|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1119
25/09/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou huilende bruid |
 |
|
Skrywers: Annie Klopper en Zandré Coetzer
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776359844
Silas se ouma stuur hom elke aand Droomland toe met haar wonderlike stories: van husse met lang ore, Klaas Vakie en Van Hunks en selfs die wensbokke wat op Tafelberg skuil. Wanneer sy ouma eendag weg is, skraap Silas al sy moed bymekaar om haar in Droomland te gaan soek. Met die hulp van die karakters waarvan Ouma hom vertel het, en die bure se dogtertjie, Willemien, probeer Silas sy ouma vind. Maar die Tafelberg in Droomland is besig om onder sneeu te verdwyn, en iets wat brul, begin Silas jaag ... Dit is ’n roerende storie wat vir kinders die moeilike konsep van die dood sal verduidelik. Die boeke is beskikbaar in twee formate: as prenteboek en ’n langer leesboek. Perfek vir kinders van 5 tot 11 jaar oud.
|  |
|
 |
Die huilende bruid & ander versinsels deur Dominique Botha: ’n resensie
Reinhardt Fourie
Resensies
"In die sketse is daar gesprekke met talle bekende figure, maar ook alledaagse mense, en tussen die verwysings na die Afrikaanse letterkunde en klassieke musiek is daar sprake van kontemporêre popkultuur en hoe die kuns en letterkunde dikwels deur laasgenoemde verdwerg word."
|
 |
Disabled, but by Kirsten Deane: a review
Jerome Coetzee
Books and writers
"Deane allows her readers to breathe and take note of their bodies (disabled or not). We look forward to what comes after 'but' from Deane’s pen."
|
 |
Absalom, Absalom! by William Faulkner: a discussion
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"Lastly, I am stupefied as to why it took me so long to read Faulkner, and am happy I began with Absalom, Absalom!. We both seem to be using the historical novel to explore how the violence of the past survives within the lives, memories and identities of later generations. Both our novels treat history as a fragmented, contested inheritance, reconstructed through memory, oral stories, silence and competing perspectives."
|
 |
Sigeunerliefde deur René van Zyl: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Die boek is ’n sintuiglike aanslag. Deurentydse verwysings na en belewenisse van die ou stad, historiese geboue en intieme eetplekke, musiek en tradisionele Spaanse danse en frases het my byna laat vergeet ek lees ’n boek en is nie self daar nie."
|
 |
Heil die Leser! Bybelfiksie: van antieke aardbewings tot geurige salwings
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
"Die waarde van Bybelfiksie lê in sy vermoë om die verlede as ’n morele en geestelike landskap te ontsluit. Wanneer skrywers Bybelse figure of historiese tydperke herskep, doen hulle meer as om net die geskiedenis te laat herleef; hulle toon hoe geloof in konkrete omstandighede – oorlog, ballingskap en vervolging – gestalte kry. Die leser word nie bloot ’n toeskouer nie, maar genoop om empatie te ontwikkel met mense wie se keuses, twyfel en standvastigheid vandag nog relevant is."
|
 |
Oop boek: Joan Hambidge op 70
Karen de Wet
Boeke en skrywers
"Met ’n kniebuiging na Asindeton, Joan Hambidge se bundel uit 2024, sit ek graag hierdie huldigingsrede, op haar 70ste verjaarsdag opgedra aan haar by Tuin van Digters, ook asindeties in: Groter as lewensgroot. Onblusbare energie, flink skrywerspen, ruim brein, vlymskerp intellek, uitdagende ondersoeker, gerekende resensent, rustelose nomaad, meedoënlose opstuurder, mededeelsame skryfkunsmentor, bedrewe studieleier – klein hartjie, gul skaterlag."
|
 |
Gerrit Olivier 1954–2026
Ena Jansen
In memoriam
"Gerrit was groot sports, maar ook wys, op ’n manier ouer as sy jare. Hy was tegelyk kalm, altyd radikaal en uitdagend, nie net slim nie, maar ’n denker."
|
 |
Sjaka S Septembir en die Beatniks: ’n lesersindruk
Amanda Swart
Lesersindrukke
"Daar is verskeie ander ooreenkomste tussen Septembir se karakters en dié van die Beatniks. Almal is outsiders en nonkonformiste; hulle lewe teen die stroom van die alledaagse lewe met besonder baie uitdagings."
|
 |
A reader’s impression of Multitudes by Mphuthumi Ntabeni
Anschen Conradie
Books and writers
"The inclusion of real historical figures and intertextual references add an evocative depth that will linger in the memory of this reader. Nonfiction teaches by means of facts; fiction, by means of imagination. Multitudes confirms this."
|
Op die redakteur se lessenaar |
Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie |
 |
Veldsoirée 2026: videoflitse
Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden
|
 |
’n Dramateks vir skoolkinders: Die droomdilemma deur De Wet Hugo
De Wet Hugo
Notas, toetse en vraestelle
LitNet is oorval deur navrae van leerders, ouers en opvoeders – en De Wet Hugo het op versoek ’n eksklusiewe dramateks geskryf. Dis geskik vir leerders van graad 4 tot 9. Laai die dramateks van Die droomdilemma gratis hier in PDF af!
|
 |
Graad 5-vraestel en memorandum, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en op soek na ’n Wiskunde-oefenvraestel vir die derde kwartaal? Wilhelm du Toit het ’n vraestel en memorandum opgestel, wat jy gratis in PDF kan aflaai.
|
 |
Persverklaring: SA Akademie se Algemene Simposium 2026 – volledige program
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Hoe kan KI navorsing en onderrig ondersteun? Wat gebeur wanneer dit onjuiste inligting lewer? En hoe verander dit die manier waarop mense kennis ontwikkel en kreatief werk? Hier is al die inligting oor die SA Akademie se Algemene Simposium 2026, wat op 1 en 2 Oktober gratis bygewoon kan word.
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM
Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."
|
 |
Die ANC en die Verkiesingshof: Niks salf meer te smeer aan ANC nie, sê dié ontleders
Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Oscar van Heerden
Onderhoude
Munisipale verkiesing 2026: Die ANC hou voet by stuk dat dit die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel was wat die party gepootjie het met die registrasie van kandidate. Die politieke ontleders Roland Henwood en Oscar van Heerden sê aan Heindrich Wyngaard dit is nóg ’n teken van ANC-agteruitgang.
|
 |
Springmielies: Toemaar, die held is nie dood nie
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Ja, natuurlik sal ek die teaser op Huisgenoot se voorblad onthou. Want Bobby Ewing het 'gesterf' aan die einde van ’n seisoen, net om weer sy opwagting te maak in die stort, ’n volle seisoen later."
|
 |
Wyngaard Weekliks: Wat woel by FW se stigting? word gevra ná Van der Rheede se bedanking
Heindrich Wyngaard, Gert van der Westhuizen, Coetzee Bester
Onderhoude
Die FW de Klerk-stigting se aankondiging dat hulle hulle distansieer van uitsprake deur hul uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, het die vraag laat ontstaan: Wat gaan daar aan? Heindrich Wyngaard probeer antwoorde kry by ’n raadslid, Coetzee Bester, en die politieke joernalis Gert van der Westhuizen.
|
 |
’n Brief ná my beroerte
Jacobus Uys
SêNet-briewe
"Hierdie brief het ten doel inligting vir helpers van gestremdes, terloopse kontakte met gestremdes en les bes gestremdes self om hulself beter te kan begryp en ook hoe hulle self beter kan kommunikeer met die kontakpersone. 'Gestremdes' dui hier op enige gestremde, maar in die besonder met die klem op beroerte-gestremd."
|
 |
Leesimpressie: Een woord voor door Eva Meijer
Erik van den Bergh
Literatuur
"Achteloos is het eerste woord dat verdwijnt. Dit is een roman waarin het Nederlands op mysterieuze wijze langzaam, maar zeker, verdwijnt en wordt vervangen door het Engels."
|
 |
Die Hessequa Harmonie-fees 2026: ’n onderhoud met Niël Rademan
Christiaan J de Swardt, Niël Rademan
Feeste
"Ek glo ons is op die regte plek met die fees. Ek en my span werk al jare aan wat daar nou is. Ek sal wel steeds elke jaar die gehore effe wil vergroot en mense wil oortuig dat gesofistikeerde (nie-doef-doef-) musiek en podiumkuns geweldig stimulerend is."
|
 |
Klankdig, om musiek saam met die tegnologie te skryf: ’n onderhoud met André Nel
Naomi Meyer, André Nel
Musiek
"Mens kan vandag vir ’n KI vra om ’n gedig, ’n lied, selfs ’n hele boek of opera te skryf. En dit word gedoen. Die meriete daarvan is natuurlik ’n hele gesprek werd op sy eie. Maar dis nie wat ek gedoen het nie. Om vir KI te vra om een van my gunstelinggedigte te toonset, sou wees om alle beheer aan iets anders oor te gee. Ek het oor baie jare ’n oor ontwikkel. Ek het die emosie en die siel van die gedig verstaan. Hoe sou ek dit sommer net laat gaan en vir ’n masjien vra om dit te doen?"
|
 |
Elke kraak in die pad
Stefaans Coetzee
Fiksie
"Op pad woonstel toe trap hy op elke kraak in die pad. By die derde kraak draai hy om. Niemand volg hom nie."
|
 |
Staan op trou
Hannes Stander
Poësie
"’n Fraaie bruid van Alkantrant
Staan op trou met Jan-Jacob Brand"
|
 |
Die stem van stilte
Johan van der Merwe
Poësie
"wat heers
in heiligheid en stilte
oor siele op reis"
|
 |
Jaarbegrafnis
Margaret Cordier-Biermann
Poësie
"die witoorlaksman korrel
sy seën op ’n lamppaal uit"
|
 |
Marlon se eerste tanne
Neo Mehlomakulu
Poësie
"en hier was hy oppie kombuisvloer klaar besig om sy ma met sy vlymskerp eerste tanne
teen sy pa se childhood trauma te protect."
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|