Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1118

17/09/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Gratis Wiskunde-klasse

Daardie lewe: Karel Schoeman

Skrywer: Ria Winters
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485315674

"Binne sy enge perke is my lewe, soos hier uiteengesit, seker op sy eiesoortige manier volmaak, en in elk geval ’n bron van vol- en genoegdoening, en rede tot dankbaarheid." In hierdie literêre biografie van die Suid-Afrikaanse romanskrywer, historikus en vertaler Karel Schoeman (1939–2017) put Ria Winters uit nuwe argivale bronne, koerantartikels en persoonlike korrespondensie, en plaas sy lewe en werk binne die konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Akademies en skole

Wiskunde-video: Graad 8 – totale buite-oppervlakte van ’n prisma, metode 1

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld metode 1 vir die berekening van die totale buite-oppervlakte van ’n prisma vir graad 8’s.

Wiskunde-video: Graad 8 – totale buite-oppervlakte van ’n prisma, metode 2

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld metode 2 vir die berekening van die totale buite-oppervlakte van ’n prisma vir graad 8’s – hier’s ’n formule!

Wiskunde-video: Graad 8 – Pythagoras se stelling

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld Pythagoras se stelling vir graad 8’s.

Wiskunde-video: Graad 8 – omgekeerde Pythagoras

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld die omgekeerde Pythagoras-stelling vir graad 8’s.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Daniël en Theon: Relasionaliteit en ’n vriendskap "van die mees onverwagte aard" in S.J. Naudé se Van vaders en vlugtelinge (2023)

Janien Linde
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Bestaande lesings van Naudé se werk fokus dikwels op aspekte van queer-identiteit, migrasie, transnasionalisme en alternatiewe vorme van verwantskap. As bydrae tot die gesprek, voer hierdie navorsing aan dat vriendskap ’n selfstandige analitiese kategorie is wat nuwe perspektiewe op die roman ontsluit."

Persverklaring: Oproep om referate – 1ste Kongres van die Afrikaanse Taalkunde-en-Letterkundevereniging

LitNet
Akademies en skole

Die ATLV is in die lewe geroep met die doel om ’n verenigde Afrikaanse akademiese landskap te verken en te karteer. Kinese, die beweging of verandering van ’n organisme in reaksie op ’n bepaalde stimulus, vorm daarom ’n gepaste kongrestema.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Boeke en skrywers

Die tragiese as miskende verstaanskategorie: ’n naby blik op twee politieke denkmodusse

Charl-Pierre Naudé
LitNet-skrywersberaad

"In die agtergrond van die oorgang vanuit die noodlotsgees na die bevrydingsgees is daar die verhaal van die mens se vrye wil. Vrye wil al dan nie is ’n belangrike speler op hierdie verhoog."

Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 1: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers

Francis Galloway
Seminare en essays

"My doktorale navorsing het gefokus op Breytenbach se loopbaan as openbare figuur en skrywer en is later uitgebrei in ’n boekpublikasie. In hierdie monografie doen ek uitgebreid verslag oor die publikasie en resepsie van sy oeuvre tot aan die einde van die 1980’s. In 2012 verskaf ek op LitNet ’n breë kartering van sy uitgeegeskiedenis tot op daardie stadium. Hierin het ek tussen drie plaaslike fases onderskei en dit oorsigtelik toegelig. Vandag meen ek dat daar ook ’n vierde produksieperiode onderskei kan word, veral na 2019, met publikasies buite die hoofstroom en op aanlyn platforms soos LitNet en Versindaba."

Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 2: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers

Francis Galloway
Seminare en essays

Dit sou vandag wyle Breyten Breytenbach se verjaardag gewees het. Lees die finale deel van die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis.

Boekresensie: Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout

Dewald Koen
Resensies

"Bezuidenhout slaag daarin om ’n gewigtige tameletjie ’n omwenteling te laat ondergaan en ’n storie van hoop, vriendskap en vergifnis te vertel."

Liefdesdroom deur Bets Smith: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Krimiskrywers én -lesers gaan hierdie mooi Romanza geniet. Lees die boek om te sien waarom ek so sê."

Hoe ver is eendag? deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Maar ek moet ongelukkig erken dat ek baie stadig opgewarm het teenoor die manlike hoofkarakter. Keenan Luyt kom aanvanklik net té koud, bombasties, dreigend, manipulerend en onbeskof voor."

Copyright for writers: a practical guide by Owen Dean and Leslie Downie – an interview on the rules of the game

Naomi Meyer, Owen Dean, Leslie Downie
Books and writers

"Warn them," Dean repeats. "If you use AI, your work might not be protected." "Don’t do it," Downie says. "Respect your own work. Respect your fellow writers’ work."

Oscar Pistorius: The big lie and the right to a fair trial – ’n onderhoud met Chris Marnewick

Carla van der Spuy, Chris Marnewick
Skrywersonderhoude

"Chris is daarvan oortuig dat Oscar eerder aan strafbare manslag skuldig bevind moes word."

Inter-review with Karl Luntta, writer of What the trumpeter said and other stories

Elsibe Loubser McGuffog, Karl Luntta
Books and writers

"To me, all short stories start with a grain of experience and a seed of truth gleaned from something that happened to the writer. Some of the incidents and dialogue in the Trumpeter stories incorporate real(ish) events, but only to the extent that these events create a foundation on which to build a satisfying fictional world. I think fiction writers start with a question: 'What if …?'"

Alta Cloete (1956–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As skrywer soek ek saam met my lesers na ’n bietjie ontvlugting uit die harde werklikheid, daardie stukkie romanse wat my weer krag vir die vuil skottelgoed, die hondehare op die teëls, die eise van my gesin en die ellendes op die nuus gee."

Fotobeeld: Joan Hambidge by die 15de Tuin van Digters gehuldig – en meer

Engela Duvenage
Boeke en skrywers

"Tuin van Digters, alom bekend as die Tuiste van Afrikaanse Digkuns, is vanjaar vir die 15de keer aangebied. Dit is van 11 tot 12 September 2026 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied – en nie eens reënweer op die Saterdag kon deelnemers en besoekers se meelewing vir die Afrikaanse digkuns keer nie."

Open Book Festival 2026: a home for the word

Jerome Coetzee
Books and writers

"Cape Town can be proud of many attractions, but the Open Book Festival is a gem that is a rare example of what the rainbow nation and ubuntu are. This festival is the highlight of our year not only as writers, readers and artists, but as a community. Even if it is your first time attending, you know that you will find your way into the literary community and meet new people."

Riaan Manser: avonturier, skrywer, spreker, maar ook ’n omgeemens

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Ek hoor ook hoe Manser sê: 'Ek so bly oor wat julle hier doen. Weet julle hoekom? Ek gaan een van die dae ophou om die ou te wees wat baie praat oor die omgewing, maar dan gaan julle dit moet doen. Julle is die mense wat my werk moet voortsit.'"

Gerrit Olivier: ’n persoonlike huldeblyk

Willie Burger
In memoriam

"Die laaste drie dekades van die vorige eeu was ’n opwindende tyd vir letterkunde. Dit was ’n tyd toe skrywers en digters en letterkundiges soos Gerrit ’n groot invloed gehad het, ook in die breër intellektuele lewe. Dit is droewig om te ervaar hoedat die Grotes van daardie tyd een-een wegraak, en hoe daardie opwindende tyd daarmee saam verlore raak."

Gerrit Olivier is nie meer by ons nie

John Miles
In memoriam

"Ek wil een aktiwiteit van Gerrit uitsonder wat van kritieke waarde was vir die meer normale gang van nuwe skryfwerk: sy leidende rol as redakteur van die tydskrif Stet wat deur Taurus geborg is."

Persverklaring: ATKV-Kinderboektoekennings vier stories en lees

LitNet
Kinderboeke

Die ATKV-Kinderboektoekennings bekroon jaarliks die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 11 tot 17 September 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Menings

Dit is die patriargie in ons samelewing wat reeksmoordenaars baar

Heindrich Wyngaard, Bafana Khumalo
Onderhoude

Die land is geskok oor die liggame van tot op hede nege vroue wat in Ekurhuleni ontdek is nadat hulle vermoedelik die slagoffers van ’n reeksverkragter en -moordenaar was. Heindrich Wyngaard praat hieroor met die organisasie Sonke Gender Justice se Bafana Khumalo.

Take your pick: Heritage Day! King Shaka’s Day or Braai Day?

Sihle Khumalo
Opinion

"Why do we wait for September to celebrate our heritage? Heritage, especially at a personal level, is the collection of traditions, values and culture."

Erfenis-tameletjie, |UMIS !GOMSIB

Jeffrey Hartzenberg
Menings

"In erfenis het taal ook baie waarde, en ons Khoi-mense het ook daai trauma en geweld ervaar waar ons GOWAS (taal) van ons geneem is, met veral kerke wat ook ’n rol in dié aspek gespeel het."

Van militêre oefeninge na magprojeksie: China se uitbreidende militêre toegang in Afrika

Fanie Herman
Menings

"Nuwe ontwikkelings wys egter dat China toenemend die vermoë ontwikkel om soldate, vliegtuie en skepe oor groot afstande te ontplooi en sodoende mag buite sy eie grense te projekteer."

Vulpro se voëls wil ook van geweet wees

Izak de Vries
Menings

"Vir aasvoëls wentel kennis om die verskil tussen lewe en dood."

Oor ’n speelgoedmotor – en oor die realisering van toekomsideale

Handré Brand
Seminare en essays

"Watter sielkundige faktore sou kon meehelp om konsepformasie by ’n jong kind sinvol te realiseer? Of anders gestel: Hoe word ’n aanvanklike ideaalfantasie tot ’n volhoubare doelwit ontwikkel?"

Die aarde is jou verhoog

Cornelius Henn
SêNet-briewe

"Mense wat onder eng staatsateïsme grootgeword het, was onvoorbereid op hierdie geestelike aanslag en het hulle blindelings gevolg. Die lyne tussen droom en waansin het vervaag."

Uit die argief

LitNet se skolemateriaal: RSG-onderhoud

Menán van Heerden
Onderhoude (Maart 2026)

Ouers, leerders, onderwysers, oumas en oupas: RSG Kompas se Hazel Janse van Rensburg gesels met LitNet se Menán van Heerden oor LitNet se skolemateriaal, insluitend gratis vraestelle en wiskundevideo’s. Luister na die potgooi.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 9 tot 15 September 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 9 tot 15 September 2026.

Nou op Voertaal

ANC kry eerste houe op die ken nog voordat die stembusse open

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die OVK is nou vry om die finale kandidaatslyste bekend te maak, wat die verkiesingsproses op skedule hou."

Vroue in Ekurhuleni vrees vir ’n reeksmoordenaar ná nóg liggame by ondersoek gevoeg is

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Teen Dinsdagoggend is ’n agste liggaam by die ondersoek betrek. Die ontdekkings in KwaThema, ongeveer 45 km van Kempton Park, het die vrees laat verdiep dat dit die werk van ’n reeksmoordenaar kan wees."

ANC kry wind van voor van alle kante voor 4 November-verkiesing

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die 'fat cat'-grappe is nie bloot vermaak nie; hulle is ’n spieël van die gevoel dat leiers floreer terwyl gemeenskappe krepeer."

Zuma skommel MK-leierskap wéér – party beleef leierskapkrisis net weke voor verkiesing

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die vraag is daarom of die MKP hom as ’n volhoubare politieke organisasie kan vestig as sy leierskap telkens na die smaak van een man verander word."

Wilder as die wildtuin by Eike saam met Bertus en die boys

Maryke Roberts
Culinair

"Ons almal se voorouers het gejag. En soos Bertus tereg opmerk: Hy jag nie vir die trofee of horings nie; hy jag vir goeie vleis en skiet dus dikwels jonger diere waarvan die vleis sagter is."

Breyten schrijven #49: Gesprek met Georges Lory, de Franse vertaler van Breyten Breytenbach

Yves T’Sjoen, Georges Lory
Literatuur

"Quand on est époustouflé par les trouvailles d’un poète, on se sent parfois désarmé pour écrire. La traduction de Breyten m’a procuré de grands bonheurs."

Breyten schrijven #50: Conversation with Denis Hirson

Yves T’Sjoen, Denis Hirson
Literatuur

"In translating Breyten’s work I was, among other things, crossing a heavy old linguistic buffer zone inside myself. I was also translating the work of a man who was in the same jail where my father had spent nine years as a political prisoner."

Breyten schrijven #51: In gesprek met Robert Dorsman

Yves T’Sjoen, Robert Dorsman
Literatuur

"Misschien moeten we erkennen dat Breyten ons het Afrikaans heeft teruggegeven. Breyten is van ons allemaal die in het Nederlands wil zingen."

Leesimpressie: Bloed, as en tandpasta door Paul Alexander

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een helder en informatief overzicht, gebaseerd op persoonlijke contacten met Russische dissidenten en politieke gevangenen."

Persverklaring: Neerlandistiekdag 2026 en die Alfred Schaffer-erelesing

Voertaal
Sasnev

Kom luister na Marius Crous, Mustafa Stitou, Chandé van der Westhuizen en Naidene Lottering, of volg aanlyn.

Leefstyl

Aardklop Kunstefees 2026: Goed genoeg met Gerridene Berg

Yolanda du Toit, Gerridene Berg
Aardklop

"Aardklop vier verhale – die stories wat ons laat lag, onthou, dink en anders na onsself laat kyk. Goed genoeg is juis só ’n uitnodiging tot ’n eerlike gesprek oor vrouwees in al sy fasette."

ATKV-Crescendo: Mark Pekeur vind sy plek in die kollig met Meer as jy

Marzahn Botha
ATKV-Portaal

"Daar is ’n verskil tussen ’n sanger wat ’n stel liedjies op ’n verhoog sing en ’n kunstenaar wat voor ’n gehoor begin wys wie hy werklik is. By die bekendstelling van sy debuut-EP Meer as jy het die 22-jarige Mark Pekeur Vrydagaand 28 Augustus by die Daisy Jones Teater op Summerhill-landgoed buite Stellenbosch gewys dat hy besig is om daardie tweede soort kunstenaar te word."

Landmyn: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Die tempo is begryplik stadig en deeglik, en Scheepers se liefde vir die teater skemer deur in sy regie, amper asof hy vir die verhoog regisseer."

Motorrepubliek: ’n Ry-indruk van Toyota Corolla Cross 1,8 GR-S HEV

Braam Peens
Motors

"Nee, in ons toetsmodel skuil daar ’n rooi-en-swart tatoeëermerk onder dié netbalspankaptein se plastiekslimhorlosie: Dit is die letters G, R en S, vir Gazoo Racing Sport."

Toorkombuis: Roosmaryn vir die onthou – ’n onvergeetlike hoenderdis

Karen Hart
Kos en wyn

"En dis die geure wat my altyd sal bybly. Veral die roosmaryn. Dis soos die wyse Shakespeare gesê het: 'There’s rosemary, that’s for remembrance. Pray you, love, remember.'"

Elders gesien: Jean-Pierre Melville se Le cercle rouge

Naòmi Morgan
Film

"Daar is byna niks wat jou aandag aftrek van die manier waarop die tonele aanmekaarskakel nie – min dialoog, net die nodigste musiek, en die idee dat jy na ’n diefstal kyk, maar dat dit oor iets anders gaan."

Nuwe skryfwerk

tjie tjie tjie (Pampoendag 2026)

Charles Tait
Poësie

"kom sit
laat ek aan tafel goël
met pampoenkoekies en verjaarsdagkersies"

Skuil in stilte

Johan van der Merwe
Poësie

"want slegs die dwaas
in sy eie geraas
dink hy weet
terwyl hy niks weet nie."

Die lewe duur voort

Marne Marais
Poësie

"Hoeveel jare is oorgenoeg as jy nog baie jare oor het?"

Lelies

Jo-Ann Scholtz
Poësie

"Die blompot
vieslik vol
leë beloftes"

Waar stilte woon

Leigh-shaun Crotz
Poësie

"En wanneer jou laaste vrees moeg word vir sy eie vlug, sal jy miskien ontdek:
die donker was nooit jou eindbestemming nie."

Om die son te sien opkom

Karli Durr
Fiksie

"Wanneer ek deur die stoepvenster kyk, skitter die somerson reeds ’n entjie bo die see en berge. Ek vee oor my wang en my vingerpunte word nat."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved