannes Willemse. 'Oom', want hy moet nou al by honderd jaar oud wees. ’n Sterk, veerkragtige man met die Griekwa-trekke wat met die jare net al hoe mooier geplooi word."
|
 |
Gangster: ’n onderhoud met Carla van der Spuy
Naomi Meyer, Carla van der Spuy
Skrywersonderhoude
"Die boek is nie ’n meningstuk nie. Dit is die mense se eie stories in hul eie woorde en hul eie taal. Anders is dit nie eg nie."
|
 |
Nagjagter deur Jan Vermeulen, ’n lesersindruk
Irene Schoonwinkel
Lesersindrukke
"In Jan Vermeulen se jongste sielkundige riller, Nagjagter (2020), eksperimenteer hy met die Gotiese vampier-subkultuur, kliniese vampirisme en die invloed wat godsdiens op die geestelik versteurde bewussyn kan hê."
|
 |
Slagoffer deur François Smuts: ’n FMR-resensie
Alet Mihalik
FMR-resensie
"Smuts is ’n vernuftige woordsmid met ’n intieme kennis van die regstelsel, hofprosedures, tronktoestande en bendebedrywighede. Daarbenewens is hy wyd belese en berese, soos blyk uit verwysings na klassieke literatuur en die ontdekking van interessante kulture waarheen hy die leser oortuigend begelei."
|
 |
Walking in the shadow by Carmen Radtke: an inter-review
Janet van Eeden, Carmen Radtke
Books and writers
"The story of Jimmy Kokupe is an unlikely subject for a historical drama, but his character is based on one of a number of men who were sent to the island by the British colony to live out their days in isolation during the early 1900s."
|
 |
Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Dana Snyman
Theo Kemp
Boeke en skrywers
Mondelings, smaaklike geleenthede vir boekvrate en smulpape, het op 4 Maart afgeskop met die gewilde skrywer Dana Snyman wat met Kabous Meiring oor sy werk gepraat het. Hier is foto’s van die geleentheid.
|
 |
Vinkel en koljander: Silwer, sand en kohl-omlynde oë
Helena Opperman
Reis
"Ek het lank gewag om Bedoeïen-vroue te ontmoet. Hul silwer juwele is oral in Oman te koop, groot handgemaakte stukke versier met klokkies en allerhande simbole van Islam. Ek het gewonder oor die nomadiese vroue wat in die eindelose duine van Wahiba rondtrek opgetof in swaar juwele."
|
 |
Athlete A, ’n resensie
Leon van Nierop
Film
"Kykers moet weet dat ’n hulpelose woede jou beetpak as betrokke toeskouer van die wandade en die ontboesemings. Dis nie maklik om te sien nie."
|
 |
Tussen klip en knot
Melanie Grobler
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Melanie Grobler se gedig hier.
|
 |
In die tyd van korona
Christo Meyer
Poësie
"Hy verwoes en vernietig families
hy bring ondraaglike pyn
en die seer daarmee gepaard
is ’n seer wat nooit verdwyn"
|
 |
Wat gaan van ons word?
Melanie Pienaar
Poësie
"Die wêreld sidder en beef
in opstand teen één vrees,
terwyl golf op golf
COVID-19
sy donker tol eis"
|
 |
my gedagtes se argief
Liam Hugo
Poësie
"Maar ek sit hier op die trap en staar
En dat ek aan my hart en siel moet verklaar
Dat my gedagtes my soms onderdruk"
|
 |
Liefdesfleur
Driekie Grobler
Poësie
"kom verwarm my hart se treur
van hierdie wintervries
en vou my toe in genade"
|
 |
Elders gesien: Namib100 – dag 4
Marika van Heerden
Elders gesien
"Die sandsnoere het soos ’n kunstenaar se verfstrepe en kwashale voor my uit gedans op die maat van sy eie musiek."
|
 |
Elders gesien: Namib100 – dag 5
Marika van Heerden
Elders gesien
"My hart, my siel, my asem, my alles lê in die sand tussen die duine van die Namibwoestyn en in die eindeloosheid van sy skoonheid. Dit loop deur my murg van die tyd af toe niemand my nog geken het nie."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|