Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1013

15/08/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Ek en jy bestaan nie

Gif

Skrywers: Annerle Barnard en Franco V Heyn
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637005500

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe se lewe is so vars soos verlede jaar se brood. Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook. Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

Boeke en skrywers

ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Thys Human
Resensies

"In ek en jy bestaan nie is dit nie 'Daantjie' se (mislukte) verset nie, maar eerder die gewetensworsteling wat sy middelklasbestaan in ’n Stellenbosse suburb by hom ontketen, wat poëties gestalte kry in buitengewoon ambivalente perspektiewe ten opsigte van dié voorstedelike domein."

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n proe-proe lesersindruk

Surene Esterhuizen
Lesersindrukke

"Alhoewel die skrywer reg aan die begin van haar boek sê dat as sy sommige stukke vandag sou skryf, sy dit dalk anders sou benader, dink ek dis nogtans nodig dat ons almal – wit en swart Suid-Afrikaners – dit lees soos wat dit is."

Die mens agter die skrywer: ’n lesersindruk van Piet van Rooyen se Die rooi boks

Pierre Massyn
Lesersindrukke

"Saam met ’n oerjagter kan jy vry oor die vlaktes sweef en by die kampvuur die groot murgbene saam met hom leegstamp. Miskien sal hy jou laat deel in die geheime van sy rotskuns; miskien sal jy tog Die Waarheid vind. Klim op ruimtetuig Rooi boks."

20 tot 22 September: Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Drie dae van gesprekke in die grootse Karoolandskap wag op diegene wat van 20 tot 22 September 2024 die Etienne van Heerden Veldsoirée te Cradock sal bywoon. Soos verlede jaar vind die ATKV-skryfskool tydens die Veldsoirée plaas. Skryfskooldeelnemers sal weer gratis toegang tot alle gespreksessies tydens die Veldsoirée kry.

Die nag van die lang snorre

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

"Of ons nou met hom saamstem of nie en of ons fans is van sy snor of nie, Mellet Moll se resensie in Rapport verdien ons respek."

Die gifbeker

Crito
Boeke en skrywers

"Hekwagters – selfaangestel of verkose – moet verantwoording kan doen vir hul uitsprake. Pogings om sulke gesprekke te smoor, dien nie die literêre saak nie. So eenvoudig soos dit."

Twee intense weke

Crito
Boeke en skrywers

"Dit was twee intense weke, was dit nie? Die koerante is gered, darem ook. Nou, sonder ommehaal ..."

Onrus

Crito
Boeke en skrywers

"Wanneer laas is daar met soveel oemf op ’n Afrikaanse roman gereageer?"

Goue lint, my storie begint-rubriek: Die waarde van illustrasies in kinderboeke

Anke Theron
Kinderboeke

"In ons alledaagse lewe word ons gebombardeer met visuele tekste wat spreek tot ons begrip van prente, diagramme, vorms, kleure, ensovoorts. Dit is deel van die aandagekonomie van die moderne wêreld, veral die tegnologiese sosialemediawêreld. En waar begin ons vir ons kinders leer hoe om sin te maak uit al hierdie visuele tekste? Dit is juis die antwoord wat illustrasies in kinderboeke vir ons bied."

Die geskenk deur Riette Rust: ’n onderhoud met die skrywer

Naomi Meyer, Yolanda Wessels, Riette Rust
Skrywersonderhoude

"Terselfdertyd besef ek ook om te lewe is om pyn te hê, en om pyn te hê is om te lewe."

We were perfect parents until we had children: an interview with Vanessa Raphaely

Naomi Meyer, Vanessa Raphaely
Books and writers

"We felt that editing the mass of content down to a collection of gems would be a great curated read. We believe it to be powerful (so many parents, not gurus, sharing their experience and wisdom), and we see the trends of what subjects people are concerned about daily. We could and might still publish 10 books. There’s that much."

Stefaans Coetzee gesels met Nicole Engelbrecht oor Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart

Stefaans Coetzee, Nicole Engelbrecht
Skrywersonderhoude

"Ja, lesers gaan dinge raaklees wat nog nooit in die media gedek is nie." Stefaans Coetzee kuier saam met Nicole Engelbrecht, skrywer van die blitsverkoper, Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart.

Gaireyah Fredericks vertel oor die bekendstelling van haar boek Een voet innie kabr

Gaireyah Fredericks
Boeke en skrywers

"Soon sallie vriemtgyt vannie Kaapse community se practices en culture wat soe baie experience en vriemtgyt innie doekies en net langrokke sien, weg wither en families en vrinne mekaa stywer embrace en innie taal, die Cape Moesliem vernacular, mekaa groet."

Persverklaring: Koop-’n-Afrikaanse-boekdag vir die twintigste keer gevier

LitNet
ATKV-Portaal

Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV, het op 14 Augustus die Afrikaanse geskrewe woord met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag gevier.

Persverklaring: Ingrid Jonker by Tuin van Digters gehuldig

LitNet
Feeste

Die digter Ingrid Jonker, wat op 19 September 1933 gebore is en nou 90 jaar oud sou wees, is die digter wat vanjaar by die 13de Tuin van Digters in Wellington gehuldig sal word.

Press release: Shortlist for the Ingrid Jonker Prize 2024 announced

LitNet
Books and writers

The shortlisted collections of poetry for the Ingrid Jonker Prize 2024 have been announced.

Press release: Inspiring new generations of literary talent – the Achmat Dangor Literary Prize 2024

LitNet
Books and writers

The Achmat Dangor Literary Prize is now open to eligible young writers working in all genres (poetry, fiction, and creative nonfiction), with applications closing on September 15, 2024.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 2 tot 15 Augustus 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

LitNet Young Voices: Vir niemand en nêrens

Danie Marais
OuLitNet (2004)

"Dit voel verkeerd om terug te hunker na enige iets, veral wanneer jy dink aan die skaamtelose idealisering van die 'goeie ou dae' deur baie ander wit landgenote. Elke destydse piekniek, romanse en mooi herinnering lyk uit ’n polities-bewuste hoek na ’n produk van roekelose wit apatie."

Versindaba-onderhoud: Die emosie van ontheemding

Danie Marais
OuLitNet (2006)

"Die meeste van die gedigte in die bundel is geskryf in die byna nege jaar wat ek in die koue, nat noorde van Duitsland gebly het. Ek het Duitsland toe gegaan ter wille van ’n groot liefde. Die bundel, getiteld In die buitenste ruimte, handel hoofsaaklik oor ontheemding en die stelselmatige verbrokkeling van ’n verhouding."

Danie Marais (1971–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2019)

"Gedigte skryf is ’n bietjie soos adverteer in die hoekie vir eensames. Of soos om konfyt te maak en goed in te lê. Of soos om die rumoer vir ’n oomblik te laat stil word."

"Wees geduldig, maar wees braaf": Anton Kannemeyer se raad aan jong kunstenaars

Jannike Bergh, Anton Kannemeyer
Kuns (2023)

"Afrikaners het van nature ’n innerlike begrip vir verset. Altans die tipe Afrikaners wat ek altyd interessant gevind het." Anton Kannemeyer gesels oor sy solo-uitstalling by die Toyota US Woordfees 2023, uitdagings vir jong kunstenaars en die kuns van verset in ’n nuwe swygkultuur.

Menings

Die dag toe breakdance gebreek is

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ek staan gereeld in verwondering oor hoe soepel taal kan wees. Hierdie naweek, byvoorbeeld, is die woord raygun gebore. Om te raygun is om klaaglik te misluk in iets wat jy met groot selfvertroue aanpak. Net iemand wat in afsondering en sonder enige digitale toegang tot die wye wêreld lewe, ken nie teen hierdie tyd die naam van die persoon wat heel laaste gekom het in die Olimpiese Spele se breaking-kompetisie nie."

Word ’n sportster gebore of gemaak?

Freek Robinson, Pierre Viviers, Konrad von Hagen
Onderhoude

Freek Robinson vra sportwetenskaplikes Pierre Viviers en Konrad von Hagen of sportsterre gebore word, gemaak word of bestuur word. Hy wil ook weet: Hoe belangrik is dieet? Hoe bly ’n atleet gesond? En wat van sielkundige ondersteuning?

Nasionale dialoog: net ’n kletskongres?

Freek Robinson, Flip Buys
Onderhoude

Kan ’n nasionale dialoog tot praktiese oplossings lei? Freek Robinson gesels met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Madam President!

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Amerikaanse politiek funksioneer soos politieke teater, ’n rollespel wat versterk word deur Hollywood-glans en die hibriede voorstelling van hiperrealiteit. Voornemende kiesers, kykers en belangstellendes is tans besig om, inderwaarheid, die nuwe rolverdeling met die Harris/Trump- presidensiële veldtogte te kies en Suid-Afrikaners doen mee aan hierdie proses, waarskynlik omdat ons eie politiek ter plaatse te vervelig of korrup is."

UK migrants: The quality of mercy is strained

David Willers
Opinion

"Unlike the devolved parliaments of Wales and Scotland, where the nationalists can achieve their goals within a democratic framework, the English nationalists have no uniquely English parliament of their own. They are free only to elect representatives to a British parliament in the broad sense, whereas the Scots and Welsh elect MPs not only to their own national parliaments, but also to the British parliament. Will this constitutional anomaly lead to bottled-up rage and frustration among English nationalists?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Versfeld, Degenaar en die herwinning van die Logos in die eietydse Afrikaanse teologie en filosofie

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Kortom, hier word aangevoer dat die krisis waarin die Protestantse kultuur vandag in die Weste maar ook toenemend onder Afrikaners verkeer, ons ook in die eietydse Afrikaanse filosofie en teologie noop om te soek na bronne en middele waaruit ons kultuur kan put om die toekoms tegemoet te gaan en ontbinding te systap."

Van sout in die wonde tot bloedlating: Enkele funksies van chirurgyns op VOC-skepe

Gert van Jaarsveld
Seminare en essays

"In 1595 vaar die eerste vloot van vier Nederlandse skepe om die Kaap na die Ooste. Die vaart om Bantam te bereik duur 15 maande. Ná drie jaar keer die vloot terug met net genoeg peper om die onkoste te dek. Slegs 87 uit 249 bemanning keer lewendig terug. Hulle moes een van die skepe gewoon agterlaat omdat daar nie genoeg bemanning oorgebly het nie. Wat het die groot tol aan bemanning geëis?"

Odd Bins & Breyten

Zalman Davis
Menings

"Ná ’n dag in Pretoria bevind ek my op Tinder, die dating toep vir al die so-called decent mense. Op my kamerbalkon sit ek in my kort, pienk slaapbroekie en kyk uit op die Uniegebou wat ’n paar kilometer ver is. As jy mooi kyk, sien jy die Nelson Mandela-standbeeld in die middagson blink. Swipe links, swipe regs. Match."

In memoriam: Walter Parry, academic icon and pioneer

Moegammad Tahier Kara
In memoriam

"In honouring Walter Parry, we acknowledge the profound challenges he faced and the remarkable strength with which he met them. His story is one of resilience, excellence and unwavering commitment to the pursuit of knowledge. As we reflect on his contributions, we salute him as a great physicist and a beacon of intellectual achievement."

Nou op Voertaal

Parlement vra dat VBS-skandaal se ondersoek bespoedig word

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die parlementêre komitee oor polisie is gevra om te verseker dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sy ondersoek na die sogenaamde VBS-skandaal, waar miljoene rand na bewering by arm mense geplunder is, so gou moontlik voltooi."

SA vroue sukkel steeds meer as mans om werk te kry

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vroue in Suid-Afrika dra steeds ’n buitensporige las van werkloosheid, onderindiensneming en laer arbeidsmagdeelname in vergeleke met mans."

Meer krag vir die land maar nog is dit nie die einde van beurtkrag nie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die land se kragnetwerk sal na verwagting versterk word met opwekkingseenhede wat waarskynlik teen die einde van Augustus weer in werking sal wees."

Regering stoom voort met omstrede NGV-wet

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die wetgewing sal die rol van private versekering geleidelik beperk, ’n openbare fonds skep om gratis toegang aan pasiënte te bied en fooie en pryse vas te stel wat private gesondheidsorgverskaffers vir NGV-befondsde dienste kan hef."

Rachel Kolisi: "I want to see myself worked out of a job"

Annette Havenga
Meningen

"Brutality has become a norm in our lives. Organisations like Mosaic, with the aid of funders and foundations like the Kolisi Foundation, turn victims into survivors."

Tweespraak met Zandra Bezuidenhout: "’n Wedersydse kulturele uitreiking tussen brontaal en doeltaal by wyse van die geskrewe en gesproke woord"

Yves T’Sjoen, Zandra Bezuidenhout
Literatuur

"Op de brug tussen Afrikaans en Nederlands, waar het tweerichtingsverkeer plaatsheeft tussen verschillende literaire tradities, is bij uitstek de bemiddelaarspositie van de vertaler mede bepalend voor de transnationale beeldvorming van een brontaaltekst."

Tweespraak met Babs Gons, Nederlands Dichter des Vaderlands

Yves T’Sjoen, Babs Gons
Literatuur

"Gesprekken met studenten van Alfred Schaffer op Stellenbosch leverden weer andere inzichten op. De paar workshops die ik daar deed met studenten gaven me inzicht in hoe taal en politiek zich met elkaar verhouden en hoe taal, in een multilinguale maatschappij, identiteit vormgeeft. Zeer boeiend."

Eksie perfeksie is ’n speelse ondersoek na sigself én ’n hele genre

Izak de Vries
Film

"Eksie perfeksie is slim. Dit is ’n film wat sigself en die genre waarin dit werk, die hele tyd ondersoek. Ek hou van enige stukkie kuns, letterkunde, ook lekkerkunde, wat vir sigself kan lag."

Leesimpressie: Anna in kaart gebracht door Marek Šindelka

Erik van den Bergh
Literatuur

"Šindelka schreef een ingenieuze roman in sprankelende stijl, de tijdgeest gevat in scherpe observaties."

Vind jouself weer in die Klein Karoo

Maryke Roberts
Reisgogga

"Ons uiteindelike bestemming is Vanwyksdorp, maar die reis waarop ons nou is, is waaroor dit eintlik gaan: die bestemming nie nou tersaaklik nie." Mens vind jouself weer in die valleie van die Klein Karoo, het Maryke Roberts weer besef ná agterpaaie en heilige dae buite Vanwyksdorp.

Spaza shops: An undiscovered shopping experience

Alex J Coyne
Cultuur

"Spaza shops power the economy, and they’ve finally risen to be considered by corporations and the government as an integral link in the larger supply chain."

Persverklaring: Herinnering aan die kollokwium oor vertaling Nederlands-Afrikaans op 17 Augustus 2024

Voertaal
SASNEV

Graag herinner ons u aan SASNEV se kollokwium wat handel oor vertaling Nederlands-Afrikaans.

Akademies en skole

Evaluering van die aanlyn vreemdetaalkursusse Gesellig Afrikaans 1 en 2 aan die hand van die voorgestelde aanlynonderrigmodel vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal

Alison Stander
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die ondersoek lewer ’n bydrae tot die bywerking en verbetering van tans die enigste geakkrediteerde aanlyn kortleerkursus vir Afrikaans as vreemde taal binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks."

Regeringsvorming kragtens die Grondwet sonder ’n volstrekte partypolitieke wenner

Koos Malan, Ilze Grobbelaar-du Plessis
LitNet Akademies (Regte)

"Ofskoon die Suid-Afrikaanse Grondwet deeglik voorsiening maak vir ’n veelpartydemokrasie, het sterk politieke kragte meegebring dat die land vir die afgelope 30 jaar ’n tipiese eenparty-oorheerste stelsel onder aanvoering van die regerende African National Congress (ANC) was."

Persverklaring: Nuwe hoof- uitvoerende beampte vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met genoeë aan dat Annelise de Vries vanaf 1 November 2024 die pos van hoof- uitvoerende beampte van die SAAWK sal beklee.

Persverklaring: 30 jaar van geslagsgelykheid, waar staan ons nou?

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Daar is ’n gesegde dat as jy wil weet hoe dit met ’n land gaan, kyk na die toestand van haar vroue. Ons herdenk hierdie jaar 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika en hoe lyk ons geslagsgelykheid nou? Amanda Gouws ondersoek hierdie vraag namens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Afrikaans Huistaal-toets? Hierdie gratis oefentoetse en memo’s deur Eugene van der Westhuizen kan jou met jou voorbereiding help!

Wiskunde met LitNet-video, graad 8: magte en wortels van breuke

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Wortels kan jou dalk gesond hou en op daardie manier mag gee, maar as jy in graad 8 is, gaan hierdie video van Lee-Ann Langeveld jou help om met magte en wortels van breuke te werk. Jy gaan sommer bemagtig voel as jy moet gaan toets skryf en alles beter verstaan!

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: faktorisering mbt verskil in vierkante

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Faktorisering en verskille in vierkante – wat beteken dit? As jy in graad 9 is en nie weet hoe om dit uit te werk nie, sal Lee-Ann Langeveld se verduidelikingsvideo jou kan help.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Stap in Idasvallei

Naomi Meyer, Eon Hendrikse
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Vandag skep ons werk vir meer as 15 mans en vroue in die gemeenskap en het ’n fietsryprogram met meer as 30 jong kinders wat deel daarvan is."

Die ondernemers op Showmax – die lig in die donker: ’n TV-resensie

Réney Warrington
TV

"Die ondernemers wys jou wat dit verg om ’n begrafnis glad te laat afloop. Matte, duiwe, pamflette, die lyk mooi versorg, grafte wat inval as gevolg van los sand, ’n dominee wie se preek vrek kort is en ’n koeëlvaste baadjie vir sekere areas."

Eksie perfeksie kort selfrefleksie: ’n TV-resensie

Réney Warrington
TV

"Uitspattige oomblikke werk as gevolg van Pietie Beyers se aardse vertolking van André. Hy anker die waansin. Sy comedic timing is foutloos, en hy voeg baie emosie by, soos reeds genoem, ’n heel eendimensionele karakter."

Scenes from a marriage: ’n TV-resensie

Leon van Nierop
TV

"Selde indien ooit tevore is die verbrokkeling van ’n huwelik en die herontdekking van liefde en vryheid so intiem en intens (soms te lank en selfbewus) ontleed. Tog sal dit elkeen wat al ooit deur ’n egskeiding geworstel het, soos ’n papier iewers sny."

Persverklaring: Lewensbydrae-toekennings vir drie legendes by Silwerskermfees

LitNet
kykNET Portaal

Twee het naam gemaak voor die kamera en die ander agter die skerms en vanjaar word hierdie TV-legendes by die Silwerskermfees vir hulle lewensbydrae vereer. Hans Strydom van Binnelanders, Denise Newman van Suidooster en die vervaardiger Roberta Durrant word tydens die Silwerskermtoekennings vereer.

Persverklaring: In die skeppende oomblik – Paul Alberts se portrette van kunstenaars te sien in Hermanus en Wellington

LitNet
Kuns

Die fotograaf Paul Alberts wat in November 2010 oorlede is, word gehuldig in ’n unieke tentoonstelling van sy kunstenaarsportrette wat vanjaar by verskeie kunsfeeste gewys word. Paul Alberts – In die skeppende oomblik is eersdaags by die FynArts-kunstefees in Hermanus te sien en reis daarna na Wellington vir die Tuin van Digters by die Breytenbach Sentrum.

Persverklaring: Irene-Louise van Wyk laat jou "Reguit dans"

LitNet
Musiek

Irene-Louise van Wyk gaan jou weer op die dansvloer laat boer. Haar nuutste enkelsnit, "Reguit dans", dans lekker en is nogal romanties. Luister dit hier.

Persverklaring: "Blue tick" – Refentse is terug met nuwe musiek!

LitNet
Musiek

Hierdie nuwe vars enkelsnit vertel die storie wat baie mense redelik goed ken – wanneer jy iemand vir eers op "read" los omdat jy nog nie weet hoe om jou liefde aan hulle te verklaar nie, of dalk te bang is om te sê hoe jy regtig voel. Luister die enkelsnit hier.

Uitnodiging: Palimpses – ’n voorlesing deur Daniel Hugo, 15 Augustus, Breytenbach Sentrum

LitNet
Leefstyl

Jy word uitgenooi na ’n voorlesing deur Daniel Hugo as deel van die Palimpses-groepuitstalling by die Breytenbach Galery in Wellington op Donderdag 15 Augustus om 18:00.

Nuwe skryfwerk

Sammy

Karin Walker
New writing

"She opens her eyes to a world without words for the pain and anguish that streams from her inner being into the emptiness that once was Sammy."

Epitaaf van my hart

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"my woorde word nou die epitaaf
versteek tussen distels en kaf
tot verdigsels weggeskaaf"

Gaatjie

Shane Heynes
Poësie

"Djy vind genot daarin om ons soos sardientjies te pak
En dan die audacity om ons volprys te charge"

Dood slaat nou die til, my lam

Maritha Broschk
Poësie

"maar haar oë kyk klaar anderpad:
want dood slaat nou die til, my lam"

Die sterwende lewe

Ronel Sheffer
Poësie

"en ek staar na my boom
ons sou saam wou sterf
vir hierdie laat liefde"

Teenstryd

Loretta Szikra
Poësie

"in die kwynende lig van onsekerheid –
’n gladde pad benoud betrag"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved