Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1010

25/07/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Nathan Trantraal

Gebooie

Skrywer: Rudie van Rensburg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802713

’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af. En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan. Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas. Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?

Boeke en skrywers

Die man wattie kinnes vang: ’n onderhoud met Nathan Trantraal

Annemarié van Niekerk, Nathan Trantraal
Skrywersonderhoude

"Die liewens van bryn en swat South Africans is alternative history. It is soes om te vra wat van as apartheid nooit geëindig hettie. Gan narie Cape Flats toe, dai sal jou vraag antwoord."

LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

Hans Pienaar
LitNet Akademies-resensie-essay

"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."

Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit: ’n resensie

Natasha Harmse
Resensies

"Lize Albertyn-du Toit se tweede roman, Duifeling, verskyn in 2024 en die verhaal is weer gesitueer in die Noord-Kaap, hierdie keer in die dorpie Rooiduin. By die lees van hierdie roman is ek deurentyd daaraan herinner dat fiksie ’n bewaarplek vir kulture en gebruike en maniere van menswees is."

All rise: Tales of human rights and wrongs by Roger Chennells: a book review

Rory Riordan
Books and writers

"No, he is not a rock star lawyer, as are some of those mentioned at the top of this note, but he is instead a humbler man who limited his financial ambitions to work rather with the needy and the under-resourced. He did great work here, at no great profit. The best of South Africa is built on such people making such sacrifices."

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Bester Meyer
Lesersindrukke

"’n Groot deel van die inhoud van die boek wentel om 'god' (met ’n klein letter), die goddelike, dogma en teologie wat in ’n verstaanbare spreektaal sonder fênsie literêre tierlantyntjies in digvorm bespreek word ...."

Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Pieter Verster
Lesersindrukke

"Dit is ’n deeglike besinning. Blake verheerlik niemand nie en hy verdoem niemand nie. Hy stel die historiese feite onbevange voor en beoordeel dit deeglik."

Kortliks met Stefaans: 22 Julie 2024

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Wat vir my die meeste – selfs bo die lekker intrige – uitgestaan het, is die skrywer se sigbare skryfstyl."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers

Naomi Meyer, Bibi Slippers
Boeke en skrywers

"Waar begin ’n mens? By Saartjie en die Woordfeesspan, wat basies vir ’n mens vrye teuels gee binne ’n baie breë raamwerk, naamlik: Ons wil vir kunstenaars ’n platform skep om hulle te kom uitleef en hulle kuns te deel, en ons wil vir feesgangers ’n lekker tyd gee." Bibi Slippers praat met Naomi Meyer oor die EasyEquities Skrywersfees by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Persverklaring: Dié skrywers het die 2024-Woordfeeskortverhaalbundel gehaal

LitNet
Boeke en skrywers

Twee-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die negende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit pennevrugte in van gedugte skrywers soos Frederik de Jager, die bekroonde joernalis Murray La Vita, en Daneel Jantjies wat laasjaar vir die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool gekies is.

Sanri Steyn-omnibus 3: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen
Kinderboeke

Theresa van Baalen praat oor die drie Sanri Steyn-stories wat onlangs in nog ’n Sanri Steyn-omnibus gepubliseer is. (En as jy inligting oor Theresa soek met die oog op die derde kwartaal se literêrenavorsingsprojek, kyk ook hier!)

Bruno Andries betower met woorde in Paddaboudjies en kalasjnikofs: ’n onderhoud

Anne Marais, Bruno Andries
Skrywersonderhoude

"Ek het besluit om my wedervaringe as vertaler en tolk in Afrika as hooftema te gebruik omdat dit my oor die jare toegang gegee het tot baie interessante feite en gebeure."

Hoe bepaal ek die puntetellings?

Crito
Boeke en skrywers

"Intussen wil iemand by my weet hoe ek die puntetellings by die resensies bepaal. Nie maklik nie, maar daar is sekere vrae wat, indien ek hulle positief kan beantwoord, altyd vir my ’n punt werd is."

Selfhelpboeke, geloof en digbundels

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

Koos Kombuis lees ’n selfhelpboek wat vir hom baie beteken het, al glo hy nie eintlik meer in die genre nie. Daarna bespreek hy boeke oor geloof, en hy sluit sy gesprek met ’n kort oorsig oor splinternuwe digbundels af.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christelle Lubbe

Braam Peens, Christelle Lubbe
Boeke en skrywers

Hierdie onderhoud met bibliotekaris Christelle Lubbe is die vierde aflewering oor ons biblioteke. Christelle is hoof: Professionele dienste en programme van biblioteek- en inligtingsdienste by Stad Kaapstad.

Nasa sê Langenhoven het toe nie sy naam krater gemaak nie

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Wat het Langenhoven se Loeloeraai, Méliès se kortfilm Le voyage dans la Lune en die TV-reeks Alpha 1999 gemeen? ’n Gat, dis wat."

Ingrid Jonker (1933–1965)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die kunstenaar moet probeer om ’n groter publiek te bereik, moet in aanraking met die gemeenskap bly en haar werk moet nie 'te intellektueel' wees nie."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 19 tot 25 Julie 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

"poetry oo die liewe annie anne kant" – Ronelda Kamfer gesels met Nathan Trantraal oor Chokers en survivors

Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal
Skrywersonderhoude (2013)

"As daa een ding is wat ek gelee et van opgroei in Bishop Lavis issit dié: daa is niks meer unimportant as die liewens van arm mense nie. As arm mense doodgan los hulle niks agte nie, niks trace dat hulle exist et ie. Vi my is my writing history as told by the losers."

Nathan Trantraal (1983–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2020)

"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen
LitNet Akademies-resensie-essay (2023)

"Die memoir se poging om rekenskap te gee van 'liefde en geweld in Suid-Afrika' is ten nouste verknoop met die verteller se uitbeelding van haar verhoudings met die mans in haar lewe."

Luisterverhale

Luisterverhale: "Die lied van die reën" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden

Eugene Marais
Luisterverhale

Marcel van Heerden lees Eugène N Marais se verhaal "Die lied van die reën, ’n Koranna-dwaalstorie" voor. Die verhaal het oorspronklik in 1921 in Die Boerevrou verskyn.

ATKV-skryfskool in Cradock

R350 vir die ATKV-skryfskool in Cradock én skouerskuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Om saam te vat: R350 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

LitNet se Kommadagga-slypskool

LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot

LitNet
Boeke en skrywers

Die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot wag aspirantskrywers se aansoeke in vir die Kommadagga-slypskool vir kort skryfkuns.

LitNet’s Kommadagga workshop with the Jakes Gerwel Foundation and Huisgenoot

LitNet
Books and writers

The Jakes Gerwel Foundation, LitNet and Huisgenoot are eagerly awaiting applications from promising emerging writers for the Kommadagga Workshop on the fine art of writing short prose.

Menings

Politics and economics: "We know what needs to be done."

Freek Robinson, Busisiwe Mavuso
Opinion

Busisiwe Mavuso, CEO at Business Leadership South Africa (BLSA), sketches a very dark picture of the ANC’s monumental failures at providing the basics for a conducive economic environment. However, the GNU represents "the last chance".

Harris vs Trump: November kan nie gou genoeg kom nie

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Die afgelope week moes vir Amerikaners gevoel het asof hulle op die Kobra by die eertydse Ratanga Junction ry. Dis in elk geval hoe dit vir my as buitestander gevoel het."

’n Ope brief aan die President

Marlene le Roux
Menings

"Dankie dat u persone met gestremdhede genoem het as deel van die toekoms van ’n inklusiewe en transformerende Suid-Afrikaanse samelewing. Laat my toe om ’n paar punte voor te stel wat daartoe kan bydra dat hierdie lofwaardige inisiatief ’n betekenisvolle, gefokusde aksieplan word."

An open letter to the President

Marlene le Roux
Opinion

"Thank you for mentioning persons with disabilities as part of the future of an inclusive and transformational South African society. Allow me to suggest a few ways in which this laudable aspiration can become a meaningful, specific action plan."

Sewentiende Artscape Women’s Humanity Festival vra vir sterker optrede teen GBV

Marlene le Roux
Menings

"Vroue behoort aan die voorpunt van sosiale verandering te wees en die gereedskap gegee te word om verandering teweeg te bring."

Agterstories: Die ekonomie van styl

Johan Fourie
Rubrieke

"Maar hier is my hipotese: Ons (haar)style raak al hoe minder uitsonderlik. Society has cramped our style. Dit het begin as ’n waarneming."

Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens

Menán van Heerden, Wannie Carstens
Onderhoude

Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.

Verjaarsdagode aan Acáma Fick

Coenraad Walters
SêNet-briewe

"Ook die stiltes is musiek." Op Vrydag 26 Julie 2024 word Acáma Fick 80 jaar oud. Coenraad Walters skryf oor die onuitwisbare bydrae wat sy tot die koorlandskap van Suid-Afrika gelewer het.

Estetika op die oog af

William Somers, Esther Lombardus
SêNet-briewe

"Dra jou bril elke dag met selfvertroue; projekteer én lééf jou styl."

Die prezzie word maar net die salesperson

Albert du Plessis
Elders gesien

"Hoe slaap mens as jy weet jy teken af op bomme wat derduisende onskuldige kinders vermink? Elke dag. Elke uur?"

Nou op Voertaal

Suid-Afrika se atlete slaggereed om die land se vlag in Parys te laat wapper

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit sal die land se negende agtereenvolgende verskyning by die spele in die postapartheid era wees en algeheel die 21ste in die Somerspele-geskiedenis."

Gevangene wat oor lekker tronklewe spog, loop sy rieme styf

Jean Oosthuizen
Voorblad

"In een van die video’s wat onlangs verskyn het, lag en gesels hy en sy medegevangenes uitbundig terwyl hy spog dat hulle verblyf hulle niks kos nie."

Geweld teen vroue floreer in Suid-Afrika

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die aanhoudende dade van geweld teen vroue in Suid-Afrika vereis dringende aandag. Ten spyte van wetgewende ingrepe om dit hok te slaan, is die hele Suid-Afrikaanse samelewing vol daarvan."

London Pride 2024 – optog vir inklusiwiteit

Stephen Fourie
Cultuur

""Homoseksualiteit bly onwettig in 35% van die Verenigde Nasies (VN) se lidlande (die meeste in die Midde-Ooste, Suidoos-Asië en Afrika) en slegs 6% van VN-lidlande sluit beskerming vir seksuele oriëntasie in hul grondwette in. Die doodstraf is die wetlike en voorgeskrewe straf vir konsensuele selfdegeslag- seksuele ontmoetings in lande soos Iran, Mauritanië, Nigerië, Broenei, Saoedi-Arabië en Jemen.""

Oud en nuut neem sommer lekkerbekkig hande op Vergelegen

Maryke Roberts
Reisgogga

"Ek gaan stap weer deur die tuin; kyk hoe die son deur die kamferbome dans, die voëls in die vlak dammetjies baljaar en hoe toeriste kraai van plesier soos hulle om hoekies en draaitjies stap en net nog mooier tonele sien. Ek sien uit na die volgende 30 jaar se ontdekking, vernuwing en avonture hier, maar ook om te sien hoe die plaas steeds sal terugkeer na die ryk erfenis wat só deel van ons almal se murg geword het."

Leesimpressie: Nastja’s tranen door Natascha Wodin

Erik van den Bergh
Literatuur

"Het bewogen, bijna onvoorstelbare levensverhaal van Nastja, civiel ingenieur in de Oekraïne, die in Berlijn als werkster aan de slag gaat en de schrijfster Wodin, van wie de moeder in de Tweede Wereldoorlog als dwangarbeider vanuit Oekraïne naar Duitsland gedeporteerd werd."

Leesimpressie: Gesloten wegens omstandigheden door Mohamed Ouaamari

Erik van den Bergh
Literatuur

"Amusante roman over Belgisch-Marokkaanse vrachtwagenchauffeur Hakim die door zijn moeder een huwelijk ingemanoevreerd wordt, onvruchtbaar blijkt te zijn en in een xenofobe organisatie tegen migranten in Calais belandt."

Persbericht: Literatuurmuseum verwerft archief Anil Ramdas

Voertaal
Literatuur

Ramdas werd geboren in Suriname en kwam op zijn negentiende naar Nederland waar hij zijn universitaire studie sociale geografie cum laude afrondde. Na zijn studie schreef hij voor onder andere de Volkskrant, De Groene Amsterdammer en NRC. Hij viel op als Zomergast bij de VPRO en ging daarna ook als radio- en tv-presentator aan de slag. Ramdas durfde kritisch te zijn, zowel op Nederland als op zijn geboorteland en migranten in zijn algemeenheid.

Akademies en skole

Gebrekkige implementering van sekuriteitsregulasies: ’n werksplekrisiko vir VOO-tegnologie-onderwysers

Joop Oosthuizen, JP Rossouw, Ewelina Niemczyk
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Werkspleksekuriteit onder dié onderwysers word negatief beïnvloed omdat spesifieke sleutelrolspelers nie hulle professionele verantwoordelikhede nakom nie."

Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke

Mariëtta Alberts
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Afrikaanse vaktaal loop die gevaar om as wetenskapstaal te verdwyn indien vakkundiges, akademici, taalpraktisyns en selfs leke nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te dokumenteer, te versprei en te benut nie."

TK-lesing 2 en 3: Die inhoud van die AWS

Suléne Pilon, Jaco du Toit
Seminare en essays

"Die hooftaak van die Taalkommissie (TK) is om die inhoud van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) by te werk sodat dit tred hou met veranderinge wat in formele, geskrewe Afrikaans plaasvind. In die tweede en derde lesings in die TK-lesingreeks is die inhoud van die AWS bespreek."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: alles wat jy nog nie van Jaco Jacobs geweet het nie

Naomi Meyer, Jaco Jacobs
Skole

Jaco Jacobs beantwoord vrae wat leerders in die derde kwartaal met hul literêrenavorsingsprojek kan help.

Wiskunde met LitNet-video, graad 8: Vermenigvuldiging en deling van breuke (2)

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en klink "resiprook" vir jou soos ’n spook? Jy hoef nie afgeskrik te wees nie, want Lee-Ann Langeveld se volgende Wiskundevideo gaan jou help om breuke se vermenigvuldiging en deling nog beter te verstaan. (As "resiprook" vir jou dieselfde as "spook" beteken, verwys LitNet jou ook graag na ons Afrikaans-vraestelle wat gereeld by ons vraestelle-afdeling bygevoeg word.)

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: Faktorisering mbt gemene faktore

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en wil jy faktorisering mbt gemene faktore beter verstaan? Hierdie YouTube-video deur Lee-Anne Langeveld gaan jou help verstaan dat gemene faktore nie noodwendig slegte maniere het nie. Gemene faktore kan baie gaaf wees as jy hulle verstaan – en jou uitslae kan ook gaaf wees. Daar is nog ander video's op LitNet se YouTube-kanaal wat jy kan kyk om jou Wiskundepunte hierdie kwartaal te verbeter.

Graad 11: Wiskunde, Euklidiese meetkunde-toets en memorandum, kwartaal 3

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en wonder jy wie die Euklides was aan wie die term "Euklidiese meetkunde" sy ontstaan te danke het? Dan kan jy na skool dalk by die Departement Antieke Studie aanklop om uit te vind. Terwyl jy nog in graad 11 is, kan jy eers Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel gebruik om jou Euklidiese meetkunde-punte te verbeter.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Die Vrystaat Kunstefees vier die Suid-Afrikaanse kunslandskap van stories in al sy glorie

Ignus Rademeyer
Teater

"Die Vrystaat Kunstefees het duisende mense gelok, en daar was ’n tasbare gevoel van vryheid en kreatiwiteit in die lug," skryf Ignus Rademeyer. "Daar was dan nou ook drie spesifieke dames wat die fees onvergeetlik gemaak het vir my: Elzabé Zietsman, Lara Hattingh en Tollie Parton."

Persverklaring: Tuin van digters vind op 13 en 14 September 2024 in Wellington plaas

LitNet
Feeste

Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum. Ingrid Jonker is die digter wat postuum gehuldig gaan word.

Persverklaring: ATKV-Crescendo begelei nuwe stemme

LitNet
Musiek

Vir die derde Platformsessies-konsert van ATKV-Crescendo-produksies kan die gehoor uitsien na ’n nostalgiese reis saam met Crescendo-legendes wat die musikale weg vir ’n nuwe geslag Afrikaanse stemme wys. Dit vind op 16 Augustus plaas by die Daisy Jones-teater in Stellenbosch. As deel van ATKV-Crescendo se vyftigste bestaansjaar gaan twee voormalige Crescendo-wenners, Jak de Priester en Babette Viljoen, die verhoog met drie finaliste van 2024 deel.

Persverklaring: Silwerskermfees 2024-kollig: Selah | Press release: Silwerskermfees 2024 spotlight: Selah

LitNet
kykNET Portaal

Die veelbekroonde regisseur en vervaardiger Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind) bring met Selah ’n ingetoë, ontstellende verkenning van postnatale depressie (PND) na die Silwerskermfees. Brett het meer van die kortprent vertel. | From the award-winning director and producer Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind) comes Selah, a contained and disturbing exploration of postnatal depression (PND). Brett shared more about the film.

Persverklaring: Aardklop se gawe gesinspromosie gee die geskenk van gehaltetyd

LitNet
Aardklop

’n Gedeelde teaterervaring is ’n kans vir gesinne om gehaltetyd saam deur te bring. Maar o wee, dit kan nogal ’n duur storie raak! Daarom bied Aardklop vir slegs een dag ’n spesiale gesinspromosie. As jy wag tot Vrydag 26 Julie om kaartjies te koop, kry jy ’n lekker 30%-afslag. Vind hier uit watter teaterproduksies vir die gesinspromosie geldig is.

Persverklaring: Een keer om die son: die musiek agter die emosie

LitNet
kykNET Portaal

Die klankbaan van ’n TV-reeks of fliek is een van die belangrike elemente om nie net die storie oor te dra nie, maar die emosie in tonele ekstra oemf te gee. Toe Ivan Botha en Donnalee Roberts iemand gesoek het om die musiek vir Een keer om die son te doen, het die vervaardiger hulle van die talentvolle Almero Welgemoed vertel.

Persverklaring: Spesiale geleenthede vir hele gesin by Klassique

LitNet
KKNK

Klein Karoo Klassique bied vanjaar ’n spesiale geleentheid gefokus op gesinne, met Little maestros: Classical concerts for families. "Ons bied met hierdie konserte ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek," sê Magdalene Minnaar, bekende sopraan en violis in dié produksie.

Press release: Call for Submissions for the 2025 National Playwright Competition closing soon

LitNet
Lifestyle and entertainment

Open to unpublished playwrights who are over the age of 18 and living anywhere in South Africa, the competition calls for scripts, partial scripts or script synopses with a sample of writing in any of South Africa’s official languages.

Nuwe skryfwerk

Nog

Michelle van Graan
Poësie

"In die middel van die kruisvuur –
aan beide kante van die grens –
bloei nóg ’n moederhart"

Onder die Suiderkruis

Susanne Pretorius
Poësie

"Op 17 het jy jou oproeppapiere ontvang
op 18 by die treinstasie gestaan
skaars 19 toe is julle ontplooi
onseremonieel na die oorlogstafel genooi"

Boomgedig

Celesté Fritze
Poësie

"Van die eerste lettergreep af plant ek bome.
Op vier‑en‑sestig wil ek nog een plant"

Kastele in die lug

Johan van der Merwe
Poësie

"drome is nie werklikheid nie
slegs jou kastele
in die lug
as jy dit vergeet
kom jy dalk nooit terug."

die uninstalled liefde

Preston Mouritz
Poësie

"ma, ek’s moeg
kom tog
tel tog net die phone op"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved