|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1096
17/04/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou voorlopige Veldsoirée-program |
 |
|
Skrywer: Pieter Mulder
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781997476078
Die parlement het eienaardige tradisies en unieke name vir ampsdraers – woorde soos speaker, swepe, ampstaf, ampswag, lesings, afpaar en verdelings. Dit kan verwarrend wees. Hierdie boek verduidelik al hierdie tradisies en nog meer op ’n boeiende – en dikwels vermaaklike – manier. Die hoofstukke is doelbewus lig en humoristies, gevul met ware staaltjies oor amusante situasies en unieke parlementêre persoonlikhede. Die boek is gebaseer op ’n reeks praatjies wat die skrywer op RSG gelewer het.
|  |
|
Voorlopige program: Veldsoirée 2026 |
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Bespreek nou vir die Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
 |
Wyngaard Weekliks: Sal Roelf die pyp kan rook?
Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Jaco Kleynhans
Onderhoude
President Cyril Ramaphosa het Roelf Meyer as ambassadeur na die VSA aangewys. Talle Suid-Afrikaners is verheug daaroor, ander nie. Heindrich Wyngaard gesels met die politieke kommentators Roland Henwood en Jaco Kleynhans.
|
 |
Stemnota: Vuurwapensaak – Malema-hofuitspraak (16 April 2026)
André Duvenhage
LitNetKanaal op YouTube
Julius Malema is Donderdag tronkstraf opgelê in die vuurwapensaak. Wat gaan die impak van die hofuitspraak van 16 April 2026 op Malema en die EFF wees? Luister na politieke ontleder André Duvenhage se kommentaar.
|
 |
Nuwe Geskiedenis-kurrikulum: Afrika het ook ’n geskiedenis
Johan Wassermann
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die opvoedkundige uitkoms daarvan is ’n verstaan van wat Afrika is en hoe bekwaam Afrikane was. Dit is fundamenteel anders as wat elke skoolgeskiedeniskurrikulum nog ooit in Suid-Afrika as kernfokus op die voorgrond geplaas het."
|
 |
The fear of erasure: On South Africa’s history curriculum and the Afrikaner question
Mphuthumi Ntabeni
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"The bittereinder dying of typhoid in a Bloemfontein camp and the black child buried without a name in a Free State field are not statistics in a structural argument; they are the argument. A curriculum that cannot make a schoolchild feel the weight of those deaths in their own chest has failed at its most essential task."
|
 |
Die tonge is los oor die DA se nuwe, jong(er) leierskap
Heindrich Wyngaard
Menings
"Die DA se 2026 Federale Kongres en die gepaardgaande leierskapsverkiesings is nou agter die rug – die gesprekke oor die uitkoms daarvan egter nog lank nie. En soos wat in LitNet se jongste Wyngaard Weekliks-videogesprek voorspel word, sou ras- en geografiese verteenwoordiging in die nuwe leierskapsamestelling ’n veelbesproke onderwerp bly – vooraf en agterna."
|
 |
Wanneer die kanonskoot op Vlaeberg al dowwer knal
Cas Wepener
Menings
"Wat ek wel nog raaksien, gegewe kanontyd, wapper soos die ou Bataafse vlag voor die kasteel in Kaapstad in my gedagtes. Kleurvol in rooi, wit en blou simboliseer dit hoe ek, soos alle mense, besig is om al verder weg te trek vanaf kanontyd."
|
 |
Wat kan Winnie the Pooh ons oor families leer?
Merle Danhouse
Seminare en essays
"As ons weer terugkeer na die wêreld van Winnie the Pooh, sien ons iets eenvoudig maar diep: Die karakters is nie perfek nie. Piglet bly bang, Tigger bly impulsief, en Eeyore bly soms hartseer. Maar hulle bly verbind. En dalk lê juis daarin die belangrikste les vir ons families vandag. Gesonde families is nie families sonder probleme nie. Dit is families waar mense aan mekaar bly vashou déúr die probleme. Families waar kinders weet hulle word gesien. Families waar hulle weet hulle word gehoor. Families waar hulle weet hulle behoort."
|
 |
Oop boek: Gesprek met Frederick Botha oor Seuns weet
Karen de Wet, Frederick Botha
Skrywersonderhoude
"Skrywers is optekenaars, afloerders, afluisteraars, diewe. Om dit dan te fiksionaliseer is ’n manier om van werklikheid, en uiteindelik van onsself, sin te maak."
|
 |
Langpadliefde deur Madelie Human: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Die verhaal omarm ook hoop, herstel, aanvaarding en vergifnis. En dit is in hierdie pad van die een uiterste na die ander waarin die sukses van die storie lê en wat maak dat die leser nie die boek wil neersit nie."
|
 |
Skattejag en skadukante deur Malene Breytenbach
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Die gedagte dat daar in ons hedendaagse tyd nog skeepswrakke gevind word waarop fabelagtige skatte is, het my omtrént gefassineer. Dit is duidelik dat Malene haar huiswerk deeglik gedoen het om die wetlike prosesse waaronder hierdie tipe operasies geskied, weer te gee."
|
 |
Berta Smit (1926–1997)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Iemand het op ’n keer gesê ’n skrywer kies nie ’n tema nie – die tema kies hóm. Dit neem soms jare om vas te stel wat daardie innerlike drang om te skryf laat ontstaan, maar wanneer dit eers ’n naam gekry het, móét dit uit."
|
 |
From South Africa to the States: Beginning a career across continents
Tayla Mocke
Books and writers
"In these digital, transcontinental and often invisible spaces, I’m learning what it means to engage fully – not just as a publicist, but as a professional, a writer, a reader and a South African working at an American press – in a globally connected, book-loving world."
|
 |
Donker vuur deur Pieter Stoffberg: ’n lesersindruk
Kruger Uys
Lesersindrukke
"Die slot, wat eerder op herkenning as op afsluiting fokus, beklemtoon die roman se sentrale besorgdheid: dat identiteit, verbondenheid en betekenis broos en dikwels van omstandighede afhanklik is, en meestal deur lyding gevorm word."
|
 |
Uitnodiging: Dave Pepler by NALN
LitNet
Boeke en skrywers
Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Vriende van NALN Vereniging nooi álle belangstellendes uit na ’n besonderse gesprek (en ruik-ervaring) oor parfuum.
|
 |
Press release: Unheard voices – call for submissions
LitNet
Books and writers
All South African writers who have not had a full-length book published are invited to submit short stories for an anthology to be published in South Africa and the UK by Holland House Books.
|
Op die redakteur se lessenaar |
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Klassieke musiek tot in die harte van die Klein Karoo se kinders gebring
Maryke Roberts
Muziek
"Gamka Klassiek word aangebied in samewerking met PACT (Prince Albert Community Trust), ’n plaaslike organisasie wat daarop gemik is om jongmense se potensiaal te ontsluit. Hul visie is om die gemeenskappe van Prins Albert te ontwikkel en transformeer deur ’n verskeidenheid programme en platforms te skep vir voorheen benadeelde individue."
|
 |
Persverklaring: VECTIS-Taalspel "Leen uit het Afrikaans"
Voertaal
Over taal
Sien asseblief die aankondiging van die 2026-ronde van die taalspel "Leen uit Afrikaans", die spel waarin jy ’n Afrikaanse woord kan instuur wat volgens jou mooier, duideliker of oorspronkliker is as die huidige Nederlandse woord.
|
 |
Persverklaring: Samespraak – Veronique Jephtas
Voertaal
Cultuur
Kom luister na ’n gesprek met Veronique Jephtas, digter, dramaturg en akteur wie se werk die afgelope jare ’n besondere en dringende dimensie tot die Afrikaanse literêre en teaterlandskap bydra.
|
 |
Suidoosterfees 2026: Die poskantoor: ’n onderhoud
Yolanda du Toit, Jeanne-Marié Koekemoer
Suidoosterfees
"Ek hoop ook die produksie skep ’n oomblik van stilwees, ’n ruimte vir refleksie, wat – anders as die oorweldigende stroom van stemme en beelde op ons fone – die geleentheid bied om werklik stil te staan. Hopelik kan dit lig werp op van ons land se mees dringende kwessies. Daar ís ruimte vir vergifnis en daar is baie plek vir hoop."
|
 |
Suidoosterfees 2026: Eerste vir alles: ’n onderhoud
Yolanda du Toit, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wessel Pretorius
Suidoosterfees
Yolanda du Toit praat met Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman en Wessel Pretorius oor die Suidoosterfees-produksie Eerste vir alles.
|
 |
Gee haar ’n soen van my
Fazel Dick
Poësie
"Nooit het ek geweet dat iemand so klein
soveel groot leemtes sou vul nie." |
 |
Seun op die slagveld
Susanne Pretorius
Poësie
"in ’n hoek die skadu van ’n soldaat
gesig onleesbaar, oë wat stip staar;
die seun op die slagveld agtergelaat"
|
 |
Witborsduif
Morné du Preez
Poësie
"Vere wit en pronk
vlerke vonk
uitgestrek;"
|
 |
Word stil en leef
Jacomina Bonthuys
Poësie
"Ek wil skanse om my oprig nou
wat my stilte hier binne my sal laat stol"
|
 |
Rivier
Jeanne Henning Els
Poësie
"en die
visarend uit sy
woestynboom roep"
|
 |
Rymstories: "Die Stasiemeester se Vrou"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Gereeld kom die trein donderend van die suide aan
Sy fluit skeur turksvyblare oop en split die maan"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|