Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 803

11/06/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: COVID-19, jy en die regbank

Pasverskyn

Merk


Skrywer: Rudie van Rensburg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802140

Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusapedofielsaak, en sy hartaanval. Die talle noue ontkomings in sy polisieloopbaan van ses-en-dertig jaar het by hom bly spook.

Menings

Regter Norman Davis se dapper uitspraak

Koos Malan, Ilze Grobbelaar-du Plessis
Seminare en essays

"Behalwe dat ’n regulasie vanweë irrasionaliteit ongrondwetlik mag wees, kan dit ook om ’n ander en trouens nog meer gewigtige rede ongrondwetlik wees. Dit is wanneer regulasies op enige van die regte kragtens die handves van regte inbreuk maak."

Ingeperk in die aftreesentrum

Danie Botha
Menings

"Ek kla by die bestuurder. Kan ons nie begin terugkeer na die gewone, die bekende nie?"

Hoe moet gelykheid lyk?

Hanru Niemand
Seminare en essays

"Die probleem lê eerder by die gevolgtrekking wat hulle [die MRK] hiervandaan maak: 'Die ongelyke heropening van sommige skole ... beperk egter ook die reg op basiese onderwys van leerlinge wie se grade of skole nie heropen nie, die grondliggende reg op gelykheid wat deur artikel 9 van die Grondwet verskans is.'"

Om te skryf in die tyd van korona. Of wag. Eers nie.

Lizette Rabe
Blogs

"Daarom, dalk veral, voel ’n mens in hierdie tyd nie na skryf nie. Dis ook goed. Miskien daarom dat ’n troostee eers die antwoord is."

COVID-19: ’n "Bouncer" soos Dominic Cummings vir Cyril

Jason Lloyd
Rubrieke

"In teenstelling met internasionale praktyk het Ramaphosa hom tot op hede nog nooit beskikbaar gestel om onderwerp te word aan joernaliste se vrae op ’n nuuskonferensie nie ... Dit is dié gebrek aan interaksie met joernaliste wat ingevreet het op Ramaphosa se golf van politieke kapitaal wat hy aan die begin van die inperking gery het."

Ter verdediging van Nkosazana Dlamini-Zuma

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Sy is ʼn opgevoede, intelligente, elegante swart vrou wat geen probleem het daarmee om die mag wat sy het, te gebruik nie. Dis waarom sy gehaat word. Hoe durf sy nie haar plek ken nie?"

Nou in die verlede: ’n Viering van die menslike gees oor swaarkry – Vic Clapham en die Comrades-marathon

Jako Bezuidenhout
Rubrieke

"Die Comrades-marathon van 2020 is gekanselleer. Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog is hierdie moordende ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg, die oudste en waarskynlik een van die moeilikste ultramarathons ter wêreld, afgelas."

Die Viёtnamoorlog en George Floyd

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Die 'land of the brave and land of the free' is steeds na hóéveel dekades nie die land van die Amerikaanse droom nie. Wat vir sommige ’n droom is, is vir ander ’n nagmerrie."

Die stad sonder ’n kerk

Chris Jones
Menings

"Terwyl ons indraai by die garage besef Howie hy moet sy punt nou vinnig en duidelik stel. 'Verstaan jy die boodskap, Meneer? Ons moet ook ’n visie van die stad hê – en dit dan waar gaan maak. Nóú, in hierdie lewe!'"

Op die frontline: ’n gesprek met Stanley Jacobs oor stories

Olivia M Coetzee, Stanley Jacobs
Onderhoude

"My droem is baie simple: Die Cape Flats moet prosper, ek wil meer professionals sien as gangsters."

ATKV-Postmatriek – "’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen"

Remona Voges, Lizette Odendaal
ATKV-Portaal

"ATKV-Postmatriek is ’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen terwyl hulle aan ’n indrukwekkende CV werk, tonne blootstelling aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite en loopbaanrigtings kry, ’n gestruktureerde emosionele-intelligensie-program deurgaan en selfvertroue en lewensvaardighede opbou."

Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

Kom luister saam! Die Afrikaanse Taalraad, LitNet en die Afrikaanse Taalmuseum bied op 16 Junie 2020 vanaf 10:00 tot 11:00 ’n webinaar aan met die tema "Die toekoms van Kaaps".

NP Van Wyk Louw-lesing vanjaar op LitNet aangebied

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en LitNet, nooi u vriendelik uit na die jaarlikse NP Van Wyk Louw-gedenklesing. Die lesing word vanjaar as ’n webinaar aangebied op die herdenking van Van Wyk Louw se 50ste sterfdatum, Donderdag 18 Junie 2020.

Uit die argief

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word ’n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade." Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 op Sutherland gebore.

Fotokompetisie

Fotokompetisie: Ek en Jeanne Goosen

LitNet
Fotokompetisies

Wen! LitNet nooi jou uit om vir ons ’n foto van jou saam met Jeanne Goosen, wat op 2 Junie 2020 oorlede is, te stuur. Die persoon wat die treffendste inskrywing stuur, sal ’n kontantprys van R1 000 ontvang.

Ek en Jeanne Goosen: Jean Oosthuizen se inskrywing

Jean Oosthuizen
Fotokompetisies

"As blougat nat-agter-die-ore-joernalis het my mond, soos wat op die foto gesien kan word, letterlik oopgehang om saam met haar te werk. Sy was vreesloos uitgesproke en het vir geen duiwel, gees of spook gestuit nie."

Ek en Jeanne Goosen: Joan Hambidge se inskrywing

Joan Hambidge
Fotokompetisies

"Hier dans ek en Jeanne in die kombuis. En ons het nie kombuis-blues nie."

Nou op Voertaal

Die stryd oor rook: ’n gewilde, dog ongesonde, tydverdryf

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Nou, vier eeue later, is tabak die onderwerp van ’n hofgeding wat die tabakhandelsorganisasie FITA teen die Suid-Afrikaanse regering aanhangig gemaak het."

Riemtelegram oor Bacchus het drinkers op hol

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Gerugte dat die regering die verbod op die verkoop van alkohol later dié week weer gaan instel, het Maandag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei."

Vrees by skole oor COVID-19 is volgens mediese spesialiste oordrewe

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Daar is geen rede vir ’n kultuur van vrees noudat kinders weer begin skoolgaan nie. Dít blyk uit omvattende gesprekke wat die joernalis, Willemien Brümmer, met mediese spesialiste gehad het oor wat presies kinders se risiko is wanneer hulle weer moet skoolgaan terwyl die koronavirus nog met ons is."

Iconic Charly’s Bakery in Cape Town faces financial challenges in lockdown

Marli van Eeden, Jacqui Biess
Actueel

"We were expecting some form of lockdown to happen, having watched the COVID-19 crisis hit Italy, England and the USA, so we weren’t surprised when President Ramaphosa announced three weeks of lockdown, but we did not think that the lockdown would last as long as it has."

COVID-19: Suid-Afrikaner in Viëtnam vertel van stryd om huis toe te kom

Marli van Eeden, Misha van Schalkwyk
Actueel

"Daar was al twee petisies om die aandag van die Suid-Afrikaanse regering en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) meer te vestig op die repatriasie van hul burgers in Viëtnam. Ongelukkig is die situasie nie iets waaroor ons veel beheer het nie; ons is heeltemal afhanklik van die regering vir ’n bekostigbare terugkeerkans na Suid-Afrika."

COVID-19: ’n Nederlander se ervaring

Cliffordene Norton, Sacha Landkroon
Interviews

"Omdat Paterswolde ’n dorpie onder die rook van die groot stad Groningen is, dink ek die mense hier is minder angstig, want baie mense ken mekaar en die dinamika in ’n dorp met 11 000 siele is ’n bietjie kalmer as in ’n stad van 200 000 inwoners."

Die naakte waarheid van een aand in ’n Marokkaanse bad

Ingrid van der Walt
Reizen

"As jy werklik ’n land se binnekamer kan sien, sonder die betoeisels en vertalings, dan is dit ’n voorreg wat vir min gegun word."

Akademies en Skole

Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder

Janus van As
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Studente neem dus waarskynlik ’n strategiese besluit om aan te pas en Engels as voorkeurtaal vir hul studies te kies. Uit die studente wat die vraelys voltooi het, het 75% gesê dat hulle voorkeurtaal in die loop van die kursus na Engels verander het."

’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)

Pieter Verster
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Wanneer kan ’n gedig as godsdienstig beskou word? Moet daar spesiale kriteria vir godsdienstige gedigte wees?"

Skole: die implikasies van die "nuwe normaal"

Renette Symington
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Renette Symington, ’n Afrikaansonderwyseres, skryf oor die COVID-19-maatreëls in skole en deel foto's wat ’n blik bied op hoe skole tans funksioneer.

Studiegidse vir skoolkinders: ’n onderhoud met Sonia du Plessis

Naomi Meyer, Sonia du Plessis
Onderhoude

Is jou skoolkind nog tuis? Sonia du Plessis se studiegidse kan help!

Adriana Francke help kinders sangdrome bewaarheid

Carla van der Spuy
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Adriana help met die stilering en vervoer, vervoer die kinders op haar eie koste heen en weer na opvoerings en het haar huis vir hul repetisies oopgestel. Dikwels moet sy haar sak skud, ten koste van haar eie familie en gesin se behoeftes, maar dit pla haar allermins."

Boeke en skrywers

"The little auntie is a clown"

Deborah Steinmair
Rubrieke

"In een van my gunstelingstories van Jeanne Goosen, duidelik outobiografies, trek die kinderverteller haar pa se tuxedo aan en doen sy toortoertjies vir haar boetie en sussie. Later gaan verkoop sy raffle-kaartjies vir die skool, steeds in die opgerolde tuxedo."

Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”

Jaco Fouché, Melt Myburgh
Skrywersonderhoude

"Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs."

Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys

Melt Myburgh, Johan Myburg
Skrywersonderhoude

"Ek wil nie alles haarfyn verstaan nie. Want ek kan nie. Ek wil byvoorbeeld nie oomblik vir oomblik bedag wees op die fisiologiese prosesse wat betrokke is by my asemhaling nie. Nietemin wil ek behaaglik asemhaal en bly wees oor die feit dat ek dit kan doen. Sonder asem kan ek nie."

"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"

Cliffordene Norton, Anzil Kulsen, Keenan Kulsen
Skrywersonderhoude

"My gesin is altyd my klankbord as ek stories skryf. Dit was toe juis met die ontwikkeling van idees vir ’n tweede en derde boek in die reeks dat Keenan aangebied het om te help." Cliffordene Norton gesels met Anzil en Keenan Kulsen oor die inspirasie agter die Bitterbosbende-reeks.

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Cliffordene Norton, Lynthia Julius
Skrywersonderhoude

"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie."

Whiteness in southern Africa – an interview

Cliffordene Norton, Duncan Money, Danelle van Zyl-Hermann
Books and writers

"The idea of whites in colonial Africa conjures up images of pith helmets and khaki shorts, rural landscapes and vast estates, madams and masters parked on verandas alternately sipping gin and barking orders at African servants. Such stereotypes present whites as a uniformly wealthy and homogenous group, secure atop a binary power structure." Duncan Money and Danelle van Zyl-Hermann, editors of Rethinking white societies in southern Africa, 1930s–1990s.

Leeskring = ouwêreldse "edutainment"

Monica Hammes
Leeskringkamer

"Dis waarvan leeskringe aanmekaargesit is: boekwurms wat vriendskap vind in gedeelde boekvreugde en wat wil leer om hulle leesplesier uit te brei met nuwe skrywers, nuwe boeke, nuwe maniere van lees en verstaan."

"Hoë" boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal

Melt Myburgh
Boeke en skrywers

"Maar is boeke hier te lande werklik duur? Of moet uitgewers versigtig meet en pas om die begroting te laat klop en boeke winsgewend te produseer?"

Resensie: Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter

Nini Bennett
Resensies

"Venter se vertalings poog om nie net die literêre leser te bereik nie, maar ook Jan Alleman wat graag poësie lees. Dit resoneer met die Nobelpryswenner se uitsprake dat poësie aan alle mense behoort."

Lesersindruk: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Joubert se kennis van die politiek, eietyds sowel as histories, en veral sy genuanseerde en nierassige benadering wat telkens deurskemer, maak hom ’n belangrike stem."

Lesersindruk: Betsie, Meneer Tier en die bloumaan deur Sally Gardner

Anke Theron
Lesersindrukke

"In hierdie tyd van inperking is ’n reis na die binnewêreld, die onbewuste en droomland dalk nie te versmaai nie."

Ongekaart. Ongeloof(lik). Nuwe bediening.

Izak de Vries
Blogs

"Wat van hulle wat nie op die hoofweë wandel nie?"

Familierusie: binnestorie

Uit Melkbos
Blogs

"In hierdie 'oorlog' was die Afrikaanse koerant in die spervuur."

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2020

LitNet
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

PEN Afrikaans: Die misdaadskrywer, die stopteken en hoe om mense se vakansies te ruïneer

Irma Venter
PEN Afrikaans

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks "Die wêreld van die skrywer" vertel bekroonde spanningskrywer Irma Venter meer oor die rol van navorsing en aktuele kwessies in haar spanningsverhale. Hoe pak sy daardie deel van die skryfproses aan en hoe gaan sy te werk om navorsing met die storielyn te integreer?

Skryf in vir 2020 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse

LitNet
Skryfsake en rubrieke

Boekresensente word genooi om in te skryf vir die 2020 kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende resensies in Afrikaans van Afrikaanse boeke bekroon word.

Leefstyl

"Ek het uiteindelik my mojo terug" – ’n luisteronderhoud met Nina Schumann

Remona Voges, Nina Schumann
Onderhoude

"Met Concerts Connect voel ek vir die eerste keer in jare weer die dryfkrag en die ongelooflike energie van ’n goeie projek; iets wat ek voel ek regtig ten volle kan ondersteun." Nina Schumann gesels met Remona Voges in ’n eksklusiewe luisteronderhoud.

"Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie" – ’n onderhoud met Melt Sieberhagen

Remona Voges, Melt Sieberhagen
kykNET Portaal

"Goeie komedie is snaaks. Dit sê iets. Nie noodwendig met ’n flashing, bright neon sign nie, maar dit sê dit hard."

"Ek is eintlik net ’n nerd" – ’n onderhoud met Nina Swart

Remona Voges, Nina Swart
kykNET Portaal

"Ek onthou hoe dit was om gementor te word deur ervare mense in die bedryf, en nou vra mense vir my vrae asof ek ’n mentor kan wees. Bwaaa! Ek klink soos ’n ou tannie wat verwonderd is oor die feit dat ek nou ’n ou tannie is."

"Keep your imagination active": an interview with the Fleur du Cap Theatre Award for Innovation in Theatre winners

Naomi Meyer, Robin Malan, Andisiwe Mgibantaka, Cliffordene Norton
Lifestyle and entertainment

"[E]ngage in dialogues with other artists; take a duologue and Zoom it with another actor; join the Facebook Shakespeare soliloquy group and learn and perform a favourite soliloquy online; plan a season for a small theatre venue for the first six months after lockdown …"

Filmresensie: Hollywood

Leon van Nierop
Film

"Murphy weet hoe om die regte mense vir stewige rolle te kies en om hulle so af te rig dat hulle die korrekte note slaan. In daardie opsig is Hollywood ’n fees."

Musiekonderhoud met Riaan Nieuwenhuis: "Dis glad nie ’n loopbaan soos enige ander nie"

Henry Cloete, Riaan Nieuwenhuis
Musiek

"Tans moet musikante ’n streaming platform deel met onder andere sogenaamde muso’s wat ook livestream om hul liedjies in te werk. Saam met katvideo’s en COVID-grappies veroorsaak dit ’n online clutter wat nadelig is vir die ouens wat al lankal aan die gang is in die musiekbedryf."

Onlangse Buckfever Underground ’n sterk uitreiking

Willem de Vries
Musiek

"Op Last days of beautiful kom soorte hedendaagse rotskunsdrome by, tuimelende persepsies, hoop, ideale en ’n wye blik op hier- en menswees. Die snitte sing en alles is moontlik daarop."

Die Boer – by die huis: restaurant-teater open digitale platform

LitNet
Teater

Op Donderdag 11 Junie stel Die Boer restaurant-teater sy eerste vertoning op hul splinternuwe digitale platform, Die Boer by die huis, bekend.

Press release: Shaping our work for an uncomfortable new world

LitNet
Lifestyle and entertainment

Today we need the voices of artists, thinkers, writers and arts educators to help us examine and navigate this new world that is not only experiencing a physical pandemic, but witnessing reactions to the pandemic of racial discrimination that has for centuries divided and enraged communities across the world.

Press release: BR Concerts presents Concerts Connect

LitNet
Lifestyle and entertainment

Concerts Connect is proud to present the second concert in a premier series of three concerts on 14 June 2020 at 15:30. From the magnificent Casa Labia in Muizenberg, Nina Schumann will present a solo piano recital featuring an eclectic programme of works by Bach, Haydn, Debussy and Rachmaninoff.

Press release: Pieces fall into place for reimagined festival

LitNet
Lifestyle and entertainment

The festival’s website is readying itself to become a virtual stage: all events will be accessed through the website portal – both curated work and unselected "fringe" events. The curated programme is a schedule of events that will be released each day from 25 June to 5 July.

Nuwe skryfwerk

Korona-kortverhaalfees: Magda

Jaco Fouché
Fiksie

"Sy kom tegelyk waaksaam en verwond voor. Haar boesem en heupe verleen iets vorstelik en byna onvanpas sensueel aan haar. Dis die soort gedagte wat ’n mens oor jou tannie kry en dadelik doodtrap."

Estie

Cordier de Beer
Fiksie

"Nog nat agter die ore en met die enigste knopieshemp in my besit, daag ek toe semi-stiptelik op vir die onderhoud by my eks-baas, die gesiene meneer Pheifer – ’n man só lank, hulle kon hom maar net sowel meneer Sevener genoem het."

Afwagtend

Helena Mellet
Fiksie

"Die Noordwes gaan weer amok maak en Landi is te broos vir sy weeklaag teen die ruite. Sy is broos, punt. Sedert sy begin siek voel het, bly die trane vlak. Hoe dit ook al sy, Landi kom agter haar mense baklei die laaste paar dae net so hard teen die negatiwiteit."

Honourable discharge – José se riem

Berdéhan Brand
Fiksie

"Hy wikkel sy arms en kyk na die boeie wat sy polse vasklem. José Duarte, sestien jaar oud. Poging tot moord. Eerste oortreding. Graad tien. Verwys na Tokai-verbeteringskool. Twee na drie jaar. ’n Relatiewe standaardverwysing, dink ek."

Die windpomp

Morné du Preez
Poësie

"die gorras blink droog,
dors tortelduifies knip oog
die kraaie kras tussen die kanotgras"

Hillbrow-oë

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"onheil onverskans
in hierdie stom-vuil
spasies wat geluidloos
met blinde oë vlerk"

my eie stem

Christo Meyer
Poësie

"ek weier om innie skadu
van famous digters ‎te beweeg
ek het my eie style
my eie stem"

Inkpenliefde

Andries Fourie
Poësie

"Nou hoe gemaak ter elfder uur
as die volmaan deur my venster tuur"

Portale

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

LitNet
kykNET Portaal

Twee families gaan vanaf 10 Junie 2020 meeding vir die publiek se stemme terwyl hulle vir amper twee maande in kwarantyn gaan moet leef.

Persverklaring: Koronahumor span die kroon

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Wen! Met nuutskeppings soos "koeshoes", "grendelgriep" en "kwarantynwyn" asook die snaakse Afrikaanse meme en grappies wat soos ’n virus op sosiale media versprei, is dit duidelik dat daar geen tekort aan kreatiwiteit in hierdie tyd is nie. Daarom word almal uitgenooi om, as deel van die ATM se 45-jarige vieringe, hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies op te tower.

Persverklaring: Taalmonument vier Jeugdag met virtuele konsert

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Ter ere van Jeugdag 2020 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Marco Mentoor Produksies ’n opwindende gratis aanlyn konsert wat opkomende Drakensteinsterre aan ’n wêreldwye gehoor sal bekendstel.

Elders gesien

Elders gesien: "Alles begin by menslikheid"

Beer Adriaanse
Elders gesien

"Die doel is om by ’n plek te kom waar ons ewe gewalg is ongeag wie se knie op wie se keel is. Maar vir nou is dit duidelik wie se knie en wie se keel dit is en ons moet daarvolgens reageer."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved