Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1040

07/03/2025


  Krities Afrikaans

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Dink jouself gelukkig

Skrywer: Pieter van Jaarsveld
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796323521

Verander jou ingesteldheid en jou lewe verander! Met Dink jouself gelukkig wys Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Daar is praktiese, eenvoudige oefeninge wat jy kan doen om jou gelukkiger te maak. Jy kán floreer – hierdie praktiese gids plaas ’n lewe van geluk binne elkeen se bereik.

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
LitNet25-skrywersberaad

Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad sal oor ’n aantal maande strek.

In watter saal word gepraat? Hoe ver trek die klank?

SJ Naudé
LitNet25-skrywersberaad

"’n Mens kan nie regtig vir die Noorde skryf nie. Jy kan of behoort net te skryf wat jy noodsaaklik vind om te skryf, op die manier wat dit eis om geskryf te word, terwyl die onderbewuste dikteer."

Omvormie norm: Standaardafrikaans als voertaal

Earl Basson
LitNet25-skrywersberaad

"’n Standaardvariëteit issie net ’n gemeenskaplike kommunikasiemiddel, soes wat ons deesdae aanvaar, nie. As dit die case was, sou Langenhoven nie in sy pleidooi virrie standaardisering van Afrikaans die taal as ’n witmanstaal beskryf het nie."

Afrikaans se talle tonge

Michael le Cordeur
LitNet25-skrywersberaad

"Soos Small, glo ek dat Afrikaans aan almal behoort wat die taal praat, ongeag dialek of tongval. Die onskuld van Namakwa-Afrikaans, die eerlikheid van Griekwa-Afrikaans, die humor van Kaapse Afrikaans, tesame met sy ontronde Bolandse Afrikaans met sy Bolandse bry, is almal boustene van ’n taal wat ons ons eie noem, juis omdat dit ons saambind en nasiebou bevorder."

Resensent of smaakmaker – edelmetaal of klatergoud?

Marlies Taljard
LitNet25-skrywersberaad

"Die woord kritiek verwys na die vermoë om te analiseer, ’n geldige, eie opinie te vorm én dit te substansieer aan die hand van literêre teorieë."

Laster en belediging: ’n oorsig oor tersaaklike regsbeginsels

Bernard Wessels
LitNet25-skrywersberaad

"Selfs indien die eiser daarin geslaag het om te bewys dat die bewerings wat die skrywer gepubliseer het, na hom/haar verwys en volgens bogenoemde benadering as lasterlik bestempel kan word, beteken dit nie sonder meer dat die skrywer aanspreeklik is nie."

Uit die argief

Briewe deur die lug-beraad (2000)

LitNet
SeminaarKamer (OuLitNet) (2000)

In 2000 is die Briewe deur die lug-beraad gehou, wat uiteindelik ’n publikasie deur Tafelberg tot gevolg gehad het. Lees bydraes deur onder meer Breyten Breytenbach (openingsrede), Antjie Krog, Koos Kombuis, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Abraham H de Vries, Jakes Gerwel, Elsa Joubert en Hennie Aucamp.

Young Voices: The 2004 South African Online Writers’ Conference

LitNet
Young Voices (OuLitNet) (2004)

Die Young Voices Conference het in 2004 plaasgevind en is deur Nelson Mandela geopen. Lees bydraes deur onder meer Danie Marais, Toast Coetzer, Lauren Beukes, Tom Dreyer, Pumla Dineo Gqola, Jaco Jacobs en Niq Mhlongo.

Aanlyn kongres: Poolshoogte

LitNet
Seminare en essays (2014)

In 2014 is die denkklimaat in die Afrikaanse bestel tydens Poolshoogte ondersoek. Lees bydraes deur onder meer Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Lindie Koorts, Charl-Pierre Naudé, Nathan Trantraal en Louise Viljoen.

ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Om saam te vat: R380 betaal vir die skryfkursus, die kursusmateriaal en al die gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée.

Boeke en skrywers

Breyten’s career as writer and public figure in South Africa: a brief overview

Francis Galloway
Books and writers

On Sunday, 23 February 2025, the life and work of Breyten Breytenbach – who passed away on 24 November 2024 – was celebrated at the Breytenbach Sentrum in Wellington. Herewith the text version of Francis Galloway’s talk as part of the event.

PenAfrican: Theft by Abdulrazak Gurnah – a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Theft is the first novel Abdulrazak Gurnah has released since winning the Nobel Prize for literature in 2021. Epic in a true sense of the word, it follows the intertwining lives of three Tanzanians, Badar, Karim and Fauzia, and their coming of age in the fast-changing world of Zanzibar and mainland Tanzania."

Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie

Carla van der Spuy
Resensies

"Ware vriendskap gee nie om of jy arm of ryk is nie. ... Hierdie roman ondersoek die hart van ’n vrou wanneer sy op haar broosste is. En vriendskap van jou hartsvriendinne wat jou koester, soms reguit kan praat, maar jou altyd wil beskerm – selfs teen jouself."

Klaas Steytler (1922–1998)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"As jy die dag nie weet wat om te skryf nie, ontleed jy die situasie. Jy doen daaglikse vingeroefeninge, dis baie belangrik. Maar die drif moet daar wees, die beweging in die derms." Lees meer oor Klaas Steytler se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Dis waar die fondasie gelê is

Annie Olivier
Elders gesien

"Noudat ek my is’e en my are’s grotendeels onder beheer het, keer ek vandag terug na my wortels. Dit voel soos ’n tuiskoms."

Uit die argief: Speurder Sammi: die blou steen – ’n onderhoud met Crystal-Donna Roberts

Veronique Jephtas, Crystal-Donna Roberts
Skrywersonderhoude (2023)

LitNet neem met leedwese kennis van die afsterwe van Crystal-Donna Roberts op die oggend van 6 Maart 2025. Sy was nie net ’n aktrise nie. In hierdie onderhoud het sy met Veronique Jephtas oor haar kinderboek Speurder Sammi: die blou steen gepraat.

Press release: Amazwi Literature Heritage Ecology Conference programme

LitNet
Books and writers

The programme for Amazwi’s 2025 Literature Heritage Ecology Conference has arrived. There is a great range of papers from a wide range of disciplines. Registration for the conference will close on Monday, 10 March, so there’s still time to sign up!

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 21 Februarie tot 7 Maart 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Menings

Europa + Zelenski, Trump en Poetin

Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk
Onderhoude

Dit is tans ’n baie gevaarlike tyd in die internasionale politiek, aldus politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk. Hy bepleit ’n terugkeer na sogenaamde outydse diplomasie.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van idealisme na realisme – hoe die Trump-omwenteling verstaan kan word

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Niks het in die onlangse verlede, selfs in die onlangse weke, die verdeling tussen die idealistiese idealiste en die realistiese idealiste aangedui soos die twee groeperinge se uiteenlopende reaksies op die aanvang van die Trump-administrasie nie. Vir eersgenoemde is dit ’n ramp, vir laasgenoemde ’n nuwe era."

Wat sê Bettina? Slava Ukraini!

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ons almal se lot is verbind met Oekraïne se lot. As Oekraïne val, dan is Europa volgende. En wie weet waar daarna?"

Afrikaans en die gevolge van die AfriSol-debakel

Wannie Carstens
Menings

"Ons weet ons moet in moeilike omstandighede die land laat werk, maar hierdie mate van polarisasie gaan nie vir ons óf Afrikaans vorentoe neem nie."

Afrikaans en inklusiwiteit: ’n herposisionering van die taal binne bruin middelklasgemeenskappe gebaseer op empiriese navorsing

Merlyn van der Rheede
Seminare en essays

"Die studie toon dat Afrikaans se oorlewing en uitbreiding afhanklik is van ’n doelbewuste narratiefverskuiwing en die skep van ruimtes waar Afrikaans ’n positiewe, verenigende krag kan wees."

Afrikaans se nuwe grense: Ingrid Jones se visie by die 21ste Johan Combrink-gedenklesing

Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal

Ingrid Jones het by hierdie jaarlikse VVA-geleentheid opgetree: "Wanneer sy oor Afrikaans en sy toekoms gesels, is dit met haar kenmerkende eerlikheid, passie en ’n tikkie humor. Vir haar is Afrikaans nie net ’n taal nie; dit is ’n storie, ’n identiteit, en ’n lewende, asemrowende entiteit wat aanhou ontwikkel, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Novak Djokovic, moderne tennis en eer

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Omdat die tradisionele etos van tennis so sentraal tot die moderne spel is, en omdat dit dié moderne sportsoort is waarin ons die blywende waarde van die tradisionele etos openlik mag erken en vier, takseer ons die spelers eweseer op hulle spel as op hulle gedrag."

Agterstories – Kwyngroei is katastrofies: ekonomiese groei vandag en môre

Johan Fourie
Rubrieke

"Ek is seker Costa Rica is ’n pragtige plek, maar hierdie outeurs se argument berus op ’n fundamentele fout – hulle meen dat vooruitgang en volhoubaarheid twee onversoenbare begrippe is. Hulle dring daarop aan dat ekonomiese groei nie binne omgewingsperke kan plaasvind nie, dat 'volledige ontkoppeling' van die BBP, koolstofemissies of hulpbrongebruik wensdenkery is. Dít is egter eenvoudig nie waar nie."

Wilgenhof en Rooi Koos se twyfel

Jannie Gagiano
SêNet-briewe

"Die Universiteit Stellenbosch en die Wilgenhof Alumnivereniging het nou tot ’n skikking gekom oor hoe om die vormveranderinge waaraan die koshuis in die nuwe bedeling moet voldoen, opnuut te bedink sodat die Plek in ’n nuwe gewaad kan bly voortbestaan. Nietemin bly daar so ’n geurtjie in die lug hang wat herinner aan die gewaarwordinge wat beleef word wanneer twee sportspanne na ’n harde en verbete stryd van die veld af moet stap met ’n gelykopuitslag in ’n wedstryd."

My seun, kom ons gaan kyk ’n drag show!

Jan Roodt
SêNet-briewe

"Daar is ek sommer dankbaar vir elke liewe ma en pa in daardie gebou wat dit normaal maak vir my en my gemeenskap om onsself te wees en wat hulle kinders leer dat daar eintlik niks is om te verstaan nie; dit is alles natuurlik."

Die straatgeveg in die Withuis

Theo Venter
Elders gesien

"Trump het baie dinge aan sy ondersteuners belowe in 2024, maar twee staan uit: Hy wil lewenskoste laat daal en hy wil vrede in Oekraïne binne twee weke skep."

Uitnodiging: FilosofieKafee – "Waar het links skeefgeloop?"

LitNet
Menings

Is daar nog ’n linkse alternatief tot die neoliberale orde wat floreer onder tegnokrate, binêre denke en die opbloei van etniese nasionalisme? Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 7 Maart in Wellington. Danie Marais is die spreker.

Nou op Voertaal

ZAM Nelson Mandela Lezing 2025: Nederland moet haar moraliteit hervormen

Francine Maessen
Meningen

Op zondag 16 februari vond alweer de vijfde Nelson Mandela Lezing plaats, georganiseerd door ZAM Magazine. Naast de hoofdlezing, die dit jaar werd gegeven door John-Allan Namu, omvatte de dag ook een uitgebreid randprogramma met een interview, een panelgesprek, kunst en een boekenmarkt. De Nelson Mandela Lezing vond plaats in het Internationaal Theater Amsterdam, het gebouw waar Nelson Mandela vier maanden na zijn vrijlating het Amsterdamse publiek vanaf het balkon toezwaaide. ZAM bouwt voort op de solidariteit van bewegingen tegen apartheid en kolonialisme en haar programma is zo dus bewust maatschappelijk en activistisch.

Chaos in SA se gesondheidsektor oor befondsingskrisis

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Suid-Afrika se MIV-program is die grootste ter wêreld, met sowat 5,5 miljoen mense wat antiretrovirale middels ontvang. Hoewel die staat 74% van die koste dek, het Pepfar die gaping gevul vir dienslewering en voorkoming wat die regering nie alleen kan bekostig nie."

AfriForum en Solidariteit lê nie wakker oor klagtes van hoogverraad nie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die DA en Vryheidsfront Plus stem saam met Kriel dat daar geen regsgronde is om hulle te vervolg nie."

Kabinet finaliseer volgende week se begroting

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit wil voorkom of die RNE hul verskille opsy gesit het om ’n werkbare begroting te finaliseer, wat moontlik ’n kompromis insluit om belastingverhogings te vermy of te beperk."

Wêreldbank aan Suid-Afrika: Laat vaar rassebeleid om ekonomie te laat groei

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Wêreldbank wil hê Suid-Afrika moet hierdie beleide aanpas om dit minder veeleisend te maak vir buitelandse maatskappye om in die land te belê."

Brief en repliek 4: Eybers, Louw en Van Heerden

Alwyn Roux, Yves T’Sjoen
Academisch

"Die navorsingsvrae wat gevra word, is dus hoe die werk van Eybers, Louw en Van Heerden in die Lae Lande versprei is (publikasiegeskiedenis), ontvang is (resepsieondersoek) en geïnterpreteer is (akademiese studies)."

Leesimpressie: Een verschoppeling met vuurkracht door Rémon van Gemeren

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een ontluisterend portret van de befaamd dichter Chris van Geel (1917–1974), getypeerd als een egocentrische, introverte persoonlijkheid."

Leesimpressie: Nargis door Forugh Karimi

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een novelle waarin familieverhoudingen in een uit Afghanistan gevlucht gezin helder beschreven worden."

Toe nie wilder as wild by Wildekrans!

Maryke Roberts
Reisgogga

"Drie salige dae by Wildekrans-wynlandgoed buite Botrivier is net wat ’n moeë stadsiel nodig het. En boonop is dit net ’n katspoegie van Kaapstad af, wat beteken jy is op die plaas nog voor jou agterwêreld in die motor deurgesit is."

Openbare ruimtes word met kuns versier

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die eerste Openbare Kuns Abu Dhabi Biënnale (PAADB) is tans in die strate, parke en binnehowe van Abu Dhabi onderweg en duur tot 25 April. Die kleurvolle installasies maak die mooi sypaadjies en ruimtes nog mooier en bring kuns na Jan Alleman," skryf Maryke Roberts ná ’n besoek aan dié woestynstad.

Persbericht – Een herinnering aan Breyten Breytenbach

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

Op zaterdag 23 november is Breyten Breytenbach, de bekende Zuid-Afrikaanse dichter, schrijver en schilder, op 85-jarige leeftijd overleden. Ter ere van zijn nalatenschap organiseert het Zuid-Afrikahuis op 13 maart een bijeenkomst.

Akademies en skole

Kunsmatige Intelligensie kan leergeleenthede verryk

Willa Louw
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"KI het gekom om te bly en veral ChatGPT het internasionale kennis makliker toeganklik gemaak. Plaaslike kennis en eie ervarings word egter al hoe belangriker."

Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 4 en wil jy eerder aan ’n roomys smul as om vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei? LitNet kan help – met die voorbereiding vir jou Wiskundetoets. Laai ’n gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af, oefen soveel moontlik somme en proe die soete smaak van goeie punte vir hierdie kwartaal se harde werk.

Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou help om voor te berei. Dit kan jou help om af te trek en op te tel. Tel daarna ’n stokkielekker op en proe hoe lekker dit smaak as jy hard gewerk het!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jana Hattingh
Suidoosterfees

"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."

KKNK 2025: ’n onderhoud oor Liefdesbriewe

Yolanda du Toit, Arnold Vosloo, Elzabé Zietsman
KKNK

"Dit sal wonderlik wees om nou weer op die verhoog te wees, veral in ’n Afrikaanse stuk. Die rede hoekom ek ja gesê het vir die stuk is dat dit in Afrikaans is en dat dit Elzabé Zietsman is," vertel Arnold Vosloo.

Tuiskoms: hoe Afrikaans op Netflix tuiskom

Naomi Meyer, Louis Pretorius
TV

"Dit het begin met die feit dat Netflix begin belangstel het in Afrikaans as ’n mark en ’n storietaal."

Niggies: Die waremisdaadreeks is ’n eerste vir kykNET

Maryke Roberts, Saartjie Botha, Philip Rademeyer
TV

"Dis nie net kykNET se eerste waremisdaadreeks in Afrikaans nie, maar ook die eerste maal dat daar ná elke twee episodes ’n potgooi gemaak word, waar Kabous Meiring met akteurs, vervaardigers en ander kundiges gesels oor die reeks." Maryke Roberts het met Saartjie Botha en Philip Rademeyer gesels oor hul reis as draaiboekskrywers vir Niggies, wat in Maart op kykNET debuteer.

Sielkos by die Mandela Bay Arts Festival: ’n fotogalery

Izak de Vries
Musiek

"Toe ek sien hierdie jongman sing in Afrikaans, was dit my motivering om ’n kaartjie te bespreek."

Dear Evan Hansen: Ons almal het ’n bietjie Evan Hansen in ons

Maryke Roberts
Teater

"Die bekroonde musiekblyspel Dear Evan Hansen spog met ’n heel nuwe baadjie en bied iets heeltemal vars en anders as wat jy van ’n blyspel sal verwag. Dis ’n drama, maar met ’n goeie – en realistiese – einde."

Jane Mpholo-Mehlape’s Fragmented delivers a hauntingly beautiful performance at Pacofs

Rondo Mpiti
Lifestyle and entertainment

"Jane Mpholo-Mehlape’s solo performance Fragmented left a deep imprint on audiences at Pacofs on 23 February 2025. ... A bold fusion of storytelling, poetry and immersive audiovisual projections, Fragmented blurred the lines between theatre and film, creating an emotionally charged atmosphere."

Persverklaring: Oesmaan | Harvest moon – Afrikaanse Taalmonument, 14 Maart 2025

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Besoekers kan die volmaan van nader bekyk tydens ’n heerlike aand op die beeldskone Paarlberg. Die Afrikaanse Taalmonument nooi almal hartlik uit om hierdie natuurverskynsel op Vrydag 14 Maart te geniet as deel van die instelling se halfeeuvieringe.

Persverklaring: Nou lewe Shakira Peach!

LitNet
Musiek

Onthou jy "Ek lewe" van Anneli van Rooyen? Shakira het golwe gemaak onder jong aanhangers met haar twee enkelsnitte "Disco" en "Spook". Nou begin Shakira lewe in die musiekbedryf met haar nuwe enkelsnit, "Lewe vir jou", wat in Februarie vrygestel is. Maak gereed om hierdie nuut verwerkte treffer van voor af te geniet!

Nuwe skryfwerk

Boot Camp Blues

Ronelda Jordaan
Fiksiekompetisies

"Ek sou dink jou dokter moet bly wees as jy haar min sien. Dit beteken mos sy doen haar werk goed. Daarna word ek uitgevra oor my non-existent liefdeslewe. Sy soek nou al vyftien jaar lank vir my ’n man, nadat ek myne in die swembad verdrink het. Ek speel, ek speel! Hierdie storie het nie ’n kinkel nie."

Buitestander

Pieter Verster
Fiksiekompetisies

"Hy lees sy gedig oor en oor. Oorweeg verandering. Verloop dit logies genoeg? Is dit té persoonlik? Voordat hy enige veranderinge maak, verwyder hy dit van Facebook af. Hy hoor veraf ’n ambulans se sirene."

Beroof deur wou

Alma Rossouw
Fiksiekompetisies

"Jy wou nog altyd die wêreld sien. Ek wou jou so graag Toskane toe vat. Hulle koester die hele wynmaakproses deur alles met die hand te doen. En die boer wat vir sy wingerde Mozart speel. Hy glo die stokke hou van klassieke musiek en produseer dan beter. Van al die plekke, raai ek, sou jy dit die meeste geniet. Naas die Boland, natuurlik."

Amperdaar

François Verster
Fiksiekompetisies

"Wat sou Adri sê? Ek weet, ek weet. '’n Vreemdeling is ’n vriend wat jy (nog) nie ken nie.' Ék sou sê: 'Die kat kom weer. Kyk maar.'"

Wanneer rose fluister

Wicus van der Merwe
Poësie

"in ’n hoekie bibber my wortels teen ’n verwaarloosde muur.
los die winter my dors in ’n yswoestyn."

Koersverlore

Zebulon Kochk
Poësie

"en verswelg onsekerheid
oor jou wat koersverlore
verdwyn het ..."

Bloubergstrand

Susanne Pretorius
Poësie

"ek loop op harde nat strand
my voetspore tussen meeue se spoor."

Goodnight, sun

Carla Botha
New writing

"Goodnight, the boy whispers to the sun,
not understanding farewell."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved