Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1020

04/10/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou 753 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing

Rooisand: Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts

Skrywer: Jeremy Vearey
Vertaler: Kirby van der Merwe
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184670

Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: Wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal. Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922. Dit is ’n epiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die Visrivier. 

Akademies en skole

LitNet Akademies: Jongste uitgawe nou beskikbaar

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies 21(2) bevat 753 nuwe bladsye geakkrediteerde navorsingsverslae in Afrikaans. Die PDF-weergawe van die uitgawe is hier beskikbaar.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

Die volledige joernaaluitgawes van LitNet Akademies is gratis hier beskikbaar.

Onderwysers se oortuigings, onderwysers se selfdoeltreffendheid, onderriggehalte en onderrigklarigheid: die verband met Suid-Afrikaanse leerders se wiskundeprestasie

Marien Alet Graham
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Beleidmakers en belanghebbendes behoort dit te oorweeg om geteikende opleidingsessies vir onderwysers aan te bied. Hierdie programme kan fokus op effektiewe voorbereidingstegnieke, soos die optimalisering van kurrikulumbronne en die integrasie van tegnologie om lesbeplanning te vaartbelyn."

Die aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede en -probleme van redigeerstudente ten opsigte van ’n prototipe- akademiese redigeerwoordeboek

Maret Blom de Wet
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Hierdie voorvereistes en standaarde maak dit dus duidelik dat daar van redigeerders verwag word om goeie aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede te hê, asook kennis oor verskillende soorte woordeboeke, insluitend die struktuur, funksies en gebruik daarvan tydens die redigeerproses."

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die vierde stelling

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie Wiskundevideo verduidelik Lee-Ann Langeveld nog ’n Euklidiese Meetkunde-stelling. Nog sirkels wat nie graad 11’s se koppe hoef te laat draai nie; hulle sal meer hiervan verstaan as hulle na die video gekyk het. Daar is ook gratis vraestelle op LitNet wat skoolkinders kan aflaai en wat kan help om almal se punte hierdie kwartaal te verbeter!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Uit die argief

10 redes om in LitNet Akademies te publiseer

LitNet
Akademies en skole (2019)

Rede #10: Die materiaal wat jy skep, gaan talle Afrikaanssprekende studente help om hul vakgebied beter en makliker te begryp.

Die bou en benutting van ’n teoretiese raamwerk om verdiepte insig in ’n opvoedkundigenavorsingsprobleem te bekom

Hannes van der Walt, Charl Wolhuter
LitNet Akademies (Opvoedkunde) (2018)

"Vir ervare teoriebouers kom dit byna vanself: As hulle ’n aantal artikels en boeke geraadpleeg het, begin hulle al die hooflyne van ’n konseptuele en teoretiese raamwerk in hulle agterkop te vorm, en later identifiseer hulle (of beter nog: ontwikkel hulle self) een of meer teorieë waarmee hulle die geraadpleegde inligting en materiaal kan beoordeel en evalueer."

Boeke en skrywers

Die pad na lesers se harte loop deur hul lagspiere

Freek Robinson, Jaco Jacobs
Onderhoude

Jaco Jacobs vertel vir Freek Robinson hoekom hy skryf om kinders te vermaak. Robinson wil ook by Jacobs weet: Hoe weet hy dat hy sy mark verstaan? Pas kinder- en jeugboeke aan by die tye? Is daar genoeg ondersteuning vir skrywers? En: Hoe kry ons kinders weer aan die lees?

Maalkolk en Breekpunt deur Marie Lotz: ’n resensie

Anschen Conradie
Resensies

"Dis gemene saak dat ’n gebrek aan kundigheid tans die SAPD se ondersoek van kriminele sake kniehalter. Die realiteit is dat die uitslae van bloedalkoholtoetse, dwelmontledings, DNS- en vingerafdrukvergelykings, ballistiese toetse, toksikologie, en dies meer maande, en selfs jare kan neem. Dit konfronteer ’n skrywer met ’n dilemma: Sou die werklikheid in die teks nagevolg word, sal daar geen sprake van ’n volgehoue spanningslyn kon wees nie."

Donker water deur Martin Steyn: indrukke van iemand wat al lank vir Steyn se volgende boek wag

Coenraad Walters
Resensies

"Steyn verras sy leser weer eens. Dit is nóg ’n anderster soort boek – nie eers ámper jou tipiese polisieroman nie."

Single minded by Marina Auer: an inter-review

Annette Havenga, Marina Auer
Books and writers

"When desperate needs outpace scarce resources, a young doctor gets caught up in a deadly trinity of medicine, corruption and superstition. Murphy Meyer, the fictional doctor in the novel, has her own reasons for coming to work at Eden, and she will soon figure out whether Eden is a safe haven or hell. Will she be alive long enough to learn the truth and unravel the mystery she has tasked herself with?"

Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."

Cliff-hanger: "Afrikaanse boeke is net so goed soos Engelse boeke"

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

Cliffordene Norton skryf hierdie Cliff-hanger-rubriek na aanleiding van Wolk, borrelgom, foto’s en geheime, ’n gesprek wat sy tydens die Momentum Beleggings Aardklop-fees op 27 September by The Roots in Potchefstroom bygewoon het.

Koos berei ’n driegangfees

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Koos Kombuis lees vandeesmaand oor die kontinente heen. Hy vertel van André le Roux se nuwe digbundel, frons effens oor Matt Haig se nuwe roman en is gefassineer deur Louise Cilliers se Afrikaanse vertalings van Kostis Palamas se Griekse gedigte.

Press release: AVBOB Poetry Project introduces a new competition category

LitNet
Books and writers

The The AVBOB Poetry Project embarks on an inspiring journey with the addition of a brand-new competition theme, "New beginnings". At least one poem entered under this theme in each of South Africa’s 11 official written languages will be selected for publication in the eighth annual AVBOB poetry anthology, which will be published in 2025. Additionally, one commissioned poem per language will be written on this theme.

Press release: Shortlist announcement – Otto Foundation Children’s Book Award

LitNet
Books and writers

The Otto Foundation is excited to reveal the shortlists for its inaugural children’s book award. The award was conceived with the aim to support local publishers, promote new authors and illustrators, and to recognise quality South African storytelling.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 27 September tot 4 Oktober 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Fotoblad 1 van sprekers (EasyEquities Skrywersfees en diskoersgesprekke)

Menán van Heerden
Toyota Stellenbosch Woordfees

Skrywers, lede van die media, politici, akademici en regsgeleerdes het by vanjaar se EasyEquities Skrywersfees en diskoersgesprekke (insluitend die Netwerk24-gespreksreeks) by die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 vir aktuele en leersame gesprekke gesorg. Menán van Heerden het foto’s van ’n paar van die sprekers geneem.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Langtafel vol lag en deel – fotoblad

Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Meer as 450 mense het gekuier, gelag, stories gedeel en die wonderlike reënboognasie gevier. En natuurlik was die rugbyuitslae van Saterdagaand ’n goeie tonikum om die gemoedere nog ligter te hou!"

Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-persverklaring: Wenner van vanjaar se kortverhaalkompetisie

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetisie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal "Die berghaan het sy seer laat val".

Tieners skitter in #Simbiose-toneelkompetisie: ’n oorsig van die ATKV se top 10 produksies

Maryke Roberts
ATKV-Portaal

"’n Hond is die mens se beste vriend. Só lui die spreekwoord. Maar vir Sebastian en Spot is dié woorde in oortreffende trap van toepassing. Hulle doen alles saam. Spot wag heeldag vir Sebastian se tuiskoms. Hy is meer as Sebastian se hond; hy is sy beste vriend, sy kameraad, sy vertroueling." Vir Spot, die ATKV-Tienertoneel-wenproduksie, is ook vanjaar by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Schalk Joubert

Jannike Bergh, Schalk Joubert
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die Kaap het ’n baie definitiewe en sterk jazzgeskiedenis, en ek is bly om te sien dat dit aanklank vind by ’n jonger geslag. Ons kan trots wees daarop en moet dit soveel as moontlik ondersteun."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – ’n resensie

Jeani Heyns
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die eteriese eggo’s van die openingsmelodie hang in die lug soos die frase 'Hoe het dit skielik laat geword' oor en oor herhaal word. Met elke frase verskuif die harmonielyn effe, ’n doelbewuste dissonansie wat ’n gevoel van leegheid skep. Op die skerm sweef sterrestelsels, en ek dink: As ons aan die einde van die heelal kom, en daar is net dié musiek en die woorde van Olga Kirsch, kan ek in vrede heengaan."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Othello – an Instagram review

Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees

"All the cast deliver solid performances, with many playing dual roles effortlessly. The interweaving of languages is also used poetically throughout the performance and adds another layer to an already musical script."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vergeet van my (en moenie vergeet van gratis of goedkoop vertonings nie)

Naomi Meyer
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Dit kan die beeldmateriaal wees wat slim bymekaargevoeg is, of Beer se teks – wat gestroop is van onnodige woorde, en wat net die nodigste vertel of impliseer – wat hierdie film die moeite werd maak om te gaan kyk."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Metropolar – a review

Jannike Bergh
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Weaving together 35 minutes of hand-drawn animations and a spoken-word script created 10 years ago, the multimedia project Metropolar is back in the form of IIIFoet – Jotam Schoeman (animation film, guitar and vocals), Modise Sekgothe (narrator and vocals) and James Robb (sound design). The three artists come together to create a soundscape that contains the tug and pull of the interconnectedness and apartness of the South African experience and the polarities contained within the country’s most commanding metropolis, Johannesburg."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: American rhythms deur die Wynlande Filharmoniese Orkes – ’n resensie

Chantal Grove-le Guillou
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die bekende opening van Gershwin se 'Rhapsody in blue' is meestal deur alle solospelers van die orkes netjies en in karakter behartig ... Die diversiteit van Wang se vermoëns is mooi ten toon gestel in hierdie dinamiese werk, waar die pianis ook uitstekend deur die orkes ondersteun is."

Marie se laaste dag by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n kort resensie van ’n kortfilm

Naomi Meyer
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Hoe moeilik om ’n komedie te laat slaag in ’n land met soveel sensitiwiteite vir mekaar. Hoe vars en eerlik en bitter ongemaklik-snaaks is hierdie kleinverhaal. Mens kan dit ook gaan kyk net ter wille van Mandri Sutherland se hoofrolvertolking."

Hollywood at Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Glitz, glam and razzle-dazzle – an Instagram review

Estelle Terblanche
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Old-style glam, new celebrity, tragedy behind closed doors, red carpets, a pocket full of dreams and a long line of rejection – these are the overarching themes of Hollywood, a dance production performed by Lamta students at this year’s Woordfees. It is, in summary, a whole lot of fun – an easy-to-watch showcase of talent, skill and performance styles."

Die koning se bruid by Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n resensie

Naomi Meyer
Toyota Stellenbosch Woordfees

"In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd."

Momentum Beleggings Aardklop 2024: Reünie – ’n kort resensie

Cliffordene Norton
Aardklop

"Laat die lewe enige generasie onaangeraak? Is daar ’n generasie wat nie liefde, verlies en drama ervaar het nie?"

Momentum Beleggings Aardklop 2024: Laaitie mettie biscuits – ’n kort resensie

Cliffordene Norton
Aardklop

"Nathaniel was ’n 16-jarige seun met Down se sindroom, en is na bewering meters van sy huis af in Eldoradopark deur die polisie doodgeskiet. Die saak is nog nie afgehandel nie."

Will and Harper: ’n kykersindruk

Hermione le Roux-Ellis
Film

"Jan Alleman ontdek dat Steele eintlik ’n doodnormale mens is soos ons almal. Ek dink wel omdat Farrell is wie hy is, sal die film meer aandag geniet as ander soortgelyke produksies."

Persverklaring: Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Ontdek verhale uit die verlede wat ons vandag nog raak: van vroue en kinders, kerkmanne en krygers, kos en kleingeld, kerkmusiek en volksliedjies, familieregisters en -briewe.

Press release: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 introduces new jazz venue and concert series "Jazz at the Konserve"

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

The vibrant rhythms of Cape jazz and the rich heritage of South African has been taking centre stage at the new "Jazz at the Konserve" concert series, hosted at the stunning outdoor SU Konservatorium Amphitheatre during the 2024 Woordfees. This exciting new jazz venue has been show-casing award-winning talents celebrating both established icons and emerging stars in South African jazz.

Persverklaring: Die Toyota Stellenbosch Woordfees-kunsveiling is nou oop

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

As jy nie by die Woordfees kan uitkom nie, kan jy steeds aanlyn bie of kuns kyk op die jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die fees, in samewerking met Strauss & Co. Werke van gevestigde en opkomende kunstenaars kan van 28 September tot 6 Oktober in die Stellenbosse stadsaal besigtig word. Teresa Lizamore is die kurator en bieërs kan aanlyn vanaf enige ligging bie. Die aanlyn veiling by straussart.co.za duur tot 7 Oktober 14:00.

Persverklaring: Strauss & Co-kunsuitstalling by Oude Leeskamer tydens Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Strauss & Co benut weer die Oude Leeskamer-ruimtes met ’n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sluit werke in van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall.

Persverklaring: Wentzel wag vir Annabel se oproep!

LitNet
Musiek

Wentzel is beslis nie net ’n boer in murg en been nie, maar weet ook hoe om sy aanhangers te bederf met ’n lekker sokkietreffer! Luister sy nuwe enkelsnit hier.

Menings

Openbare skole se finansies: Hoekom ouers in Oktober oor die geldsake van hul kinders se skole moet praat

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Eienaarskap en verantwoordelikheid. Die 'openbare' aard van ons skole plaas die eienaarskap van ons skole in die gemeenskap, en die model van samewerkende beheer deur die beheerliggaam versterk dit. ’n Skool met betrokke ouers het ’n baie groot voordeel."

Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika

Maryna Blomerus
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."

Whitewashing history: Flawed exhibition on forced removals

Moegammad Tahier Kara
Opinion

"The map of Die Vlakte, another critical component of the exhibition, fails to represent the entire area accurately. Instead of depicting the full extent of Die Vlakte, the map includes only a few streets, while prominently featuring the predominantly white areas of the town."

Die Israel-Iran-konflik: Is ons een tree nader aan die Derde Wêreldoorlog?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"En waar laat dit Suid-Afrika? Iran is sedert Januarie vanjaar lid van Brics. Hulle het reeds regsaksie teen Israel ingestel. Is daar oorlog, gaan ons dus aan Iran se kant veg."

Toyota Stellenbosch Woordfees: ’n Nuwe generasie vir taaltransformasie

Jean Oosthuizen
Menings

Op 2 Oktober het die diskoersgesprek "Gesprekke oor Afrikaans: ’n nuwe generasie vir taaltransformasie" (aangebied deur Afrikaans Amptelik 100) by die Toyota Stellenbosch Woordfees plaasgevind. Danie Marais het met Marcelyn Oostendorp, Dylan Hess en Phillip Louw gesels. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die gesprek.

Toyota Stellenbosch Woordfees: Kunsmatige intelligensie en die tradisionele Universiteit (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar

"Wat KI en masjienleer betref, is Ramjugernath en Van der Merwe dit eens dat dit gekom het om te bly."

Toyota Stellenbosch Woordfees: Is etniese politiek en mobilisering op die terugkeerpad? (Netwerk24-gespreksreeks)

Jean Oosthuizen
Menings

Theuns Eloff, Christo van der Rheede en Tessa Dooms het met Gert van der Westhuizen oor etniese politiek en mobilisering gesels, spesifiek na aanleiding van politieke partye soos die MKP van Jacob Zuma en Gayton McKenzie se PA se goeie prestasies in sekere gebiede in die afgelope verkiesing, asook die vroeëre Afrikaner Verklaring deur ’n aantal Afrikaner-organisasies en individue. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van die gesprek.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Videogesprek met Louise Cilliers oor Kostis Palamas, die ses woorde van die sigeuner

Johann Rossouw, Louise Cilliers
Rubrieke

In hierdie aflewering van die Johann Rossouw-gespreksreeks praat Louise Cilliers met Johann Rossouw oor haar vertaling van hierdie Griekse boek.

China se strategie om die medialandskap in Afrika te verander

Fanie Herman
Menings

"Die oproep vir Afrika is om Chinese disinformasie te verwerp en objektiewe kanale vir die verspreiding van nuus te skep."

Frits Gaum: In memoriam

Chris Jones
In memoriam

"Frits was teologies en polities – in sommige opsigte – betreklik behoudend, maar hy kon op ’n waardige manier met jou verskil. Hy het ook aanvaar dat ons mekaar nie altyd van ons standpunte sou oortuig nie."

Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal

Jean Oosthuizen
Elders gesien

"Nooit maar nooit het hy my uitgesluit omdat ek anders glo nie, al was dit sekerlik nie vir hom lekker nie."

Naamloos onder die naamloses, en nou ook sonder adres

Hennie van Deventer
Elders gesien

"Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander vreemdhede rondom Louw se dood, waarvan die ergste sekerlik is die verloop van sake met sy as."

Laat ons genade hê met mekaar se offers

Carina Stander
Elders gesien

"Ek het geen veroordeling in my hart vir enige iemand wat die land verlaat nie – na ons gewelddadige inbraak in Kaapstad in 2005 wou ons emigreer."

Nou op Voertaal

Kom daar ’n derde wêreldoorlog?

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die heersende wêreldorde is besig om te verander en konflik neem wêreldwyd toe, maar dit beteken nie ’n derde wêreldoorlog is op pad nie."

Mislukkings van NVG-administrasie laat kinderverkragter op vrye voet

Jean Oosthuizen
Voorblad

"’n Veroordeelde kinderverkragter is nou al vir meer as twee jaar op vrye voet en in die samelewing bedrywig omdat sy appèlsaak teen sy skuldigbevinding nooit na die Pretoriase Hooggeregshof verwys is nie."

Vakbonde vra groter minimumlone; DA sê dit sal meer werkloosheid skep

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Maandag was die sluitingsdatum vir die indien van skriftelike kommentaar oor moontlike aanpassings aan die nasionale minimumloon vir volgende jaar. Giwusa sê ’n verhoging tot R15 000 word genoodsaak deur die stygende lewenskoste."

Die nadraai van 29 Mei se verkiesingsuitslag

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die enigste party wat volgens die paneel op die oomblik werklik groeipotensiaal in Suid-Afrika het, is die MKP van Jacob Zuma, en dit is nie wat die land graag wil hê nie."

Jakarandastad onder ANC, EFF en ActionSA se beheer

Jean Oosthuizen
Voorblad

"ActionSA en die ANC-faksie, onder leiding van die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, is volgens die DA daarvoor verantwoordelik dat die Stad Tshwane weer in politieke onstabiliteit gedompel is en die hoofstad se toekoms opnuut bedreig word."

Breytenbach notitie: "La première fois que j’ai entendu parler de Breytenbach, c’était un soir de mai 1974 dans la montagne qui surplombe Stellenbosch." Tweespraak met Georges Lory, vertaler van Breytenbach in het Frans

Yves T’Sjoen, Georges Lory
Literatuur

"In een interview met Willem de Vries, opgenomen in Woordenaar woordnar, noemt Breytenbach zijn Franse vertaler Georges-Marie Lory 'familie'."

Breytenbach notitie: "Breyten est le poète le plus traduit, Antjie commence à avoir un public solide". Tweespraak met Georges Lory, vertaler van Breytenbach in het Frans

Yves T’Sjoen, Georges Lory
Literatuur

"Breytenbach was een groot figuur die door de media werd gevraagd om over Zuid-Afrika te praten: zijn briljante kennis van het Frans, zijn voorliefde voor paradoxale formules en zijn ervaring in de gevangenis maakten hem populairder dan de lokale ANC-leiders die alleen Engels spraken."

Leesimpressie: Het liefdespaar van de eeuw door Julia Schoch

Erik van den Bergh
Literatuur

"Prachtige liefdesroman, scherpe tekening van opkomst en ondergang van een relatie; ook rake typering van het leven in de DDR."

Leesimpressie: Een tuin voor verloren benen door Mahmoud Jouda

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een indringende, bij vlagen macabere, roman over de protesten in de Gazastrook in 2018–2019. De roman biedt zicht op vele vormen van geweld en vernedering, maar ook een beeld van protest, verzet en vriendschap."

Persbericht: Winnaar Taalboekenprijs 2024 bekend

Voertaal
Literatuur

De Tawl beschrijft de zoektocht (op de fiets!) naar de sporen die het Nederlands in Amerika heeft nagelaten sinds die taal daar in de zeventiende eeuw door kolonisten werd geïntroduceerd.

Nuwe skryfwerk

Fynbos-Overberg-trilogie

Willem de Swyger
Poësie

"jy sou die heiligheid begryp
hoe ’n skousaal ’n kerk word"

Kwas-en-kleur-simfonie

Pieter Loots
Poësie

"soos deur kwas en kleur gespeel
miskien eendag
geklee in wit
hoor jy ook hul hemelkoor"

Woorde

Jeanne Henning Els
Poësie

"nou is die
kole net as"

See-psige

Zebulon Kochk
Poësie

"Ek het jou as gestrooi in die oseaan
sodat jy mag swem saam met vlindervisse"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved