Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1105

19/06/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou 591 bladsye nuwe Afrikaanse navorsingsverslae

Skermslim

Skrywers: Estée Cockcroft en Christine van Aarde
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637009508

Welkom by die vierde industriële revolusie waar diepfopvideo’s soos die waarheid lyk, jou horlosie jou vertel of jy ʼn goeie nagrus gehad het en jou beste pel ʼn KI-metgeselbot is! Skermslim: ’n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte is die allerbeste gids vir amper-tieners om die wêreld te verken. Jy sal leer hoe om die harige-tuna-vis-man te vermy, om hondebollie-kuberboelies aan te meld en ’n blaaskans te vat van verslawende toepassings. Kom skaats deur die digitale ruimte met Nova, ʼn KI-bot. Laat QR-kodes jou neem na prettige aktiwiteite en leer van ware stories oor skermskaatsers, nes jy, wat hier en daar die verkeerde paadjie met hul skaatsplank gevat het. Opskud, die jongste tegnologie wag vir niemand nie!

Akademies en skole

LitNet Akademies: Jongste uitgawe nou beskikbaar

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies 23(1) bevat 591 nuwe bladsye geakkrediteerde navorsingsverslae in Afrikaans. Die PDF-weergawe van die uitgawe is hier beskikbaar.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

Die volledige joernaaluitgawes van LitNet Akademies is gratis hier beskikbaar.

Hiperboliese omskakeling. ’n Gedagte-eksperiment – met afleiding en evaluasie van ’n beskrywende hiperboliese verdeling – wat die bestaan van ’n sistematiese heuristiese denkfout tydens menslike skattings van niedirek meetbare eienskappe aantoon

Abie Bouwer, Eben Maré
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

Hierdie artikel ondersoek die heuristiese prosesse wat gebruik word wanneer normaal verdeelde meetbare eienskappe van niedirek meetbare verskynsels geskat word.

’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: die Verenigde Koninkryk en Ierland

Riette du Plessis
LitNet Akademies (Regte)

"Meer as 75% van die universiteite in die VK wat regsgrade aanbied, het tans kliniese regsopleidingsprogramme, waarvan heelparty deel van die kurrikulum is, met ongeveer 60% wat akademiese krediete toeken. Die hooffokus van die meerderheid van hedendaagse universiteitsregsklinieke is op studente-onderrig."

Wiskunde: Graad 11-vraestel en memorandum, vraestel twee, kwartaal twee

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort jou volgende Wiskunde-eksamen? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir die tweede vraestel voor te berei. Laai dit hier af.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Uit die argief

10 redes om in LitNet Akademies te publiseer

LitNet
Akademies en skole (2019)

Rede #10: Die materiaal wat jy skep, gaan talle Afrikaanssprekende studente help om hul vakgebied beter en makliker te begryp.

Menings

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van Gutenberg tot Zuckerberg – oor die beloftes en bedreigings van die nuwe tegniese era in die Suid-Afrikaanse universiteitswese

Johann Rossouw
Universiteitseminaar | University Seminar

"Dit is die verantwoordelikheid van die eietydse universiteit om studente eerstens in te lyf in die oorspronklike vorm van hoë geletterdheid sodat hulle dit intelligent kan vergelyk met die vervalsings daarvan, naamlik groottaalmodelle, en dié tegnologie kan toe-eien en aanpas om hul vermoë om te dink, te verbeel, te vernuwe, te kan uitbrei en optimaliseer ten einde betrokke burgers te word van ’n land wat nog worstel om waarlik postkoloniaal, dit wil sê waarlik soewerein, te word."

Wyngaard Weekliks: Die Grondwet kan ons nie beskerm teen slegte politici nie

Heindrich Wyngaard, Pierre de Vos
Onderhoude

Een van die land se voorste Grondwetkenners, Pierre de Vos, praat met Heindrich Wyngaard oor wat Suid-Afrika se Grondwet besonders maak, en ook oor die dinge wat De Vos as tekortkominge beskou.

Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?

Chris Heymans
Menings

"In die 1990’s was die aanname dat munisipaliteite sou herstel as hulle bloot meer befondsing ontvang. Vandag is die probleme steeds nie opgelos nie."

Abdullah Ibrahim, jazzikoon van internasionale statuur

Christo van der Rheede
In memoriam

"My verhouding met Abdullah Ibrahim bereik egter ’n hoogtepunt in 2003 toe hy die skool waar ek sedert 1999 as prinsipaal aangestel was, gekies het om ’n musiekopleidingsprogram vir laerskoolkinders te loods."

What he knew, what he carried: Abdullah Ibrahim and the music of home

Heinrich Frans
In memoriam

"The world did not embrace Abdullah Ibrahim despite where he came from. It embraced him because he carried where he came from so completely."

Wat hy geken het, wat hy saamgedra het: Abdullah Ibrahim en die musiek van sy tuiste

Heinrich Frans
In memoriam

"Hy het internasionale invloede opgeneem sonder om sy identiteit prys te gee. En hy het getoon dat dit wat diep plaaslik gewortel is, nie toestemming nodig het om universeel te word nie."

My spies is jou plesier

Trisa Hugo
Menings

"Die terme wat mans kies weerspieël hoe manlikheid, seksualiteit en mag kultureel verwoord word, en hoe hierdie sienings verander. Dat daar honderde name is vir ’n enkele liggaamsdeel, is self ’n taalkundige en kulturele verskynsel."

Springmielies: ’n Reliek vir my verlore verhemelte

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Die vrou wat daar sit met ’n mond vol tande."

Oorlog van beelde

Hercules Boshoff
Menings

"Maatskappye spandeer ’n aansienlike deel van hulle begrotings aan bemarking. Ook by regerings is die persepsie belangrik, en volgens sommige leiers selfs meer wesenlik as die werk wat hulle op grondvlak verrig."

Ek is ’n Afrikaner – ’n ode aan die Kaapse aalwyn

Cornelius Henn
SêNet-briewe

"My stammoeder, Christina van der Kaap, dra slawe-, Khoi- en Indonesiese bloed. Ek eer haar as deel van my volle, geweefde verhaal."

Elders gesien: Rus in vrede, Portchie

Fanie Viljoen
In memoriam

"Hy het tee gemaak, vars piesangbrood bedien en hartlik oor sy lewe gepraat. Later het hy vir my op sy geliefde klavier gespeel, omring deur sy en ander mense se kunswerke."

Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS

Voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Alle gesprekke is GRATIS. Bespreek vroegtydig verblyf.

Video-uitnodiging: Veldsoirée

Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube

Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée".

Bespreek nou vir die Veldsoirée

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Uit die argief: Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée (2025)

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was.

Nou op Voertaal

ANC ontstoke oor DA se versoek om kabinetskommeling

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die spanning tussen die ANC en die DA, die twee grootste vennote in Suid-Afrika se Regering van Nasionale Eenheid (RNE), het hierdie week verder toegeneem nadat die nuwe DA-leier, Geordin Hill-Lewis, president Cyril Ramaphosa formeel versoek het om die DA se verteenwoordigers in die kabinet te herskommel."

DA demoveer Steenhuisen: Nou wag die kollig op Ramaphosa se eie kabinet

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die stap word reeds deur politieke ontleders beskryf as een van die belangrikste toetse van aanspreeklikheid sedert die vorming van die RNE ná die 2024-verkiesing. Dit plaas terselfdertyd nuwe druk op Ramaphosa om te wys of dieselfde standaarde ook op ANC-ministers toegepas sal word."

Sokkertoernooi help om Suid-Afrika vir ’n beter rede as die gewone onder die wêreld se aandag te hou

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Ongeag hoe jy daarna kyk, sport het in die drie dekades sedert Suid-Afrika die juk afgeskud het van ’n donker, verdelende politieke verlede, dit uitstekend reggekry om sport as ’n saambindende faktor uit te bou."

Ramaphosa en McKenzie waarsku teen xenofobie namate 30 Junie-ultimatum oor immigrante nader

Jean Oosthuizen
Voorblad

"McKenzie, wat in die verlede bekendheid verwerf het met sy harde 'Abahambe'-veldtog teen onwettige immigrasie, het jongmense gewaarsku om nie by enige selfhelpaksies betrokke te raak nie."

Binnelandse Sake kanselleer meer as 2 000 bedrieglike studievisums in groot korrupsie-skoonmaak

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die departement werk nóú saam met die Valke om kriminele sake verder te ondersoek."

Leesimpressie: Over Palestina door Hannah Arendt

Erik van den Bergh
Literatuur

"Deze bundel bevat naast een analyse van Hannah Arendt over Het buitenlandbeleid van de Verenigde Staten en Palestina (1944) een rapport over Het Palestijnse vluchtelingenprobleem: een nieuwe benadering en een plan voor een oplossing (1958)."

Boeke en skrywers

Kaaps. Woriboek – Woordeboek – Dictionary onder leiding van Quentin Williams: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Afrikaans en Kaaps is bekend daarvoor dat die twee tale histories ’n komplekse en ongemaklike verhouding het, en dit lyk nie asof dit spoedig gaan verander nie. Hierdie bespreking poog maar net om die problematiek uiteen te sit sonder om ’n spesifieke posisie te verdedig."

Tsietsi Mashinini: Elusive hero of Soweto on Youth Day 2026 – a sociopolitical and biographical analysis

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Viewed in its entirety, Mathe’s biography is ultimately a meditation on memory, political ownership and historical erasure."

The boy and the whale shark by Cayla Lewis: a review

Etrecia van der Merwe
Books and writers

"In a world where we are regularly faced with body shaming and bullying due to appearance, this book allows us to talk to children openly about these important themes and how to deal with them."

Onder ’n bloedrooi hemel en Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: Wanneer feite en stories ineenstrengel en kruisbestuif

Anschen Conradie
Lesersindrukke

"Die sentrale tema in beide is ’n herbesoek aan ’n omgewing wat uit die verlede dateer, gewapen met die kennis en terugbeskouings van die hede."

Karl Kielblock (1907–1991)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Daar is nie iets soos inspirasie nie, net konsentrasie."

The Saturday birds – a memoir-essay in answer to Edgar Allan Poe

Margaret Cordier
SêNet-briewe

"Poe’s bird came at midnight. Mine came on a Saturday morning. His was a raven – a true corvid, dark as a verdict, with one word in its mouth. Mine was an Australian magpie, not a corvid at all, though the world is forever insisting that she must be."

Koos Komiek: Is daar iets soos die Groot Afrikaanse Roman?

Koos Kombuis
Visueel

Koos Kombuis lewer maandeliks kommentaar op die absurde werklikheid.

Oxford University Press SA nooi digters uit om gedigte te skryf

Hennely Nel
SêNet-briewe

"Oxford University Press SA nooi belangstellende digters uit om gedigte teen ’n eenmalige fooi vir leerders in graad 4, 5 en 6 (dit is 10-, 11- en 12-jariges) te skryf. Ons soek ook veral na digters wat in Kaaps kan skryf."

’n Boer maak ’n boek: On Jig by Jan Steyn

Jeanne-Marie Jackson
Elders gesien

"Ek’t ’n klein sirkel literêre vriende hier wat sekerlik hierdie boek – en, hoop ek, hierdie opstel – baie gaan geniet. Deel asseblief met andere Afrikaanse lesers, en lesers wat net belangstel in daardie fassinerende taal!"

Persverklaring: 2026-UJ-pryse vir Afrikaans – kortlyste

LitNet
Boeke en skrywers

Die volgende boeke, alfabeties volgens outeur, is deur die beoordelaars uitgesonder vir die kortlyste van die 2026-UJ-pryse vir Afrikaans.

Persverklaring: Adam Small-gesprek by die Breytenbach Galery

LitNet
Menings

Jy word uitgenooi na ’n gesprek rondom Adam Small en sy lewe en werk – om 11:00 op Saterdagoggend 20 Junie 2026 by die Breytenbach Galery in Wellington.

Press release: Books, wine and conversation – The Bookshelf Events come to Ken Forrester Wines

LitNet
Books and writers

Ken Forrester Wines is delighted to announce a new series of Bookshelf Events, bringing together acclaimed authors, passionate readers, and exceptional wines in an intimate and inspiring setting at the wine farm in Stellenbosch. The first event takes place on Thursday, 25 June 2026.

Programme release: Schreiner Karoo Writers Festival 2026

LitNet
Books and writers

The Schreiner Karoo Writers Festival takes place from 18 to 21 June 2026 in Nxuba (Cradock). The full programme of the festival, made possible by the Avbob Poetry Project and the Amazwi South African Museum of Literature, has been released.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 13 tot 19 Junie 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Sandra Prinsloo terug as die vreesaanjaende bendebaas in Koek, seisoen 2

Maryke Roberts, Sandra Prinsloo
kykNET Portaal

"’n Kostuum help jou. 'n Pruik help jou. Ook as jy na jouself in die spieël kyk en jy sien sjoe, dis nie meer ek daai nie. En dan begin jy voel mmm, ek is nou in ’n ander mens se lyf."

Wat is ’n huis? by Vrystaat Kunstefees 2026: ’n onderhoud met Anthony Dalton

Anelia Heese, Anthony Dalton
Feeste

"Hoe beeld ’n mens dan die teenstrydighede van feilbaarheid en onwrikbaarheid van hierdie mense uit? vra ek. Om my te antwoord, vra Dalton twee vrae: 'Wat is ’n huis sonder ’n alkoholis? Wat is ’n huis sonder ’n onderdanige vrou?'"

Killer Queen: Freddie Mercury sou glimlag oor studente se talente in dié LAMTA-produksie

Maryke Roberts
Teater

"Killer Queen wys nie net die talent op die verhoog nie, maar onderstreep LAMTA se geweldige impak as top opleidingsinstelling. In plaas van middelmatigheid, skep LAMTA ’n kreatiewe, eerlike ruimte waar studente gevorm word tot veelsydige multidissiplinêre 'triple threat'-kunstenaars wat musiekteater, filmblyspele en teater insluit. Hul kurrikulum berei studente deeglik voor op die eise van die moderne musiekteaterbedryf, met opleiding wat wissel van karakterontwikkeling tot kunste-administrasie."

Toorkombuis: ’n Lemoenerige beesstert vir die onthou

Karen Hart
Kos en wyn

"Nou kook ek maar hierdie troospot en hoop die wonderlike geure van vars tiemie, lemoen en sjerrie bring vryskelding en vergifnis."

Persverklaring: Teksmark nooi skrywers uit om nuwe teksidees te stuur

LitNet
KKNK

Alle Suid-Afrikaanse teksskrywers op soek na ’n geleentheid word uitgenooi om nuwe teksidees vir oorweging by vanjaar se Teksmark in te dien.

Persverklaring: Klein Karoo Klassique 2026 bied gewigtige aanbod

LitNet
Musiek

Klein Karoo Klassique bring vanjaar ’n gewigtige aanbod van klassieke musiek na die Klein Karoo, met ’n program wat ’n wêreldpremière én klassieke gunstelinge insluit.

Uitnodiging: Staan nader, huiskokke en onthoukokke – dis weer tyd om in te skryf vir Kokkedoor!

LitNet
Kos en wyn

Daar is ’n miljoen redes om in te skryf – in die vorm van R1 miljoen se prysgeld vir die wenspan. En daardie gesogte Goue Haan wat weer ’n nuwe adres soek. Skuif gou die potte opsy, haal die tjoppie van die vuur af, sit die foon neer en doen wat jy moet doen, want dis nou tyd om in te skryf.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 10 tot 16 Junie 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 10 tot 16 Junie 2026.

Nuwe skryfwerk

Smeltkroes

Pieter Fourie
Poësie

"skerwe van onthou
wat stadig herskep,
herorden,
gerig word ..."

Wonde

Jeanne Henning Els
Poësie

"jou vrede
blom in
kersiebloeisels ..."

Treur

Sanette Scheepers
Poësie

"Vir jou toegeblikte smart
in my sagvoet-eenvoud ..."

’n Golfverhaal

Daleen Venter
Poësie

"Daar is baie stories in die see
as mens net aan iets ’n stem kan gee."

Hierin hou

Pieter Strauss
Poësie

"so hard onthou
wat dit was
om te leef ..."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved