Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1023

25/10/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: ’n Pad met opvoedkunde

Tietie en Nanna se huiskos

Skrywers: Najma Abrahams en Azba Fanie
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184779

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke is geliefd vir hul hartskos – g’n fênsie bestanddele of fieterjasies nie, net plein huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist. Terwyl die potte prut, strooi die twee siezas so saam met die masala, dhanya, karamonk en jeera ook vrylik hul eie spices virrie lewe in. ’n Resepteboek waar memories en liefde saamsmelt, met elke roer van ’n pot.

Akademies en skole

SteedsDink met LitNet Akademies: Michael le Cordeur oor sy akademiese navorsing

Michael le Cordeur
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor sy navorsingsfokus, naamlik moedertaalonderrig, leesbegrip en taal en identiteit (Kaaps). Hy lewer kommentaar oor die Bela-wet, asook die uitdagings van Kunsmatige Intelligensie. Adam Small se bydrae, bemagtiging deur Afrikaans, die toekoms van Afrikaans en die belang van kritiese denke en kreatiwiteit word ook onder die loep geneem.

Kollig op akademikus Michael le Cordeur: Moedertaalonderrig en leesbegrip

Michael le Cordeur
SteedsDink

In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor die liefde wat hy van kleins af vir Afrikaans het, waarom hy besluit het om onderwys te studeer en die ontstaan van sy navorsingsfokus.

"Gee raat": ’n Netwerkwetenskaplike verkenning van die doeltreffendheid van boererate met spesifieke verwysing na die behandeling van epilepsie en slapeloosheid

Burgert A Senekal
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

"Die studie toon dat sommige van die bestanddele wat voorgestel word vir die behandeling van epilepsie en slapeloosheid in boererate wel voorheen as doeltreffend bewys is. Dit dui daarop dat sommige boererate wel wetenskaplik ondersteun kan word in die behandeling van hierdie gesondheidsprobleme."

Persverklaring: Akademia-taalsentrum en VivA kondig samewerkingsooreenkoms aan

LitNet
Akademies en skole

Luidens die ooreenkoms sal VivA as onafhanklike kontrakteur by die nuutgestigte Taalsentrum van Akademia aansluit ter ondersteuning van verskeie projekte en aktiwiteite. Laasgenoemde sluit onder meer in die bevordering van navorsing in Afrikaans, betrokkenheid by programontwikkeling, internskapgeleenthede en taalpraktykgerigte kortkursusse. Die aanbied van nasionale en internasionale konferensies word ook in die vooruitsig gestel namate die ooreenkoms verder ontwikkel.

Wiskunde, graad 6: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 6 is, weet jy nou al dis amper tyd om eksamen te skryf. Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou met tydsomme kan help (en ook met baie ander afdelings waaroor julle nou binnekort eksamen skryf). Daarna is dit tyd vir vakansie!

Wiskunde, graad 7: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 7 is, is jy dalk nou meer lus om te swem as om Wiskunde te doen. Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou kan help om die buite-oppervlak van ’n swembad te bereken (en dit sal jou ook kan help met baie ander afdelings waaroor julle nou binnekort eksamen skryf). Daarna is dit tyd vir ontspanning en vir swem!

Wiskunde, graad 9: kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 9 is, weet jy dat ’n stingel-en-blaar-diagram nie met plante en Lewenswetenskappe te doen het nie. Laai hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af om dit onder die knie te kry. Dan gaan jy nie in die eksamen deur die blare wees nie!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Uit die argief

Bela-wet onderteken: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)

"Die realiteit is dat klousules 4 en 5 deel is van die wet wat klaar onderteken is. Dit is net die implementering wat met drie maande uitgestel is vir verdere gesprekvoering. Dit sal outomaties na drie maande in werking gestel word indien dit nie deur ’n wysigingswet herroep word nie."

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

Freek Robinson, Paul Philip Sauer
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)

Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek

Anke Theron
Kinderboeke (2023)

"Die goue draad al die pad van die sukkelende resultate van leesbegripstudies en Ferdinand de Saussure se linguistiese teorie tot waar ’n mooi prenteboek ’n verskil kan maak, eindig met ’n baie eenvoudige oplossing. As jy wil hê jou kind moet met begrip kan lees, lees vir hulle kinderboeke voor."

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2020)

"In die soeke na ’n strategie vir die insluiting of akkommodering van Kaaps is dit dalk raadsaam om vas te stel wat elders in soortgelyke gevalle gebeur."

Menings

Waarom die VSA by Suid-Afrika wil leer

Freek Robinson, Roelf Meyer
Onderhoude

Roelf Meyer was ’n maand lank in die VSA waar hy lesings en werkswinkels aangebied het oor Suid-Afrika se vreedsame oorgang na demokrasie. Maar waarom nou? Wat wil die Amerikaanse denkers tans by ons leer en hoekom? En wat sê Meyer aan die afstig-Afrikaners wat beweer hy het Suid-Afrika gewoon uitverkoop? Freek Robinson het met Meyer gesels.

Wat sê Bettina? Dertien dae voor Amerikaners moet kies

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Solank daar ’n wit man in beheer is, is hulle gelukkig."

Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na Konstitusionele Hof verwys: ’n onderhoud met Catrina Wessels

Naomi Meyer, Catrina Wessels
Kopiereg-wetsontwerp

"As jy as doodgewone Suid-Afrikaanse burger omgee oor die land se welvaart, behoort jy hieroor om te gee. Kunstenaars van oor verskeie dissiplines en skeppende bedrywe stel nie net wonderlike kreatiewe uitdrukkings daar nie, maar skep werk."

Die sielkundige trauma van ’n post-poliolyer voor haar 12de operasie

Marlene le Roux
Menings

"Hoekom skryf ek hierdie artikel oor my 12de operasie as ’n post-poliolyer? Om die eenvoudige rede dat ek wil hê die regering moet besef sonder die behoorlike ondersteuning en hulpbronne is post-poliolyers gedoem! Nie almal is so bevoorreg en bemagtig soos ek nie."

Op dees aarde: Oorlogstrauma en die radikale Afrikaner-psige

Elsabé Brits
Rubrieke

"Betreklik min mans het aan die Rebellie deelgeneem, maar daar kan moontlik gesê word dat ná Fourie se teregstelling daar nie keer aan die 'steun' was nie. Dit was ’n pynlike en 'onregverdige' dood wat die slagofferskap en onverwerkte trauma van die Anglo-Boereoorlog verder versterk het."

Hermeneutiek: Om met jou lyf te lees en te luister

Cas Wepener
Seminare en essays

"Vanaf interpreteer met jou hele lyf moet ons gaan na preek en praat vanuit daardie lyf. En nee, hiermee word nie ’n soort emosionaliteit bedoel nie. Soos Danie Marais in Ek en jy bestaan nie dig: 'Wit trane is net sout / in ou wonde.'"

Twee dekades van herdenking: Die NHN 2004–2024

Jean Oosthuizen
Seminare en essays

"'Ons het besef dat die Christelike godsdiens, in sy Augustiniaanse formaat, nie meer ’n werkbare model bied vir mense wat in die 21ste eeu leef nie,' verduidelik [Spangenberg]. Die netwerk het sedertdien verder wegbeweeg van die idee van hervorming. Dit fokus vandag eerder op nuwe maniere van dink oor menswees, moraliteit en die verhouding met die aarde."

WAT: Die letter U is nou aanlyn beskikbaar

Naomi Bruwer
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

"Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het onlangs die letter U aanlyn gepubliseer. Hierdie nuutste trajek van die WAT strek vanaf die inskrywing vir die letter U as die 21ste letter van die alfabet tot by die woord Uzzi-masjiengeweer. Dit bevat 2 144 lemmas, 5 351 betekenisonderskeidings, 13 962 voorbeeldsinne, 792 poëme en 252 uitdrukkings."

Toespraak gelewer by die WAT-bekendstelling van U: 14 Oktober 2024

Gerhard van Wyk
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

"Die letter U bevat, soos al die vorige dele van die WAT, ’n verskeidenheid inskrywings waarmee die rykdom van Afrikaans geïllustreer word. Vervolgens wil ek graag vir u ’n paar woorde, uitdrukkings of betekenisonderskeidings uit U uitlig om dit te illustreer."

Persverklaring – WAT: Rudie van Rensburg as nuwe beskermpersoon aangewys

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Die skrywer Rudie van Rensburg is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek. Hy ondersteun reeds vir jare dié fondsinsameling en die WAT deur telkens ’n woord uit elk van sy nuwe boeke se titels te borg.

Persverklaring: PEN Afrikaans verwelkom die president se verwysing van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof

LitNet
PEN Afrikaans

Die bestuur van PEN Afrikaans verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om nie die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg in sy huidige vorm te onderteken nie, maar dit na die Konstitusionele Hof te verwys om die grondwetlikheid daarvan te bepaal.

Nou op Voertaal

Verskille in RNE se buitelandse beleid kom by Brics na vore

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Steenhuisen sê in ’n tyd waarin Suid-Afrika hernude optimisme ervaar met die eerste werklike vooruitsigte van ekonomiese groei in byna twee dekades, kan die regering eenvoudig nie bekostig om stellings te maak wat internasionale betrekkinge en handelsgeleenthede in gevaar kan stel wat deurslaggewend is vir die verwesenliking van ons sleuteldoelwitte van groei en werkskepping nie."

Valke slaan toe op omstrede diamant-egpaar en sewe ander

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die arrestasies is sedert Dinsdagaand deur ’n veeldoelige taakspan onder leiding van die Valke in die Noord-Kaap uitgevoer en die verdagtes is op verskillende plekke in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem."

Pogings om Bela-wet te wysig en daarteen te protesteer kry wind van voor

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die aksie word gereël om protes aan te teken teen artikels 5 en 6 van die Bela-wet, wat die finale besluitnemingsmagte oor skole se toelating- en taalbeleid van beheerliggame ontneem."

Alles gereed om geloofwaardige matriekeksamen te verseker

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement het streng veiligheidsmaatreëls getref om die integriteit van eksamens te handhaaf deur met die nasionale en provinsiale gesamentlike bedryfskomitees saam te werk."

"Niet de wegende en vergelijkende [blik] van de schoolmeester, maar die van de tovenaar": Vertaler als kunstig en kundig bemiddelaar tussen talen, deel 2

Yves T’Sjoen
Literatuur

"De problematische aard van de creatieve herschrijving, de transformatie of de adaptatie – alle termen worden gevat door de koeptelterm 'vertaling' – en de studie van de limieten en perspectieven van de 'traducteur créateur' verdienen aandacht."

Leesimpressie: Het net, de duif en de dood door Chaja Polak

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een bundel met elf goed geschreven verhalen, waarvan er drie in eerdere versies al gepubliceerd werden. De schaduw van de oorlog is in diverse verhalen zichtbaar."

Leesimpressie: Labyrint door Burhan Sönmez

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een onderhoudende roman van Sönmez (1965) over blueszanger Boratin die probeerde zelfmoord te plegen door in Istanboel van de Bosporusbrug te springen."

Filmresensie: Citizen Saint by die Europese Filmfees en op Mubi

Izak de Vries
Film

"Die konneksie met die leë kruis en die verskyning van die stil man word gemaak. Wie is hy? Wat moet hulle maak met sy stiltes? Toe iemand wou weet wat die inwoners van die dorpie hom moet noem, stel die mynbaas voor dat hy Burger Heilige moet heet – en dis wat hulle hom toe noem."

Filmresensie: Blackbird blackbird blackberry by die Europese Filmfees en op Mubi

Izak de Vries
Film

"Etero vind vir die heel eerste keer iemand wat teer genoeg is om haarself aan hom te kan blootstel. Die lover boy is getroud, en vind nou, ná baie jare, weer iemand wat hóm raaksien."

Filmresensie: Io Capitano by die Europese Filmfees

Izak de Vries
Film

"Io Capitano deel ’n haas ongelooflike storie met die kyker. Homerus sou die knie gebuig het as hy hierdie film kon sien."

Laat die Hanrivier en eggo’s van lag ’n Seoel-simfonie speel

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die tydjie hier was een groot verrassing met net genoeg tegnologie en bereikbaarheid; net genoeg tradisie en ouwêreldse sjarme; net genoeg stad en net genoeg tuine, woude en berge waarheen jy kan ontsnap om asem te skep."

’n Terugreik na toeka se Wildtuin

Hennie van Deventer
Reizen

"Ek was nooit ’n tentmens nie, maar begrippe soos rudimentêr, stoer en outentiek vind by my sterk aanklank. Dit herinner aan die 'ou Wildtuin' wat ek as kind leer ken en as jong volwassene leer lief kry het: ’n aardse plek – hoe nader aan die aarde hoe beter – en waarlik ’n natuurtuin – hoe nader aan die natuur hoe beter."

Persverklaring: Die volgende Orde van den Prince-byeenkoms

Voertaal
SASNEV

Die spreker is Danie Visser. Die titel van sy lesing is: "Die verlede, hede, en toekoms van die Romeins-Hollandse reg".

Boeke en skrywers

Heil die Leser! Die omstrede Vance – en sy boeiende memoires

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"’n Elegie is ’n treursang oor ’n gestorwe persoon. Hiér is die persoon die jonge JD Vance wat sy lewe as hillbilly agtergelaat het [...] Die memoires is ’n dringende en ontstellende besinning oor die verlies van die 'American dream' vir ’n groot segment van die VSA."

Translating The book of not (Tsitsi Dangarembga): an interview with Tanaka Chidora

Philani A Nyoni, Tanaka Chidora
Books and writers

"I had the option of trans-creation, while also making sure that the Shona voice remained Tambu’s, and not that of a village elder, which is my favourite when it comes to my Shona writings." Philani Nyoni interviews Tanaka Chidora about his experience translating Tsitsi Dangarembga’s The book of not (Ayebia Clarke Publishing, 2006).

Cor Dirks (1911–2000)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Daar is nie ’n wenresep om kinderverhale te skryf nie, net ’n liefde daarvoor en deursettingsvermoë." Lees meer oor Cor Dirks se lewe en werk in hierdie ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Is die POU meer as stertvere? Gaan dit mense laat lees?

Annette Havenga
Boeke en skrywers

"Daar was ongelukkig nie die geleentheid vir gaste en ander belangstellendes om vrae te vra of bekommernisse te opper nie."

Wildepruim deur Elmaré Lombard: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Wildepruim is soos een van daardie kunswerke waar ’n kyker van naby honderde klein sketsies sal sien. Elkeen verskaf ’n baie klein bietjie detail, maar nie ’n geheelbeeld nie. Dit is met sommige stukke visuele kuns nodig om weg te stap, om nie meer na die besonderhede te kyk nie – dán skielik sien ’n mens ’n totaal nuwe stuk kuns raak."

Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024

Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers

"Nadat ek Nicol ’n paar jaar gelede toevallig ontdek het, het ek doelbewus na Suid-Afrikaanse Engelse skrywers begin soek. Daar was ’n paar verrassings, Roger Smith vir een. En nadese Kurt Ellis."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 19 tot 25 Oktober 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Foto’s: NATi Jong Sterre skitter met voorlesings by New Voices

Jeremeo Le Cordeur
Suidoosterfees

BASA (Business and Arts South Africa) maak mediadekking van die geleentheid moontlik. Jeremeo le Cordeur deel hier sy treffendste foto’s van elke NATi Jong Sterre-produksie wat in 2025 by die Suidoosterfees gaan debuteer.

An interview with Franka Kirby, one of Suidoosterfees’s NATi Rising Stars

Izak de Vries, Franka Kirby
Suidoosterfees

"I can’t thank the leaders of the NATi programme enough for this opportunity they have presented to us."

Elke naweek nogge funeral – ’n dialoog met Jitsvinger

Tasneem Daniels, Jitsvinger
Musiek

"Die song beoog om die silent genocide oppie Cape Flats na die lig te bring veral tydens die political rallies wat praat van job creation en beter public service terwyl families elke naweek ’n jong familielid na die dood moet afstaan as gevolg van die ongoing gang violence." Tasneem Daniels gesels met Jitsvinger.

Op helium

Zalman Davis
Reis

"Ek het ’n paar aande gelede ’n jong vrou dopgehou in die dowwe lig van Nameless, ’n kroeg, terwyl sy die een ná die ander heliumballon leeg suig, met Mandoza se 'Nkalakatha' wat deur die luidsprekers speel."

Persverklaring: Die landwye Taboektoer met Bacchus Nel, Riku Lätti en Jackie Lätti – 25 Oktober tot 17 November

LitNet
Musiek

Die Taboektoer met Riku en Jackie Lätti (Wes-Kaap) en Bacchus Nel (Gauteng) begin 25 Oktober in die noorde van die land met ’n reeks konserte en boekgesprekke in Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Parys, Bloemfontein, Nieu-Bethesda en St Francis. Die toer eindig by Die Koelkamers in Paternoster met ’n stewige Wasgoedlyn-program, van 15 tot 17 November.

Persverklaring: Die Wasgoedlyn hou makietie met woorde en musiek by die Koelkamers in Paternoster

LitNet
Musiek

Kom geniet ’n naweek met woorde en musiek by die Koelkamers op Paternoster van 15 tot 17 November 2024: met musiekkonserte deur Anton Goosen, Koos Kombuis, Frazer en Deniel Barry, Churchil Naudé, Jolyn Phillips, Bacchus Nel, Riku en Jackie Lätti, die Kaappunters; en met voorlesings deur digters Kirby van der Merwe, Ashwin Arendse, Elton Lesch en Ryan Pedro.

Persverklaring: STR(A)Y deur Elizabeth Gunter – ’n rondleiding deur die kunstenaar

LitNet
Kuns

’n Rondleiding van die kunsuitstalling STR(A)Y deur Elizabeth Gunter vind plaas in die teenwoordigheid van die kunstenaar op Saterdag 26 Oktober om 11:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.

Press release: Invitation – Muzukidz year-end concert on 27 October

LitNet
Lifestyle and entertainment

Muzukidz is happy to announce that 2024 has been another wonderful year for our budding young violinists! And to celebrate this, we invite you to save the date for our annual year-end concert taking place on 27 October 2024 at the beautiful Hugo Lambrechts Auditorium in Parow.

Persverklaring: Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak

LitNet
Skole

Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak. ’n Hoogtepunt waarna finaliste kan uitsien, is om ingesluit te word in die geselskap van ’n verhoogproduksie wat onder leiding van ’n professionele regisseur by een of meer nasionale kunstefeeste opgevoer gaan word.

Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in

LitNet
ATKV-Portaal

Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur, was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".

Persverklaring: Liza Nel verf die dorp "Rooi"

LitNet
Musiek

Rose is rooi, die kleur van liefde is rooi, en so is Liza Nel se nuwe enkelsnit ook "Rooi"! Luister dit nou op die platform van jou keuse.

Persverklaring: Jo Black vertel die storie van "Die brug"

LitNet
Musiek

Jo Black kán ’n storie vertel, en as hy begin sing, gee hy dieselfde storie vlerke. Hierdie keer vertel Jo Black die storie van "Die brug", en die enkelsnit is nou beskikbaar. Luister dit nou op die platform van jou keuse.

Nuwe skryfwerk

Die wolf wat Rooikappie geword het

Elmien Ackerman
Fiksiekompetisies

"Waarom weet sy nie vir seker nie, maar haar wolfbaadjie is geneig om haar uitdagende dinge te laat doen. Soos om ’n verdagte hool in ’n donker steeg op te soek."

Sterflikheid

Jeanne Henning Els
Poësie

"in my kombuis
hou jy my by die
agterdeur dop"

Toorwerk op papier

Johan van der Merwe
Poësie

"wat jy weer opfrommel
saam met die papier
om dit asblik toe te stuur"

Klasmaat

Janica Flink
Poësie

"In die klas het jy
langs my gesit
even my hand vasgehou
wanneer ons bid."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved